DOLLE VAART OM TE GRYP EN TRAP

Die wit bakkie kruip versigtig deur agterstraatjies om die polisie beheerpunte te vermy. Binne-in is ’n gemaskerde paartjie met wit handskoene aan. Hulle lyk senuweeagtig, selfs onderduims.

“Wat hier in die lug is, maak my bang,” sê Seiko, “maar ek is so seker dat ons moes terugkom.”

Hulle doelwit was om te ry tot by ’n huis in die verlate dorp, binne te storm en te gryp wat hulle kan.

Gewelddadige inbraak is egter nie in die gedagtes van die bestuurder en haar passasier nie. Seiko Nikaido en haar 73 jarige moeder, Eiko, wil net ietsie van hulle ou bestaan terugkry voordat dit te laat is.

 Nadat verlede maand se aardbewing en tsunami die nabygeleë Fukushima kernkragaanleg verwoes het, is die ontruimde vroue vlugtelinge uit hul le eie huis.

Tydens die rit na die dorp toe, toegewikkel in beskermende klere teen kernafval, moes hulle oor ’n ernstige saak besin: Hoe besnoei jy ’n leeftyd se herinneringe en besittings in een dolle vaart van gryp en trap?

“Ek gaan ’n bietjie breekgoed, klere en my rekenaar vat — alledaagse goed wat ek kan gebruik om ’n nuwe bestaan te begin,” sê Seiko wat saam met haar moeder net buite Tokio hervestig is.

Hierdie paartjie is nie die enigste mense op pad tydens skelm ritte terug huis toe nie. By ’n kruising gaan ’n paar motors en bakkies versigtig verby. Hulle bestuurders is van kop tot tone bedek as beskerming teen die gevaarlike elemente asof hulle op een of ander Noordpoolekspedisie vertrek.

In een verbygaande motor ry daar mans met wit beskermende oorpakke wat stilhou om die toestand van die lug te bepaal.

Vir Seiko Nikaido en haar moeder is die reis na Namie ’n stil rit vol herinneringe op paaie waarop Eiko haar sedert haar kinderjare bevind het. “Ek so lief vir hierdie dorp,” sê die ouer vrou wat ’n handdoek as beskerming teen die afval om haar kop gebind het.

Hulle jaag na die familie tuiste toe, miskien vir die laaste keer. Eiko raak stil terwyl sy die trane moet keer.

Bron: Los Angeles Times, J. Glionna 2011-4-13

Toe het ek gekyk na al my werke
wat my hande tot stand gebring het
en al die moeitevolle arbeid wat ek verrig het,
en kyk dit was alles tevergeefs,
en ’n gejaag na wind,
en daar was geen voordeel onder die son nie

 (Pred 2:11, OV).

Ons kan sekerlik al ons aardse besittings binne ’n oomblik verloor!

Jesus Christus is die een besitting wat jy na ontvangs nooit weer kan verloor nie!

Iemand se lewe bestaan nie uit die oorvloed van sy besittings nie
(Lukas 12:15 OV).

God kan vir jou meer besittings verkry, maar jou besittings kan nie vir jou                         

           vir God verkry nie.         UIT:- JAPANSENDING

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00