DIE WERKERS OP STRAAT.

Die burgemeester het die dag deur die dorp gery. Dit was by die hoofstraat dat hy sien dat twee werkers is besig om langs die straat gate te grou en dan weer toe te gooi. Hy het sy voertuig gestop en na die twee werkers gekyk. Die een grou ’n gat tot op ’n sekere diepte en dan gooi die andereen dit weer toe. So het hulle aan gehou. Die burgemeester was baie nuuskierig en stap toe nader. “Wat doen julle?” vra hy. “Meneer, ons werk vir die Stadsraad. Ons is die manne wat die bome langs die straat plant sodat ons dorp mooi kan lyk. Ons is eintlik drie wat saam werk, ek, ek grou die gate dan die ander ou plant die bome en hierdie ou gooi die gate weer toe. Die ander ou is siek en kannie vandag hier wees nie maar ons, ons is by die werk om ons werk te doen wat ons elke dag doen”.

Dit laat my dink dat baie kinders van die Here asook gereelde kerkgangers soos hierdie manne handel. Hulle is gereeld by die kerk om te sing, hulle geloofsbelydenis te doen, die Woord saam met die predikant te lees, Sondagskool te gee, die jeug te begelei, te bid, geld in die sakkie te gooi, en so gaan dit week in en week uit aan.

Het baie nie die doel van die kerk en alles wat daar gebeur vergeet nie? Gaan dit nog alles om die Here Jesus Christus? Dit wat ons doen, is die doel dan nie om siele vir die Here te win nie?

Die tyd het aangebreek dat ons, onsself ondersoek en met die gewoonte sal breek om maar net deur die “motions” te gaan.

KOL. 3:17 “En wat julle ook al doen in woord of in daad, doen alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom.”

GEBED

Here, dit is so maklik om in ‘n gewoonte te verval en dan die doel te vergeet. Ek wil alles tot U eer doen, daaro vra ek dat die Heilige Gees my sal begelei, elke dag, om op te tree dat U verheerlik sal word.  AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00