DIE VOLMAAKTE VERBINDING.
Dit is die jaar 1949 en die vader van die familie het pas van die oorlog gekom. Op elke hoofweg kon jy soldate sien wat ryloop terug na hulle families. Die vader se blydskap was gou verby toe die hospitaal waar sy moeder lê vir hom sê dat hulle haar slegs kan red met ’n bloedoortapping. Die moeder se bloedgroep was AB-negatief wat baie skaars was in daardie dae.
In daardie dae was daar nie bloedbanke waar bloed verkry kon word nie , dus was sy moeder se lewe in gevaar. Niemand in die familie het daardie bloedgroep nie. Die vader het besluit om huistoe te gaan en ander klere aan te trek en dan terug te keer om die “totsiens” aan ’n moeder te kom meedeel.
Soos hy in die hoofweg ry, staan die soldate langs die pad. Sy droefheid is groot en daar is by hom geen gedagte om enige soldaat ’n geleentheid te gee nie. Terwyl hy by een van die soldate verby ry , stop hy en sonder ’n woord laai hy die soldaat op. Die vader praat nie en die trane rol teen sy wang af. Die soldaat het dit gesien en vir hom gevra wat die probleem is. Die vader het verduidelik dat sy moeder op sterwe lê en dat hulle nie die bloedgroep AB – negatief kan vind om haar te help nie. Die soldaat het sy plaatjie van al sy inligting om sy nek uit gehaal en daar op die plaatjie staan AB-Negatief. Die soldaat het die vader beveel om om te draai en hospitaal toe te ry , want hy is gewillig om sy bloed te skenk.
Die vader se moeder het nog tot 1996 gelewe – 47 jaar – en die familie weet tot vandag toe nie wat die soldaat se naam is nie.
JOH. 6:53 En Jesus sê vir hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as julle nie die vlees van die Seun van die mens eet en sy bloed drink nie, het julle geen lewe in julleself nie.
Vriend/in , het jy die bloed van Christus? Het jy die lewe van Christus?
GEBED
Dankie Here vir U bloed sodat ek vry kan wees. AMEN