DIE VOLMAAKTE STORIE.
Daar was eendag ’n volmaakte man wat ’n volmaakte vrou ontmoet het. Hulle het die volmaakte verhouding gehad en na ’n volmaakte tydjie het hulle die volmaakte verlowing en huwelik gehad.
Die volmaakte paartjie het een ou kersaand in die sneeu en wind gery na ’n funksie. Terwyl hulle so ry, sien hulle iemand langs die pad staan. Hulle is die volmaakte paartjie en so stop hulle om die persoon te help. Dit was kersvader met ’n groot klomp geskenke vir die kinders. Die volmaakte paartjie wou geen kind laat wag vir hul geskenke nie en so laai hulle kersvader en al die geskenke in die motor. Dit was gou-gou dat hulle die sekere gebied bereik het en saam met kersvader die geskenke afgelaai het.
Terwyl hulle so ry en die sneeu val en die wind waai het hulle ’n ongeluk gemaak. Slegs een van die insittendes het oorleef. Wie was dit??
Antwoord:-
Die volmaakte vrou. Sy is die enigste een wat vanaf die begin bestaan het. Almal weet dat daar is nie ’n kersvader nie asook dat daar nie so iets soos ’n volmaakte man bestaan nie.
’n Man se opmerking op die storie en antwoord:-
Indien daar nie ’n volmaakte man en kersvader bestaan nie, is dit duidelik dat die vrou bestuur het. Dit verklaar waarom daar so baie ongelukke is.
Ja, ons kan baie grappies maak oor die vroue en die mans. Elkeen wil sekerlik volmaak wees??!!
Het jy geweet dat die Here beveel ons om volmaak te wees?
MATT. 5:48 “Wees julle dan volmaak soos julle Vader in die hemele volmaak is. “
Strewe jy elke dag van jou lewe om te handel, dink en te praat tot eer van die Here? God verwag dat ons so sal lewe dat jy van geen sonde sal weet wat tussen jou en die Here staan nie. Daarom nooi Hy ons om
1JOH. 2:1 My kinders, ek skryf hierdie dinge aan julle, dat julle nie moet sondig nie; en as iemand gesondig het, ons het ‘n Voorspraak by die Vader, Jesus Christus, die Regverdige.
1JOH. 2:2 En Hy is ‘n versoening vir ons sondes, en nie alleen vir ons s’n nie, maar ook vir dié van die hele wêreld.
GEBED
Vader baie dankie dat U my sonde vergewe waar ek struikel en dat ek as U kind kan weet dat daar sal ‘n dag kom dat ek volkome volmaak in U teenwoordigheid sal wees. AMEN