DIE VLERMUISE IN DIE KERK.

Daar was vier predikante wat gereeld bymekaar gekom het, gekuier het en koffie gedrink het. Die een predikant het gesê dat hy soek raad want daar is baie vlermuise in die kerk se toring.

Die tweede predikant het gesê dat hy ook vlermuis probleme het en dat hy eendag na diens sy geweer gaan haal het en net begin skiet het. Het dit gewerk? Het die ander gevra. Nee, hulle is nog daar maar nou het ek ’n klomp gate in die dak.

Die derde predikant het genoem dat hy ook vlermuis probleme het. Hy het vangnette gestel en die volgende dag vyfhonderd kilometer gery en hulle gaan vrylaat. Het dit gewerk? Wou die ander weet. Nee, die volgende dag was hulle terug in die kerk.

Die laaste predikant het so geglimlag en vertel dat hy ook vlermuis probleme gehad het. Wat het jy gedoen? Wou die ander weet. Wel, ek het al die vlermuise gevang, hulle gedoop en toe hulle almal as lidmate van die gemeente verklaar. Van daardie dag, het ek hulle nooit weer in die kerk gesien nie.

Wat is die les wat ons hieruit leer? Ek is seker jy het geglimlag!!!  Is ek reg?

Wel, gaan vandag uit en glimlag ook vir iemand en betoon die liefde van Christus aan hulle met jou vriendelikheid.

FIL. 4:5 “Laat julle vriendelikheid aan alle mense bekend word. Die Here is    

                 naby.”

GEBED

Here , baie dankie vir humor. Dankie dat ons in hierdie moeilike tye nog kan lag en weet dat U naby ons is. AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00