DIE VERWERPTE BOODSKAPPER.

Daar was ’n groep mense wat baie min kontak gehad het met die buite wêreld wat op ’n eiland in die Suid-See gewoon het. Dit was ’n pragtige eiland, vollop vrugte en diere en vars water. Dit was ’n tropiese paradys.

Oor die jare heen het daar baie skepe aangedoen en dan voordeel uit die eiland getrek. Die diewe en seerowers het dan hulle skepe vol van die vrugte en diere gelaai en dan ook van die meisies ontvoer vir hulleself.  Talle jong kinders is ontvoer om dan as slawe van die seerowers te dien en opleiding as seerowers te ontvang.

Hierdie handelinge het vir baie jare aangegaan, totdat die eiland-bewoners besluit om dieper die eiland in te trek. Hulle wou wegkom van die seerowers af.

Wel , hierdie eiland was nie ’n eiland nie, maar ’n dormante vulkaan en hierdie bewoners het dit nie geweet nie. Seismoloë het opgetel dat hierdie vulkaan gaan een of ander tyd tot uitbarsting kom. Dit is toe dat daar verneem word , dat daar bewoners op die eiland is en die wetenskaplikes het hulle gehaas om die mense te gaan red.

’n Skip is gestuur om die bewoners op te laai en na ’n eiland te neem waar dit veilig is. Daar is wel gevind dat daar niemand op die eiland is nie en die skip het die eiland verlaat sonder die bewoners wat in gevaar was.

Daar is toe besluit om ’n helikopter te stuur en oor die eiland te vlieg om waar te neem waar die mense is. Hulle het ook niks gesien nie en terug gekeer na die basis.

Elke keer dat kontak van die buite wêreld kom, het hulle leë hande weg gegaan. Die eiland bewoners het elke keer dat hulle iets gesien of gehoor het, gehardloop en weggekruip vir die mense. Jare se besoek van seerowers het hulle bang gemaak vir die buite wêreld mense, al was hulle , hul goed gesind.

Is dit nie jammer dat die boodskapper wat die goeie nuus gebring het om hulle te red van die ramp, verwerp is nie, en dit as gevolg van vrees.

 MATT. 2:3 “En toe koning Herodes dit hoor, was hy ontsteld en die hele    

                       Jerusalem saam met hom;”

Hoeveel mense verwerp nie die Boodskapper met die Goeie Nuus nie? Is jy ook een wat wegkruip vir die Boodskapper , Christus Jesus?

GEBED

Vader, die Woord van God kom talle kere na my! Gee my insig om die boodskap van God vir my te verstaan? AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00