DIE TWEE PERDE.

In die kamp is daar twee perde wat , indien jy hulle op ’n afstand aanskou, alles in orde voorkom. Kom jy tot stilstand en bestudeer die twee perde sal jy sien dat die een perd is blind en die ander een het ’n klok om die nek. Die eienaar van die blinde perd het ’n besluit geneem om nie die perd uit te sit nie. Die perd met die klok is voortdurend deur getrou om, om te sien na die blinde perd. In die aand wanneer hulle na die stalle stap, dan stop die een met die klok sodat die blinde perd nie te ver agter raak nie en so sien die perd daarna dat sy vriend veilig by die stalle kom.

Soos die eienaar van die blinde perd het God ons ook nie weg gegooi nie. Ons is nie volmaak nie en ons het probleme en uitdagings elke dag. God sien om na ons en stuur ander in ons lewens, om ons te help waar ons in nood is.

Somtyds is ons die blinde perd wat begelei moet word deur ander se klokke. Ander tye is ons die een met die klok wat ander moet begelei en na hulle omsien dat hulle nie te ver agter raak nie.

Goeie vriende is so:- Jy sien hulle nie dikwels nie maar jy weet hulle is daar!

Asseblief!? – Luister vir my klok en ek sal luister vir joune?

Johannes Calvyn het gesê: “Ons lewe harmoniseer die beste met God se wil en die eise van God se wil as ons ander mense op die beste moontlike manier dien.”

ROMEINE 6:19 “Ek spreek menslikerwys ter wille van die swakheid van julle vlees; want net soos julle jul lede diensbaar gestel het aan die onreinheid en wetteloosheid om wetteloos te wees, so moet julle nou jul lede diensbaar stel aan die geregtigheid tot heiligmaking.”

GEBED.

Here , baie dankie vir U begeleiding elke dag en dat U my nie weg gooi nie! Dankie dat U ook mense oor my pad stuur wat ek kan help. Help my om hierdie geleenthede raak te sien? Vader baie dankie vir vriende wat ook vir my bystaan in my moeilike tye. Seën hulle met U Hemelse munt asseblief? Laat u Naam verheerlik word? AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00