DIE SKOOLMEISIE EN DIE BYBEL.

Die Gideons is besigheidsmanne wat Bybels uitdeel. So het hulle eendag by ’n skool Nuwe Testamente uitgedeel en hierdie jong meisie het haar eerste Bybel ontvang. Sy het graag uit die Bybel gelees totdat haar pa – ’n myner van beroep – haar “gevang “ het Bybel lees. Hy het haar kwaai aangespreek dat dit wat sy lees is leuens en fantasië.

Hierdie meisie kon eenvoudig nie die Bybel neersit nie en het maar aanhou lees tot eendag dat haar pa onverwags kom en haar sien die Bybel lees. Hy het dit uit haar hande gegryp , in sy sak geplaas en geloop.

Die pa het werk toe gegaan en dit is ’n paar uur later dat sirenes deur die dorp gaan.  ’n Sekere gedeelte van die myn het ingeval. Die meisie se pa was een van 31 manne wat vasgeval het in die myn. Die reddingswerkers het vyf dae geneem om die mans te bereik en toe gevind dat al 31 dood was. Die reddingswerkers het in biddende hande van die pa van die meisie ’n Bybel – Nuwe Testament – gevind. Hulle het die Bybel oopgemaak en voorin was geskrywe:- “  Aan my dogter. Hou aan om die Bybel te lees, dit is waar en ek sal jou eendag in die Hemel sien.” Agter in die Bybel waar jy jou naam moet teken indien jy Jesus aangeneem het as jou Saligmaker , het haar pa sy naam geteken. Een bladsy terug was al die ander dertig manne se name ook geteken.

Wat sou gebeur het as hierdie meisie opgehou het om die Woord te lees?

ROMEINE 1:16 “Want ek skaam my nie oor die evangelie van Christus nie, want dit is ‘n krag van God tot redding vir elkeen wat glo, eerste vir die Jood en ook vir die Griek.”

Hierdie pa het sy kind in die geloof gelei – al was hy dood.

Vandag wil die Heilige Gees vir ons die boodskap gee:-

SAL JY JOU GOD GEGEWE VERANTWOORDLIKHEID VERVUL OM JOU FAMILIE IN DIE ASPEKTE VAN DIE GELOOF TE LEI?

Die naweek is op hande – tyd van rus en ontspan – maar ook ‘n tyd om jouself geestelik te voed. Waarheen gaan jy jou familie Sondag lei? – Pretpark , golfbaan, om die huis , ………? Waarheen?

Is dit nie vandag die tyd om jouself te “commit” en God se weg te bewandel nie? Neem nou die besluit:-  om albei dienste in ‘n gemeente  by te woon, waar jy die Woord van God sal hoor. Sal jy jouself voor God  verootmoedig en jouself geestelik opbou? Ek weet jy wil en jy sal!

Ja, volhard in die stryd al is dit hoe moeilik, sodat jy jou familie na die Hemelpoort sal lei en jou gesin volmaak in die Hemel sal wees!

GEBED.

Onse Vader baie dankie dat U Woord kragtig is. Dankie dat ek my nie hoef te skaam vir die Woord van God nie en dankie dat U my lei om ook my familie te kan lei. Here waar ek gefaal het , vergewe my en wys my hoe om reg te maak sodat ek nie ‘n struikelblok vir my familie sal wees nie. Here ek verbind my opnuut om in U weë te wandel en aan U Woord gehoorsaam te wees! Baie dankie dat U my hoor en my sal help! AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00