Die prins wat ‘n bruid gesoek het
Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE tjcloete@absamail.co.za
DIE PRINS WAT ’N BRUID GESOEK HET.
Soren Kierkegraad het hierdie storie in die middel 1800’s geskryf.
Die prins was opsoek na ’n bruid. Hy het eendag vir sy pa ’n boodskap gebring aan die mense en so deur ’n baie arm gedeelte beweeg. Hy het uit die rytuig gekyk en ’n baie mooi jong meisie gesien. Gedurende die volgende dae het hy telke male die meisie gesien en later verlief geraak op haar.
Die prins het een probleem gehad. Hoe sal hy maak om haar te vra om te trou? Ja, hy kan sy mooi deftige klere aantrek en voor die deur haar hand gaan vra – maar hoe sal hy ooit weet sy is lief vir hom. Hy kan haar beveel om met hom te trou maar weereens, hoe sal hy weet sy is lief vir hom?
Die prins het toe besluit om soos die arm mense aan te trek en het onder hulle gaan woon. Hy het gedoen wat hulle doen en gepraat wat hulle praat. Hy het geeet wat hulle eet. Dit was nie lank nie toe het hierdie jong meisie ook op hom verlief geraak vir dit wat hy is en omdat hy haar eerste lief gehad het.
Hierdie storie beskryf presies wat Johannes vir ons sê:- JOH. 1:14 En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon—en ons het sy heerlikheid aanskou, ‘n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom—vol van genade en waarheid.
God het homself aan ons openbaar deur onder die mens te kom woon. Hierdie aspek het plaasgevind met ‘n vleeslike Goddelike maagdelike geboorte.
Kersfees beteken vir jou niks as jy nie ook Christus as jou Verlosser aanneem nie.
GEBED
Here, dankie dat U onder ons as mens kom woon het sodat ons U kan ken as ons Vader en Verlosser. AMEN
Mag 2011 se Christusfees vir u tot groot seën wees vol van die liefde van God!