DIE OOP GRENS.
Dit is gedurende die tweede Wêreldoorlog dat die Joodse Filosoof Walter Benjamin deur die hele Europa gevlug het vir die Nazis. Dit is weke lank dat hy gehardloop en skuiling gesoek het en in Frankryk dat hy by die grens van Spanje gekom het. Sy doelwit was Spanje want van daar sou hy kon vlug na Amerika.
Die Spaanse grens was altyd oop maar op die dag dat hy by die grens arriveer was dit gesluit. Benjamin het sy hoop verloor want daar was geen ander alternatief om te ontsnap nie. Benjamin het daar by die grenspos selfmoord gepleeg.
Na soveel stryd en hardloop en wegkruip het Benjamin net nie kans gesien om aan te gaan nie.
Die volgende dag is die grenspos weer oopgestel en was alles normaal. Die grens was slegs vir daardie dag gesluit.
Dit laat my dink aan die vlug vanaf Port Elizabeth na Johannesburg nou die dag. In Port Elizabeth het dit heerlik gereën en die wind het gewaai op die koue dag. Geen sonlig kon gewaar word nie.
Die vliegtuig het opgestyg en deur die wolke geskud totdat jy die son helder kon sien met die watte van wolke onder ons.
Dit is toe dat ek besef – onder reën dit en die son skyn nie maar net bo die wolke skyn die son helder wat my by die punt bring dat die son altyd skyn al is dit rondom ons nat en koud en winderig.
Het die son in jou lewe ook ophou skyn? Is die grenspos vir jou ook toe? Hoe lank gaan jy nog uit jouself probeer en harder werk om die Here te behaag voordat jy besef dat die skuld wat jy dra nie verdwyn nie?
Christus is die oplossing – nie eers selfmoord nie!!!!!!!!
Die son skyn altyd en ons moet net wag dat die Here die omstandighede op die regte tyd vir ons verander. Dus vra die Here wat jy uit die omstandigheid kan leer waarin jy is , sodat jy weer ander kan help soos die Here jou leer en lei.
JES. 41:10 Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; kyk nie angstig rond nie, want Ek is jou God. Ek versterk jou, ook help Ek jou, ook ondersteun Ek jou met my reddende regterhand.
GEBED
Here, huidiglik sien ek die grenspos is toe en die son het vir my ophou skyn maar ek dank U dat U my nie verlaat het nie en dat U my omstandighede op U bepaalde tyd sal verander. Ek stel my geloof in U! AMEN