DIE ONHOORBARE KLANKE.

Daar was eens ’n jong pianis wat aan sy doktorsgraad gewerk het in die uitvoering van die klavierspel. Die Prof. het gesê dat hierdie jongman het geen gelyke nie. Hierdie jongman het die klavier bemeester en almal wat na hom geluister het was verbaas op die wyse waarmee hy die uitvoering tot stand bring.

Hierdie jongman het dan ook beperkte gehoor gehad. Hy het baie duidelik die laer note / klanke van die klavier gehoor maar sodra dit by die hoër klanke kom dan kon hy dit nie hoor nie. So is daar gedeeltes van die klavier wat hy nooit hoor nie. Hierdie man het die keuse gemaak om ook die note wat hy nie kan hoor nie ook te speel. Hierdie onhoorbare klanke / note het hy gespeel omdat die musiekstuk dit verlang en die leermeester hom geleer het en gehelp het om dit te speel. Hy speel elke noot/ klank deur die geloof dat dit reg sal wees. Hy kan nie die uitvloeisels van sy aksies hoor nie maar sy aksies laat die gehoor na hul asem snak van verbasing.

Wat is geloof? Geloof is die sterk vertroue in iets wat jy nie die bewys van het nie. HEBR. 11:1 “Die geloof dan is ‘n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ‘n bewys van die dinge wat ons nie sien nie.”

Geloof rus in die een se karakter wat sê:- “Vertrou my!”.

Ons moet waak dat ons , onsself nie opvoed weg van die Here God nie!

 ROM. 1:22 “Terwyl hulle voorgee dat hulle wys is, het hulle dwaas geword”

ROM. 1:23 “en die heerlikheid van die onverganklike God verander in die gelykvormigheid van die beeld van ‘n verganklike mens en van voëls en viervoetige en kruipende diere.”

Die wat die Bybelse konsep van geloof verwerp sal dan ook die reaksie daarvan maai:- 1 KOR. 1:18 “Want die woord van die kruis is wel dwaasheid vir die wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God;”

1 KOR. 1:19 “want daar is geskrywe: Ek sal die wysheid van die wyse mense vernietig en die verstand van die verstandige mense tot niet maak.”

Het jy die geloof in God wat sê dat daar note/klanke is MAAR jy hoor dit nie? Glo God en vertrou Hom volkome omdat:- JOH. 3:16 “Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.”

GEBED

Vader , dankie dat ek my volkome vertroue in U kan plaas! Dankie vir die Woord van God wat my begelei al hoor ek nie altyd die klanke nie! AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00