DIE MOEILIKSTE WOORD OM TE Sê!

Die pa – ’n prediker – en sy twee seuns het van die een dorp na die ander gery. Pa sal by die gemeente gaan preek , een broer die kitaar bespeel en die ander die saksofoon.

Terwyl hulle so ry vra die pa:- “Wat is die moeilikste woord om te sê?” Die een het dadelik, voordat die broer kon antwoord ,  geantwoord :- “Supercalafragalisticexpealadosis” – en hy het so goed gevoel dat hy so vinnig die antwoord en oplossing tot die vraag van sy pa kon gee.

“Nee , dit is nie die antwoord nie en buitendien is dit nie ’n regte woord nie!” het pa toe geantwoord. “Wel het sy broer gesê, die een woord wat hy dink die moeilikste is om te sê is: Antidisestablishmenttarism en dit beteken dit is mense wat teen die daarstelling van kerke is.” Wel dit is nou baie slim!

“Wel, dit is maklik om groot woorde te sê as jy dit in lettergrepe opdeel, maar dit is nie die moeilikste woord om te sê nie.” het pa weer geantwoord.

Die twee broers het opgegee en pa het begin verduidelik. “Sonde is die tweede moeilikste woord om te sê. As mens het ons die hart van God gebreek en die vrees en respek vir God verloor  en hierdie selfsugtigheid het sonde veroorsaak.

Hoe ouer ’n mens word hoe makliker is dit om jou dade wat jy doen te regverdig en kompromie te maak met die waardes wat jy aanvaar het. Daarom is dit belangrik om van sonde weg te vlug!  Wel wat is die moeilikste woord om te sê:- NEE , NEE , NEE. Nee is wel ’n maklike drie letter woord om te sê maar wanneer dit by sonde kom is dit moeilik. Dus vlug van sonde weg en sê NEE!!!!

GEN. 39:7  Ná hierdie dinge het die vrou van sy heer haar oë na Josef opgeslaan en gesê: Kom hou gemeenskap met my.

:8  Maar hy het geweier en aan die vrou van sy heer gesê: Kyk, deur my is dit dat my heer geen kennis neem van wat in die huis is nie; en alles wat syne is, het hy aan my oorgegee.

:9  Hy is in hierdie huis nie groter as ek nie en het my niks onthou nie behalwe u, omdat u sy vrou is; hoe kan ek dan hierdie groot kwaad doen en sondig teen God?

:10  En nadat sy met Josef dag ná dag gespreek het, en hy na haar nie wou luister om by haar te lê om met haar gemeenskap te hou nie,

:11  kom hy eendag in die huis om sy werk te doen terwyl niemand van die huisgenote binne was nie.

:12  Toe gryp sy hom aan sy kleed en sê: Kom hou gemeenskap met my. Maar hy het sy kleed in haar hand laat agterbly en gevlug en na buite geloop.

Wat ’n wonderlike voorbeeld is Josef nie vir elke mens nie? Vlug vir die sonde en sê NEE!!!!

Laat ons opnuut die besluit neem om hierdie dag en ook die dae wat sal volg – NEE te sê vir sonde – of dit owerspel, flirtasies, bedrog, leuens, begeertes, diefstal, oneer aan God, liefdeloosheid, vloekwoorde, …… wat ookal dit mag wees!

GEBED

Here, ek verklaar dat ek U kind is en daarom wil ek NEE sê vir enige sonde wat oor my pad mag kom! Ek wil regverdig voor God en mens lewe! AMEN  

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00