DIE MARATHON ATLEET.
Bob Wieland het aan die New York marathon deel geneem in 1986. Hy hou die rekord vir die persoon wat die langste ’n marathonwedloop gehardloop het. Bob het laaste gekom in die marathon waaraan twintigduisend atlete deel geneem het. Hy is oor die eindstreep in ’n tyd van vier dae, twee ure ,agt en veertig minute en sewentien sekondes. Bob se bene is tydens die Vietnam oorlog afgeskiet en hy het die marathon met sy arms “ gehardloop ”.
DIT IS UITHOU VERMOë – VOLHARDING!!!
HEBR. 12:1 “Daarom dan, terwyl ons so ‘n groot wolk van getuies rondom ons het, laat ons ook elke las aflê en die sonde wat ons so maklik omring, en met volharding die wedloop loop wat voor ons lê,”
Elkeen van ons het een of ander tyd ‘n “ aftyd”! Jy voel net dat die wêreld vir jou te veel is. Die werk , jou huismense , die familie , die kinders , die finansies , die politiek , die………….. aaaag sommer alles!!!
Dit is in hierdie tye dat die Here jou lojaliteit en jou wilskrag om Hom te dien, toets. STAAN DAN NOU VAS MET JOU Oê OP JESUS CHRISTUS!!!
Daar is talle mense voor jou en my wat verseker moeiliker tye gehad het as ons! Kom ons word bemoedig deur hulle lewens vir ‘n oomblik!
NOAG – God roep hom om ‘n skip te bou – en hy doen dit – vir 120 jaar. Onthou daar was nog nie so iets soos reën nie! Hy het nie ‘n plek gehad waar hy die planke , skroewe en lym kon gaan koop nie – nee hy moes dit gaan kap en bewerk! Noag het volhard – uitgehou!!! Jaaaa en toe die vloed kom????Noag het God reg gehoor – volhard – en hy het oorleef!
ABRAHAM – Een van die dinge wat God van hom verwag , was om sy seun te offer. Verseker vir hom moeilik om dit te doen maar hy is gehoorsaam! Hy was ‘n man wat elke toets deurstaan en geslaag het! Wat ‘n inspirasie!!
JOSEF – As slaaf verkoop! Onskuldig word hy beskuldig en beland in die tronk. Josef word die tweede in bevel van Egipte – maar sy geheim was hy het volhard om God te dien!!
Daar is nog Moses , Simson, Samuel , Dawid , Paulus ,…….. ja baie meer!
Jy is mismoedig en dit voel vir jou jy wil tou opgooi – maar voel mede kinders van God se hand op jou skouer en hoor hoe sê hulle vir jou:- “ As ons dit kon doen – kan jy ook! Hou net aan!”
LUKAS 9:62 “En Jesus antwoord hom: Niemand wat sy hand aan die ploeg slaan en agtertoe kyk, is geskik vir die koninkryk van God nie.”
Komaan jy kan – jy wil en jy sal volhard!! Talle ander is deur die stryd – moenie dat die negatiewe jou oorweldig nie!!! Dink aan Bob , hy het aangehou en die wedloop voleindig! Jy kan ook!
2 TIM. 4:7 “Ek het die goeie stryd gestry; ek het die wedloop voleindig; ek het die geloof behou.”
:8 “Verder is vir my weggelê die kroon van die geregtigheid wat die Here, die regverdige Regter, my in dié dag sal gee; en nie aan my alleen nie, maar ook aan almal wat sy verskyning liefgehad het.”
Gebed.
Here U ken my probleem en ook my gemoed! U weet ook van al die gedagtes wat al deur my is en wat ek bedink het! Here nou skep ek moed en stel my volle vertroue op U! Sal U my help om deur hierdie moeilike tyd te kom? Stuur ook die oplossing vir my op U Goddelike manier ,asseblief? Dankie Here ek rus nou in U! AMEN.