DIE EVANGELIE VAN VERSKONING!

’n Russies prins is deur Napoleon aangesê om in ’n Franse tronk ’n veroordeelde persoon vry te gaan spreek. Die prins moet die mans ondervra en dan besluit wie hy in die naam van Napoleon sal vryspreek.

Die prins het baie mans ondervra. Elke veroordeelde het homself regverdig en vertel dat hy nie daar in die tronk hoort nie. Elke persoon het hulle onskuld aan die prins vertel en natuurlik ook probeer bewys dat die owerhede het ’n fout gemaak om hulle in die tronk te plaas. Hulle het gekla dat die straf wat hulle opgelê is, verkeerd en onregverdig was.

Einde ten laaste het die prins ’n man gevind wat gekwalifiseer het vir die vergifnis. Hierdie man was die enigste skuldige man in die hele tronk. Hy het geen pleit rede gehad vir homself nie maar het sy onwaardigheid erken en het ook erken dat hy al die straf wat hom opgelê is verdien.

Die prins was baie diep getref in sy hart deur die man se nederigheid en erkentenis aan hom. Die prins het toe vir die man gesê:- “Ek bring vir jou vergifnis en verskoning in die naam van Napoleon – ek verklaar jou ’n vry man. Jy is die enigste man in hierdie hele tronk wat ek gevind het wat sy skuld erken en wat die plek in geneem het waar verskoning aan hom gebied kan word.”

Hierdie is die plek waar God die mens na bring, en wanneer Hy die mens daar vind, lig Hy die mens op na Sy boesem en verklaar aan die mens, nie verdoemenis nie, maar  volkome vergifnis, verskoning, regverdigmaking.

Het jy al jou skuld teenoor God erken sodat Hy jou kan vry spreek?

ROM. 3:24  en hulle word deur sy genade sonder verdienste geregverdig deur die verlossing wat in Christus Jesus is.

:25  Hom het God voorgestel in sy bloed as ‘n versoening deur die geloof, om sy geregtigheid te bewys deurdat Hy die sondes ongestraf laat bly het wat tevore gedoen is onder die verdraagsaamheid van God

:26  om sy geregtigheid te toon in die teenwoordige tyd, sodat Hy self regverdig kan wees en regverdig maak wie uit die geloof in Jesus is.

GEBED

Here, dankie vir U vergifnis wat ek van U kan vind. AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00