DIE EEN BEKEERLING!
Daar was ’n predikant wat deur sy direkte hoofde in die bediening aangespreek is. Hulle het hom aangespreek omdat hy in een jaar slegs een bekeerling by die gemeente kon voeg. Om alles te kroon was hierdie ’n jong seun.
Die predikant was baie beswaard oor die saak en het gaan bid in die kerk. Terwyl hy besig is om te bid het iemand agter hom gestaan en toe hy omdraai is dit die jong seun –die enigste bekeerling vir die jaar. Die seun wou by die predikant weet of hy ook eendag ’n predikant kan word. Die predikant het die seun aangemoedig om die Here te gaan soek in die gebed.
Die jong seun was Robert Moffit, die man wat die Evangelie na Afrika toe geneem het.
Jare later het Robert Moffit in London getuig en ’n jong dokter het hom hoor sê:- “I have seen in the morning sun the smoke of a thousand villages where no missionary has ever been.”
Hierdie jong dokter was beweeg deur die woorde van Robert Moffit en die dokter was niemand anders as David Livingstone nie. In 1840 het hy na Afrika geseil en daar gewerk vir meer as drie dekades.
Al hierdie het plaasgevind omdat een predikant sy enigste bekeerling aangespoor het om die Here te gaan soek.
PREDIKER 11:1 Werp jou brood uit op die water, want ná verloop van baie dae sal jy dit vind.
GEBED
Here, stuur elke dag ‘n siel oor my pad met wie ek die Evangelie kan deel? AMEN