Aartappler, eiers en koffiebone

Daar was eendag ’n dogter wat vir haar pa gesê het dat sy nie meer al die probleme en stryd kan hanteer nie. Sy is moeg en weet nie wat om te doen nie, want sodra die een probleem opgelos is, dan is die volgende probleem daar. Die dogter se pa was ’n baaskok en het haar na die kombuis laat gaan. Daar het hy drie potte geneem en vol water gemaak en dit op die warm plate gesit. Sodra die water gekook het, het hy in een pot die aartappels gegooi, in die ander pot die eiers en die derde pot die koffiebone. Sy moes die hele tyd sit en kyk hoe die potte kook. Na geruime tyd het hy die aartappels uitgehaal en in ’n bakkie geplaas. Daarna die eiers en dit ook in ’n bakkie geplaas en toe die koffie uitgeskep en in ’n beker gegooi. “ Wat sien jy?” het hy haar gevra. “ Aartappels, eiers en koffie.” het sy geantwoord. “Bekyk dit van nader en raak aan die aartappels” sê haar pa. Sy het dit gedoen en gemerk dat die aartappels sag geword het. Daarna moes sy ’n eier oopbreek en toe het sy gesien dat die inhoud van die eier hard gekook is. Sy het aan die heerlike ryk koffie geproe en dit het ’n glimlag oor haar gesig gebring. “ Pa, wat beteken dit alles?” het sy gevra. Hy het toe aan haar verduidelik dat die aartappel , eiers en koffie het dieselfde teenspoed ervaar – die kokende water. Elkeen het op verskillende maniere gereageer. Die harde , sterk aartappel het in die water sag geword. Die eier was breekbaar. Die vloeistof inhoud is deur die dop beskerm totdat dit in die water was en toe hard geword het. Die koffiebone was besonders. In die warm water het die koffiebone die water verander en iets nuut gevorm. “Watter een is jy?” het hy sy dogter gevra. “Indien die teenspoed na jou kant kom, hoe reageer jy? Is jy die aartappel , die eier of die koffiebone?” Is dit nie so dat in hierdie lewe sekere dinge met ons gebeur nie, dinge rondom ons gebeur nie, maar die belangrikste is, hoe reageer jy in jou binneste? GEBED Vader gee dat ek ten alle tye onder die beheer van die Heilige Gees sal wees, ten spyte van wat oor my lewe kom. AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00