Ateïs tot man van God!

Dit is toe C.S. Lewis na die Oxford Universiteit toe is, dat hy ‘n uitgesproke ateïs was. Hy het sy moeder verloor toe hy nege jaar ou was en die res van sy lewe het hy in koshuise groot geword. Hy het nie die nut van God gesien of in Hom geglo nie.

Terwyl hy op universiteit was, het hy vir J.R.R. Tolkein ontmoet wat later sy beste vriend geword het. Tolkein is die outeur van THE LORD OF THE RINGS.

Tolkein en van die ander vriende het toe vir Lewis uitgedaag om die Bybel te bestudeer. Lewis het die uitdaging aanvaar en hy het die Bybel begin bestudeer. Dit is met die studie van die Bybel en van sy vriende se begeleiding dat Lewis van ‘n ateïs tot ‘n diep kind van God beweeg het.

Lewis was nie die enigste nie. Daar is talle intellektuele mense wat die Bybel bestudeer het en tot die besef van die Waarheid van die Bybel gekom het, soos Kirk Cameron, Barbara Bush, Corrie ten Boom en talle ander.

Wat het hulle gedoen? Hulle het eenvoudig die Bybel geneem en dit bestudeer. Hulle het die Bybel se historiese waarhede, die  profesië en al die ander feite besef dat dit waar is en besef dat hierdie boek wat oor ‘n tydperk van 1500 jaar geskryf is en deur 40 skrywers en drie verskillende kontinente, is meer as net ‘n algemene boek.

Die Bybel is die Boek wat lewens verander wanneer dit gelees word.

HEBR. 4:12  “Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is ‘n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart.”

HEBR. 4:13  “En daar is geen skepsel onsigbaar voor Hom nie, maar alles is oop en bloot voor die oë van Hom met wie ons te doen het.”

GEBED

Baie dankie Hemelse Vader vir U woord wat sal bly tot in ewigheid en wat my lewe verander.

AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00