DIE KRUIS VAN DIE HERE JESUS CHRISTUS.
1. DIE WOORD VAN DIE KRUIS.
‘Here – in the ruin of my years – Master,
I thank Thee through my tears;
Thou sufferedst here, and didst not fail –
Thy bleeding feet these paths have trod,
But Thou wert strong, and I am frail;
And I am man, and Thou art God.’
Die hart van christenskap is die Bybel en die hart van die Bybel is die kruis; en die hart van die kruis is die hart van God; ‘n hart vol teer medelye vir sondaars, mense wat dwaal; ‘n hart wat stukkend en gebreek was terwyl Hy versoening gedoen het vir die skuld van die mens. Voordat ons verder gaan, sal ons net stil die Heilige Gees vra om vir ons ‘n helder visie te gee van hierdie wonderlike kruis en ‘n egter en dieper ervaring van sy herskeppingskrag.
Die kruis van Christus is terselfdertyd die mees verskriklike en die mees glorieryke voorwerp wat ooit gesien is deur die mens en deur engele, buite die hemel se poorte.
In I Kor.1:18 “Want die woord van die kruis is wel dwaasheid vir die wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God.” Die woord of boodskap van die kruis mag nie deur enige ander Skrifgedeelte gehoor word nie. As ons hierdie boodskap in al sy volheid wil hoor, moet ons die hele Woord van God, daar rondom hoor. Die kernboodskap van die kruis word baie misverstaan, a.g.v. die verskillende los gedeeltes daaroor.
Maar dit maak nie saak in watter volheid die boodskap van die kruis verkondig word nie, dit bly dwaasheid vir hulle wat verlore gaan. Hoe deursoekend is dit nie! Dit is ‘n bewys dat jy verlore gaan as jy nie die wysheid en krag van God in die kruis sien nie.
Die waarde van die kruis is vanaf die skepping deur die hele geskiedenis nog altyd dieselfde. In die N.T is daar nie minder as 90 aktiwiteite en gesindhede wat veroordeel word nie. 67 Sones wat in genoem word staan in verband met sex in een of ander manier. Sonde van materialisme neem ook ‘n groot hoeveelheid aandag op.
Baie van die leeringe van die Here Jesus was op sonde gerig gewees. Soos bv. die gelykenis van die saaier, en dan die sorge van die wêreld en die verlustiging aan rykdom. Volgens Matt.22:5 met die gelykenis van die bruilof, was die gaste vir die troue opgeneem deur allerhande materieële sorge wat veroorsaak het dat hulle hulle geleentheid verbeur het om saam te gaan. Paulus het ook baie teen hierdie sondes gewaarsku.
Die woord van die kruis, is God se Woord omtrent die kruis en Sy boodskap van liefde en genade aan ons, deur die kruis. Watter wonderlike woord is dit nie; kom ons probeer die volle betekenis daarvan verstaan.
a).DIE WOORD VAN DIE KRUIS IS GOD SE WOORD RAKENDE HEILIGHEID EN SONDE.
Ek bedoel die heiligheid van die Een wat ly en die slegtigheid van die vir wie Hy ly. In Joh.8:34 sê Jesus: “..Voorwaar Ek sê vir julle, dat elkeen wat die sonde doen ‘n dienskneg van die sonde is.” Dan sê Hy in v46 “Wi e van julle oortuig My van sonde en as Ek die waarheid spreek, waarom glo julle My nie?”
Volgens die lering van Jesus het sonde en slawerny met mekaar verband. Daar is geen ware vryheid waar daar nie met sonde gebreek is nie. Christus het geen sonde gedoen nie, en as Hy het, sou Hy onder daardie mag gekom het en sou Hy Hom daarmee onbekwaam gemaak het as Messias, en sou Hy die prys vir sonde nie kon betaal nie, omdat hierdie Offer sonder sonde moes wees.
Hy was heilig, blaamloos en afgesonder van sondaars, tog het hierdie Heilige Een, wie se karakter en woorde openbaringe was van die Onsigbare en ewige God, ons sonde in Sy liggaam gedra en was doodgemaak deur die hande van goddelose manne.
Hand.2:23.”Hom, wat deur die bepaalde raad en voorkennis van God oorgelewer is, het julle deur die hande van goddelose manne geneem en gekruisig en omgebring”.
Die heiligheid van God en die sondigheid van die mens het mekaar ontmoet in ongelooflike konflik in die kruis van onse Here Jesus Christus: daardie kruis het die Here Jesus se beste en die mens se swakste kom openbaar, as ons dit so kan stel.
Hand.4:27, 28. “Want waarlik Herodes en Pontius Pilatus het saam met heidene en die volke van Israel vergader ten u heilige Kind Jesus wat U gesalf het, om alles te doen wat u hand en U raad vooruit bepaal het om plaas te vind.”
Soos duisternis geen geneemskap met die Lig kan hê nie, net so min kan die onwedergebore mens gemeenskap hê met die Gees van God. Die woord van die kruis is die woord van oorwinnig tot heiligheid, neerlaag en die aflê van sonde.
B). DIE WOORD VAN DIE KRUIS IS GOD SE WOORD RAKENDE LIEFDE EN OFFERHANDE:
Toe God Sy Seun gegee het, was dit nie met ‘n verwagting dat Hy op een of ander manier die wrede kruis sou ontvlug nie. God het geen hoop gehad om die mens te red, as deur die dood van Sy Seun nie, net so het die mens geen hoop op redding gehad as deur die krag van die kruis nie.
Hand.4:12 ”En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie”
Die kruis staan vir die liefde van God die Vader, en die Offer van God die Seun. Joh.3:16. Christus het ons ook lief gehad en het Homself vir ons aangebied as Offer vir God.
Efe.5:2 “en wandel in liefde, soos Christus ons ook liefgehad het en Hom vir ons oorgegee het as ‘n gawe en offer aan God tot ‘n lieflike geur”.
Ons Here se eie getuienis is: “…net soos die Seun van die mens nie gekom het om gedien te word nie, maar om te dien en Sy lewe te gee as ‘n losprys vir baie.” Matt.20:28.
Die boodskap van die kruis is ‘n boodskap van oneindige en onverdiende liefde. Net God kon ‘n wêreld vol sondaars so lief gehad het, dat Hy Sy enigebore Seun oorgegee het om aan ‘n kruisdood te sterf, vir hulle.
Rom.4:8 “maar God bewys sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was”
Net God, die Seun, kon ons so liefgehad het om, terwyl ons nog vyande was, Sy vlekkelose lewe as Offer vir ons sonde te gee. Hierin lê die liefde, hierin lê die Offer. Die lyding en offerande van Jesus is die bewys en die uitdrukking van die intensiteit van God se liefde.
‘Ingegrafeer op die kruis het ons gesien
In skynende letters: God is liefde.’
c) DIE WOORD VAN DIE KRUIS IS GOD SE WOORD RAKENDE GEREGTIGHEID EN VREDE.
Sommige van die vroeë vaders het geleer dat die verlossings-prys wat deur Jesus betaal is, aan die Satan betaal is, vir die vrylating van siele. Watter reg het hy op die siele van mense, wat ‘n moordenaar van die begin af was?
Ons lees in die Woord dat Jesus Homself gegee het, as ‘n Offer aan God. Die kruis staan nie net vir oneindige liefde nie, maar ook vir ewige geregtigheid en vir vrede, wat gebasseer is op geregtigheid.
Hy het vrede gemaak deur die bloed van die kruis. On-eindige geregtigheid is on-eindige offerande met on-eindige waarde van die lewe van die bloed van Hom wat die On-eindige is. Kyk na Kol.2:14 “..en die skuldbrief teen ons, wat met sy insettinge ons vyandig was, uitgedelg en weggeruim het deur dit aan die kruis vas te nael.”
Alles wat teen ons was, in die oë van God en wat in ons weg gestaan het van ons versoening met Hom, was vasgenael aan die kruis: Dit was geïdentifiseer met Hom of as Syne gereken, wat aan die kruis gely en gesterf het.
Sodat Efe.2:13 “..julle wat vroeër ver was, naby gekom het deur die bloed van Christus.”
Deur Sy kruisdood het geregtigheid en vrede mekaar gekus. Nou is die boodskap van die kruis: Efe.2:15, 16 “…deurdat Hy in sy vlees die vyandskap tot niet gemaak het, naamlik die wet van gebooie wat in insettinge bestaan, sodat Hy, deur vrede te maak, die twee in Homself tot een nuwe mens kon skep en albei in een liggaam met God kon versoen, deur die kruis, nadat Hy daaraan die vyandskap doodgemaak het.”
Christus ken geen ander wyse waardeur ons met God versoen kan word nie, as deur die kruis van Christus nie. Wie kan waag om te sê dat hierdie voorsiening nie voldoende is nie? Het u dit so ondervind?
d). DIE WOORD VAN DIE KRUIS IS GOD SE WOORD RAKENDE VERLOSSING EN KRAG.
Kyk na die vers waarmee ons begin: I Kor.1:18 “Want die woord van die kruis is wel dwaasheid vir die wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God.”
Die kruis is God se teken van Sy magtige krag om te red. Amal wat daarin glo en in die skadu daarvan bly, is bewus daarvan dat hulle in kontak is met die magtige reddingskrag van God. Soos die veiligheid van die Israeliet daarin gelê het dat hulle nie uit die bloedbesprinkelde huis moes uitgaan voor die oggend nie.
Ex.12:22 “En neem ‘n bossie hissop en steek dit in die bloed wat in die skottel is, en stryk aan die bo-drumpel en aan die twee deurposte van die bloed wat in die skottel is. Maar niemand van julle mag uit die deur van die huis uitgaan tot die more toe nie”
Net so is ons veilig onder die bloedbesprinkelde kruis totdat die ewigheid kom en die skadu van sonde en die dood wegvlug.
Aan die kruis het Jesus Sy lewe verloor om dit weer te red by die glorieryke opstanding. Net so moet ons hier ons self-lewe laat, dat ons dit nuut mag vind in Hom, tot een en heerlikheid van God die Vader.
Die woord van die kruis is die Woord van die krag van God tot redding vir elkeen wat glo. Dit is God se onfeilbare, altyd-aktiewe instrument, waardeur enige iemand onmiddelik, deur geloof, uit die duisternis gelig kan word, na die Lig en ‘n nuwe skepsel gemaak word.
Die invloed van die kruis is soos ‘n eindelose tou wat die hele wêreld en die troon van God omsingel. Die mens, in al sy hopeloosheid en nood, kan enige tyd, in geloof daarna gryp en onmiddellik oorgeplaas word na die Koninkryk van die Seun van Sy liefde.
Enige plek en op elke plek is die kruis die krag van God. Vlug na die kruis van Christus en u vind skuiling in die krag van God om te red.
Rome was na God gebring by die ontdekking dat Christus, baie eeue gelede, niks gesê het oor die groei en beskikbaar stel van kennis nie. Die wysheid van die mens en engele sal nooit die wysheid van God, soos geopenbaar is die kruis, oortref nie.
I Kor.1:30 “Maar deur Hom, is julle in Christus Jesus, wat vir ons geword het, wysheid uit God en geregtigheid en heilig-making en verlossing.”
2. DIE DOOD VAN DIE KRUIS.
Fil.2:8 “..Hy Homself verneder deur gehoorsaam te word tot die dood, ja die dood van die kruis.”
Ah, my dear Lord! What couldst Thou spy
In this impure, rebellious clay
That made Thee thus resolve to die
For those who kill Thee every day.
– Vaughan
Die dood van Christus word direk in die N.T. genoem 175 kere. Al die ander leerstellinge word aan die voet van die kruis neergelê. Die kruis en Christus word verteenwoordig as Een, omdat hulle saam aan die kruis genael was. Om die kruis te verkondig is om Christus te verkondig en Hom as gekruisigde.
Om in die kruis jou te roem, is om jou in die genade, wat deur die dood, sonde weggeneem het, en die vyand van die menslike hart verslaan het, te roem.
Efe.2:16.”en albei in een liggaam met God kon versoen deur die kruis, nadat Hy daaraan die vyandskap doodgemaak het”
Die dood van die kruis is die dood van sonde, as ‘n struikelblok in ‘n mens se pad na God; en die dood van dood soos die loon van die sonde. Ons eie stemme moet geheilig word om van so ‘n dood te spreek. Dit was:
a) ‘n SKANDELIKE DOOD.
Vir roof en moord, is die Romeinse slaaf nakend uitgetrek en gekruisig. Die Heilige was gereken saam met die rowers en moordenaars. Hy was as krimineel behandel. (Joh.19:23, 24).
Hulle het Hom nakend uitgetrek en van Hom openlik ‘n skande gemaak, maar Sy liefde vir die sondige mens was so groot en so groot was Sy vreugde om die wil van God te doen, dat Hy: “die kruis verdra het, die skande verag het en aan die regterhand van die troon van God gaan sit het.” Heb.12:2.
Om aan ‘n kruis te sterf, was gereken as vervloek deur die wêreld en God. Dit is geskrywe: “vervloek is hy wat aan ‘n kruis hang.” Hy het die sonde en skande gedra, omdat sonde en skande nie geskei kan word nie.
Heb.6:6 O die skande om skaam te wees vir Hom, wat nie skaam was vir ons, om vir ons die skand-dood van die kruis te sterf , sodat ons verlos kan word van die krag en skuld van sonde nie, en die angs van ‘n ewige skaamte.
Dit sal ‘n dieper betekennis in daardie liedjie gebring het: ‘I’m not ashmed to own my Lord.’, as ons dieper kyk na Sy skande-dood aan die kruis.
*******************************