Ek dink aan die dae verby
Aan Jesus was alles gewy
In tente geskaar word ons Hom so gewaar
Oortuiging kom hang in die outydse sang
Die grond was verhewe, as ons voor Hom bewe
Met trane gesaai om met gejubel te maai.
Ek onthou nog hoe siele uitstroom
En kniel voor Sy heilige troon
Hoe sag was my hart, en oor sonde vol smart
Die Gees het gewerk, ons was swak, Hy was sterk
Met eerbied en vrees, wou ons altyd naby wees
Waar mense vergader, wat Sy voete nader.
Ek hoor nog hoe bid hulle daar
Sy heerlikheid het ons gewaar
Tot laat in die nag, openbaar God Sy krag
Selfs grotes buig neer om Sy wil te begeer
Die vestings verstrooi Hy, die vyand se prooi ‘s vry
Ons harte loop oor, want God het ons verhoor