DIE GELYKENIS VAN DIE BRUILOF

EN DIE BRUILOFSKLEED:

MATT.22:1-14 + LUK.14:16-24

 

INLEIDING:

 

Dit is belangrik om te onthou dat gelykenisse dikwels saam met ander gelees moet word om die geheelverband van die verhaal te verstaan. Die gelykenis moet saam met die vorige gelees word nl. die in Matt.21:43 en 22:2.

 

Beide gelykenisse wys op die genade en geregtigheid van die Here. In die vorige gelykenis het die Here Jesus aan die skare gewys wat die effek is om die evanglie te verwaarloos, en die oordeel wat sal plaasvind omdat hulle hierdie uitnodiging van hulle weggeskuif het.

 

In die gelykenis wys die Here Jesus op die gevaar om die roepstem van die Here te verwaarloos en die oordeel wat daarop sal volg. Net die Here Jesus kan aan ons Goddelike genade openbaar en net Hy kan aan ons die menslike skuld a.g.v. hulle keuse kom openbaar.

 

Daar is baie mense wat hierdie gelykenis en die een in Luk.14 met mekaar verwar. Beide gelykenisse is die verhaal van die bruilofs-maal, met gaste wat genooi word, en sommige weerstaan die uitno-diging en ander gryp dit aan. Dit is net tot hier waar die ooreenkom-ste is.

 

Die twee gelykenisse in die verskillende verslae van dieselfde ge-beurtenisse, op beide uiterlike en innerlike gronde is daar redelike verskille en losstaande van mekaar. Hulle was ook by verskillende geleenthede vertel.

 

Die verhaal van Lukas was in ‘n huis van ‘n Fariseër gewees Luk. 14:1 terwyl die van Matteus in die Tempel vertel was Matt.21:13.   

 

Beide gelykenisse het op verskillende stadiums in Sy bediening plaasgevind. Lukas se gelykenis het Hy vertel voor Sy laaste tog na Jerusalem, en die een in Matt. was in die Tempel geuiter voor die Hoë priester en die ouderlinge van die volk. Matt.22:23

 

In Lukas het die Fariseërs hulle oog nie openlik teenoor die Here Jesus gedistansieër nie, terwyl in Matt. se geval het hulle vyandskap op tot die hoogste vlak moontlik tot uiting gekom, soveel so dat hulle Hom wou doodmaak.

 

Lukas se geval was ‘n gewone bruilof wat in ‘n privaat huis plaasge-vind het, waar die uitnodiging gewoon opsy geskuif is. In Matt. se geval was die uitnodiging deur ‘n koning waar sy seun nou gaan trou 

 

In Lukas was die gaste beleefd, in Matt. was die gaste rebels. In Lu-kas was die gaste bloot net buite die bruilofsfees, in Matt. was hulle vernietig en hulle stad verbrand.

 

In die hoër waarde van die koning wat die uitnodiging gerig het in Matt. en die groter waardigheid van die geleentheid is daar vele ge-volge aan die skuld van hierdie persone. Daarom dat die straf erger was en die oordeel meer veroordelend.

 

Die Here Jesus het dikwels verhale op ander maniere aangepas om ‘n spesifieke toepassing te maak.

 

KOM ONS KYK NA DIE KONINKLIKE MAALTYD:

 

Daar is die koninklike status van die Vader wat vir Sy Seun ‘n brui-lofsmaaltyd voorberei. Die Vader word as ‘n sekere koning uitge-beeld. En dit was die Here Jesus wat na Sy Vader verwys het.

 

In die vorige perikoop was die Vader die Huisheer vs.33. Hier is Hy die Koning. In die vorige perikoop was die Here Jesus die Seun en huurling wat gestuur was, na die wingerd. Ps.72:1

 

Ps.2:6-7 Maak dit duidelik dat die Here Jesus beide Koning en die Koning se Seun is.

 

Die koning wat die bruilof gereël het, is die Vader, die Seun is die Here Jesus en die genooides is die kerk. Hier is die Here Jesus oppad om met Sy verlosdes verenig te word. Hier is die Drie Eenheid be-trokke: nl. die Koning, die Koning se Seun en die Diensknegte die Heilige Gees se inspirasie om mense te nooi. 

 

Die troue waarna hier vewys word is nie die Bruilof van die Lam van Openb.19 nie, hoewel die feesmaal waarna hier verwys word ‘n heenwyse is na die heerlike vereniging tussen die Here Jesus en die bruid wat sal plaasvind. Al wat ons nou ervaar is die ete maar nie feesmaal van die laaste dae wat nog moet plaasvind.

 

Johannes het die Here Jesus voorgestel as ‘n Bruidegom Joh.3:29. ‘n Beeld wat die Here Jesus van Homself dwarsdeur die O.T. gebruik het, wanneer daar van Israel en die Here se verhouding gewys word. Dit is ook ‘n stelling wat Paulus gebruik wanneer hy na die kerk en die Here Jesus verwys, as bruid en bruidegom. Efe.5.

 

Ons het hier gepaste beskrywing van ‘n geestelike vereniging in die Evangelies “ ‘n maaltyd van vetspyse”.  Die wonderlike fees wat Hy voorberei is eerstens die vreugde om van my sonde vergewe te wees, en deur Hom aangeneem te wees, vrede in my gewete, die heerlike groot beloftes, en toegang tot die Troon van genade die voordele van die H.G. en die wel verdiende sekerheid van redding.

 

Die tragedie van die gelykenis is die hartseer weerstand wat daar is teen die uitnodiging van die gaste om aan die koninklike tafel te kom aansit. Die koning het drie uitnodingings uitgestuur, en tog was al drie weerstaan.

 

Die woord wyer verwys na die herhaaldelike uitnodiging en die feit dat hulle nie wou nie.

 

Sedert Pinkster het die Heilige Gees die mens ingenooi om te kom aansit aan die fees van die Lam, maar die mens het geweier.

 

Daar word gereken dat die eerste twee uitnodingings verwys na Isreal in O.T en N.T.

 

Die eerste uitnodiging is in Vs.1-3. Die wat uitgenooi is het nie ge-kom nie. Die uitnodiging was teruggooi, hulle was geëer om deur die koning self uitgenooi te wees, maar het dit as onbelangrik beskou.

 

In die Ooste is dit gebruik om ‘n aanvangs uitnodiging te maak, na ‘n fees, en heel anders as wat ons ken. Dan word die uitnodiging met ‘n spesifieke uitnodiging opgevolg, wanneer die fees gereed is. Deur die wat die eerste uitnodiging reeds geignoreer het voordat die op-volg gekom het, word as ‘n bespotting beskou, omdat hulle dit ligte-lik opgeneem het.

 

Besigheid het meer vir hulle beteken as die voorreg om die koning se fees by te woon. Hulle het selfs die genooides geslaan en mishandel en doodgemaak. Vs.6 Wat ‘n vreemde reaksie op ‘n ope uitnodiging.

Deur hierdie optrede het hulle teen die Koning, Sy Seun en Sy diens-knegte sonde gepleeg.

 

Hierdie twee uitnodigings tipieër die tweevoudige geleentheid wat die Here aan Israel gegee het om hulle te bekeer. Daar was Sy eie sending toe Hy mens geword het, nie net as die Koning se Seun nie, maar ook as dienskneg, om die mens na Hom te nooi. Hy het dikwels probeer om hulle bymekaar te bring maar hulle wou nie.

 

Hy sou binnekort sterf en alles was gereed gemaak vir die Fees vir die Jode, ‘n volgende uitnodiging het in die Apostoliese bedienings tydperk gegaan, maar Sy diensknegte het vreeslike wreedheid deur-gemaak Stefanus en Jakobus is vermoor, wat was die reaksie van die Koning op hierdie optrede.

Vs.7 “Toe die koning dit hoor, het Hy kwaad geword en sy man-skappe gestuur en daardie moordenaars omgebring en hulle stad aan die brandgesteek.”

 

Die ligte weerstand van die Evangelie lei tot die sonde van moord, wat in ‘n onverwagte oordeel sal omskep word. Die profetiese aspek van hierdie gelykenis was met die inname van Jerusaelm 70 n.C. ver-vul, toe die weermag van Titus, Jerusalem verower het en die stad verbrand het. (Matt.23:34; Luk.21:20-24.) Die gelykenis was een van uitsonderlike oordeel.

 

Die soldate van die Romeinse mag was Sy soldate, omdat hulle Sy Seun weerstaan het, en is die volk oor die aarde versprei.

 

Die laaste uitnodiging openbaar Goddelike genade soek om ander in te nooi. Matt.22:8-10. Die wat genooid was, was dit nie waardig nie. Die koning se waardigheid was nie gekrenk deur die weiering van die voriges nie. Die genade van die Here was deur die Jode verag, en gaan die uitnodiging na die heidene wat onwaardig is om enige deel aan die seëninge van die Here te mag geniet.

 

Die onthaalsaal was gepak met gaste, wat goed en sleg is. Die diens-knegte moes soveel moontlik mense nooi. Wie was die wat goed en sleg was? Daar mag in u hart geen vooroordeel wees vir wie u wil nooi na die geleenthede om by die Here Jesus uit te kom nie.

 

Voor die poorte van die ewigheid maak dit nie saak wie daar staan nie want elkeen van ons was of is sondaars en het die keuse om my morele lewe voor die Here te skik. In Sy oë is daar niemand wat goed is nie. Menslike goedheid kan ons nie by die Here aanbeveel nie. Almal word na dieslefde voorregte van die Koning genooi.

 

Matt.22:11-14 Die laaste deel van die gelykenis is deel van die ge-heel. Daar was die gebruik dat wanneer die gaste vir ‘n koning se maal genooi word, daar ‘n voorbereidings saal was waar die gaste bymekaar gekom het om die regte klere te ontvang om vir die bruilof geskik te wees, en eenvormigheid onder die gaste te hê, sodat een nie hoër as die ander geag kan word nie.

 

Die nie van Vs. 11 is die woord Ou  wat bloot op ‘n feit dui. Hy het nie sy kleed aangehad nie. Toe die Here Jesus hom in vs.12 hom vra hoekom hy nie ‘n bruilofskleed aan het nie gebruik Hy die woord Me wat daarop dui dat hy gekies het om nie die kleed aan te trek nie. Hy wou sy eie kop volg.

 

Sy teenwoordigheid was ‘n duidelike teken van rebellie, teen die bruilofsfees, hy was sprakeloos en het niks gehad om te sê nie.

 

Die bruilofskleed was iets spesifiek en besonders, daarom dat die ko-ning die een wat dit nie aangehad het dadelik gesien het. Dit was deels ‘n teken van lojaliteit om dit aan te trek. Om daarsonder te kom was ‘n teken van dis-lojaliteit.

 

Die man moes gebind en weggeneem word van die vreugde en Lig van die Fees en in die buitenste duisternis gegooi word. Hy was in die hel gewerp.

 

Wat is die toepassing van die bruilofskleed:

 

Die bruilofsfees van die gelykenis van die koninkryk van die hemele wat die Here Jesus hier op aarde gaan kom verstig. Die kerk met wie Hy maaltyd wil hou, en is nog nie in die volle sin gereed daarvoor nie. Sy is nog nie weggeneem na die hemel toe nie, om in dieselfde beeld van die Here in die hemel te wees nie.

 

Haar kleed is nog nie witter as sneeu nie, en absoluut skoon gewas deur die bloed van die Lam nie, maar sy maak reds deel uit van die uitverkorenes. En het reiniging nodig. Alles wat ons reeds gelees het was die heerlike voorbereiding van die bruid om haar bruidegom te kom ontmoet.

 

Al hierdie voorebreidings word gepleeg sodat die bruid gereinig voor die bruidegom kan verskyn sonder vlek of rimpel, deursitig skoon en rein, dat wanneer ons voor Hom veskyn, ons soos Hy sal wees.

 

SY DIENSKNEGTE:

 

Met byna al die Joodse feeste gaan hulle gepaart met ‘n groot feesmaal wat ‘n beeld is van die bruilofsfees van die Lam. Tog, hoewel die opdrag was dat al die mans daar moes wees, was daar die wat nie reageer nie, en was daar sekere straf wette ingestel vir die wat nie opdaag nie.

 

As iemand dors het…laat hom na My toe kom.

 

Die gaste wou nie kom nie en die koning stuur diensknegte om ander gaste te nooi. OP die groot dag van Pinkster was die ander gaste genooi om deel van die fees uit te maak. 

 

Dit is die neerlê van die kleed van ons eie geregtigheid en rebellie, en ons te beklee met Goddelike reinheid en geregtigheid. Die kleed is ‘n beeld van heiligheid en geregtigheid. Die man sonder die bruidskleed sal sê ek het reg op my eie lewe.

 

Die met die kleed van die koning reken dat ons nie ons eie is nie, dat ek met ‘n duur prys gekoop is, en dat ek nie aanspraak het op my lewe nie. Die kleed is die werk wat die Here Jesus vir ons kom doen het om ons te red, sodat ons met Hom beklee kan wees.

 

As my lewe nie verander nie, in elke aspek van my lewe nie, het ek nie die kleed van die Here Jesus aan nie.

Matt.20:16 Sê dat daar baie geroep is maar min uitverkies is.

  

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00