DIE BOEK HAGGAI:

 

INLEIDING:

 

Vanaf die tyd dat Safanja geprofeteer het, van die oordeel wat kom, totdat Haggai sy stem verhef het, was om en by 100 jaar. Gedurende hierdie tyd het die Here nie Homself sonder ‘n getuie gelaat nie. Die Profete Jeremia, Esegiël, en Daniël het die bediening voort gesit. Dit wat vroeër geprofeteer was het ‘n werklikheid geword, waarskuwings wat gerig was aan die volk het net tot suur druiwe gelei, en wou hulle nie luister nie.

 

Israel was lank gelede reeds in ballingskap weggevoer, en Judea het soortgelyke lyding ervaar. Vir ‘n tydperk van 70 jaar het die volk by die waters van Babilon gesit en ween, en daarby ‘n swaar les geleer. Die tyd van straf was nou aan die einde en die einde is nou in sig.

 

Die Here het nou in Sirus die koning van Elam gewerk om die Hebreers terug te stuur na hulle eie land en om hulle tempel te gaan herbou. Nie dat Sirus aan die Here geglo het nie. Hy het Bel Merodag aanbid wat die beskermheer van Babilon was. Hulle het dikwels ander lande gehelp om hulle tempels te herbou om sodoende die guns van daardie gode te wou wen. Daarom was die herbou van die tempel van Jerusalem nie iets vreemds gewees nie. Dit was hoe die Here Sy instrumente maar gebruik het.  Onwaardige agente word dikwels gebruik om die mees belangrikste diens te moet verrig.

 

Onder die leiding van Serubabel ‘n prins van die huis van Dawid, en Joshua die hoë priester. Hulle was maar ‘n klein groepie.

 

Volgens Esra 2:64-65 was hulle maar 42,360 mense wat gegaan het om die tempel te herbou.  Hulle het met ywer die werk aangepak, en het vinning die altaar herstel.

 

Daarna het hulle die fondasie van die tempel in die tweede jaar van hulle aankoms gegooi, waarin hulle baie teen-kanting ontvang het. Gemengde bloed wou nou deel uit-maak van die herbou van die tempel. Hierdie versoek kon nie aanvaar word nie, omdat hulle Samaritane was. Hulle het die Here nie in reinheid en waarheid aanbid nie, omdat hulle ook nog vreemde gode aanbid het. Weens hier-die vreemde invloed was daar ‘n stadium dat die herbou van die tempel gestop moes word, en het Serubabel hulle aansoek van die hand gewys.

 

Toe daar van die volk teruggekeer het na Jerusalem, het hulle verwag dat alles reeds herbou sou wees, en het net die teenoorgestelde gekry. Alles was verwoes en verlate, en ‘n nasie wat nie meer ywer gehad het weens invloede van buite het hulle bedreig. Dit was probleme waarmee hulle gesukkel het.

 

Toe het die Here deur Sy Gees in hulle begin werk, met entosiasme, en het ‘n groot nasionale beweging begin, wat hulle van innerlike vernietiging en uiterlike oposisie gekeer het, en het hulle minder op die omstandighede begin let en saam begin staan.

Hulle het meer aandag aan hulle eie eiendomme begin gee en skade aan die werk van die Here gedoen dat Haggai op-gewek is deur die Here om hulle preoriteite reg te kry. Die tempel was binne vier jaar voltooi.

 

1)    DIE VERLEDE OM VAN TE LEER:

DIE SEëNINGE.

 

a) SKEP MOED:

Teenoor die volk self:

 

Daar was baie wat uit die verlede geleer kon word. Die wyse waarop die Here Sy hand op hulle gehou het toe hulle gewillig was om Hom na te volg. Die wyse waarop die Here bo-natuurlik ingegryp het om vir Sy volk vooruit te trek wanneer hulle bereid was om Hom te volg en te dien.

 

In hoofstuk 2:3 verwys Haggai na die huis van die verlede waarin daar die ryke ondervinding was, waarin die Here hulle kom besoek het met die inwyding van die tempel deur Salomo.

 

b) Teenoor hulle vyande:

 

Hoe die seën van die Here op die volk gerus het, en hoe die heidene dikwels kon ervaar het dat die Here vir Sy volk in oorloë gestry het. As ons dink hoedat die vyande dikwels in verskillende wyses net eenvoudig verslaan was. Hoedat hulle bereid was om kompromieë aan te gaan om die guns van die volk van Israel te verkry.

 

2) DIE MISLUKKINGS:

 

a)    Hulle eie belange na omgesien:

DIE GEVOLGE:  Gee ag:

 

Die ernstige waarskuwing wat ons uit hoofstuk 1:4 kry en 6 +9-11.   

 

Die absolute onproduktiwiteit wat hulle gesmaak het.

i) Hulle het na baie uitgesien, dit het min geword.

ii) Julle het in huise gebly, maar Ek het dit weggeblaas.

iii) Ek het die hemel bo julle se dou ingehou, en die aarde  

     het sy opbrengste teruggehou.

iv) Hy het droogte gebied.

 

Hoewel hulle misluk het is dit nie finaal nie, hulle het ge-vrees en die Here het hulle kom bemoedig in vs.12-13.

 

2) DIE BELOFTES OM OP TE LEEN:

 

a)    Die belofte van Sy teenwoordigheid: 1:13

"Ek is met julle"

 

Watter heerlike beloftes is daar nie. Om te weet dat die Here met my is. Dawid sê al val daar ‘n duisend aan my linkerhand, na my sal dit nie aankom nie, al val daar 10 000 aan my regterhand, dit sal my nie oorval nie. Hoe heerlik om te weet, dat as die Here Sy teenwoordigheid stuur ek tot alles instaat is deur Christus wat my krag gee.

 

Toe die volk met die inwyding van die tempel bymekaar was en teenwoordigheid van die Here in hulle midde was, het die volk hulle verootmoedig en hulle voor die Here neergebuig.

 

b) Die belofte van Sy Krag: Vs. 4-9

 

Vs.14 Toe die Gees van die Here oor die volk gekom het, het hulle opgestaan en begin werk. Hulle het moed geskep en begin werk.

 

Hy beloof hulle soos wat die volk uit Egipte uitgely is sal Sy Gees in hulle bestendig bly. Vs.5.

 

Vs.7 Hy beloof hulle dat die droogte van die verlede verby sal wees, en dat Hy weer die hemele en die aarde en die droeë grond laat bewe, en die nasies sal bewe, en Hy sal hierdie huis weer met heerlikheid vervul.

 

Vs.8 Aan Hom behoort die silwer, en die goud. Die toe-komstige heerlikheid sal groter wees as die vroeëre.

 

3) DIE TEENSWOORDIGE OM VOOR TE WERK:

 

Die tyd waarin ons leef is die koms van die Here op hande. Siele moet ingesamel word, en die moet ‘n plek van rus en tuiste vind.

 

Onwillige harte sal altyd verskonings vind.

Die ou mense het gewoonlik nie ‘n visie nie, en die jong manne het nie ‘n hart vir die dinge van die Here nie. Daar is ‘n regte tyd. Vs.2+4.

 

*************************

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

WAG VIR DIE DOOD.

Rigters 5:28.

 

Dit is ‘n baie hartseer prentjie wat ons hier voor ons het.  Sisera se moeder het uitgeput gesit en by die venster uit-gestaar, vir die koms van haar seun, wat alreeds dood en koud gelê het in die tent van die vrou van Heber.  Sy het gewag vir een wat nooit sou kom nie.  Tevergeefse gewag vir ‘n dooie.  Die oorsaak van haar tevergeefse gewag, is die rede waarom so min tevergeefs wag vir ‘n kennis van die Waarheid.

 

U wag vir die dood:

 

1. As u wag om vrede met God te vind, sonder die bloed van Christus.

 

    Kol.1:20  “..en dat Hy deur Hom alles met Homself sou versoen nadat Hy vrede gemaak het deur die bloed van Sy kruis – ek sê deur Hom – die dinge op die aarde sowel as die dinge in die hemele.”

 

2. As u wag vir verlossing sonder geloof in die Seun van God.

 

    Joh.3:36  “Hy wat in die Seun glo, het die ewige lewe;  maar hy wat die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die toorn van God bly op hom.”

 

    Efe.2:8  “Want uit genade is julle gered, deurdie geloof, en dit nie uit julleslef nie:  dit is die gawe van God…”

 

3. As u wag om gered te voel voordat u na Christus gekom het.  Die vrou het Hom aangeraak, voordat Sy genees is.

 

    Mark 5:27  “..het van Jesus gehoor en onder die skare van agter gekom en Sy kleed aangeraak…”

 

4. As u vir krag wag voordat u die volheid van die Heilige Gees ontvang het.

 

    Hand.1:8  “maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal My getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en Samaria en tot aan die uiterste van die aarde.”

 

    Alle mag behoort aan Hom.

 

5. As u wag vir verhoging sonder om getrou te wees waar u is.

 

    I Sam.16:12  “Daarop het hy gestuur en hom laat kom;  en hy was rooierig, met mooi oë en ‘n mooi voorkoms.  En die Here sê:  Staan op, salf hom, want dit is hy.”

 

6. As u wag op die redding van die wêreld voordat Christus sal kom.

 

    Luk.19:12  “Hy het dan gesê: ‘n Man van hoë geboorte het na ‘n ver land gereis om vir homself ‘n koningskap te ontvang en dan terug te kom.”

 

7. U sal nie vir die dood wag as u wag vir die Seun van God, uit die hemel nie.

 

    I Thes.1:10  “..en die Seun uit die hemele te verwag, wat Hy uit die dode opgewek het, Jesus wat ons van die toekomstige toorn verlos.”

 

    Hand.1:11  “…Galilese manne, waarom staan julle en kyk na die hemel?  Hierdie Jesus wat van julle opge-neem is in die hemel, sal net so kom soos julle Hom na die hemel sien wegvaar het.”

 

    Selfs al vertoef Hy, wag!

 

**************

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00