DIE BOEK DEUTERNOMIUM
TERUGGEVALLENHEID DIE REDE EN HERSTEL
DEUT.4:23-31
“ My Lord, I covet not the breath
Of grand renown,
But rather that which lies beneath
A blood-bought crown.
Fain would I hold, if but small cup,
To thirsty lips,
Fain would I hold, if but to light up
Some soul’s eclipse.”
INLEIDING:
Wat ookal die belangrikste plek in my hart en lewe inneem, neem die plek van die Here in, en word die god van my hart. Ons is in kon-stante gevaar, net soos Israel in die land Kanaan was, om sigbare dinge in ons lewens toe te laat, wat die plek van die Ewige inneem, wat nie sigbaar is nie.
Toe die Here by Horeb gespreek het was daar “…geen verskyning gesien …nie”. Vs.15. Een van die redes gegee was: “Want die Here jou God is ‘n verterende vuur, ‘n jaloerse God.” Vs.24. Die Here is jaloers aangaande ons geloof, en die aanbidding van ons harte.
Teruggevallenheid het altyd met aardse dinge te doen wat bo die Here gekies word.
1) DIE OORSAKE:
Om vooraf gewaarsku te wees, is om vooraf gereed te wees. Hulle was vooraf gewaarsku hoe hulle van hulle God gegewe plek weg kon beweeg. Omstandighede mag verander, maar in beginsel bly die oor-saak net dieselfde.
A) VERGEETAGTIGHEID: VS.23
“Neem julle in ag dat julle die verbond van die Here julle God, wat Hy met julle gesluit het, nie vergeet en vir julle geen gesnede beeld maak nie.”
Om die Woord van die Here en daardie plek van stiltetyd te verwaar-loos (plek van gebed). Dit is so maklik om ons eie geestelike nood te vergeet te midde van ons daaglikse gewoel. Neem dit in ag, dat in-dien ek dit sal verloor ek die beloftes van die Here sal verloor, en dan op die verminkte arm van die vlees moet staatmaak.
B) VALSE AANBIDDING: VS.23
“Neem julle in ag…. En vir julle geen gesnede beeld maak nie.”
Verbode beelde sal so seker verskyn in die gedagtes van die wat die Here vergeet, en die vreeslikheid hiervan lê daarin dat hulle self-ge-maakte beelde is. Die beslisde werk van ‘n Christus twyfelende siel.
C) EIE VERNIETIGING: VS.25
“en julle verderflik handel…”
As ons van die Lig van die Here wegbeweeg draai ons na die duister-nis. As ons nie meer deur die geloof lewe in die Seun van die God nie, sal ons verderflik begin handel soos ‘n lid van die liggaam wat verweer die liggaam sal verrot.
11) DIE EFFEK:
Teruggevallenheid in die hart sal vinnig in ‘n lewe sigbaar word. Wat sal die eienskappe wees:
A) MISPLAASTING: VS.26
“JULLE SAL …SEKERLIK VERDELG WORD.”
Die dae wat hulle in die beloofde land geleef het, sal nie meer lank aanhou nie. Dit is onmoontlik vir enige siel om die vreugde van Sy erfnalatingskap te geniet en om gemeenskap met die Here te behou terwyl ek in my hart van die Here af wegbeweeg het. Uit onder-vinding leer ons dat iemand nie lank daarna afgesny sal word nie.
B) VERDELING: VS.27
“Die Here sal julle onder die volke verstrooi”.
Hulle sal onder die nasies verstrooi word, en sal net ‘n paar in getal oorbly. Individuele teruggevallenheid gaan altyd met verdeeldheid en afsny gepaart. As hulle nie met ons is nie, sal hulle van ons weg-gaan.
As die Here van Sy ware pososie onttroon word, sal in die midde van Sy mense verdeling in die liggaam van die Here plaasvind. (Die kerk).
C) SWAKHEID: VS.27
”Daar sal ‘n klein klompie oorbly…”
‘n Paar in die kraal teen die heidendom beteken uiterste swakheid en hulpeloosheid. Gestroop van agressiewe krag in gebed, en van die heerlikhied van die Here. In plaas van ‘n oorwinnende mag, word hulle slawe van hulle eie trots en sonde. Wat ‘n prentjie van ‘n terug-gevalle kerk, wat uitroep oor hulle min getalle te midde van die oorweldigende heidendom.
III) DIE OPLOSSING:
Dank die Here dat daar ‘n oplossing is. Alhoewel ons van Hom af weg kon beweeg is daar steeds ‘n deur oop vir herstel.
A) BELYDENIS: VS.31
“Want die Here jou God is ‘n barmhartige God.”
Hy sal die verbond wat Hy met ons gemaak het nie vergeet nie. Vs.31.
Die verklaring van Sy genade en getrouheid is nie te vergete nie. Sy verbond is ‘n kragte plietdooi vir die wat Sy verbond vergeet het en hulle sondes bely, sodat hulle vergewe kan word. As ons bely Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en van alle onge-regtigheid te reinig.
SOEK DIE HERE: VS.29
“Dan sal julle daarvandaan die Here jou God soek, en vind”
Dit is belangrik om op te let dat dit die Here self is wat gesoek moet word. Dit is Hom wat ons nodig het.
Nadat die Here Jesus uit die dode opgestaan het, het Hy Homself aan Sy dissipels vertoon. Wat anders sou hulle kommer kon bevredig en hulle nood kon versadig. Soek Hom en soek Hom van nou af, net daar waar u is, in alle valse aanbidding en verdeeldheid en hopeloos-heid en swakheid en gebondenheid soek Hom.
O, teruggevalle kerk, jy het jouself vernietig, maar in Hom is ons antwoord. Keer terug o verdwaalde.
GEHOORSAAM: VS.30
“…sal jy na die Here jou God terugkeer en na Sy stem luister.”
Dit is ons sekeriteit, om aan die Woord van die Here vas te hou. Om nie na ander stemme te luister nie, wat my in wanhoop en skande gaan bring. Die kragtige hand van die Here lê in die gehoorsaamheid aan die Vader se stem en wil. Sal dit ooit in die geskiedenis veran-der. Om te gehoorsaam is beter as offers. Dit is My geliefde Seun luister na Hom.