BOODSKAP INLEIDING TOT DIE HEMEL:

SIEN ONS UIT NA DIE HEMEL:

 

INLEIDING:

 

As ek met ‘n sieljag van hier na New Zeeland sou vaar nog meer om permanent daar te gaan woon, sal ek soveel moontlik inligting bymekaar wil maak om te weet waarvoor ek myself inlaat, oor die klimaat, doe kulture en gebruike. Dit sal vreemd wees as jy nie ‘n begeerte het om meet te wil uitvind aangaande hierdie nuwe land nie. Hoekom sal ek alles aangaan en nie my die beste moontlik wil voorberei nie.

 

Ons wil in ‘n ewige land gaan woon maar ons weet nie wat vir ons wag nie. Ek sal soveel moontlik inligting wil he daarom dat ek oor die volgende paar weke net so inleidend elkekeer iets gaan deel.

 

Geluk kan alleen in die Here Jesus gevind word, en daarom moet ek die Persoon en die plek van Sy tuiste ken. Fil.1:23 Sê Paulus dit is vir my verreweg die beste om heen te gaan en by Christus te wees.

 

 

ONBYBELSE SIENING VAN DIE HEMEL:

 

Die meeste mense dink dat die ewiheid ‘n oneindige erediens gaan wees waar in daar nimmer einde gesing gaan word met die verheer-liktes wat voortdurend harp gaan speel.

 

Om na die Here Jesus te kom is om huistoe te kom na ‘n eindelose soektog wat gepaart gegaan het met storms, en te rus na ‘n lange vermoeënis en by die doel van begeertes te kom en al my begeertes oortref sal wees.

 

Saam met die verheerlikte Jesus gaan ons verheelikte liggame he om op ‘n verheerlikte aarde te leef. Ons begeertes sal presies met die Here se plan inval

 

TEOLOGIESE VERWAARLOSING VAN DIE HEMEL:

 

Feitlik al die groot teoloë wat studiestukke obeperk oor allerhand onderwerpe geskrywe het het gemiddeld twee bladsye oor die hemel geskrywe. Hoe kan ek myself greed maak vir die hemel as ek nie weet wat dit behels nie.

 

Weens die werke van die duiwel word hierdie uiters belangrike onderwerp so geweldig verwaarloos. Die duiwel sal op drie aspekte ‘n aanslag loots: Die Here se persoon, Sy kinders en Sy woning.

 

Weens die feit dat die duiwel uit die hemel egwerp is is hy bitter teenoor die Here, teenoor die mens, en teenoor die Hemel. Dit moet hom resend maak dat ons wat buite staan nou kan ingaan en hy wat eens binne was nie kan ingaan nie. Ons moet waak teen die indoternasie van ons tyd dat alles hier sal bly en dat daar nie ‘n toekomstige hemel vir ons wag nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00