BARTIMEUS -MARKUS.10:46-52
INLEIDING:
Om te dink dat hierdie arme blinde man in Jerigo rond gedwaal het
Hierdie stad was onder die vloek gewees Joh.6:26
Waar dwaal u vanoggend?
Onder die vloek van sonde en die gebreekte wet, of in die skuiling van die Allerhoogste.
Die pragtige maar bose Jerigo was deur die Seun van God besoek.
Die besoek was maar kort. “Hy het Jerigo ingegaan en weer uitgegaan.
Dit was die dag van besoek vir die arme vasgevange siel.
1) HY HET GENADE NODIG GEHAD:
Sonde wat die mens verblind het baie behoeftes, maar die balangrikste behoefte is genade.
Soos alle lig van die son kom, is die gande wat hy nodig het van die Here, the genade wat handel in hulp en in heling.
a) BLINDHEID:
‘n Blinde persoon moet bejammer word, omdat hy nie homself of andere kan raaksien nie.
Nooit kon hy die skoonheid van die lewe sien nie.
Wat ‘n prentjie is dit nie van die sondaar wat blind is vir die skoonheid van Jesus nie.
Hulle kan lig nie geniet nie, en is onwetend oor wat lig alles kan openbaar.
Die wie se gadagtes verblind is deur die gode van hierdie wereld kan ook nie hulle eie vervallenheid en vuilheid, asook die skoonheid van die Verlosser sien nie.
b) ARM:
“Hy sit langs die pad en bedel” Vs.46
Iemand moet sekerlik eers van sy armoede bewus wees voordat ek by die punt sou kom om te bedel.
Die wat dink dat hulle aan niks gebrek het nie, is nie die wat die behoefte na redding nie soek nie.
Openb.3:17 praat van die wat “arm en ellendig en naak en blind is.” Verwysende na die wat dink dat hulle ryk is.
c) HOPELOOS:
“Hy het langs die pad gesit en bedel”
Hy kon nie hoop on genesing tensy daar ‘n Goddelike hand van bo die wonder bewerk nie.
In alle wanhoop het hy gedink dat hy in hierdie toestand ou moes sterf.
Niemand behalwe die Here Jesus was by magte om hom te red nie.
Hoe wonderlik dat die Verlossende Christus binne die bereik van hierdie man gekom het.
Hy het by hom verby beweeg.
“Nou is die aangename tyd van die Here” Roep My aan en Ek sal jou antwoord”
2) GENADE GEVRA:
” En toe hy hoor dat dit Jesus die Nasarener was, begin hy om uit te roep” Vs.47
“En baie het hom bestraf, dat hy moet stilbly; maar hy het al harder uitgeroep” Vs.48
Dit was die Here Jesus se laaste besoek aan Jerigo, en was dit ook Bartimeus se laaste kans vir hoop gewees. Elke persoon hoor die Evangelie vir die laaste keer.
Dit mag dalk die laaste keer vir u wees wat die Here met u gaan praat.
Hy het verseker van die Here Jesus gehoor, en van Sy krag om te heel en te vergewe.
Hy het dalk gehoor of mense ontmoet wat deur die Here Jesus volkome aangeraak was.
Dit is nie maklik om ‘n hongerige siel stil te maak nie, waar brood gratis aangebied sal word nie.
Die diepe nood wat hier bekend was, was na ‘n diepe ontmoeting met ‘n diepe verwagting.
Dit was nie tervergeefs nie, Hy het uitgeroep:
a) VIR DIE REGTE DING: “Wees my genadig” Vs.48
Hy het besef dat indien hy genade sou ontvang hy al die ander dinge sou ontvang wat hy nodig het.
Hy het beter as al die ander persone geweet wat sy behoefte was en hoe hy verlang het om daarvan verlos te word.
Baie mense in hulle nood roep uit na vrede of blydskap of gersutheid in die omstandighede.
Genade is die eerste noodsaaklikheid en nie genesing nie. “Here wees my barmhartig”
b) VIR DIE REGTE PERSOON: “Jesus Seun van Dawid”
Sy uitroep was nie vir ander nie, maar vir hom persoonlik. “Wees my genadig.
Verlossing is vir my as individu.
Hoe soet was die Naam van Jesus nie in die ore van hierdie blinde gelowige nie.
Al sy hoop was rondom hierdie Persoon gesentreerd.
Hand.4:12 “Daar is geen ander naam onder die son waardeur ons gered kan word nie”
As Jesus hom sou teleurstel was daar geen ander uitweg vir hierdie arme blinde man gewees nie as maar duisternis en wanhoop.
c) OP DIE REGTE TYD: Luk.18:37 Se dat “Die Here Jesus het hier verbygekom”
Hierdie man het nie vir ‘n meer gelee tyd gewag nie, want hy het die gevaar van uitstel besef.
Let daarop dat u nie u laaste geleentheid by u verby laat gaan sonder om daarop ag te gee nie.
“There is a line, by us unseen,
That crosses every path;
The hidden boundry between
God’s patience and His warth.”
3) GENADE AANGEBIED:
Hy wat die uitroep van die behoeftige siel hoor sal Sy ore nie doof hou vir die uitroep van u nood nie.
a) HY HET GESTAAN: “Toe gaan Jesus staan” Vs.49.
Hy het na die Here Jesus gekom, die enigste een wat sy behoefte kon vervul.
Die doel van gebed is die ore van die Here. Die arme man het geroep en die Here het Hom gehoor.
Hy het stilgestaan om Homself aan te bied vir hierdie verwagtende en verslane bedelaar.
Vir elke so ‘n siel bied die Here Homself aan.
b) HY HET GEROEP: “Hou goeie moed Hy roep jou” Vs.49
Wat ‘n voorreg dat hierdie man bo al die ander aansienlikes geroep was.
Dit is voorwaar die Evangelie van Christus dat Hy in ons verskriklike omstandighede wil intree op antwoord van u versoek. Hy roep ons nou deur die prediking van Sy Woord om te kom.
Kyk hoe vinnig het hy die versoek gehoorsaam.
Hy gooi sy oorkleed af en kom haastig na Jesus toe.
Alles wat hom kon verhinder om by die Here uit te kom het hy van hom weg gegooi.
Wat is onder ons kleed weggesteek? Is dit trots, godsdienstigheid of eie-geregtigheid.
U uitroep om redding sal nie verniet wees as u bereid is om Sy roepstem te gehoorsaam nie.
“Staan op Hy roep jou”.
c) HY BIED VIR HOM AAN ” Wat wil jy he moet Ek vir jou doen?”
Jesus vra hom die vraag hoewel sy behoefte duidelik aan almal was.
Toe Jesus hierdie man hierdie vraag gevra het, het Hy al die rykdomme van Sy genade aan die voete van hierdie arme blinde bedelaar neergele.
Hy het net een versugting dat hy uit hierdie duisternis oorgebring kan word na die wonderbare Lig van Sy heerlikheid.
4) GENADE GENIET:
Jesus sal die hongerige en behoeftige nie wegstuur nie.
a) HY HET GEGLO: “Gaan jou geloof het jou gered” Vs.52.
Sonder geloof is dit onmoontlik om die Here te behaag Hebr.6:11.
Uit genade word ons gered deur die geloof” Efe.2:8
Dit is die gebed van geloof wat red.
b) HY HET ONTVANG: “En dadelik het hy Jesus gesien”
Toe hy sy oe oopmaak sien hy die oe van die een wat Sy liefde vir hom aangebied het in die ewige lewe.
Genesing was hom aangebied en het hy dadelik dit aangeneem.
As u met u hele hart in Hom glo dat Hy u lewe en Lig wil bied sal u nie meer nodig he om in duisternis rond te slenter nie.
Die genade en krag van die Here Jesus is voldoende vir elke behoefte van u as u bereid is om Hom onvoorwaardelik te glo.
c) HY HET GEVOLG: ” hy het Jesus op die pad gevolg” Vs.52
Deur die gande van die Here Jesus het Hy die man se bedelary kom omkrap.
Hy het geen begeerte nog behoefte om meer op hierdie wyse aan te gaan nie, noudat hy met die Here Jesus ontmoet het nie, en sy lewe totaal verander het nie.
Sy liefde vir die Here Jesus het hom gedring om Jesus heel die weg te volg.
Sy rug is nou op die vervloekte Jerigo gedraai en is sy aangesig nou na Jerusalem gerig die geseende.
Om Jesus te volg is die bewys van die seen van die Here.
Hy het ook die Here jesus verheerlik, en het dankbaarheid teenoor die Here openbaar.
As u lewe ontvang na al die jare van duisternis, hoeveel te meer behoort ek Hom nie in oorgegewenheid te dien nie, want Hy het my lewe kom red van duietrnis en ‘n ewige oordeel.
Blindes kan Jesus nie volg nie.
Is u blind, of is u ‘n navolger van die Lam.