AMELEK: Moses Aaron en Hur

EX.17:8-16

 

INLEIDING:

 

Ons spoed nou na die einde van die jaar en begin ons harte voor te berei vir die nuwe jaar. In hierdie gedeelte wat ns vanoggend gaan kyk wil ek jou graag begeersterd om hierdie nuwe jaar met ‘n nuwe aanslag te begin.

 

Name speel ‘n belangrike rol in die Bybel: Rafidum Beteken: Laer-plekke. Weet julle dit laat my dink aan sonde en wat dit aan die mens doen, dit bring my moreel af en rondom ons is hier ‘n oormag van verloreghaandes wat gered moet word.

 

Uit hierdie gedeelte wil ek graag met jou onder drie onderwerpe kyk na die vledslag:

 

1)      Die Boodskap

2)      Die Bediening

3)      Die Betekenis

 

Hierdie jaarwil ek in antwoord op gebed die Here vertrou dat ons as ‘n gemeente op ‘n hoer vlak geestelik moet kom. Die hele doel van ‘n kerk is om te bedien.

 

Onthou in die proses oppad na Kanaan moes die volk sekere lesse leer en was dit indrukke wat blywend op hulle gemoedere indrukke gelaat het.

 

Die Here Jesus het SY kerk uitgestuur met ‘n boodskap:

 

Hy het aan hulle gese dat hulle die wêreld moet ingaan en die envangelie aan alle mense verkondig. Ons dink altyd aan sending as daar iewers ver in moeilike omstandighede en cvergeet dat SY oprdag eerstens na Jerusalem gekom het Die ooblik wanneer ons gaan besef dat mense om en in jou huis vasgevang is in sonde en dat hulle ‘n Verlossser nodig het, gaan ons die nood rondom ons besef. Dit laat my dink aan die Dokter wat op ‘n ongeluks toneel afgekom het en bly uitroep As ek maar net my insturmente gehad het. Ek en jy het die kosbare Woord van God en moet begin beweeg.  

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00