ABRAM DIE MAN VAN GELOOF:
GEN.14:18-24 + 15:1-6
INLEIDING:
Die Here het Abram geroep, en hy het uitgegaan, sonder om te weet waarheen hy moes gaan. Lot het Abram gevolg en Abram het die Here gevolg. Lot het ons gevind wat nie lank daarna homself in die omgewing van Sodam bevind, waar hy nou ‘n gevangene is a.g.v. wêrelds gesindheid.
Abram het uitgestaan as ‘n:
1) MAN VAN SIMPATIE: VS.13-14.
"Toe Abram hoor dat sy broer as gevangene weggevoer is,"
Daar is geen sprake van blaam of veroordeling teenoor Lot nie, nee hy het dadelik opgetree om Lot se vrymaking te gaan opsoek. Die wat in gemeenskap met die Here wandel kan nie bloot onbetrokke wees by die lyding en smarte van hulle broers nie.
2) HY WAS ‘N MAN VAN MOED: Vs.14-15.
Met sy klein bende manskappe durf hy 4 konings aan. Die man van geloof pak groot dinge vir die Here aan. Hy weet dat die Here swak voorwerpe kan gebruik om die magtiges te weerlê. Abram se geloof het deur liefde gefunksioneer. Hy het sy broer Lot liefgehad en sy lewe gewaag vir hierdie helde daad. Groot geloof vermag dikwels dinge wat onmoontlik lyk. Dink aan Nehemia, Moses, en aan Paulus in Fil.4:13.
3) HY WAS ‘N MAN VAN KRAG: VS.16.
"En hy het al die goed teruggebring en ook sy broer Lot en sy goed teruggebring".
Abram het die geheim geken om alleen met die Here te wandel. Hy het afgesonderd geleef. Hy het na die slagveld gegaan as een wat uit die teenwoordigheid van die Here gekom het.
Die oorwinning was reeds afgehandel. Lot het met die ongereddes gemeng en was daarom nie instaat om homself te red nie. Dit is die een wat afgesonderd en heilig leef wat by magte is om andere te kan red. Abram se krag het in sy lewe van geloof gelê. As ons vir die Here oorwinnings wil behaal sal ons vir die Here afgesonderd moet lewe. Onthou u hoe en waar Simson gefaal het. Rigters 16. Die vrugbare tak moet in die wynstok bly.
4) HY WAS ‘N MAN WAT ON-OMKOOPBAAR WAS. VS.23.
"…dat ek niks sal neem van alles wat uwe is nie…"
Abram het alles geneem van wat hy van die koning van Salem kon neem, omdat Hy die Priester van die Allerhoogste God is, maar hy het niks van die koning van Sodom geneem nie, anders kan hy sê dat hy Abram ryk gemaak het.
Die Here het Abram verryk en hy sal niks neem wat die eer van die Here skade aan sal doen nie. Dit is nie self en trots nie, maar ‘n heilige en eervolle respek vir die Naam en Karakter van die Here. Dit is die totale afhanklikheid van die Here alleen. Mag ons harte daartoe opgewek word in die beoefening van ons geloof. Deut.32:9
"Die Here is die erfdeel van Sy volk" (Engels).
5) HY WAS ‘N MAN WAT DEUR DIE
HERE BEPROEF WAS: VS.18-19.
Melgisedek het hom ontmoet.
Die ontmoeting met Melgisedek het Abram so geseën dat sy gedag-tes van die aarde na die hemel gerig was, en hom gereed gemaak om vir niks minder as net die absolute beste tevrede te wees.
As jy eens in die teenwoordigheid van die Here was, is jy bederf vir enige iets minder as dit.
Melgisedek het Abram met brood bedien: Om versterk te word met wyn Om hom weer op te beur of te verfris. Die outoriteit Melgise-dek kom om Abram te seën.
Die Here sal al Sy diensknegte wat vir hom in die slagveld is om siele soos brandhout uit die vuur te ruk verkwik, om in Sy Naam voort werk, en te wandel en veg. Wat ‘n voorreg om Hom te ontmoet nadat ek van die slagveld terugkom, en moeg en afgemat is wanneer die Prins van vrede ons ontmoet en ons help en weer bekragtig.
Dink aan Elia in 1 Kon.19. Een dag wanneer Hy weer gaan kom, sal Hy die "well done" “mooi so” oor u lewe kan uitroep.
‘n Woord op sy tyd, is soos heling vir ‘n mens se gemoed. Die Here weet hoe om ‘n woord tot ons te spreek wanneer ons moeg en afge-mat is. Sy onderhandeling met ons is nie klein of gering nie.
I) DIE TYD VAN SY ONDERHANDELING: VS.1
"Na hierdie dinge het die woord van die Here tot Abram gekom en gesê".
Nadat Abram die stryd, om Lot uit die greep van die vier konings te red gehad het, is dit geen vreemde ding vir ‘n man van God om dan te vrees, selfs al is die oorwinning reeds voltrek nie. Die oorwinnings in geloof bring nooit self vertroue nie.
Abram kon gevrees het dat die konings weer sou terugkom, met her-nude kragte. Hy kon die konsekwensies moes verdra weens die feit dat hy die geskenke van die koning van Sodom geweier het. Dit het baie moed gekos om die geskenke te weier, omdat dit as ‘n beledig-ing vir die koning beskou was.
Maar die Here sê aan Abram: "Vrees nie, Abram, Ek is vir jou ‘n skild en jou loon is baie groot".
II) KOM ONS KYK NA DIE BOODSKAP:
HIERDIE BOODSKAP HOU DIE VOLGENDE IN:
1) DIE GODDELIKE BEMOEDIGING: "VREES NIE"
Dit was die eerste keer dat hierdie woorde in die Bybel genoem was.
Dit is die boodskap van een wat in liefde en genade al sy behoeftes besef het. Die Here Jesus het eens gesê: "Gee julle vir hulle iets om te eet." omdat Hy geweet het "wat Hy gaan doen" Luk.6:6.
Hierdie boodskap herhinder ons aan die volheid van die boodskap van verlossing in Christus Jesus. Vrees nie want Hy wat Sy Seun vir ons gegee het, hoe sal Hy nie ook alles aan ons vrylik gee as ons Hom vra nie.
2) DIE OPENBARING VAN DIE KRAG VAN GOD:
"EK IS VIR JOU ‘N SKILD".
Die allomteenwoordige God verklaar Homself as die beskermheer van die wat in Hom in die geloof sal wandel. God is ons toevlug en sterkte. Ons lewe is verborge in Christus deur God. "Ek is jou skild".
Christus is ons beskerming teen die aanslae van sonde deur Sy bloed. Ex.12:13. Christus beskerm die swakke in tye van beproewing soos met Petrus in Luk.22:32.
3) DIE OPENABRING VAN DIE VOLHEID VAN DIE HERE:
"EK IS JOU UITSTAANDE GROOT BELONING" VS.1.
Dit is die verlange en die begeerte van die Here dat Sy kinders in Hom bevredig moet word. Daar is altyd een of ander vorm van be-loning vir die wat oorwin.
Die uiteindelike doel van die vleeswording is dat die gelowige siel beloon sal word met die openbaring van die Here. Die onnaspeurlike rykdomme is in Christus vir ons nou. In Hom woon al die volheid van die Godheid. Die grootste beloning wat ons kan ontvang is die rykdomme in ons Heiland.
Daarom is die Heilige Gees aan ons gegee om die volheid van die Here in ons wandel met Hom te verklaar en te verduidelik. Die kos-bare beloftes van die heerlikheid van die Here was aan Abram gegee nadat hy die rykdomme van die wêreld vaarwel geroep het, nl. die van die koning van Sodom. Gen.14:23. Elke offer t.w.v. die Here Jesus sal tot ‘n heerlike beloning lei.
4) ABRAM SE VERSOEK: Vs.2-3.
Abram het ‘n seun begeer.
5) DIE BELOFTE: Vs.4-5.
Die basis van die belofte van die Here is die Woord van die Here. Die verband waarin dit gesê is is dat daar ‘n nageslag sal wees. Die sigbare illustrasie is so baie soos die sterre.
6) DIE SEëN: "En hy het in die Here geglo".Vs.6.
Dit is die eerste plek in die Bybel waar die begrip geloof genoem was. Een ander plek in die O.T. waar daar van geloof in die Here genoem was is: Jona: 3:1-10 in sy belydenis.
Hy het die boodskap van die Here ontvang en aanvaar en daarin ge-rus en ons lees verder: "…en Hy het hom dit tot geregtigheid gere-ken". Hy was geregverdig nie deur werke nie, maar deur die geloof. (Rom.4:3) Geloof in die Here het altyd ‘n daatwerklike effek.
Die Here het Abram se geloof hom dit tot geregtigheid gereken. Dit is steeds op dieselfde basis waarop iemand gered word, nl. dat hy glo en die Here die bevestiging in die hart kom bewerk.
Die Here reverdig die gelowige in die Here Jesus. Hy tel dit of reken dit as regverdig. Wie kan veroordeel wie die Here regverdig ver-klaar. Hierdie tipe geloof behels die totale toewyding van onsself aan die Here dat Hy in ons kan werk beide om te wil sowel as om te werk, na Sy welbehae.
III) DIE GODDELIKE VERBOND: VS.8-18.
1) DIE VERDEELDE OFFER:
Niks mag weggesteek word nie. Alles is oop en bloot voor die Here met wie ons te doen het.
2) DIE VREESLIKHEID VAN DUISTERNIS: VS.12
Elke aardse hoop het verdwyn.
3) DIE HERHAALDE BELOFTE: VS.13-16.
Let op na die profesie aangaande Israel se geskiedenis. Profesie is Bybelse geskiedenis vooruit vertel in die verband.
4) DIE ROKENDE OOND:
Verwys na die Goddelike toorn wat opdie offer sal ontvlam sodat die seën na Abram en sy nageslag mag kom.
5) DIE LAMP: Fakkel
Die Goddelike lig wat die offer ondersoek en die waarde daarvan reg bepaal.
6) DIE VERBOND GESLUIT: VS.18
Ook vir die nageslag.
*******************************
ABRAHAM HET ONTVANG EN GEDIEN
Gen.18:1-17
Elke O.T. gebeure wys heen na iets in ‘n N.T. waarheid. Laat ons hierdie gedeelte lees in die hiervan:
1. DIE GENADIGE BESOEK
Gen.18:1,2 “Daarna het die HERE aan hom verskyn by die terpen-tynbome van Mamre terwyl hy by die ingang van die tent sit op die warmste van die dag. Toe hy sy oë opslaan en kyk, staan daar drie manne voor hom. En toe hy hulle sien, loop hy hulle tegemoet van die ingang van die tent af en bruig hom na die aarde toe.”
Dit is treffend dat Jehovah homself sou openbaar in die gedaante van drie persone. Dui dit nie op die drie-eenheid van die Godheid nie? God as drie-in-een, is geïnteresseerd en stel Hom ten doel om die mens te seën en te red.
Die VADER se liefde het Hom Sy enigste Seun laat stuur; die SEUN VAN GOD se liefde, het Hom so ver geneem om te sterf vir die versoening van die mens; die liefde van die GEES VAN GOD, het Hom sover gebring om Sy intrek te neem in die harte van gelowiges.
Ons vind hierdie drieledige verlossing opgesom in die seëngroet. II Kor.13:13 “Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees sy met julle almal! Amen!”
2. DIE HARTLIKE ONTVANGS
Die wyse waarop Abraham die besoekers ontvang het en die ver-skillende maniere van optrede teenoor hulle, mag as illustrasie dien van hoe ‘n moë soekende siel, wat smag na verlossing, kon optree t.o.v. die versoening wat die Here Jesus aanbied, waarna hulle verlang.
a. Daar was ‘n innige begeerte
“Toe hy sy oë opslaan en kyk…” v2. ‘n Groot werk moet eers in ons gedoen word, voordat ons ons oë sal ophef. Die Here sal verseker in genade handel met die wat opkyk. Hulle het gekyk en lig ontvang.
b. Daar was ‘n voorbereide gemoed
“…loop hy hulle tegemoet..” Hy was gretig om sy besoekers te ont-vang. As die hart voorberei is en honger is sal hy met blydskap die lewensbrood ontvang. Die siel wat soekend is sal hom haas na die Here.
c. Daar was ‘n nederige gesindheid
“…en buig hom na die aarde toe..” v2. Hoe nader ons aan die Here Jesus kom, hoe meer onwaardig vind ons onsself.
Die weg na God is selfvernederend. Hoe nader ons aan Sy lig kom, hoe meer onwelvoeglik lyk my eie kleed.
d. Daar was ‘n gewillige belydenis
“En hy (Abraham) sê: My heer…” v3. Wanneer ‘n siel sy weg vind in die teenwoordigheid van die Here Jesus, verwag ‘n mens om die taal van belydenis te hoor en ook die woorde: ‘My heer!’. Hierdie twee klein woordjies hou baie betekenis in. a. beskikbaarstelling en b. totale onderdanigheid. Ek behoort aan Hom en Hy aan my.
e. Daar was ‘n liefde vir gemeenskap
“…as ek nou genade in U oë gevind het, gaan dan tog nie by u kneg verby nie.” v3. Wat is meer natuurlik as dit? Die siel wat die Here gevind het wil voortdurend in Sy teenwoordigheid bly. In Sy teen-woordigheid is oorvloed van vreugde. Die eensaamste hart vind ver-troosting aan Sy boesem.
f. Daar was ‘n begeerte dat hulle verkwik sal word
“..lê en rus onder die boom.. en versterk u hart..” v4, 5. In ons selfgesentreerdheid is ons geneig om Sy guns en seën vir onsself af te bid en soek ons nie na die rus vir Sy siel en die vertroosting van Sy hart nie. Christus het aan ons rus en vertroosting kom gee deurdat Hy Homself vir ons geoffer het; laat ons aan Hom rus en vertroos-ting gee deur onsself aan Hom oor te gee.
Tipies van die kultuur van daardie tyd het die tentbewoners buite die tent gesit in die hitte van die dag. Vir Abraham het hulle soos mense gelyk. Hy nie besef dat hulle engele was nie. Abraham het aangebied om hulle voete te was. Hierdie gebruik was baie verfrissend na ‘n lang end se loop in die sand. ‘n Tweede gebaar waarmee besoekers versoek is on verfris te word, is om onder die skadu van die boom te sit. En dan volg die derde gebaar van Abrham se kant waarin hy sy gaste iets te ete aanbied, om hulle te verfris.
Abraham het hom gehaas on hulle te bedien, omdat dit vir hom ‘n eer was om hulle te ontvang. Hulle fisiese besoek by Abraham kan be-vestig word daarin dat hy vir hulle alles gebied wat vir ‘n reisiger gebied word – dit was nie ‘n droom nie.
Elke reisiger het gevoel dat hulle mag aandring op verfrissing by die eerste tent wat hulle op die reis teëkom. Daar was nie by enige van die partye ‘n kompliment nie, dit wat hulle ontvang het, het hulle verwag.
Abraham het ‘n hele kalf en vars brood met botter en melk vir hulle voor gesit. Abraham wat toe byna 100 jaar oud was en baie diens-knegte gehad het, het self die water gaan haal om hulle voete te was. Hy het aan sy vrou opdrag gegee om vars brood te bak terwyl hy-self die kalf wat geslag moes word gaan uitkies hte en toe na hulle gegaan en hulle staande bedien het.
Hy was gretig om hulle te bedien en so was dit met al die aards vaders. Die gebruik om brood in die grond te bak, soos dit dikwels vandag nod gedoen word, het ingehou dat die hert baie warm gemaak is met vuur, dat die kole verwyder is en die brood in die grond geplaas is met steenkool as bedek. So is dit dan gebak totdat dit gaar was. Fees geleenthede is altyd buite die tent gehou.
Na die maal vra hulle vir Abraham waar Sarai is. Hulle besoek hou iets spesiaals vir haar in. Abraham was verslae. Hoe is dit moontlik dat hulle haar naam geken het. Dit het net sy vermoede versterk dat hulle nie bloot net reisigers was nie, maar dat haar geadagtes en haar innerlike geken het. Sarai het gelag omdat dit onmoontlik was, maar wel vir geloof absoluut moontlik was. Dit was verbasing en opge-wondenheid gemeng.
Toe sy bewus was van die feit dat hulle haar innerlike ken en vra waarom sy gelag het, het sy dit ontken uit vrees vir wie sy mee te doen het. Sy was so bewus van haar fisiese swakheid, weens haar ouderdom en dat dit nie menslik moontlik sou wees om ‘n baba te kon hê nie.
Luk.1:37 "Want geen ding sal by God onmoontlik wees nie"
Die belofte aan Sarai was dat sy oor ‘n jaar ‘n seun sal hê. Hierdie aankondiging was:
a) Met gesag en outoriteit gemaak: Dit is deur Hom gemaak, wat nie kan lieg nie, wat doen wat Hy beloof.
b) Met twyfel aangenaam: Abraham was verheug in sy lag, maar Sarai het getwyfel. Daar is altyd twee maniere om ‘n belofte te ont-vang. Een wat die vervulling aanhelp en die ander wat dit uitstel.
c) Plegtig bevestig:
i) Deur aanspraak te maak op die Goddelike almag. Dit wat belowe is, is die onmoontlike wat slegs God kan laat plaasvind.
ii) Hierdie belofte het vir haar verseker vervulling ingehou.
iii) Dit was ‘n ongelooflike belofte van ‘n wonderwerk wat sou kom. Eerstens het dit ingehou dat Sarai se hart deursoek is tweedens dat haar gewete aangespreek is. Die gevolg was dat Sarai se ongeloof verander het in geloof.
Sarai het Abraham haar "heer" genoem omdat sy soveel respek vir hom gehad het, en ons vind dit herhaal in 1 Pet.3:6 "…soos Sara gehoorsaam was aan Abraham en hom heer genoem het.."
Een van die engele word Jehovah genoem. Hy was die Here Jesus en die een wat by Abraham agter gebly het, met die belofte. Hy is die verbondsgod. God werk met of sonder middele. As Hy spreek is dit waar, wat Hy beloof kom tot stand.
Abraham het saam met hulle gastap. Dit was nog ‘n manier om gas-vryheid aan hulle te toon. Daar was nie paaie nie en ‘n vreemde moes gehelp word om sy weg te vind.
g. Daar was ‘n gewilligheid en gereedheid om te dien
“Toe loop Abraham haastig in die tent…Daarop loop Abraham na die beeste…” v6, 7. Liefde gee ‘n ratsheid en ‘n ge-willigheid aan die voete. “…God het ‘n blymoedige geewer lief..” II Kor.9:7. Kol.3:23 “En wat julle ookal doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie…” “ Want die liefde van Christus dring ons.” II Kor.5:14.
Daar is drie dinge waarna ons moet oplet:
a) Vreugdevolle gewilligheid: – Daar was geen halfhartigheid by Abraham, in die wyse waarop hy die reisigers bedien het nie.
b) Hy het met oorgawe gegee: – In Abraham se hart was daar onskat-bare goedheid – gasvryheid moet deur kinders van die Here beoefen word.
c) Persoonlik aktief: – alhoewel Abraham ‘n groot huishouding gehad het van 300 opgeleide huiswerkers, met eerbare Eliëser as hoof oor hulle aangstel, het Abraham dit nie as ‘n vernedering ervaar om sy gaste te bedien nie.
3. DIE GESEëNDE BELONING
“Daarop sê die HERE: Sal Ek vir Abraham verberg wat Ek gaan doen…” V17. In dieselfde asem kan ons sê dat God nie vir Abraham sal verberg nie. Die toewyding van Abraham is beloon met ‘n open-baring van die geheime plan van die Here. Die verborgenhede van die Here is vir die wat Hom vrees. Die weg na dieper dinge van die Here gaan dikwels langs die weg van selfopoffering en aktiewe diens
As ons die verborge dinge van God wil ken en gevoed wil word met keur spyse uit Sy woord, sal ons onsself en alles wat ons het en is, moet neerlê aan die voete van die Here Jesus. Maak jou hart oop vir Hom en Hy sal sy hart oop maak vir jou.
ONS LEER UIT HIERDIE GEDEELTE ‘N
PAAR WAARDEVOLLE LESSE NL.:
1) Die gasvryheid en medemenslikheid van Abraham is waardevol net net om ag te slaan nie, maar ook om na te volg. Hy het in die ingang van sy tent gesit in die hitte van die dag, nie alleen omdat dit warm was nie, maar sodat hy ‘n moeë en uitgeputte kon laat rus en iets aanbied wat hulle kon verfris. Vir hulle was ‘n moeë reisiger ‘n broer in nood wat hulp drigend nodig het.
"Dit wat jy wil hê dat ander aan jou moet doen moet jy ook aan andere doen." Hebr.13:2 "Vergeet die gasvryheid nie, want daar-deur het sommige, sonder om dit te weet, engele as gaste geher-berg."
2) Wat gegee word uit genade word gegee asof vir die Here en sal van Hom goedkeuring geniet. Terwyl Abraham sy gaste bedien op-enbaar God sy wil aan Hom en hernu Hy Sy verbond met hom. Sara wat nie volgens die wet van die natuur kinders kan voortbring nie, gaan ‘n seun hê. Natuurlike struikelblokke kan nie die doel en plan van God uit die weg ruim nie.
Die natuur is ‘n instrument in die hand van God en dit werk nie in God se plan noodwendig volgens die verwagtinge van die mens daarvoor nie. Dit is vir ‘n mens soms moeilik om teen die gang van die natuur in te glo, omdat sommige dinge wat God doen bo-natuur-lik is en teenstrydig met die normale gang van sake. Ons weet dat niks vir God onmoontlik is nie. Hy spesialiseer in die onmoontlike.
God se Gees werk saam met die geloof van ‘n kind van Hom. ‘n Kind van God moet geloof toepas anders sal daardie persoon nooit kan glo dat God siele kan red nie.
3) Abraham het die Here vertrou wat Hom in Abraham se vertroue geneem het. Hy weet dat die Here getroue is en dat Hy Sy beloftes sal uitvoer. Die Here weet datAbraham Hom onvoorwaardelik glo en dat hy sy huis en sy nageslag sal voorgaan.
"Want Ek het hom verkies, dat hy aan sy kinders en sy huis na hom bevel gee dat hulle die weg van die Here moet hou om geregtigheid en reg te doen; sodat die Here oor Abraham kan bring wat Hy oor hom gespreek het." Vs.19.
Niemand leef vir hulleself nie, en die Here gee aan niemand gees-telike en tydelike seën om dit vir hulleself te hou nie. Ons brood moet ons deel met die wat honger het en one moet die wat in smarte is bystaan en ophelp. Die vader van ‘n huis wat die dinge van die Here verstaan moet ook sy huis leer om dit te verstaan en die wat dit nie verstaan nie, moet die Here vra vir insig sodat hulle kan verstaan.
Die feit dat hy nie veel weet van geestelike dinge nie, sal nie as ‘n verskoning gebruik kan word, waarom hy nie sy gesin onderrig nie. Dit is sy onontbeerlike plig om sy familie te onderrig. As hy waarlik daarna soek sal die Here hom leer. As familie vergaan weens gebrek aan geestelike hulp en leiding, sal die Here u as mans daarvoor verantwoordelik hou.
4) Die maat van die sonde van Sodom het vol geword en die Here het dit goed gedink om die stad te verwoes. Die oordeel van die Here is ‘n vreeslike ding, maar dit is nodig sodat die mens sal besef dat verkeerde dinge nie voor God reg is nie. Die oordele van die Here moet ook op so ‘n manier kom dat die persone bewus is daarvan dat dit nie net die gang van die natuur is nie, maar dat meer as dit betrok-ke is.
5) Elke persoon wat God liefhet, sal ook sy naaste liefhê en sal alles in hul vermoeê en sal alles in hul vermoeë doen om waar moontlik te voorsien in die behoeftes van daardie persoon. Abraham kon nie verhoed dat Sodm se mense sondig nie, maar kon in gebed intree dat hulle weerhou sal word om voort te gaan en bid dat die Here hulle genadig sal wees. Hy tree in vir hulle oortredinge en God slaan ag op sy gebede. Dit is God se eie liefde in die hart van Sy dienskneg
6) Hoe waar is die woorde nie dat: "die vurige gebed van die regverdige groot krag het…"
Abraham keer hom tot die Here en met absolute medelye tree hy in vir die siele van die stad. Nederig lê hy sy versoeke neer, wat so absoluut in die kol is. Die Here het nie opgehou om genade te toon solank as wat Abraham aangehou het om in te tree nie. Watter bemoediging hou dit nie in vir die wat intree vir hulle mede-broeders en susters en vir ‘n verloregaande wêreld nie?
Ernistige gebed word aangevul met ‘n visie van die hart van God en dikwles openbaar die Here reeds Sy antwoord aan die gelowige hart wat tot Hom roep. Gebed word genoem "die poort na die hemel", maar sonder geloof kan daardie poort nie geopen word nie.
Hy wat bid. soos wat hy behoort en glo soos wat die Woord beveel, sal die volheid van die seën van die Here en die vrede wat daarmee gepaard gaan ondervind.
DIE GEBED VAN ABRAHAM.
Gen.18:17 ens.
SODOM SE VERWOESTING GEOPENBAAR V17.
1. DIE REDE VIR DIE OPENBARING
A. DIE REDE VIR DIE OPENBARING
i. Abraham se nuwe posisie
Aan Abraham, wat nou onlangs in ‘n verbondsverhouding met God gebring is, en gebind is met ‘n band van hemelse vriendskap, word die verborgenheid van die oordeel van God oor Sodom geopenbaar. Dit is aan hom getoon deur die genade van God. Dit het God onder ‘n sekere verpligting gebring teenoor Sy dienskneg. Ps.25:14 "Die verborgenheid van die HERE is vir die wat Hom vrees, en sy verbond om hulle dit bekend te maak."
ii. Abraham se nuwe toekoms
Abraham se besef dat hy die vader van ‘n groot nageslag gaan word, het gemaak dat Abraham intens geïntereseerd was in alles wat die mens geraak het. Ook as hoof van die O.T. kerk. Hoofstuk 17, bestaan daar ‘n spesifieke rede waarom hy deeglik in kennis gestel is oor die komende oordeel oor Sodom.
Aan hom is die verklaring vir die mense van sy dag gegee, vir die rede van die oordeel. Dit is een van die funksies van die kerk op aarde, om die oordele van God te verklaar aan ‘n ongelowige mens-dom.
Maar die Here doen niks voordat Hy dit nie aan Sy profete openbaar het nie. Amos 3:7. "Want die Here Here doen niks tensy Hy sy raadsbesluit aan sy knegte, die profete geopenbaar het nie".
iii. Abraham se nuwe verantwoordelikhede
Dit was die kweek van ‘n persoonlike en ‘n familie godsdiens, wat op hom afgeprent word op ‘n nuwe manier en in ‘n intenser graad. Hier-deur het God sy nakomelinge attend gemaak op die feit dat hulle God moet vrees. Dit was noodsaaklik dat aan hom die grond / rede vir die komende oordeel bekend gemaak word.
2. DIE REDE VIR DIE WRAAK
Dit was die goddeloosheid van Sodom wat:
A. VERSKRIKLIK WAS IN SY AARD
Ons vind net hier dat dit ‘n gruwel was in die oë van God. Alle son-de is ‘n gruwel in die oë van die Here, maar die sonde van Sodom en Gomorra het die toorn van die Here laat ontvlam.
B. DIT WAS GEWELDIG IN OMVANG
Hulle sonde het geen berou geken nie, Ps.19:12 "Ook word u kneg daardeur gewaarsku; in die onderhouding daarvan is groot loon." Hulle het hulle harte daarop gerig om te sondig. "Omdat die oordeel oor ‘n verkeerde daad nie gou voltrek word nie, daarom is die hart van die mensekinders in hulle vol om kwaad te doen." Pred.8:11. Hulle het hulleself oorgegee aan begeerlikhede en luste. "..wat ongevoelig geword het en hulle oorgegee het aan die ongebonden-heid om in hebsug allerhande onreinheid te bedrywe." Efe.4:19.
3. ONGELOOFLIK DUIDELIK IN SY OPDRAG
Die morele verval van al die inwoners van die Jordaan-vallei, is een van die dinge wat oop en bloot voor God se oë was. Daar is geen sonde wat van Hom verberg kan word nie. II Kron.16:9 "…want die HERE – Sy oë deurloop die hele aarde om diegene kragtig te steun wie se hart onverdeeld op Hom gerig is.."
Spr. 15:3 "Op elke plek is die oë van die HERE, en hulle aanskou oopmerksaam die slegtes en die goeies."
Amos 9:8 "Kyk, die oë van die Here HERE is gerig teen die sondige koninkryk, en Ek sal dit van die aardbodem verdelg."
4. BESONDER DUIDELIK T.O.V. SY BESTEMMING
Al was die sonde van Sodom verskriklik, het die Here nie sy wraak oor hulle uitgegiet voordat dit nie regverdig was nie. Niks was ge-doen in haas nie, maar volgens die oordeel van God, op die regte tyd.
WAT LEER ONS HIERUIT?
1. Die noodsaaklikheid dat slegs God ‘n persoon se wandel kan rig en ‘n persoon daarin kan bewaar.
2. God het in besonder die goddeloosheid van hierdie groot stad raakgesien.
3. As groot stede wegsink in hulle goddeloosheid, die oordeel van die Here, op hulle rus.
4. As die oordeel van die Here oor ‘n nasie kom, sal hulle daarvoor onthou word.
ABRAHAM TREE IN VIR SODOM V16-33
Abraham se geloof het hom in ‘n besondere verhouding met die Here gebring. Die Here het vir Abraham niks weggesteek nie. Ware pries-terskap is vriendskap met God. Die genade van God bring eers ge-lykvormigheid en dan verhoog dit die persoon. Die Here het Abra-ham geken omdat Abraham die Here geken het.
Die Engel van die Here het agter gebly by Abraham sodat Abraham die geleentheid kon hê om in te tree. Daardeur kon die Here sy ge-regtigheid en genade toon. Uit die intrede van Abraham en die ant-woorde van die Here daarop sien ons die volgende:
1. DIT WEERSPIEëL DIE KARAKTER VAN GOD
i. Hy is oop vir smekinge
ii. Hy is gewillig om te vernietig
iii. Hy spaar ter wille van geregtigheid
iv. Hy doen reg as Regter oor die aarde, alhoewel daar in die oë van die beste persone vrae is rondom die handelinge van God.
2. DIT OPENBAAR OOK DIE KARAKTER
VAN VOORVADER VROOMHEID
i. Dit was onbeskaam, met vrymoedigheid en eenvoud van geloof.
ii. Dit was tipies mens alhoewel daar ware aanbidding teenoor God was.
iii. Dit het gewag vir en nederig die Goddelike oordeel en afspraak aanvaar, met gevoel en gedagtes
iv. Die een uitstaande beginsel van die voorvaders was hulle vertroue in die liefde en regverdigheid van God, in Sy skeiding van die goddelose van die regverdiges.
Die geregtigheid wat geskied, is nie bloot deel van die wet nie, maar die reg van Hom wat onderskei tussen goed en sleg.
V19 "Want Ek het hom verkies, dat hy aan die kinders en sy huis na hom bevel sou gee dat hulle die weg van die HERE moet hou om geregtigheid en reg te doen; sodat die HERE oor Abraham kan bring wat Hy oor hom gespreek het."
GOD SE HEERSKAPPY IN DIE FAMILIE
DIE BELOFTE AAN ABRAHAM HET INGEHOU:
1. Begrip vir die bevele van die Here
2. Dat hy ‘n magtige nasie sal word
3. Dat die beloofde ‘Saad’ uit hom gebore sal word
4. Dat hyself ‘n seën vir ander sal wees
Ten minste 2 van hierdie beloftes is nie net vir Abraham nie. Om te weet wat God doen moet ‘n mens deur die Gees van God geleer word. Daar is ‘n groot verskil tussen om ‘n gebeurtenis te sien of om dit te voorspel en om die te begryp wat die doel van God daarmee is.
Om in staat te wees om in alles die liefde op te merk, die besorgd-heid en die wysheid van God. Om met hom te wandel soos ‘n kind. Om te aanvaar wat Hy doen en toelaat en daardeur te leer wat Hy vir my wil leer. Om deur die werke van Sy hande die aangesig van die Vader te sien. Dit is vrede en dit is wat die wysheid van hierdie wêreld nie vir ons kan leer nie. "En wanneer julle staan en bid, vergeef as julle iets teen iemand het, sodat julle Vader wat in die hemel is, ook julle oortredinge mag vergewe." Matt.11:25.
Abraham moes nie alleen intree nie, maar was ook die vader van ‘n geestelike nasie deur sy invloed en sy voorbeeld. "En moenie dink om by julleself te sê: ons het Abraham as vader nie; want ek sê vir julle dat God mag het om uit hierdie klippe kinders vir Abraham op te wek." Matt.3:9
Die invloed van christenskap moet by die huis begin, daar waar die Here vir ons geplaas het. Num.10:29 "..Trek saam met ons en ons sal aan jou goed doen; want die HERE het oor Israel goeie dinge gespreek."
1. DINGE VAN BELANG VIR HIERDIE WERK
i. Besorgdheid oor sy eie siel
Nie voordat hyself die waarde van die ewigheid besef, kan hy ander daar omtrent leer nie. Net iemand wat vrede gevind het, sal so ‘n werk kan doen. ‘n Persoon wat begeer dat sy gesin gered moet word, moet self redding gesmaak het.
ii. ‘n Liefde vir die siele van ander
Baie mense is so opgeneem met die nood van hulle eie siele dat hulle geen gedagte gee aan die nood in die harte van ander nie. Dit is nie hoe die hart van die Here klop nie.
I Kor.10:24 "Laat niemand sy eie voordeel soek nie, maar elkeen die voordeel van ‘n ander."
"Die liefde van Christus dring ons." II Kor.5:14.
"Broeders, die verlange van my hart en die gebed wat ek tot God vir Israel doen, is tot hulle redding." Rom.10:1.
iii. Die manier van werk.
Gesamentlike aanbidding van die gesin, erkenning van God as die Een wat oor die huis regeer, Sy wil, dit wat ‘n band van eenheid bring. Laat die boodskap van die evangelie altyd daar wees in onder-rig en gebed. Persoonlike voorbeeld – streef altyd na ‘n heilige lewe.
Dit help nie om saam met u gesin te bid en geen poging aan te wend om u lewenswandel te skik volgens die wil en Woord van God nie. Moedig u gesin aan dat die Here in woorde en dade gedien moet word. Godsdiens is die leefwyse van elke dag.
Handel met elke probleem in afhanklikheid van God; in gebed en deur te waak. ”’n Man het blyskap in die regte antwoord van sy mond, en hoe goed is ‘n woord op sy tyd!" Spr.15:23.
ABRAHAM EN FAMILIE OPVOEDING V19 "Want Ek het hom verkies, dat hy aan sy kinders en sy huis na hom bevel sou gee dat hulle die weg van die HERE moet hou om geregtigheid en reg te doen; sodat die HERE oor Abraham kan bring wat Hy oor hom gespreek het."
Die Engel van die Here wat aan Abraham die belofte van sy nageslag gebring het, het God aan hom openbaar wat Hy gaan doen – dat Hy Sodom en Gamorra gaan vernietig. Hy het aan Abraham gesê dat
(1) hy ‘n groot nasie gaan word
(2) dat hy sy nasaad sal leer om op die weg van geregtigheid te wandel.
1. DIE WAARDE WAT GOD HEG AAN GEESTELIKE OPVOEDING
Kinders en diensknegte moet beide onder geestelike invloed gebring word. Abraham het geen voorgeskrewe boek gehad wat hom kon help in sy werk nie. Sy wandel met die Here en die beloftes wat hy ontvang het, was al wat hy gehad het. Hy kon ander leer van die beloftes van die Here en sy toenadering tot Hom deur ‘n offer. Isak is ook goed hierin onderlê, want op hulle reis na Moria het Isak waargeneem dat hulle die hout en die ‘vuur’ het, maar nie die offer-dier nie.
2. DIE HERE HET GEWEET HOE DIE OPVOEDING GEBRING IS
Die Here kon Abraham vertrou omdat hy nie as diktator of as tir-ran oor ander geheers het nie, maar dat sy krag gelê het in ‘n bestendige lewe. Baie kinders van godsdienstige ouers gaan terug in die wêreld weens die tipe opvoeding wat hulle ontvang het. In opvoeding is elke woord, kyk en optrede.
In baie huise word daar die opvoeding gegee, maar daar is geen voorbeeld om dit te staaf nie. Ouers gaan verantwoordelik gehou word vir die opvoeding wat hulle aan hulle kinders gee en moet daar-om ferm maar liefdevol wees. Hulle moet nie die werk oorlaat aan ‘n ander nie, maar self hulle hiervoor beskikbaar stel.
3. DIE SEëN VAN GOD VOLG NADAT AAN DIE VOORWAARDES VOLDOEN IS.
As Abraham nie getrou was nie, sou ook die beloftes nie deurgevoer kon word nie. Isak het in sy vader se voetspore gevolg. Ook Jakob het die beloftes gekoester en dit oorgedra na sy seuns. Abraham het God gehoorsaam en God kon Sy woord gestant doen en sy nageslag laat deel in die belofte met die seëninge wat daarin verborge lê.
ABRAHAM SE VOORBIDDING V23-33.
1. DIE VOORWERP VAN SY VOORBIDDING
Dit was nie alleen vir die redding van Lot van die toorn van God nie, maar die redding van die goddelose inwoners van daardie stad.
Ons vind:
i. Teer erbarming
Abraham het in sy hart so meegeleef met die smarte en oordeel van die Here wat hierdie stad gaan tref, dat dit hom uitgedryf het om te bid.
ii. Hy was onselfsugtig
Abraham was deeglik bewus van die goddeloosheid van hierdie stad. Dit het ‘n geweldige invloed op hom gehad en hy kon nie anders as om sy wese voor God uit te stort om genade te smeek vir hulle nie.
iii. Ongelooflike onbevooroordeeldheid
Abraham het vir niks minder gevra as vir die redding van die Here stad nie. ‘n Mens kan werklik net die liefde en die geloof van Abra-ham waardeer.
2. DIE GEES VAN SY VOORBIDDING
i. Daar was hemelse vrymoedigheid
Abraham het nader gekom met ‘n innige vertroue en geloof, met erns vryheid – dit wat ‘n mens verwag in die lewe van ‘n ware kind van God. "…laat ons toetree met ‘n waaragtige hart in volle geloofsversekering, die harte deur besprekeling gereinig van ‘n slegte gewete en die liggaam gewas met rein water." Rom.10:22.
ii. In nederige aanbidding
Hy was so absoluut bewus van sy eie onwaardigheid en van die wraak van God wat uitgestort gaan word, dat hy om genade gesmeek het.
iii. Hy het vuriglik volhard
Hy het nie na die eerste versoek moed opgegee nie, maar het voort gegaan met die hoop dat die Here van plan sal verander.
3. DIE LOGIKA VAN SY VOORBIDDING
i. Die argument
Die beginsel waarop Abraham staan is nie die genade van die ver-bond nie, maar die regverdigheid van die Regter.
ii. Die toepassing
Abraham het die saak van die regverdiges eerste aangeraak en het volhardend voort gegaan in die mate wat genade toegeneem het. Hy het probeer om die besluit van die Here ongedaan te maak.
4. DIE SUKSES VAN SY VOORBIDDING
i. Hy het alles gekry waarvoor hy gevra het.
Hy het nie gevra dat die stad onvoorwaardelik gespaar moes word nie, maar dat die Here op grond van die regverdiges, tog ag sal slaan op sy voorstel.
ii. Hy het nie opgehou om te vra nie
Mens wonder wat sou gebeur het as Abraham net aangegaan het om te vra. Tog was dit Abraham self wat op die punt gekom het wat hy besef het dat hy sy perk bereik het.
LESSE WAT ONS HIERUIT LEER
1. Die vrymoedigheid waarmee ons tot die Here kan nader.
2. Die waarde van worsteling met God in gebed
3. Die groot aanmoediging wat ‘n kind van God het om te volhard in gebed
4. Die sorg wat ‘n kind van God moet openbaar in die belange van ander en in die nood na redding vir die goddelose.
****************
DIE GESKIEDENIS VAN LOT
Gen.19
ABRAM EN LOT
VUUR IN ‘N SIELSIEKE INRIGTING
Op die 27ste Januarie 1903 het ’n vuur uitgebreek in ‘n Londonse Sielsieke Inrigting. Van die 300 inwoners is 50 dood en 250 moet letterlik uit die vuur geruk word. Terwyl die reddingswerkers besig was, het die kranksinniges so gereageer dat ‘n mens onwillikering gedink het aan die wyse waarop ongereddes dikwels reageer wan-neer hulle soos brandhout uit die vuur geruk word. Daar is gesê dat:-
1. SOMMIGE HET GELAG TOE HULLE NA DIE VUUR VERWYS
Net dwase kan lag vir so ‘n tragedie Dwase dryf die spot met sonde. Net persone wat innerlike krank is, kan ligtelike omgaan met sonde.
2. SOMMIGE HET GESê DAT HULLE NIE BEREID WAS OM HULLE BEDDENS IN DIE NAG TE VERLAAT, OM UIT TE GAAN NIE.
Hulle sal nie toegee daaraan om hulle huidige genietinge prys te gee vir die redding van hulle siele nie. Daar is vele van hulle wat die ver-lustiging in hulle veroordeelde staat verkies bo die vreugde en vry-heid wat verlossing vir hulle kan bied. Hulle keuse wys vir ons dat hulle geestelik siek is.
3. SOMMIGE IS ONDER HULLE BEDDENS GEVIND WAAR HULLE WEGGEKRUIP HET VIR DIE VUUR
Omdat hulle die leuen eerder as die waarheid glo, roep sommige ‘Vrede, vrede’ terwyl daar geen vrede is nie. Net ‘n dwaas kan glo dat ‘n bed beskerming kan bied teen ‘n verterende vuur.
So is dit met gemak en onverskilligheid in die tyd van groot ge-vaar. Wees verseker dat u sonde, soos die vuur, u sal uitvind.
4. SOMMIGE SOU GRAAG WOU VERKONDIG DAT DIE VUUR GEMAAK IS DEUR DIE REDDINGSPAN
Hulle was kwalik geneem omdat hulle volgens die inwoners, probeer het om hulle te verbrand. As mens luister wanneer som-mige mense praat, sal jy dink dat predikers die hel gemaak het, omdat hulle vrede verstoor deur mense te oortuig van hulle sondige toestand en omdat hulle hul wil uitruk uit hulle verlore toestand. Deur so ‘n stelling te maak, toon hulle maar net dat hulle buite hulleself is.
5. BAIE HET BAKLEI MET DIE REDDINGSWERKERS. HULLE HET HULLE GEBYT EN HULLE AAN HULLE HARE BEET GEKRY.
Wat ‘n neerdrukkende prentjie. Wat ‘n verskriklike bewys van kranksinnigheid – hulle veg teen die wat hulle lewens opoffer om hulle na ‘n plek van veiligheid te bring. Dit is nie ‘n uitsondering vir ‘n sielewenner wat ‘n verlore siel uit die sonde van vernietiging ruk, dat hy neerhalende kritiek en veragting deurgaan nie. Hulle rein motiewe word ‘in repe opgeskeur’. Net mense wat geestelik siek is kan op so ‘n wyse optree.
6. SOMMIGE HET BY ‘N GESLUITE DEUR GEKLOP OM TE PROBEER ONTSNAP AAN DIE VLAMME, MAAR DIT WAS TE LAAT
Dit moes ‘n verskriklike ervaring gewees het, vir hierdie persone om tot die besef te kom dat hulle vasgevang is tussen mure van vuur en daar geen uitweg is nie. Die wat weier om uit die dieptes van die vuur van sonde uitgeruk te word, sal in die vuur omkom.‘…hoe sal ons ontvlug as ons so ‘n groot saligheid verontagsaam?.”
7. SOMMIGE VAN HIERDIE MENSE HET UITGEGAAN OM GERED TE KON WORD
Die tyd was kort, die verdoemenis van die ongeredde seker; die werk was groot en dringend; elke ander belang was eenkant gesit; die een seker ding, was die redding van siele. Alle ernstige kinders van die Here, maak dit hulle prioriteit om siele uit die vernietigende vlamme van die hel van sonde te ruk. Is u in die vlamme of daaruit?
*****
Die voorbeeld wat ons aan andere stel, rakende ons verhouding met die Here het dikwels dieselfde effek op andere se lewens.
Ons het gesien dat Abraham hom in Egipte bevind het in Gen.12:10-20 waarin daar sekere dinge in sy lewe verlore gegaan het.
1) DIE EFFEK VAN ABRAM SE TERUG-GEVALLENHEID.
A) HY HET SY GEMEENSKAP MET DIE HERE VERLOOR.
Daar was geen altaar in Egipte gewees nie, wat dui op die wêreld.
2 Kor.6:14-18 en 1 Joh..1:6-7.
B) ABRAM HET SY GETUIENIS VOOR DIE MENS
VERLOOR.
Gen.12:18; Rom.2:21-24; 2 Sam.12:14; 2 Kor.3:2.
C) SY INVLOED OP ANDERE VERLOOR.
Lot het saam met hom gegaan. Gen.13:5; 1 Kor.15:33; 2 Kor.5:15.
Die Here het ons nie net van die suksesse vertel nie, maar ook kan mislukkings, van sy diensknegte, en wat ons daaruit kan leer. 1 Kor. 10:11.
2) SY TERUGKEER NA BETEL.
A) HY HET VAN EGIPTE WEGBEWEEG.Hfst.13:1
Daar sal geen herstel kom, tensy daar nie ‘n defenitiewe wegbe-weeg van my teruggevallenheid kom nie. 2 Kor.7:1; Jes.1:16-18; Jer.2:19; Jak.4:7-10. Dink aan die verlore seun.
B) SY VERTREK NA BETEL. VS.2-4.
Abram het sy hart daarop gerig om terug te keer na die Here. 1 Joh. 1:8-2:1; Ps.32:3-6.
C) SY HERSTEL: IN GEMEENSKAP. VS.4.
Hy rig ‘n altaar vir die Here op wat beteken dat vuur daarby moet kom om hierdie kosbaarhede te verbrand. Hebr.13:10-13; Hos.14:1-9.
3) SY KEUSE: VS.5-13.
Ons lees dat daar konflik tussen die veewagters onstaan het.
A) LOT SE KEUSE: TWIS. VS.6-7.
Om dit wat voor oë is te kies eerder dan die wil van die Here. Jak.3:16.
B) ABRAM SE OFFER: VS.8-9
Dit was ‘n beeld van sy offer. Gal.5:22-23. Let op waarop was die pleidooi van Abram gerig gewees, om harmonie te kry. "Ons is broers". Dit is die eerste keer dat dit in die Bybel genoem is. Matt.23:8. Broeders sal geken word deur hulle liefde, verdraagsaam-heid, en begeerte vir harmonie.
Abram en Lot verteenwoordig twee klasse Christene. Lot was ‘n regverdige man wat deur die aanskoue en sintuie gewandel het, wat sy eie plesier en voordeel gesoek het. Hy is ‘n beeld van die on-toegewyde Christen. Abram het deur die geloof op die beloftes van die Here gewandel. Hy mag soms gefaal het, maar nie soos Lot nie omdat Lot nooit instaat was om Abram te help nie. Lot het geen altaar gebou nie, omdat die ontoegewyde, sonder dankbaarheid lewe. Die wel-water plekke is meer aantreklik vir die vleeslike as die geestelike. Die gereinigde Christen leef met hoër motiewe en ‘n suiwer hart voor die Here.
C) DIE ONMOONTLIKE VERHOUDING: VS.6.
"En die land kon hulle nie dra om saam te woon nie".
Die omstandighede in die land het dit nie vir Abram en Lot moontlik gemaak om saam te woon nie. Die vleeslike en die geestelike kind van God kan ook nie in dieselfde juk met mekaar trek nie.
Dit is ‘n strewe wat altyd in die hart van ‘n vleeslike plaasvind nl. die vlees teen die Gees van God. Solank hierdie strewe voortduur is daar geen seën in die land nie. Die vleeslike kind van God stel nie die beloftes van die Here voor op prys nie.
5) DIE EERBAARHEID VAN GELOOF:
"Toe sê Abram vir Lot: Lê die hele land nie voor jou oop nie? Skei jou tog van my af…" Die man wat met die Here wandel kan maklik toelaat dat die ander eerste keuse kans kry. Die dienskneg van die Here mag nie streef of stry nie.
Ons kan maar terugstaan dat die andere die eerste plek kan kry en met die tong stry, en stil staan en aanskou die verlossing wat die Here vir ons bewerk. Laat ons vir die Here opstaan en die Here sal vir ons opstaan. Al ons regte is in Hom.
6) DIE SELF SUGTIGHEID VAN DIE VLEESLIKE:
"Toe slaan Lot sy oë op" Vs.10-13.
A) LOT SE KEUSE: Vs.10-13.
Die beginsel wat by hom gegeld het was: Klaag.1:14; 17; 2:11; Jer.2:13. Die basis van sy keuse was:
i) Die uiterlike sig. Vs.10 Die wêreld en sy glans. 1 Joh.2:15.
ii) Die selfsugtigheid: Vs.11. Lot het vir homself gekies terwyl die
Here vir Abram gekies het. Jer.45:5; Fil.4:6-8.
iii) Sy biddeloosheid: Die Here word nie geraadpleeg nie. Deut.6:12.
iv) Sy kortsigtigheid: Sodom is ‘n verdoemde stad. Vs.10.2 Pet.3:10-12. Mark.8:36.
v) Die stadiums van agteruitgang: a) Hy het gekyk: Vs.10
b) Hy het gekies: Vs.11 c) Hy het homself verwyder van Lot: Vs.11.
d) Hy het gedwaal: Vs.12. Wat ‘n treurige toestand.
Die geskiedenis van Lot is die geskiedenis van ‘n teruggevallene. Toe hy weggedraai het van Abraham het hy weggedraai van geloof.
Hy het vir die beste gekyk en dit geneem en nooit dankie gesê nie. Hy het homself van die man geloof verwyder met ‘n ligte gemoed.
Die vleeslike kind van God slaan nie veel ag op die wandel van ‘n geheiligde kind van God nie. Sy gedagtes was op aardse dinge gevestig en nie op die hemelse nie. Hy het sy tent en nie sy altaar na Sodom gerig.
Toe Lot die vrugbare Jordaanstreek gekies het, het hy omgesien na sy eie eer. Terwyl hy sy eie eer gesoek het, is sy getuienis as ‘n gelowige verag. Toe kom daar neerlaag en moes hy vlug, maar omdat hy aan die Here behoort het, is hy gered deur die vuur, alhoewel al sy werke gebrand het.
I Kor.3:14, 15 “As iemand se werk bly staan wat hy daarop gebou het, sal hy loon ontvang; as iemand se werk verbrand word, sal hy skade ly; alhoewel hy self gered sal word, maar soos deur vuur heen.”
7) DIE VOORREG VAN DIE AFGESONDERDE:
"En die Here sê vir Abram nadat Lot van hom geskei het: Slaan tog jou oë op en kyk"
Na die verwydering het die boodskap van bemoediging gekom.
2 Kor.6:17 ”Kom onder hulle uit … en Ek sal jou ontvang." Abram het sy oë op die uitnodiging van die Here opgelig. Hierin lê die onderskeid tussen die vleeslike en die geestelike kind van God. "Op kyk" is die blywende gesindheid van elke afgesonderde een. Lot het op sy eie ervring gesteun. Abram het op die Here vertrou en Sy beloftes. Gal.2:20.
8) DIE ALTAAR VAN GETUIENIS:
"Abram het alhoe verder sy tente opgeslaan" Vs.18.
Lot het sy tent tot Sodom gerig, en Abram sy tent tot die Here. Die eie geregtigde Christen dra geen getuie van die Here nie. As hy dit probeer is hy eintlik ‘n bespotting. Gen.19:14. Die regverdige sal deur die geloof wandel. 1 Pet.4:1-2.
9) DIE OPENBARING: VS.14-18.
A) DIE BELOFTEMAKER: DIE HERE. VS.14.
Num.23:19; Jes.40:28; 44:8; 45:10.
B) DIE BELOFTE: Vs.14-16. Die Here het vir Abram gekies.
i) Die land: Vs.14-15; Deut.32:8-9; 34:4.
ii) Van die saad: Deut.1:10; Jes.48:9.
C) DIE PLEK: "Staan op en loop" Obad.17; Hebr.4:3+9-11; Efe.1:3 Neem jou besittings in besit. Wie het die beste gekies: Lot wat vir homself gekies het of Abram. Wie laat die keuse aan die Here oor.
*************************
GEN.19
Kom ons kyk na die volgende:
1. DIE KEUSE WAT HY MAAK
Gen.13:10-12 “Toe slaan Lot sy oë op en sien dat die hele Jordaan-streek oral volop water het, voordat die HERE Sodom en Gomorra verwoes het, was dit in die rigting van Soar soos die tuin van die HERE, soos Egipteland. En Lot het vir hom die hele Jordaanstreek gekies, en Lot het na die ooste weggetrek. So het hulle dan die een van die ander geskei. Abram het bly woon in die land Kanaän, en Lot het gaan woon in die stede van die Jor-daanstreek en sy tente tot by Sodom opgeslaan.”
Die wat wandel volgens wat hulle kan sien, sal altyd beïnvloed word deur verskynsels. As ons net doen wat ons hart begeer om te doen stuur ons af op Sodom.
2. DIE POSISIE WAT HY INGENEEM HET
"…terwyl Lot in die poort van Sodom sit.." Gen.19:1. Lot het ‘n metgesel van Sodom geword en ook ‘n deelgenoot. As ‘n kind van die Here vreugde vind in gemeenskap met ‘n wêreldling, sal hy spoedig ‘n deelgenoot word van die praktyke wat so ‘n persoon beoefen. Om vooruit te gaan in die oë van die wêreld, is geen be-wys van groei in genade nie. Om met die wêreld te meng beteken dikwels om jou steun en hulp aan hulle te bied. II Kron.19:12. ??
3. DIE BOODSKAP WAT HY ONTVANG HET
"…want ons gaan hierdie plek verwoes, omdat die geroep oor hulle groot is voor die aangesig van die HERE, en die HERE het ons ge-stuur om dit te verwoes." Gen.19:13
Goddelose plekke en goddelose dinge moet vernietig word. As al die goddelose dinge in jou vernietig word, sal jy iets verloor? Hoe sal dit jou planne en doelstellings beïnvloed? As jou harts belange deurvleg is met die dinge van hierdie aarde, sal jy verlies ly. Bedink die dinge wat daarbo is sodat as alle godelose dinge vernietig word, jou erfdeel onaangeraak bly.
4. DIE GETUIENIS WAT HY UITGEDRA HET
"Toe gaan Lot uit en praat met sy skoonseuns wat met sy dogters sou trou, en sê: Maak julle klaar, gaan uit hierdie plek uit, want die HERE gaan die stad verwoes. Maar hy was in die oë van sy skoon-seuns soos een wat gekskeer." Gen.19:14.
As ons ‘n selfsugtige lewe ly sal ons getuienis vir die Here altyd vir ander ‘n bespotting wees. Wie sal glo dat sonde bitter is as ons dit geniet? Nie erns of welsprekendheid sal kan opmaak vir teenstry-dighede nie. Dit is die lewe wat die lig is.
5. DIE TEëSIN WAT HY GETOON HET
"Maar hy het nog getalm. Toe gryp die manne hom en sy vrou en sy twee dogters aan die hand, omdat dit HERE hom wou ver-skoon; en hulle lei hom uit en bring hom buitekant die stad." Gen.19:16.
Dit is altyd moeilik om gehoorsaam te wees aan die stem van die Here as ons lewens vasgebind is in die sonde van die wêreld. Die jongman het hartseer weggegaan omdat hy baie besit het. "Maar toe die jongman die woord hoor, het hy bedroef weggegaan; want hy het baie besittings gehad." Matt.19:22. Baie persone wat al die lig het wat hulle nodig het, vergaan omdat hulle nie die regte besluite neem nie. Vlug vir u lewe – moenie talm nie.
6. DIE VERSOEK WAT HY GERIG HET
"Kyk tog, hierdie stad is naby om daarheen te vlug, en dit is klein. Laat my tog daarheen vlug – is dit nie klein nie? – dat ek kan lewe." Gen.19:20.
Vir hom was die afgespreekte berg van veiligheid te ver weg. Waarom wou hy graag ‘n veilige vesting hê so na aan die verdoemde stad as moontlik? Waarom was dit vir hom net belangrik om gered te wees en niks meer nie?
Is daar nie by die meeste kinders van die Here die onwilligheid is om weg te vlug na die verte waar daar volkome skeiding /afsondering sal wees nie? Alhoewel Lot gered was, was hy steeds so na aan die plek van die dood dat dit hom met vrees moes vul.
"En Lot het uit Soar opgetrek en saam met sy twee dogters gaan woon op die gebergte, want hy was bang om in Soar te bly; daar-om het hy saam met sy twee dogters in ‘n spelonk gaan woon." Gen.19:30.
7. DIE GUNS WAT HY GENIET HET
"Vlug gou daarheen, want Ek kan niks doen voordat jy daar aankom nie. Daarom noem hulle die stad Soar." Gen.19:22.
Selfs ‘n teruggevallene is baie kosbaar vir God! Die oordeel van God kan nie op Sodom val voordat hy nie uit die stad is nie. Dink net ook daaraan hoe die teenwoordigheid van hierdie wêreld-gesinde kind van God, sy doel met die stad verhinder het. Todat hy uit hulle uitgekom het, het die werk van God tot stilstand gekom.
******************
‘N ERNSTIGE REFLEKSIE.
Gen.19:27, 28
En Abraham is vroeg in die môre na die plek waar hy voor die aangesig van die HERE gestaan het. Toe hy uitkyk oor Sodom en Gomorra en oor die hele land van die Jordaanstreek, sien hy dat die rook van die land optrek soos die rook van ‘n smeltoond.” V27, 28.
Vir Abraham was hierdie ‘n ‘heilige’ plek. Hier het die Here met hom ontmoet en hier het hy in getree vir die regverdiges van Sodom. Nou, vanaf hierdie ‘heilige’ plek aanskou hy die oordeel van die Here. Daardie bolle vuur en rook het die vervulling van die woord van God beteken en het Sy ontsagwekkende karakter getoon as Hy in geregtigheid handel met sonde en skuld.
“Want onse God is ‘n verterende vuur.” Heb.12:29.
Dit is wanneer ons, soos Abraham op die hoë plekke staan en in geloof in gemeenskap met God wandel, met die las van voorbidding, dat ons verstaan watter heilige God ons aanbid, wat sonde haat.
As ons in ons geestesoog by Abraham kon staan en hierdie oordeel oor Sodom saam met hom kon aanskou, kon ons kyk na die volgende
1. DIE VERSKRIKLIKHEID VAN SONDE
Dit verplig die Here om vanuit die hemel neer te daal om met sonde te handel. “Verder het die HERE gesê: Die geroep oor Sodom en Gomorra is waarlik groot, en hulle sonde is waarlik baie swaar. Ek wil neerdaal en sien of hulle werklik gehandel het soos die geroep oor hulle is wat by My gekom het; en so nie, Ek wil dit weet.” Gen.18:20, 21.
Die geroep van Israel uit Egipte het die Here laat neer kom om Sy volk te verlos. Die geroep van Sodom het God laat neer kom om te vernietig. Die uitroep van ‘n wêreld in nood het die Here Jesus vanuit die hemel laat neerkom om te kom handel met die probleem. Wanneer God in genade kom, kom Hy om met sonde te handel en om dit weg te was deurdat Hy Homself geoffer het. Wanneer Hy kom om te oordeel, kom Hy om met die sondaar te handel en hom uit die weg te ruim. Rom.6:23 “Want die loon van die sonde is die dood.”
2. DIE SEKERHEID VAN OORDEEL
“…want ons gaan hierdie plek verwoes…” v13-28. Net so min kan ‘n man wens om verlos te word van sy eie skaduwee as van die oor-deel van God, terwyl sy sonde nog nie vergewe is nie. Die oordeel van die Here mag sloer, en die skuld mag hanteerbaar wees, maar dat dit kom is (a) seker; (b) is skielik; (c) sal volkome wees.
3. DIE HEERSKAPPY VAN GELOOF
Terwyl Abraham met trane in sy oë kyk na Sodom wat vernietig word, kon hy gevra het: ‘Hoekom was ek nie daar nie? Hoe is dit dat ek daarvan verlos is? Waarom is ek geroep uit Ur van die Chaldeers? Hoekom was ek beter as soveel ander wat nog in sonde vasgevang is? Die antwoord is: “Want uit genade is julle gered…” Efe.2:8.
4. DIE GELOWIGE SE SEKURITEIT
“…Ek kan niks doen voordat jy daar aankom nie…” v21. “Ek sal dit terwille van tien nie verwoes nie…” 18:32. God sal nie die regverige saam met die goddelose vernietig nie. Vir almal wat aan Hom behoort, word daar op ‘n spesiale manier voorsien. Die Here het aan Moses gesê: “Skei julle af van hierdie vergadering, en Ek sal hulle in ‘n oomblik verteer.” Num.16:21. Voordat die vloed gekom het, is die regverdiges in die ark ingeneem. Voordat die oordele van God oor hierdie aarde uitgestort gaan word, sal die Here Sy kinders opneem in die hemel. Joh.10:28 “En Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal nooit verlore gaan tot in ewigheid nie, en niemand kan hulle uit my hand ruk nie.”
5. DIE NOODSAAKLIKHEID VAN GETUIENISLEWERING
Die Sodomiete, net soos die mense van hierdie wêreld was onder sonde oortuiging, maar het dit nie besef nie. Die Here laat die nie in die duister oor die feit dat hulle Sy seun verwerp nie. Joh.3:18 “…hy wat nie glo nie, is alreeds veroordeel..”
6. DIE WAARDE VAN ONS GELEENTHEDE HUIDIGLIK
Spoedig sal ons geleenthede om te getuig verby wees. Spoedig sal die met wie ons saam leef, met wit geklee wees en sal hulle voor God staan of daar sal rook opgaan terwyl hulle smarte ly in die hel. Lot se 20 jaar in Sodom, was vrugteloos vir God. Nou was die tyd en voorreg om te getuig verby en die persone waaronder die Here hom geplaas het, verlore. Kyk, nou is die welaangename tyd vir redding en vir diensbaarheid. Judas :20-23 “Maar julle broeders, moet julleself opbou in jul allerheiligste geloof en in die Heilige Gees bid en julleself in die liefde van God bewaar, terwyl julle die barmhartigheid van onse Here Jesus Christus tot die ewige lewe verwag. En aan sommige wat twyfel, moet julle barmhartigheid bewys; maar ander moet julle met vrees red deur hulle uit die vuur te ruk; en ook die kled moet julle haat wat deur sonde bevlek is.”
*****************
ABRAHAM EN DIE VERBOND
GENESIS 17.
I. In hoofstuk17: 1-14 vind ons DIE VERBOND BEVESTIG.
1. DIE TYD
a) AANKONDIGING: VS.1
“Toe Abram negen-en-negentig jaar oud was, het die HERE aan Abram verskyn en vir hom gesê: Ek is God, die Almagtige; wandel voor my aangesig dan sal jy opreg wees.” V1.
Die Here het as Almagtige (El Shaddai), aan Abram verskyn. God, as die Verbondsgod is in staat om teen die natuurwette in Sy beloftes te vervul. Die name Elohim en Adonai, is die titels wyd bekend vir God Almagtig. Di t is ook by hierdie naam wat God bekend was aan die aartsvaders
Die Naam van die Here wat hier gebruik word is El Shaddai: wat letterlik beteken dat die Here Sy volheid aan Abraham wil uitstort, wat voldoende is om vir al my behoeftes Homself letterlik uit te giet.
Fil.1:19 My God sal in elke behoefte voorsien na di rykdom van Sy genade.
Wandel voor My aangesig:
Stel jouself ten doel om voor My aangesig te wandel. Dit verwys na ‘n geditermineerde doel om te gehoorsaam. Omdat Sy oog altyd op my gevestig is.
dan sal jy volmaak wees:
Wees net dit wat die Heilige Geea van my verlang soos die Almagtige God dit vir moontlik kan maak om in volle bevrediging te kan maak. Want Hy wat die siel kan heilig kan dit ook bewaar. Matt.5:48 "Wees volmaak soos jou Vader in die hemel volmaak is"
Waarom moet ek verlos wees van al die besoedeling, krag en skuld van sonde? Dit verwys alleen na die negatiewe aspek van heiligmaking.
a) DIE DOEL VAN DIE HERNUDE VERBOND. VS.2
Hy wil ons volmaak maak net soos ons hemelse Vader volmaak is, sodat ons vervul kan word met al die volheid van die Here. Sodat Christus voortdurend in ons harte deur die geloof mag wandel en om in die liefde gegrond te wees.
Dit is die staat waarin die mens oorspronklik geskape was, waarin hy in die beeld van die Here geskape was. En dit is uit hierdie staat waaruit die mens verval het, omdat hy die bevel van die Here verbreek het.
Dit is die staat waartoe die Here elke menslike wese wil verhef wat met die Here in heerlikheid wil wandel. Christus het mens geword en gesterf om die sondes van die wêreld weg te neem. Wat ‘n wonderlike voorreg. Hoe heerlik moontlik is dit nie, deur die algenoegsame Bloed die oneindige liefde, die al voorsienende en reinegende instaatstelling van die Heilige Gees.
Hoeveel energie word nie vermors deur argumente bloot net omdat die mens nie die volheid in die Here wil aanneem nie.
Baie redeneer dat dit onmootlik is omdat volkome gehoorsaamheid onmoontlik is. Opregtheid is die sleutel. Opregtheid beteken ‘n goeie begeerte met ‘n geoei doel.
Die woord opreg is uit twee woorde saamgestel nl. Sine cera Wat letterlik beteken sonder was. Verwysende na die absoluute suiwerheid van heuning. En dit word op die morele aspek van die mens se lewe toegepas.
Daarom die woorde: "Wandel voor My aangesig, dan sal jy opreg wees" Vs.1
Ban die ou loog of suurdeeg uit, dat ek nuut voor die Here mag verskyn.
Daar het 13 jaar verbygegaan na Ismael se geboorte. Die Here het moontlik hierdie wagtyd toegelaat omdat Abram oorhaastig en onge-hoorsaam was aan God. Abraham wou die vervulling van die belofte van God verhaas. Dit het die doel van die Here vertraag.
2. DIE ‘SKRYWER’
b) ABRAM VEROOOTMOEDIG HOMSELF VOOR DIE HERE: VS.3
Die oosterse wyse waarop hulle hul verootmoedig het was: Die per-soon het eers op sy knieë gegaan, en dan sy gesig tot by sy knieë gesak en dan die grond met sy voorkop geraak. Dit is ‘n baie pynlike proses wat vernedering en eerbied voorstel
.
3. VOORWAARDE
c) DIE VERBOND OMSKRYWE: VS.4
“..wandel voor My aangesig…” Dit beteken werklik dat ‘n persoon in die teenwoordigheid van die Here wandel, bewus van sy deur-soekende oog, verlangend om Hom te behaag. “..dan sal jy opreg wees”. Miskien het die Here hierdie woorde vir Abram gesê om aan hom die absolute standaard van reinheid en ‘volmaaktheid’ te toon Wandel in heiligheid en in vertroue op die Woord van God.
As God se ganade nie ‘n mens se ongeloof en sonde oorwin nie, sal sonde uiteindelik God se genade kanseleer.
II. DIE VERBOND VERDUIDELIK
1. DIE BELOOFDE SAAD
“En Ek wil my verbond sluit tussen My en jou, en jou buiten-gewoon vermeerder.” V2.
Die groot nageslag het meer ingehou as Ismael en sy nasate. Die Here het aan Abraham net dit gesê wat hy kon verstaan het op daar-die stadium.
Hiermee wil die Here aan Abram sê dat die innige verbond wat tus-sen hulle gesluit is baie na aan uitvoer is en daarmee saam die seun wat Hy aan Sarai beloof het. “En Ek… jou buitengewoon vermeer-der.”
Gen.12:2 “En Ek sal jou ‘n groot nasie maak en jou seën en jou naam so groot maak, dat jy ‘n seën sal wees.”
13:16 “En Ek sal jou nageslag maak soos die stof van die aarde, sodat as iemand die stof van die aarde kan tel, jou nage-slag ook getel kan word.”
15:5 “Daarop lei Hy hom uit na buite met die woode: Kyk nou op na die hemel en tel die sterre as jy hulle kan tel en Hy sê vir hom: So sal jou nageslag wees.”
“Toe val Abram op sy aangesig…” v3 in aanbidding. “Toe… het hy hom voor die HERE neergebuig na die aarde toe.” 24:15.
“..en God…” v3 Elohim dui op Sy identiteit as God. “..het met hom gespreek en gesê: Wat My aangaan…” Hy sê in ander woorde: ‘So ver as dit My aangaan…’ “…kyk, My verbond is met jou en jy sal (wees)…” jy sal dit word… “..die vader van ‘n menigte van nasies..” v4.
d) ABRAM SE NAAM WORD VERANDER EN DIE REDE
WORD OMSKRYWE: VS.5
“Daarom sal hulle jou nie meer Abram noem nie, maar jou naam sal wees Araham…” v5.
Abram beteken letterlik hoog of verhewe vader. Abraham verskil net met een letter nl. die H. Hoewel dit eenvoudig lyk is die ware betekenis daarvan baie diep.
Die rede vir die verandering is "omdat hy ‘n vader van baie of ‘n groot verskeidenheid van nasies sal wees."
Aben Ezra se die betekenis van die naam beteken "’n magtige hoe-veelheid"
Rabbis Salomon Jarhi sê: Die letters van sy naam stel 248 voor , wat die presiese hoeveelheid van die bene binne in ‘n laggam is. Voor die H toegevoeg was sê hy het Abram vir 5 gestaan dui op genade wat kortgeskied het.
Rabbi Lipman sê dat die H as die vierde letter in die naam toegevoeg is om aan te dui dat die Here Jesus in die 4 de duisend jaar sal kom ens.
Abraham in Arabies dui op ‘n oneindige hoeveelheid.
Abraham in Arabies beteken ‘menigte’.
e) DIE VOORDELE VAN DIE VERBOND VERDUIDELIK:
VS.6-8
“En Ek sal jou buitengewoon vrugbaar maak: Ek sal jou tot nasies maak..” v6. Hierdie belofte is vervul in die Isaeliete, die nageslag van Ketura, die Edomiete en die Israeliete. “..en konings sal uit jou voortkom.” Dawid en Salomo is deel van Abraham se nageslag.
“En Ek sal my verbond oprig tussen My en jou en jou nageslag na jou in hulle geslagte as ‘n ewige verbond, om vir jou ‘n God te wees en vir jou nageslag na jou.” V7. Dit hou al die voordele van verlossing in.
2. DIE BELOOFDE LAND EN DIE BELOOFDE SEëN
“En Ek sal aan jou en jou nageslag na jou die land van jou vreemdelingskap gee, die hele land Kanaän, as ‘n ewige besitting; en Ek sal vir julle ‘n God wees.” V8.
Die fisiese Kanaän moet ontgin word met voorwaardes van die ver-bond in gedagte en die hemelse Kanaân, die oorwinningslewe, moet in besit geneem word deur die nasate van Abraham, die wat in ge-loofsversekering wandel. Die ware seën van hierdie verbond is nie die fisiese seën van die beloofde land nie, maar die seën wat die geestelke nasate sal beërf in die oorwinningsland waarin hulle hul kan bevind. Gal.3:14-18 “sodat die seën van Abraham na die heidene kan kom in Christus Jesus, en dat ons die belofte van die Gees deur die geloof kan ontvang.
Broeders, ek spreek menslikerwys: selfs ‘n mens se testament wat bekragtig is, maak niemand tot niet of voeg daaraan toe nie. Nou is aan Abraham die beloftes toegesê en aan sy saad. Hy sê nie: En aan die sade, asof dit op baie sien nie, maar op een: En aan jou saad, dit is Christus. Maar ek sê dit: die wet wat vier-honderd-en-dertig jaar later gekom het, maak die verbond wat deur God in Christus vantevore bekragtig is, nie kragteloos om die belofte tot niet te maak nie. Want as die erfenis uit die wet is, dan is dit nie meer uit die belofte nie. Maar God het dit aan Abraham deur ‘n belofte genadiglik geskenk.”
f) DIE VOORWAARDES VAN DIE VERBOND WORD
GENOEM, NIE NET DEUR ABRAM NIE, MAAR OOK
VIR AL SY NAKOMELINGE: VS.9
“Verder het God aan Abraham gesê: Maar jy moet my verbond hou, jy en jou nageslag na jou, van geslag tot geslag. Dit is my ver-bond wat julle moet hou tussen My en julle en jou nageslag na jou: Al wat manlik onder julle is, moet besny word –“vs9, 10
Die genade wat met die verbond saamgaan, gaan die pligte van die verbond vooruit.
g) DIE BESNYDENIS AS ‘N TEKEN VAN DIE VERBOND. VS.10-11
III.DIE VERBONDSVERKLARING
1. DIE OPLê VAN ‘N NUWE NAAM
Die verbond staan vir ‘n geestelike betekenis. Die besnydenis van die vlees was bedoel om die reiniging van die hart voor te stel, van alle ongeregtigheid, soos die Here dit spesifiek in die wet voorgehou het. Deut.10:16
"Besny dan die voorhuid van julle hart, en verahrd julle nek nie ver-der nie." Dit was nie soseer die wegsny van ‘n deel van die vlees waaroor die Here besorgd was nie, maar die reiniging van die siel, waarsonder enige form geen inhoud gehad het nie.
Dit beteken om die Here met my hele hart siel en gees lief te hê, en dit was die vervulling van die wet. Rom.2:25-29 Verduidelik dieselfde begrip.
Dit was as ‘n seël van die geregtigheid of regverdigheid wat deur die geloof kom. Rom.4:11
a. Die betekenis daarvan
Daar is aan die waardigheid en karakter van Abram se naam byge-voeg dat hy ‘die vader van ‘n menigte’ kon word. Deur hierdie ver-andering van sy naam word natuurlike en geestelik kwaliteite aan hom toegevoeg.
Abram se naam was verander om aan te dui dat die Here self nou sy lewe beheer.
b. Die bedoeling hieragter
Dit moes toon dat God se verbond nie gesluit is met Abram, die Chaldeër nie, maar met Abraham die gelowige. Dit was simbolies van die nuwe posisie voor God, wat Abraham in-geneem het en van die nuwe natuur wat Abraham as gelowige in God besit het. Dit was Abraham se wedergeboorte en sy regverdigmaking. Dit het ons ook herinner dat God se verbond nie was met net die natuurlike nageslag van Abram, as mens nie, maar met die nageslag van Abraham as gelowige. Hierdie gelowige nageslag van Abraham moet wederge-bore wees.
II. VASMAAK VAN DIE NUWE NAAM
1. DIE NATUUR
a. Die aard daarvan
Die besnydenis was die teken van die verbond wat God met Abra-ham gesluit het. Dit is ‘n opdrag van die Here.
b. Die betekenis daarvan
Die ‘saad’ moes nie ‘n kind uit natuurlike omstandighede gebore wees nie, maar ‘n kind uit die belofte. Die die uitvloeisel van die natuur nie, maar ‘n geskenk van genade. Dit is ook ‘n vooruit skou-ing van die sondelose en heilige karakter van Jesus Christus wat uit die geslag van Abraham gebore sou word. Dit was ook ‘n verklaring van sy geloof in die Saad van die belofte en simbolies van sy per-soonlike toewyding tot heiligheid.
c. Gepaardgaande daarmee
Die besnydenis moes toegepas word op die hele huis van Abraham, Ismael inkluis. Ook sy huishulp en al sy nakome-linge deur die be-loofde seun. Die seën van die verbond rus op die liggaam van Chris-tus deur al die eeue.
“…julle moet aan die vlees van julle voorhuid besny word, en dit sal ‘n teken wees van My verbond met julle.” V11. Voor so ‘n besnydenis sou hulle as onrein deurgaan. Dit was vir hulle ‘n teken van:
(1) geloof in Christus die Messias, wat uit Abraham gebore sou word.
(2) om die voortbestaan van die verbond van die Here te bevestig. (3) om die hoop op die komende Messias wakker te maak onder die volk
(4) om hulle aan te moedig om morele rein te wees
(5) om aan hulle die evangelie van geregtigheid deur geloof te verkondig
(6) om bewus te wees van die gedagte van ‘n heilige of geestelike nasaat van Abram.
h) DIE OUDERDOM WAAROP EN DIE PERSONE
WAAROP DIT TOEGEPAS MOES WORD. VS.12-13
“’n Seuntjie van agt dae dan moet onder julle besny word, al wat manlik is in julle geslagte. Die wat in jou huis gebore is, en die wat van enige vreemdeling met geld gekoop is, wat nie van jou geslag is nie – “ v12.
Volgens Lev.12:2-3 sal ‘n kind voor agt dae as onrein geag word, en beteken die besnydenis ‘n toewyding van die persoon aan die Here. Geen dier mag aan die Here gewy geword het voor die agste dag nie. Sien.Lev.22:27.
Sy hele huishouding is daarby ingesluit. Ook vreemdelinge of slawe wat hy gekoop het.
i) DIE GEVAAR OM HIERDIE REG TE VERWAARLOOS:
VS.14
“die wat in jou huis gebore en wat met jou geld gekoop is, moet sekerlik besny word. So moet dan My verbond in julle vlees wees as ‘n ewige verbond.” V13. En wat manlik is en die voorhuid het, wat nie aan die vlees van sy voorhuid besny is nie – die siel moet uit sy volksgenote uitgeroei word -".
‘n Persoon wat nie hierdie verbond hou nie moet uitgeban word uit die volk, die kerk ens. en nie meer gereken word as deel van die kinders/volk van God nie. So ‘n uitwerping het dikwels gely tot die doodstraf. ‘n Onbe-snede, of dit nou ‘n volwassene of kind was, kon nie meer lid van die Hebreëuse kerk wees nie, omdat hy die verbond van God verbreek het.
OM SAAM TE VAT
Die karaktertrek van die lewe van Abraham was GELOOF, wat gerus het op die beloftes van die Here. Deur ongeduld het Abraham gefaal en Ismael is verwek. Groot teleurstelling het gevolg. Abra-ham moes nog 13 jaar wag. Die gebrek aan geloof het die belofte uitgestel. Ons vind dit ook toe die Israeliete vir 40 jaar deur die woestyn moes trek.
“En julle kinders sal soos herders rondtrek in die woestyn, veertig jaar lank, en sal so die gevolge van julle hoerery dra totdat julle lyke in die woestyn verteer is.” Num.14:33.
Toe kom die versoek van die Here tot hom dat hy moet wandel vol-gens sy aanvanklike geloof wat volkome was en nie halfhartig nie. “wandel voor My aangesig”
I. WAT LEER ONS AS GELOWIGES DAARUIT
Waak sodat jou liefde nie verkoel nie. Soms het ons nog geloof, maar die heerlikheid van God is nie meer daar nie. Die begeerte om ons harte uit te stort voor God is nie meer daar nie. Waarom?
Omdat die mens se hart op dinge gerig is en nie op God nie, omdat hy God nie kan vertrou nie of hy het verval in self-tevredenheid. Sy innerlike lewe het goas geword (geen orde nie). Die begeerte is nie meer daar dat Hy alles moet weet en in alle opsigte moet lei nie. Dit is dan wanneer daardie ongemaklike stilte tussen my en God kom. Daar is nie egte kommunikasie tussen my en God nie.
II. DIE OPLOSSING
“wandel voor My aangesig..” Erken die kwaad en die oorsaak daar-van. Moet nie wegskrum van God se teenwoordigheid nie en moet nie jouself regverdig nie. Wees volmaak/volwasse deur God se waar-heid en liefde te vertrou deur gedagtes, behoeftes en wense na Hom te bring. Wees gehoorsaam en opreg en bly by die besluit om ten volle vir God te lewe.
III. BEMOEDIGING
“..Ek is God, die Almagtige…” v2. Magtig, tog vol liefde en ge-nade. Die feit dat ‘n persoon behoefte het om op die regte weg te wandel, hou in dat ‘n mens besef dat hy gedwaal het. Hy het daar-voor voorsiening gemaak.
I Tim.1:15 “Dit is ‘n betroubare woord en werd om ten volle aan-genaam te word, dat Christus Jesus in die wêreld gekom het om sondaars te red, van wie ek die vernaamste is.”
I Joh.2:1 “My kinders, ek skryf hierdie dinge aan julle, dat julle nie moet sondig nie; en as iemand gesondig het, ons het ‘n Voor-spraak by die Vader, Jesus Christus, die Regverdige.”
Dit is so dat ‘n mens in moedeloosheid kan verval. Paulus bemoedig ons met
Rom.6:14 “Want die sonde sal oor julle nie heers nie; want julle is nie onder die wet nie, maar onder die genade.”
Stort u hart uit voor Hom. Fil.4:6
“Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God.”
I Joh.5:4 “Want alles wat uit God gebore is, oorwin die wêreld; en dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin het, naamlik ons geloof.”
Open.21:7 “Hy wat oorwin, sal alles beërwe; en Ek sal vir hom ‘n God wees, en hy sal vir My ‘n seun wees.”
Om voor die aangesig van die Here te wandel hou in dat ek voort-durend verwys na Hom, na Sy wil, Sy waarheid, Sy verbond ens. Abraham was ‘n pelgrim, wat hom onderskei het van die wêreld. Hy moes tussen die heidene leef, maar voor God wandel. Hy het ondervind dat die Here vir hom onderhou en deur dra.
Ons word geroep tot ‘n kanaal waardeur die seën van die Here vloei. As ons geduldig in Sy Lig wandel, is daar oorvloedige beloning.
j) SARA SE NAAM IS VERANDER, EN ‘N SPESIFIEKE BELOFTE IS AAN HAAR GEMAAK. VS.15-16.
“Verder het God aan Abraham gesê: Sarai, jou vrou, moet jy nie Sarai noem nie, maar haar naam sal Sara wees.” v15.
Sara beteken prins of prinses wat haar staat oor ‘n enkele familie was nou met die H in verwys dit na haar staat oor nasies, wat beteken dat sy die moeder van nasies sal wees, en dat konikryke van mense uit haar sal voortspruit.
Sarai wat nie vroeër genoem is, t.o.v. enige van die beloftes nie, word nou ingebring in die verbond en ontvang daarvolgens ‘n nuwe naam. Sarai beteken ‘my prinses’ of ‘edel’, ‘stryd teen onvrugbaar-heid’. Nou is sy die ‘prinses van die Here’. ‘h’ kom van die woord ‘Jehovah’. Ons vind dit ook in die verandering wat in Abram se naam aangebring is, toe dit verander het van Abram na Abraham.
“En Ek sal haar seën en jou uit haar ook ‘n seun gee; ja, Ek sal haar seën, sodat sy tot nasies sal word; konings van volke sal uit haar voortkom.” V16.
Alle getroue vroue wat met die Here wandel sal gereken word as dogters van Sarha.
Hieruit is die duidelik dat die beloofde kind uit Sarai verwek sal word. Sy sal die moeder van nasies word “…sodat sy tot nasies sal word…”
k) DIE OORSTELPENDE BLYDSKAP VAN ABRHAM EN DIE HANDELING VAN DIE SAAK WAT IN DIE AARD ONMOONTLIK WAS VS.17
“Toe val Abraham op sy aangesig, en hy lag en sê in sy hart: Kan daar vir een wat honderd jaar oud is, ‘n kind gebore word? Of kan Sara, wat nege-en-negentig jaar oud is, baar?” v17.
Daar word bedspiegel oor die ware betekenis van die woorjie ‘lag’, omdat dit in die Hebreëus beteken, ‘lag a.g.v. vreugde’, ‘’n uit-drukking van verbasing en verwondering’. Of van die volheid van die Here in hom vervul.
Sara wat negentig jaar oud is gaan baar. Dit is ‘n saak van onmoont-likheid in die natuurlike sin, maar ‘n saak van absolute geloof in die God van die onmoontlike.
l) SY VERSOEK VIR DIE BEWARING VAN SEëN VAN ISMAEL Vs.18
“En Abraham sê aan God: Ag, mag Ismael lewe voor u aange-sig!” v18. Nie dat Abraham geneë was oor Ismael nie, maar hy het gevrees dat die Here dalk vir Ismael deur die dood mag wegneem, noudat Isak belowe is. Hy het nie net gevra dat Isamael moet lewe nie, maar dat hy voorspoedig sal wees en saam met Isak mag deel in die verbond.
m) DIE GEBOORTE EN DIE SEëN VAN ISAK VOORSPEL:
VS.19
“Toe antwoord God: Voorwaar, jou vrou Sara sal vir jou ‘n seun baar, en jy moet hom Isak noem: en Ek sal my verbond met hom oprig as ‘n ewige verbond vir sy nageslag na hom. Ook wat Ismael aangaan, het Ek jou verhoor.
n) GROOT SEëNING AAN ISMAEL VOORSPEL: VS.20
Kyk, Ek seën hom en maak hom vrugbaar en vermeerder hom buitengewoon. Twaalf vorste sal hy verwek, en Ek sal hom ‘n groot nasie maak.” v19, 20. Isamael beteken ‘God hoor’ en dit vind ons in die antwoord van die Here in vers 20.
o) DIE VERBOND MOES BEVESTIG WORD NIE IN ISMAEL MAAR IN ISAK SE SEëN. VS.21
“Maar my verbond sal Ek oprig met Isak wat Sara vir jou ander-jaar op hierdie tyd sal baar.” v21. (Gen.21:2).
“En nadat Hy klaar met hom gespreek het, het God van Abraham af opgevaar.” v22. Die Here het van Abraham af weg-gegaan, terug na die hemel.
p) ABRAHAM ISMAEL EN AL DIE MANLIKES WORD BESNY: VS.23-27.
“Daarop neem Abraham sy seun Ismael en almal wat in sy huis gebore is, en almal wat met sy geld gekoop is, almal wat manlik was onder die mense in die huis van Abraham, en hy het die vlees van hulle voorhuid nog op daardie selfde dag besny, soos God met hom gespreek het. En Abraham was nege-en-negentig jaar oud toe hy aan die vlees van sy voorhuid besny is. En sy seun Ismael was dertien jaar oud toe hy aan die vlees van sy voorhuid besny is.” v23-25.
“Op daardie selfde dag is Abraham en sy seun Ismael besny en al die manne van sy huis – die wat in sy huis gebore en die wat van vreemdelinge met geld gekoop is, is saam met hom besny.” v26, 27.
Dit blyk dat die Here Abraham en Ismael se ouder-domme in ag geneem het, toe Abraham die opdrag ontvang het om sy huis te besny, omdat almal op dieselfde dag besny moes word.
********************