ABRAM EN LOT

VUUR IN ‘N SIELSIEKE INRIGTING

 

 

 

Op die 27ste Januarie 1903 het ’n vuur uitgebreek in ‘n Londonse Sielsieke Inrigting.  Van die 300 inwoners is 50 dood en 250 moet letterlik uit die vuur geruk word.  Terwyl die reddingswerkers besig was, het die kranksinnigers so gereageer dat ‘n mens onwillikering gedink het aan die wyse waarop ongereddes dikwels reageer wanneer hulle soos brandhout uit die vuur geruk word.  Daar is gesê dat:-

 

1.  SOMMIGE HET GELAG TOE HULLE NA DIE VUUR VERWYS

 

     Net dwase kan lag vir so ‘n tragedie.  Dwase dryf die spot met sonde.  Net persone wat innerlike krank is, kan ligtelike omgaan met sonde.

 

2.  SOMMIGE HET GESê DAT HULLE NIE BEREID WAS OM HULLE BEDDENS TE VERLAAT IN DIE NAG, OM UIT TE GAAN NIE.

 

     Hulle sal nie toegee daaraan om hulle huidige genietinge prys te gee vir die redding van hulle siele nie.  Daar is vele van hulle wat die verlustiging in hulle veroordeelde staat verkies bo die vreugde en vryheid wat verlossing vir hulle kan bied.  Hulle keuse wys vir ons dat hulle geestelik siek is.

 

3.  SOMMIGE IS ONDER HULLE BEDDENS GEVIND WAAR HULLE WEGGEKRUIP HET VIR DIE VUUR

 

     Omdat hulle die leuen eerder as die waarheid glo, roep sommige ‘Vrede, vrede’ terwyl daar geen vrede is nie.  Net ‘n dwaal kan glo dat ‘n bed beskerming kan bied teen ‘n verterende vuur.  So is dit met gemak en onverskilligheid in die tyd van groot gevaar.  Wees verseker dat u sonde, soos die vuur, u sal uitgevind.

 

4.  SOMMIGE SOU GRAAG WOU VERKONDIG DAT DIE VUUR GEMAAK IS DEUR DIE REDDINGSPAN

 

     Hulle was kwalik geneem omdat hulle volgens die inwoners, probeer het om hulle te verbrand. As mens luister wanneer sommige mense praat, sal jy dink dat predikers die hel gemaak het, omdat hulle vrede verstoor deur mense te oortuig van hulle sondige toestand en omdat hulle hul wil uitruk uit hulle verlore toestand.  Deur so ‘n stelling te maak, toon hulle maar net dat hulle buite hulleself is.

 

5.  BAIE HET BAKLEI MET DIE REDDINGSWERKERS.  HULLE HET HULLE GEBYT EN HULLE AAN HULLE HARE BEET GEKRY.

 

     Wat ‘n neerdrukkende prentjie.  Wat ‘n verskriklike bewys van kranksinnigheid – hulle veg teen die wat hulle lewens opoffer om hulle na ‘n plek van veiligheid te bring.  Dit is nie ‘n uitsondering vir ‘n sielewenner wat ‘n verlore siel uit die sonde van vernietiging ruk, dat hy neerhalende kritiek en veragting deurgaan nie.  Hulle rein motiewe word ‘in repe opgeskeur’.  Net mense wat geestelik siek is kan op so ‘n wyse optree.

 

6.  SOMMIGE HET BY ‘N GESLUITE DEUR GEKLOP OM TE PROBEER ONTSNAP AAN DIE VLAMME, MAAR DIT WAS TE LAAT

 

     Dit moes ‘n verskriklike ervaring gewees het, vir hierdie persone om tot die besef te kom dat hulle vasgevang is tussen mure van vuur en daar geen uitweg is nie.  Die was weier om uit die dieptes van die vuur van sonde uitgeruk te word, sal in die vuur omkom.  ‘…hoe sal ons ontvlug as ons so ‘n groot saligheid verontagsaam?.”

 

7.  SOMMIGE VAN HIERDIE MENSE HET UITGEGAAN OM GERED TE KON WORD

 

     Die tyd was kort, die verdoemenis van die ongeredde seker; die werk was groot en dringend;  elke ander belang was eenkant gesit;  die een seker ding, was die redding van siele. Alle ernstige kinders van die Here, maak dit hulle prioriteit om siele uit die vernietigende vlamme van die hel van sonde te ruk.  Is u in die vlamme of daaruit?

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

ABRAHAM HET ONTVANG EN GEDIEN

Gen.18:1-17

 

Elke O.T. gebeure wys heen na iets ‘n N.T. waarheid.  Laat ons hierdie gedeelte lees in die hiervan:

 

1.  DIE GENADIGE BESOEK

 

     Gen.18:1, 2  “Daarna het die HERE aan hom verskyn by die terpentynbome van Mamre terwyl hy by die ingang van die tent sit op die warmste van die dag.  Toe hy sy oë opstaan en kyk, staan daar drie manne voor hom.  En toe hy hulle sien, loop hy hulle tegemoet van die ingang van die tent af en bruig hom na die aarde toe.”  Dit is treffend dat Jehovah homself sou openbaar in die gedaante van drie persone.  Dui dit nie op die drie-eenheid van die Godheid nie?  God as drie-in-een, is geïnteresseerd en stel Hom ten doel om die mens te seën en te red.  Die VADER se liefde het Hom Sy enigste Seun laat stuur;  die SEUN VAN GOD se liefde, het Hom so ver geneem om te sterf vir die versoening van die mens;  die liefde van die GEES VAN GOD, het Hom sover gebring om Sy intrek te neem in die harte van gelowiges.  Ons vind hierdie drieledige verlossing opgesom in die seëngroet.  II Kor.13:13  “Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees sy met julle almal!  Amen!” 

 

2.  DIE HARTLIKE ONTVANGS

 

     Die wyse waarop Abraham die besoekers ontvang het en die verskillende maniere van optrede teenoor hulle, mag as illustrasie dien van hoe ‘n moë soekende siel, wat smag na verlossing, kon optree t.o.v. die versoening wat die Here Jesus aanbied, waarna hulle verlang.

 

     a.  Daar was ‘n innige begeerte

 

          “Toe hy sy oë opslaan en kyk…” v2.  ‘n Groot werk moet eers in ons gedoen word, voordat ons ons oë sal ophef.  Die Here sal verseker in genade handel met die wat opkyk.  Hulle het gekyk en lig ontvang.

 

     b.  Daar was ‘n voorbereide gemoed

 

          “…loop hy hulle tegemoet..”   Hy was gretig om sy besoekers te ontvang.  As die hart voorberei is en honger is sal hy met blydskap die lewensbrood ontvang.  Die siel wat soekend is sal hom haas na Hom.

 

     c.  Daar was ‘n nederige gesindheid

 

          “…en buig hom na die aarde toe..”  v2.  Hoe nader ons aan die Here Jesus kom, hoe meer onwaardig vind ons onsself.  Die weg na God is selfvernederend.  Hoe nader ons aan Sy lig kom, hoe meer onwelvoeglik lyk my eie kleed.

 

     d.  Daar was ‘n gewillige belydenis

 

          “En hy (Abraham) sê:  My heer…”  v3.  Wanneer ‘n siel sy weg vind in die teenwoordigheid van die Here Jesus, verwag ‘n mens om die taal van belydenis te hoor en ook die woorde:  ‘My heer!’.  Hierdie twee klein woordjies hou baie betekenis in.  a.  beskikbaarstelling en b.  totale onderdanigheid.  Ek behoort aan Hom en Hy aan my.

 

     e.  Daar was ‘n liefde vir gemeenskap

 

          “…as ek nou genade in U oë gevind het, gaan dan tog nie by u kneg verby nie.”  v3.  Wat is meer natuurlik as dit?  Die siel wat die Here gevind het wil voortdurend in Sy teenwoordigheid bly.  In Sy teenwoordigheid is oorvloed van vreugde. Die eensaamste hart vind vertroosting aan Sy boesem.

 

     f.   Daar was ‘n begeerte dan hulle verkwik sal word

 

                                                                                    “..lê en rus onder die boom.. en versterk u hart..”  v4, 5.  In ons selfgesentreerdheid is ons geneig om Sy guns en seën vir onsself af te bid en soek ons nie na die rus vir Sy siel en die vertroosting van Sy hart nie. Christus het aan ons rus en vertroosting kom gee deurdat Hy Homself vir ons geoffer het;  laat ons aan Hom rus en vertroosting gee deur onsself aan Hom oor te gee.

 

     g.  Daar was ‘n gewilligheid en gereedheid om te dien

 

          “Toe loop Abraham haastig in die tent…Daarop loop Abraham na die beeste…”  v6, 7.  Liefde gee ‘n ratsheid en ‘n gewilligheid aan die voete.  “…God het ‘n blymoedige gewer lief..”  II Kor.9:7.  Kol.3:23  “En wat julle ookal doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie…”  “  Want die liefde van Christus dring ons.”  II Kor.5:14.

 

3.  DIE GESEëNDE BELONING

 

     “Daarop sê die HERE:  Sal Ek vir Abraham verberg wat Ek gaan doen…”  V17.  Die toewyding van Abraham is beloon met ‘n openbaring van die geheime plan van die Here.  Die verborgen-hede van die Here is vir die wat Hom vrees.  Die weg na dieper dinge van die Here gaan dikwels langs die weg van self-opoffering en aktiewe diens.  As ons die verborge dinge van God wil ken en gevoed wil word met keur spyse uit Sy woord, sal ons onsself en alles wat ons het en is, moet neerlê aan die voete van die Here Jesus.  Maak jou hart oop vir Hom en Hy sal sy hart oop maak vir jou.

***************

HAGAR DIE HULPELOSE.

Gen.21:14-19.

 

“Wat is dit met jou Hagar…” v17.   Menslike ongesteldhede is soms geneig om, op ‘n onvoorsiene tyd, die oorhand te kry, soos dit was in Hagar se geval.  Wie kon gelukkiger as sy gewees het, om die seun van Abraham groot te maak?  Maar die geboorte van Isak (‘n tipe van die wat uit die Gees gebore is), bring onrus en verwydering van Ismael (die wat uit die vlees gebore is).

 

Arme Hagar, verbrysel in haar gees, dwaal rond in die wildernis waar sy, soos die duif wat uit die ark gestuur is, byna wou omkom, maar die genadige hand van die Here was na haar uitgestrek en sy het guns in Sy oë gevind. 

 

Let daarop:

 

1.  DIE GODDELIKE VRAAG

 

     “Toe hoor God die stem van die seun, en die Engel van God het na Hagar geroep uit die hemel en haar gevra:  Wat is dit met jou, Hagar?’  v17.

 

     Hoe op tyd en hoe teer is die empatie van God nie!  Dit is nie ‘n vraag wat nuuskierigheid inhou nie, maar die liefdevolle besorgdheid van God, wie se hart verlang om om te sien na die nood van die mens.  Toe die Here Jesus gesê het:  “Wat wil jy hê moet Ek vir jou doen?”  Luk.18:41, het Hy die deur oopgemaak na Sy Goddelike volheid.  Hagar se ongesteldheid is tipies en baie algemeen.

 

     1.  Sy was ‘n uitgeworpene.

 

          “Jaag hierdie slavin en haar seun weg…”  v10  “Abraham…. haar weggestuur..”  v14.  Sy was uitgesluit van haar heer se huis en van sy teenwoordigheid.  Hoekom?  Omdat haar seun Isak, die beloofde ‘geskenk’ van God gespot het.  Die wat die Woord van God minag, is uitgewerp.  “En toe Hy almal na buite uitgejaag het…”  Luk.8:52.  Sonde bring altyd skeiding en lei ‘n mens weg va die seën van die Here na plekke van armoede, smarte en ellende.

 

     2.  Sy was verlate.

 

          “En toe die water in die sak op was, het sy die kind onder een van die bosse neergewerp.”  V15.

 

          Die hulpbron van die verlatene was uitgeput.  Die verlore seun se erfposie was spoedig uitgeput.  Luk. 15.  As die sondaar aan die einde van homself kom, het hy niks meer oor behalwe gebed nie.

 

          Dit is wanneer al die self geskepte bronne van voorsiening uitgeput geraak het, dat die persoon in verwagting soek na die Fontein van Lewe.

 

     3.  Sy was hulpeloos en sonder hoop.

 

          “…op ‘n afstand gaan sit so ver as ‘n boog kan skiet;  want sy het gesê:  Ek wil die dood van die kind nie aansien nie..” v16.

 

          Sy het op hierdie stadium niks meer raakgesien as net die afgryse van die dood nie.  Die afstand wat sy moes doen van haar seun, was soos om die laaste druppel bloed uit haar angstige siel uit te pers.  Dit is moontlik dat ons die intensiteit van ons eie nood raaksien, maar om verstrik te raak daarin, verbeter nie ons toestand nie. 

 

          Sy is ‘n ware en pynlike voorbeeld van iemand wat sonder krag is.  “Want toe ons nog swak was, het Christus op die regte tyd vir die goddelose gesterf..”  Rom.5:6.

 

II. DIE GODDELIKE WOORD VAN VERTROOSTING

 

     “…en die Engel van God het na Hagar geroep…Wees nie bevrees nie, want God het na die stem van die seun geluister…”  v17.  Wat ‘n wonderlike wete dat God, op die regte tyd, aan die wat moeg geword het, ‘n woord van bemoediging spreek.

 

     “Die Here HERE het My ‘n geoefende tong gegee, dat Ek kan weet om die vermoeide te verkwik met woorde…”  Jes.50:4.           Dit is wanneer ‘n persoon aan die einde van homself kom, dat die Here die geleentheid het om te werk.

 

     “…maar God bewys syliefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.”  Rom.5:8.  Die goddelike “Moenie vrees nie..”, word altyd vergesel met die goddelike volheid.  “Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou;  kyk nie angstig rond nie, want Ek is jou God.  Ek versterk jou, ook help Ek jou, ook ondersteun Ek jou met my reddende regterhand.”   Jes.41:10.

 

     1.  Die voorsiening.

 

          “Daarop het God haar oë geopen, en sy sien ‘n put!”  v19.  Sy het byna gesterf van die dors, terwyl daar ‘n ‘fontein van verlossing’ so na aan haar was.  Geestelik is dit die toestand van soveel mense wat gebrekkig is aan kennis van die Woord van die Waarheid, terwyl dit binne hulle bereik is en hulle moontlik onder die geklank daarvan leef.

 

     2.  Die voorbereiding.

 

          “God haar oë geopen”.  Dit was nie genoeg dat die Fontein daar was nie, haar oë moes geopen word om dit te sien. 

 

          Die groot voorsiening uit die Woord van God is tweeledig:

 

          (a) Die uiterlik werk van Jesus aan die kruis en

          (b) Die innerlik werk van die Gees van God in die hart va  

                die mens.

 

          Die Bron/Fontein van voorsiening kan nie bevredig, sonder dat die Heilige Gees ‘n persoon se oë en hart open nie.  “Open my oë, dat ek kan sien die wonders uit u wet.”  Ps.119:18.

 

     3.  Die aanvaarding.

 

          “…En sy het geloop en die sak vol water gemaak…”  v19.

 

          Sy kon nie self die fontein voorsien nie, maar sy kon die water daaruit gratis geniet.  Daar word nie van ons verwag om ons eie verlossing te bewerk nie, maar om dit uit die hand van God te neem.  Open.22:17  “…laat hom wat wil, die water van die lewe neem, verniet.”

 

          Wat ‘n openbaring was dit nie van Hagar nie:

 

          (a)  Van haar blindheid.

 

                                                                                                                                                Dit was eers toe haar oë geopen is, dat sy opgemerk het 

                hoe blind sy was.

    

          (b)            Van die goedheid van die Here.

 

                            Hy het die voorsiening gemaak                                   en aan die behoeftige

               in staat gestel om dit te begryp.  God het haar oë geopen, maar sy moes die bottel vol gemaak het.  Daar rus ‘n groot verantwoordelikheid op die persoon wie se oë geopen is en wat weier om die seën wat aan hulle geopenbaar is te ontvang. 

 

               In die Fontein wat geopen is vir die sonde en onreinheid van die mens, is daar voldoende om elke bottel te vul en daardeur elke hart ten volle te versadig.

 

          4.  Die gevolg.

 

               “…sy het geloop en die sak vol gemaak en die seun laat drink.”  V19.

 

               Deurdat sy gebruik gemaak het van die Goddelike voorsiening, het sy haar seun en haar eie lewe gered.  “…Glo in die Here Jesus Christus en jy sal gered word, jy en jou huisgesin.”  Hand.16:31.

 

 

****************

 

 

    

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

DIE OFFER VAN ABRAHAM.

Gen.22:1-14.

 

Die loutering en beproewing wat oor Abraham se pad gekom het, wat deur God, vir Hom gekies.  Volkome gehoorsaamheid is die toets vir volkome geloof. 

 

V1 en 2.  Hy wat die ‘vader van geloof’ was, moes die beproewinge en toetse van geloof deurstaan.  Moria beteken ‘visie’.  Die plek wat God hom sal aanwys dui op ‘n ‘verkose plek’. Moria was in Jerusalem waar die tempel van Salomo gebou was.

 

V3  Abraham het vroeg opgestaan, soos die gewoonte was van hierdie aartsvader.  Gen.19:27  “En Abraham is vroeg in die môre na die plek waar hy voor die aangesig van die HERE gestaan het.”

 

Abraham was gedetermineerd en doelgerig in sy uitvoering van die wil van God. 

 

V4  Dit het drie dagreise geneem om by Moria te kom.  Dit was eers duidelik in sig sowat 3 myl van die spesifieke berg af.

 

V5  Die geselskap wat saam gekom het moes by die esels bly, omdat hulle nie elleen gelaat kon word nie, maar ook omdat die offer van Abraham heilig was en net bedoel was vir die oë van God.  Abraham se geloof was onwrigbaar is sy God, wat aan hom ‘n groot nageslag beloof het.  Hy het aan hulle gesê dat hy en die seun gaan aan bid en dat hulle weer na hulle sou terugkom.  Dit het God se goedkeuring weggedra daarin dat Hy ‘n ram voorsien het.  Volkome vertroue en geloof word weerspieël in volkome gehoorsaamheid.

 

V6  In stilte het die twee geloof. Abraham se gedagtes by sy gehoorsaamheid aan sy God en Isak nog verwonderd.  Hy het nog nie die rede vir die reis begryp nie.

 

V7  Isak openbaar innige respek teenoor sy vader in die woorde:  “My vader.”, waarop Abrham antwoord:  “Hier is ek, my seun.”

 

V8 en 9  Toe Abraham op die plek kom, het hy ‘n altaar gebou.  Dit was een van die dinge wat ons telkens in die lewe van  Abraham vind.  Daar was by hom altyd aanbidding.  Hy het die brandoffer-altaar gereed gekry.  Dit wil voorkom of hy nie vir Isak laat help het nie, en toe het hy Isak gebind.

 

V10  Abraham het, sonder om te aarsel, die mes opgelig om Isak te slag.  Jes.53:7.  Dit was in een oomblik wat Isak sy seun sou offer en daarmee sy vurige hoop op die beloftes wat God t.o.v. hom gemaak het.

 

V11  ‘n Engel van die Here het uit die hemel tot Abrham geroep.  Dit het as ‘n dringende roepstem gekom.

 

God het ‘n offer voorsien en Abraham het die plek genoem:  “Die Here sal voorsien.”

 

Ons sien die werking van geloof in die optredes van Abraham. 

1.  Hy het nie geredeneer nie;  hy het niemand se raad gevra nie.

2.  Hy het nie gestruikel onder die geweldige druk en gewig van sy opdragte nie.

3.  Hy was geïnspireerd;  hy het vroeg in die oggend opgestaan.

4.  Hy was vasberade;  Hy het die hout vooraf voorberei.

5.  Hy was beslis;  hy het vir sy ‘geselskap’ gevra om te wag sodat hy nie verhinder sou word nie.  Hierdie is ‘n baie vrugbare gedeelte.

 

Kom ons kyk na:

 

1.  DIE VADER SE OFFER

 

     “…Neem jou seun, jou enigste, wat jy liefhet, Isak, en gaan na die land Moria en offer hom daar as brandoffer op een van die berge wat Ek jou sal aanwys.”  V2.

 

     Dink net aan hoe kosbaar hierdie seun vir Isak was.  Al die hoop, begeertes en toegeneendheid het gedraai rondom hierdie seun.  Deurdat hy sy seun geoffer het, het Isak sy alles geoffer.  Daar was vir hom niks oor behalwe God nie.  Dit is genoeg vir GELOOF. God het Sy Seun gegee, alhoewel al Sy toegeneendheid en visie in Hom gesentreer was.  Ons kan nooit die grootheid van Sy offer verstaan, voordat ons nie die grootheid van Sy liefde vir Sy enigste Seun verstaan nie.  Net soos met Abraham het die offer van Sy Seun die gee van Sy alles, aan die mens beteken.

 

II. DIE SEUN SE ONDERDANIGHEID

 

     “…So het hulle twee dan saam geloop…”  v8.  In ‘n sekere sin was dit waar van God die Vader en van die Here Jesus Christus.  In die voorsiening en die bring van die Versoenings-offer, het hulle saam gewerk.  “Ek het lus, o my God, omu welbehae te doen, en u wet is binne-in my ingewande.”  Ps.40:9.  Die doel van die Vader en die Seun was dieselfde.  Net die die Here Jesus, het Isak ook gebuig.  Hy was onderdanig.

 

     1.  Om belas te wees.

 

          “..en hy het hout gekloof vir ‘n brandoffer en opgestaan en na die plek gegaan wat God hom aangewys het.”  v3.  Wat ‘n geweldige las het nie gerus op die hart van hierdie vader nie?  Dit was die kruis van offerhande, die simbool van die dood.  Wat ‘n beeld is dit nie vir ons van die Eniggebore Seun van God nie, wat die las van ons ongeregtigheid op Hom geneem het nie en wat op Hom gelê is deur Sy Vader nie.  “…maar Hy het die ongeregtigheid van ons almal op Hom laat neerkom.”  Jes.53:6.  Hy was ook gewillig om:

 

     2.  Gebind te word.

 

          “…daarna het hy sy seun Isak gebind en hom op die altaar bo-op die hout gesit.”  V9.  As ‘n jong man van omtrent 25 jaar oud, kon hy weerstand gebied het, maar hy Isak, het nie.  Hy was soos ‘n Lam gelei na die slagpale en Hy het Sy mond nie oopgemaak nie.  Liefde en toewyding was die bande wat die Seun van God aan die ‘altaar’ gebind het, waar Hy Sy lewe gegee het as losprys vir ons.

 

III.    VEREISTES VIR DIE OFFER

 

          Isak het die hout gedra terwyl hyself die brand-offer was;  laat ons nie nalaat om waar te neem wat in die hand van sy vader was nie.

 

     1.  Die Vuur.

 

          “…en die vuur…”  v7.  Daar is iets heiligs omtrent dit.  “…Wie van ons kan woon by ‘n verterende vuur, wie van ons kan woon by ‘n ewige gloed?”  Jes.33:14b.  Stel dit nie die heiligheid, die toetse, die verterende karakter van Gof voor, wanneer ek die ‘altaar va versoening’ nader nie?

 

     2.  Die mes.

 

          ”…en die mes…”  v6.  As die vuur die heiligheid van God verteenwoordig, kan die mes die swaard van oordeel simboliseer.  “Ontwaak, o swaard, teen my herder en teen die man wat my metgesel is!  Spreek die HERE van die leërskare…”  Sag.13:7.  Die mes het in die lug getril toe die Here Jesus uitgeroep het:  “My God, my God, waarom het U my verlaat…”  Ps.22:2.  Vandag is die mens geneig om te vergeet dat elke offer wat aan God gebring word, te doen het met die mes en met die vuur.

 

     3.  Die Altaar:

 

          “Toe hulle kom op die plek wat God hom aangewys het, het Abraham daar die altaar gebou…”  v9.  Isak het nie die altaar gebou nie, dit was voorberei deur sy vader.  ‘n Mens wil hier vir ‘n oomblik peins.  Dit was ‘n heilige werk van Abraham.  In die ewigheid het God in Sy eie hart en gemoed die altaar vir die sterfdood van Jesus voorberei.  Hy was die ‘Lam wat van die grondlegging van die aarde geslag is’.

 

     4.  Die ‘koorde’ waarmee Jesus gebind was aan die kruis is getipeer deur die koorde waarmee Isak aan die altaar gebind was. Dit was nie die spykers wat die Here Jesus daar vasgenael het nie, maar Sy liefde vir die mens.  Dit was die liefde van die Vader teenoor die Seun en die liefde van die Seun teenoor die Vader en albei se liefde vir die mensdom.  Dit is ‘n drie-voudige koord, wat nie maklik verbreek word nie.

 

IV.    DIE LERING VAN DIE PLAASVERVANGER

 

          “En toe Abraham sy oë opslaan, sien hy meteens ‘n ram wat agter in die bos met sy horings vasgeraak het.  En Abraham het gegaan en die ram geneem en hom as brandoffer in die plek van sy seun geoffer.”  V13.

 

          Die beeld van die berg Moria, as tipe van die beeld op Golgotha, kan skaars bevorm word sonder die ‘plaas-vervangende offer’  Die dinge het nou verander. Isak wat vasgemaak is, is ‘n tipe van die hulpelose, vagevange sondaar wat sonder die vloek lewe.  Luk.4:19  “…om aan gevangene vrylating te verkondig…”   Vry van die wet van sonde en die dood.

 

           Die ram het die brandoffer geword en die een wat onderdanig was, het vry gekom.  Dit is duidelik dat hierdie offer deur God voorsien was.

 

          Ons sien nog Jesus voor ons, nie as die Seun nie, maar as die offer wat as plaasvervangend voorsien is.  Die mens het die kruis gevind waaraan die Here Jesus moes sterf, maar God het die Offer voorsien.  Hy is ‘die God wat voorsien’.  God se doel, was ons vrymaking.  Rom.7:10-13  “En die gebod wat die lewe moes wees, die het vir my geblyk die dood te wees.  Want die sonde het aanleiding gevind deur die gebod en my verlei en daardeur doodgemaak.  Dus is die wet heilig en die gebod is heilig en regverdig en goed.  Het die goeie dan vir my die dood geword?  Dit tog nie!  Maar wel die sonde, dat dit kon blyk sonde te wees, omdat dit deur die goeie vir my die dood bewerk, sodat die sonde deur die gebod uitermate sondig kon word.”   God se weg is lewe deur die dood.  Jesus het die wil van die Vader vervul.  I Joh.2:2  “En Hy is ‘n versoening vir ons sondes, en nie alleen vir ons s’n nie, maar ook vir die van die hele wêreld.”  God se offer en geskenk is gratis en kyk wat dit inhou.  Rom.8:32 “Hy wat selfs Sy eie Seun nie gespaar het nie, maar Hom vir ons almal oorgegee het, hoe sal Hy ook nie saam met Hom ons alles genadiglik skenk nie.”

 

          “Hy was selfs sy eie Seun nie gespaar het nie, maar Hom vir ons almal oorgegee het, hoe sal Hy ook nie saam met Hom ons alles genadiglik skenk nie?”    Rom.8:32.

 

          “…want ook ons paaslam is vir ons geslag, naamlik Christus.”  I Kor.5:8.

 

          ‘n Mens sou vir Isak, waar hy na die ram gekyk het, wat in sy plek gesterf het, kon vra of hy in ‘n ‘Plaasvervanger’ glo?

 

          “…Daar is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem!”  Joh.1:29b.

 

 

*******************

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

DIE SOEKE NA ‘N BRUID.

Gen.24.

 

Hier vind ons ‘n samevatting van die weg van verlossing en ‘n be-skrywing van die geskiedenis van die kerk van God.  Mag ons oë geopen word dat ons hierdie wonderlike dinge kan aanskou.

 

Hier moet ons sien dat:

 

1.  ABRAHAM:  SE OPDRAG:VS.1-9                                          

                             OF DIE VADER SE DOEL

 

 VOLHARDING: Vs. 1-3

   

     2 Kor.6:14

Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want watter deelgenootskap het die geregtigheid met die ongeregtigheid, en watter gemeenskap het die lig met die duisternis?

 

     "maar jy moet na my land en my familie gaan" Vs.4.

 

In die hoëpriesterlike gebed van die Here Jesus het Hy ook gebid en melding daarvan gemaak dat Sy dissipels nie van hierdie wêreld is nie, en dat Hy hulle van die bose moet bewaar.

 

     “…maar dat jy na my land en my familie sal gaan om vir my seun Isak ‘n vrou te neem.”  V4. 

 

B) SY VERWAGTING: VS.4-6

 

"om vir my seun Isak ‘n vrou te neem" Vs.4

 

     Die gedagte van ‘n bruid vir Isak het van Abraham gekom.  Dit het voortgespruit uit sy liefde vir sy seun en ‘n begeerte dat Isak geseën sal word, al het dit in die toekoms gelê. 

     Dit is so ‘n besondere beeld van Christus en Sy kerk. 

 

     Efe.5:25-27: "Manne julle moet julle vroue liefhê, soos Christus ook die gemeente liefgehad en Homself daarvoor oorgegee het om dit te heilig, nadat Hy dit gereinig het met die waterbad deur die woord, sodat Hy die gemeente voor Hom kon stel, verheerlik sonder vlek of rimpel of iets dergliks maar dat dit heilig en sonder gebrek sou wees".

 

Ook Hebr.10:7 bevestig hierdie waarheid:

"Kyk Ek kom-in die boekrol is dit van My geskrywe-om U wil te doen, O,God.

 

     “Hierdie verborgenheid is groot, maar ek sê dit met die oog op Christus en die gemeente.”  5:32.

 

     God die Vader het dit goed gedink dat Sy Seun ‘n bruid vir die ewigheid, saam met Hom, in die teenwoordigheid van Sy Vader in die hemel moet hê.  Hierdie verbond was gemaak voor die grondlegging van die aarde. Die hemelse Vader het ‘n diepe verlange gehad om vir Sy Seun ‘n bruid te bied.

 

C) SY VERTROUE: VS.7

     Dit was gebasser op die beloftes van die Here.

 

NUM.23:19  "God is geen man dat Hy sou lieg nie, of ‘n mensekind dat dit Hom sou berou nie. Sou Hy iets sê en dit nie doen nie, of spreek en dit nie waarmaak nie?

 

11 Kor.1:20  "Want hoeveel beloftes van God daar ook mag wees, in Hom is hulle ja, en in Hom amen."

 

 

II) DIE DIENSKNEG SE SOEKE: VS.10-49.

ELIëSER:  OF DIE GEES SE MISSIE

 

     Eliëser wat die dienskneg voorstel is ‘n tipe van die Heilige Gees wat deur die Vader gestuur is na sy vertrek om die werk hier voort te sit. Sien o.a. Joh.16:7-15; 14:16-17; 15:26.

 

    "Toe sê Abraham aan sy dienaar, die oudste van sy huis wat die opsig gehad het oor al die goed: Lê tog jou hand onder my

    heup." 24:2

 

A) DIE VOORBEREIDING: VS.10

 

     "maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in My Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herhinder aan alles wat Ek julle gesê het". Joh.14:26

 

    Daar moes genoegsame voorbereiding getref word om die bruid te oortuig

 

     Joh.16:14-15: "Hy sal My verheerlik, omdat Hy dit sal neem uit wat aan My behoort, en aan julle verkondig. Alles wat die Vader het, is Myne: daarom het Ek gesê dat Hy dit sal neem uit wat aan My behoort, en aan julle verkondig".

 

     Daar moet genoegsame aantreklikhede wees om die bruid te oortuig wie Isak werklik is. Dit dui o.a. aan dat Isak ernstig is en dat hy begeerlik is om na te volg.

 

B) DIE TOG: VS.10

 

    Die skrywers wil dit vir ons deurgee dat hierdie tog plus minus 500 myl ver was.  John.14:26. Die Heilige Gees wat van die Vader kom.

 

C) DIE GEBED: VS.11-14. 

    Daar was ‘n sekere volgorde waarin hierdie gebed geskied het:

 

i) Eerbied: Vs.12  "Here God van Abraham my heer, laat ek haar tog vandag ontmoet en bewys guns aan Abraham my heer".

 

ii) Beslistheid: Vs.14 "Laat dit tog nou gebeur"

 

iii) Kort maar kragtig: Vs.15 "Hy het nog nie klaar gespreek nie".

 

D) DIE ANTWOORD: VS.15-16.

 

          Kyk hoe oorgegee Eliëser was dat hy kon getuig

          "…die Here het my op die weg gelei…"

 

 Hy was op die plek waar hy kon sê dat die Here hom kon lei.

 

E) DIE BOODSKAP: VS.27-49.

 

i) Die dringendheid daarvan vs.33

"Ek sal nie eet voordat ek my saak voorgedra het nie"

 

         Daar is ‘n dringendheid in die hart van die Heilige Gees om ‘n bruid vir die Lam te soek. Spreuke 27:1:

 

         "Beroem jou nie op die dag van more nie, want jy weet nie wat die dag sal bring nie."

 

Die dag is vir ons bestem, ons kan nie wag nie.

 

ii) Sy tema: Vs.34 Hy is daar om die Vader en die Here Jesus te verheerlik.

 

Let op na Sy nederigheid: Dit het alles rondom andere gegaan.

a) Abraham: Die grootsheid van Abraham.

b) Die begeerte van Abraham.

c) Die rykdom van Isak.

 

 

F) DIE ERNSTIGE BEWYSE VAN ISAK SE RYKDOM: VS.22 EN 52.

 

          Die kosbare skatte was maar ‘n vae voorstel van die skatte wat Abraham werklik besit.

 

      Sien.Efe.1:14

 

     “Toe sê Abraham aan sy dienaar, die oudste van sy huis wat die opsig gehad het oor al sy goed:  Lê tog jou hand onder my heup.”  24:2.  Hierdie ou rentmeester van sy heer Abraham, is ‘n perfekte tipe van die Heilige Gees.

 

     1.  Hy het outoriteit in sy huis gehad.                              

 

          Hy het om gesien na die huishouding van Abraham.  Die Heili-ge Gees in een met die Vader en met die Seun.  Hy gee ag op die huis-aangeleenthede van hierdie wêreld.

        

         “…en die aarde was woes en leeg… en die Gees van God het gesweef op die waters.”  1:2.

 

     2.  Hy was deur die Vader gestuur.

 

          Joh.14:26  “…maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in My Naam sal stuur…”

 

     3.  Hy sal stuur in die Naam van Sy Seun.

 

          Joh.14:26  “…maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in My Naam sal stuur…”

    

     4.  Hy het nie van Homself gepraat nie.

 

          V33  “Daarop het hulle ete voor hom neergesit;  maar hy het gesê:  Ek sal nie eet voordat ek my saak voorgedra het nie.”

 

     5.  Hy het die dinge rondom Isak openbaar.

 

          V53  “Daarna het die dienaar silwer- en goue goed en klere uitgehaal en dit aan Rebekka gegee; ook aan haar broer en haar moeder het hy kosbare geskenke gegee.”

 

          Joh.16:14  “Hy sal My verheerlik, omdat Hy dit sal neem uit wat aan My behoort, en aan julle verkondig.”

 

     6.  Hy het van sy heer getuig.

 

          V35  “En die Here het my heer baie geseën, sodat hy groot geword het, en aan hom kleinvee en beeste, silwer en goud, slawe en slavinne en kamele en esels gegee.”

 

     7.  Hy het hulle gelei al die pad tot by die huis.

 

          V61  “Toe het Rebekka en haar diensmeisies hulle klaar-gemaak en op die kamele weggery en die man gevolg.  So het die dienaar dan Rebekka saamgeneem en weggetrek.”

 

          Joh.14:16  “En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle ‘n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid.”

 

     Elke handeling van hierdie dienskneg het gepaard gegaan met diep geestelike lesse.  Hy wou niks eet voordat hy nie sy opdrag en doel bekend gemaak het nie.  V33  “Ek sal nie eet voordat ek my saak voorgedra het nie…’  Die Heilige Gees kan nie met ons gemeenskap hê voordat Hy nie aan ons die karakter van die Vader en die Seun aan ons openbaar het nie.

 

     Hy het gesê:  V56  “Moet my nie ophou nie…” As die teen-woordigheid van die Here Jesus Christus geniet wil word, moet ons gehoorsaam wees aan die Heilige Gees se werk in ons.

 

IV.REBEKKA:  OF DIE BRUID VAN CHRISTUS          SE KEUSE: VS.50-60. ‘N PRENTJIE VAN REDDING.

 

A) SY HET DIE BOODSKAP GEHOOR: VS.51

     

"Daar staan Rebeka voor jou, neem haar en gaan heen, dat sy ‘n vrou kan wees vir die seun van jou heer, soos die Here gespreek het"

 

Joh.5:24:  "… wie My woord hoor en glo wat My gestuur het, het die ewige lewe en kom nie in die oordeel nie, maar het oorgegeaan uit die dood in die lewe"

 

B) SY HET DIT GEGLO: Vs.58

 

     V58  “En hulle het Rebekka geroep en haar gevra:  Wil jy met hierdie man saamgaan?  En sy antwoord:  Ja.”

 

     Terwyl Rebekka ‘n tipe van die kerk van Jesus Christus is, uit-geroep deur die Gees van God, en afgesonder vir die Naam van Jesus – mag ons nie tred verloor met ons individuele verantwoor-delikheid nie. Die hemelse Eliëser roep steeds siele in Sy Naam. 

 

     In die Evangelie van Jesus Christus hoor ons steeds die smeek-geroep:  “Wil jy met hierdie man saamgaan?”

 

 

C) SY HET BESLUIT: VS.58

 

     Sy roeping:

 

     1.  Is genadig

 

          Dit hang nie af van karakter nie.

    

2.  Dit is persoonlik

 

          “Wil jy…”  Sy alleen kon hierop antwoord.

 

     3.  Dit is dringend

 

          V56  “Moet my nie ophou nie…”  Hy mag verby gaan na ander.

 

     4.  Dit is ‘n vraag wat aan die wil gestel word.

 

          “Wil jy…”  Dit is nie ‘n vraag van innerlike oortuiging nie.  Onwilligheid is die enigste iets wat ‘n mens onbekwaam maak vir die roepstem van die Here.

 

     5.  Dit hou skeiding in.

 

          V58  “Wil jy met hierdie man saamgaan?  En sy antwoord:  Ja.”

 

II. ISAK:  OF SEUN EN ERFGENAAM VS.61-67

 

     “…en hy het aan hom alles gegee wat hy besit het…” V36b.

 

     Isak, net soos die Here Jesus het sy erfdeel in besit geneem, nadat hy smarte gely het. 

 

     Gen.22:9, 10  “Toe hulle kom op die plek wat God hom aangewys het, het Abrham daar die altaar gebou en die hout reggelê;  daarna het hy sy seun Isak gebind en hom op die altaar bo-op die hout gesit.  Toe steek Abraham sy hand uit en neem die mes om sy seun te slag.”

 

     Na regte het beide Abraham en Isak hier gesterf en opgestaan.  Nou het hy die erfgenaam van alles geword.  Fil.2:8, 9  “…en in gedaante gevind as ‘n mens, het Hy Homself verneder, deur gehoorsaam te word tot die dood toe, ja, die dood van die kruis.  Daarom het God Hom ook uitermate verhoog en Hom ‘n naam gegee wat bo elke naam is.”

 

     Kol.2:9  “Want in Hom woon al die volheid van die Godheid liggaamlik;  en julle het die volheid in Hom wat die Hoof is van alle owerheid en mag.”  Aan Hom het die Vader alles gegee wat Hy is en het, sodat ook die bruid van Christus, ten volle versadig kan word.

 

     II Kor.8:9  “Want julle ken die genade van ons Here Jesus Christus, dat Hy alhoewel Hy ryk was, ter wille van julle arm geword het, sodat julle deur sy armoede ryk kan word.’

 

     Ons is volmaak in Hom.

 

V. VOLG:  OF DIE TEENSWOORDIGE LEWE

 

     V61  “Toe het Rebekka en haar diensmeisies klaargemaak en op die kamele weggery en die man gevolg…”  Sy het geglo en op grond van haar geloof gehoorsaam.  Sy het geweet wie sy volg – die boodskapper wat voort gekom het van die vader, wat haar in die teenwoordigheid van sy seun sal lei.  Watter bekoring moes die land waardeur sy getrek het nie vir haar gehad het nie, terwyl haar leidsman haar voortdurend vertel het van die goedheid en voortreflikheid van Isak nie. 

     Haar hart het binne in haar gebrand van verlange om hom te sien, vir wie sy tot op daardie stadium nog nooit gesien het nie, tog liefgehad het.  Sy het haar verbly in die verwagting van haar gemeenskap met hom.

 

    So is ons teenswoordige voorreg – terwyl ons gelei en onderrig word op ons weg, deur die Gees van God en ons met afwagting uitsien na die verskyning van onse Here Jesus Christus.  Is ons nie vasbeslote om voort te gaan, vir die prys van ons hoë roeping, soos Rebekka van ouds nie?

 

VI.DIE HEMEL:  OF ONS EWIGE ERFENIS

 

     V67  “         En Isak het haar in die tent van sy moeder Sara ingebring en Rebekka geneem, en sy het sy vrou geword…”

 

     Al die stryd en probleme van haar tog was nou vergete.  Net een blik van ons glorierke Heiland, en die wonde wat ons op ons pad opgedoen het, is nie meer daar nie.  Sy rus nou in Sy liefde en word ‘n mede-erfgenaam van Sy rykdomme.  Sy het volhard, asof sy die onsienlike sien en nou is sy versadig in Sy teenwoordig-heid.  Dit is ‘n kosbare gedagte dat aan die einde van ons pad, die Here Jesus vir ons so eg sal wees soos wat Isak vir Rebekka was. 

 

    Ons gemeenskap met Hom is persoonlik en die vreugde van Sy teenwoordigheid sal tot in alle ewigheid duur.  As ons die Gees van God nou volg, volg ons ook die Lam van God.

 

 

**************

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00