AANSLAG TEEN DIE CHRISTEN: JAK.1:12-18

INLEIDING:

Die verhaal aangaande die versoeking in die tuin van Eden is aan niemand onbekend nie, tog is die effek van daardie verhaal ingryp-end en oneindigend. Wat gebeur het, is dat Adam en Eva met die toegewing aan die versoeking die reg van die lewe opgesê het en die mag aan die duiwel oorgegee het om jou en my voortdurend aan te val.

Ons het ‘n gesamentlike vyand en net ons stand in die Here Jesus sal ons instaat stel om te kan oorwin. Ons het volgens 11 Kor.10:3-6 bevestig dat ons wapens in die Here kragtig is om vestings neer te werp. Ons kan staan in die vryheid waartoe die Here ons geroep het. Tog is daar ‘n stragtegieë wat die duiwel gebruik om jou en my te wil onder kry en as ons dit verstaan is dit so heerlik om te gebruik.

Die area waarin die aanslag kom is in die siele wêreld of die gedag-te gang. Om te oorwin moet ek en jy weet dat ons ‘n vyand het en weet hoe hy te werk gaan. As ons die slagveld ken kan ons weet hoe om onself te versterk en hoe om die vyand af te weer.

Die siele aspek is veral wanneer ek nog nie die Here vertrou het om my hart te reinig nie die area waarin die duiwel die meeste vastrap plek in my lewe kry. Dit is hier waar die aanslag gefokus word. Jy en ek neem waar d.m.v. ons sintuie en wat ons sien, hoor, voel, smaak en ruik beinvloed ons gedagtegang.

Die duiwel weet dat dieselfde beginsles in ons lewens is as wat hy gehad het toe hy teen die Here gerebeleer het en daarom sal hy eenvoudig altyd op hierdie aspekte konsentreer. Wanneer ek en jy die Here toegelaat het om ons harte te reinig is die inpak van ver-soeking op ‘n heel ander vlak as wanneer ons vleeslik of selfs ongered is.

Vir elke mens is daar ‘n gewete gegee wat die Here Jesus lig genoem het. As ek reageer op daardie instink van ons gewete en gehoorsaam word ons tot hoër hoogtes gelei. Ons is bestem vir kon-flik. Dit is lig teen duisternis maar wanneer ons in die Here ons totaal verloor het, gaan ons in die rus van God in om te rus van al my werke. 

Die plek van sy aanslag is die area van groot kwesbaarheid en is versoeking die algemene lot van elke individu, en is daarom tykens van die duiwel. Selfs Adam en Eva in hulle oorspronklike heilig-heid was versoek. Die Here Jesus die Seun van God as mens ver-teenwoordigend was hier op aarde versoek, en bewys die diepte van Sy bestaan Hebr.2:18. “Want deurdat Hyself deur versoeking gely het, kan Hy die help wat versoek word.”

Ons ondervind ook moeilikheid in intense versoekings. 1 Pet.1:6 verwys ook na die kort tydjie wat ons bedroef word onder allerhan-de beproewinge. Die insinking van my gees onder versoeking is nie sonde as sulks nie, maar dat daar ‘n swakheid in my mondering is om ons meer kwesbaar te maak.

Die doel van versoeking is ‘n toets wat ontwerp is om ons sterker te maak of onder te kry. Die duiwel gebruik ‘n verskeidenheid van versoekinge volgens ons persoonlikhede, en ons agtergrond en ons samestelling. Die mens se vyf sintue in kontak met die bose wêreld word die kanaal van versoeking.

Dit kan ons sterkte ontwikkel want die toets van ons geloof bewerk lankmoedigheid. Jak.1:3 Dit dui op die toets van ons geloof wat lankmoedigheid in ons werk en gee ‘n standvastigheid in ons ge-loof. Die Christen wat nog nie geleer het om versoekings te deur-staan nie, het maar nog min geleer. Geloof bewerk lankdurigheid in die toets, sodat ons volwasse kan word en volkome in ons wandel met die Here Jesus kan word.

Versoeking raak die menslike geslag op drie basiese vlakke: Die wêreld, die vlees en die duiwel. Dit is die drie eenheid van boosheid. Dit word vir ons in 1 Joh.2:15 genoem nl. die begeerlik-heid van die vlees, die begeerlikheid van die oë, en die grootsheid van die wêreld. 1 Joh.2:16. Dit word in vs.17 saamgevat met die een woord: ie liefde vir die wêreld.

Dit kan met die versoeking in die Tuin van Eden vergelyk word. Gen.3:14-19. Die verbode vrug verteenwoordig die wêreld, die be-geerte wat na die vrug smag verteenwoordig die vlees, en die dring-enede gebruik van die vrug verteenwoordig die duiwel. Eva het die duiwel reg teen gestaan deur die woorde “Die Here het gesê.” Gen.3:3 Maar het die volghoue daarby gestaan nie. Later het die Here Jesus ook die Woord voorgehou en oorwin.

In Rom.13:14 word beveel dat ons geen ruimte vir die vlees moet laat nie, Eva het gekyk en ruimte gelaat en het onder die versoeking geval.

‘n Ander prentjie van die drie eenheid van boosheid in in Matt.4 waar die Here Jesus versoek was, en die duiwel aangedring het op ‘n wonderwerk om die vlees te bevredig en daardeur kortpad te vat om die Heerser van hierdie wêreld te word, maar Hy moet net neer-buig en die duiwel aanbid. Die Here Jesus as ons volmaakte Verlos-ser het voor die Here gebruig en Hom geëer. Hy het elke versoeking ontmoet deur die Skrif aan te haal.

Die Woord van die Here was Sy swaard wat Hy aangehaal het en waarmee Hy oorwin het. Hier sien ons die waarde van die Skrif te ken en dit te gebruik. Die duiwel mag ons versoek om te val maar hy kan ons nie laat val nie. Hy mag ons uitlok om te val maar hy kan ons nie afstamp nie.

Ons sien ook hierdie bose aanslag in Efe.2:2-3 waar ons van die doel van hierdie wêreld lees, en die begeerlikheid van die vlees en die mag van die kragte in die lug. “Waarin julle tevore gewandel het volgens die loop van hierdie wêreld volgens die owerste van die mag van die lug, van die gees wat nou kinders van ongehoor-saamheid werk, onder wie ons almal ook vroeër gewandel het in die begeerlikhede van die vlees toe ons die wil van die vlees en van die sinne gedoen het, en ons wat van nature kinders van die toorn net soos ook die ander.”           

Wellus dui op eie begeerlikhede en Johannes gee drie areas waarin hierdie menslike begeertes funksioneer.

1)      DIE BEGEERLIKHEID VAN DIE VLEES:

Hier word alles volgens materieële standaarde gemeet, en lewe ‘n lewe wat deur die sintuie oorheers word. Daar is niks verkeerds om die aptyte te bevredig nie, binne die riglyne wat die Here vir ons ge-gee het. Dit word sonde wanneer ek my abtyte buite die raamwerk van die Woord van die Here probeer bevredig, om my sintuie vrye teuls te gee.

Vleeslike begeertes kruip in die drange in soos die engel van die lig. Ons wil dit nie opgee nie en geniet ie huidiglike sensasie en word alhoemeer ongeduldig as daar onderbrekings kom in hierdie drange van eie genietinge. Sommer vinnig word erkende waardering vir dit wat nie toelaatbaar is nie draai in eie begeerlikheid en ek wil dit hê.

Natuurlike begeertes word onheilig en word ‘n drang en word ver-draaid om my te vernietig. Die dissipline en beheer van die liggaam en sy aptyte glip weg en verval in ‘n gevaarlike area van toegee daaraan, en val ek in sonde.

2) DIE BEGEERLIKHEID VAN DIE Oë:

Ons staan nou hier op ‘n plek van kwesbare versoeking. As ek bv. aan drank verslaaf was en in die staart loop moet ek kroeë sover moontlik vermy omdat die reuk orgaan en die oë daarvoor sal soek.

Advertensies sal nog verder fokus op hierdie drang plaas en wat die oog sien word in die hart wakker gemaak en sal die hart binne kort intens verlang. Daar is eerstens die ontdekking wat die oog waarneem, en word nou magies. Dit word nou vinnig omgesit in ‘n begeerte en gee die siel nou verder daaraan toe word die tempel van die Here wat ons liggaame is geskend deur die onreinheid wat die oog aanvanklik gesien het.

Gedagtes word nou besoedel en gebombardeer om die gedagte wêreld af te bring deur tydskrifte die Tv. en word in my gedagtes gesê dat ek nie daarsonder kan klaarkom nie. Dit wat ons gesien het het verbeelding in my wakker gemaak en lei tot my vernietiging.

Eva het gesien en was ‘n lus vir die oog, dit het haar opgewek en haar verbeelding vasgegryp en ‘n intense begeerte na die vrug wakker gemaak.

Agan het gesien, geneem, bedek Jos.7:21 Hy het net straf vir sy ongehoorsaamheid ontvang. Die proses het met die oë begin. Dawid het ook gesien en toe begeer vir Batseba 2 Sam.11:2

Wat volg is sonde en die smarte wat dit teweeg gebring het en die tragiese resultate aan familie lewens. Toegee aan begeerlikheid lei tot die siele vernietinging en tragedie.

3) DIE GROOTSHEID VAN DIE LEWE:

Dit verwys na die nutteloosheid van die lewe of die lewe se leë trots Dit beteken om vir jouself op te eis dade en doelwitte wat nie regtig aan jou behoort nie met die doel om ander te beindruk.

Die duiwel bring fokus op verkeerde waardes, begeerlikhede en arrogante roem. Ons moet leer om hierdie konstante druk te aanvaar van versoekinge en om in elke opsig waaksaam te wees in ons daag-likse lewenswandel. Die duiwel sal alles in sy vermoeë doen om ons aan te val.

Die Here weet 2 Petr.2:9 “Die Here weet hoe om die godsaliges uit versoeking te verlos , en die onregverdiges te bewaar vir die dag van oordeel om gestraf te word.”

Hy waarsku ons om te waak en te bid sodat ons nie in versoeking val nie Matt.26:41. Hy waarsku ons om vas te staan in die vryheid waartoe die Here ons geroep het om ons vry te maak Gal.5:1 Die Here Jesus het self in versoeking geval en het oorwin Hebr.2:18. Hy gee ons die wonderlike belofte in 1 Kor.10:13

*************************

BOODSKAP 2

Alleen uit ‘n lewende verhouding waarin ek skoon en rein voor die Here Jesus wandel sal ek instaat wees om ‘n lewe van oorwinning en outoriteit te kan opneem om teen die duiwel op te staan.

Joh.8:44 Die Here Jesus dat die duiwel ‘n mense moordenaar is, dat hy ons vader is en dat hy nie in die waarheid staan nie.

Open.12:9 Verklaar: dat die draak neergewerp is, wat duiwel en Satan genoem word, wat die wêeld verlei het.

2 Joh.:7 Vertel vir ons dat daar baie verleiers in die wêreld ingekom het.

Gen.3:1-7 Vertel hoedat die duiwel in die tuin van Eden ingekom het en Eva verlei het en die oorsaak was dat die hele mensdom in sonde verval het en die outoriteit aan die duiwel as heerser van die aarde oorgegee is.

1)      DIE DUIWEL SE AANSLAG: 

JOU GEDAGTES:

Toe die duiwel die mens verlei het het hy begin by die gedagte van die vrou. Dit was duidelik uit 2 Kor.11:3

“Maar ek vrees dat, net soos die slang Eva deur listigheid bedrieg het, julle sinne so miskien bedorwe kan raak, vervreemd van die opregtheid teenoor Chirstus.

Hoekom fokus die duiwel om jou gedagtegang aan te val. Omdat ons na die beeld van die Here geskape is ‘n ware gregetigheid en heiligheid Efe.4:24 en dat hy ons gedagtes wil besoedel om ons onder te kry. 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00