KONING ASA: 11 KRON.14-16 -1 KON.15:9-24
INLEIDING:
Ons leef in ‘n tysd waarin daar nie meer oor die volle raadsplan van die Here gepredik word nie, mense word gerus gestel om te sê dat ons kan wandel soos ons wil, dit maak nie saak nie, alles wat ek doen is maar onder die bloed. Ons het met ‘n liefdevolle God te doen wat maar net verstaan en begryp, dat ons maar mense is.
Deels is die doel van die diens om ons te bemoedigend maar aan die ander kant, vir ons na die geregtelike eienskap van die Here te wys wat hierdie koning wat eens goed begin het se uiteinde te wys. Ese.33:18 Sê vir ons: “As die reverdige afwyk van sy geregtigheid en onreg doen, dan sal hy ten gevolge daarvan sterwe”
Ese.3:20 Sê dieselfde: “En as ‘n regverdige hom van sy geregtigheid afkeer en onreg doen en Ek ‘n struikelblok vor hom gooi, dan sal hy sterwe; omdat jy hom nie gewaarsku het nie, sal hy deur sy sonde sterwe, en aan sy geregtigheid wat hy beoefen het, sal nie gedink word nie; ….”
Sy naam beteken genesing.
Tog hoewel hy weet van sy oupa of pappie se geskiedenis het hy nie met sy hele hart die Here bly navolg nie. Alleenlik as die Here met Sy volle mag in ons harte heers kan ons seëninge en oorwinnings ervaar.
1) SY GESKIEDENIS:
Hy was na alle waarskynlikheid baie jonk gewees toe hy as koning aangestel was, omdat sy oupa (ABIA) maar 58 jaar oud was toe hy gesterf het, drie jaar van te vore. Hy het van sy jeug af onder die invloed van ‘n hoë priester geleef wat hom gespaar het van sy goddelose invloed van sy oupa.
1) SY VROEëRE JARE:VAN VREDE:11 Kron.15
Daar was vrede in die land omdat Asa die regte beginsels gevolg het:
1) Hy het afgodery uitgeban vs.12
2) Hy het die koningin moeder Maaga onttroon Vs.13
3) Hy herstel die huis van die Here Vs.15
Daar kan geen ware herstel wees todat daar nie drasties met sonde gehandel word nie.
Gedurende die eerste 10 jaar van sy 41 jaar van koningskap het die land vrede beleef. Daar was verskeie redes hoekom die land nie oorlog gehad nie.
Koning Abia het ten Jerobeam van Israel ‘n oorlog gehad Isreal het vreeslike verliese gehad en die land het nog nie herstel van hierdie oorlog nie, hulle was uitmekaar geskeur deur die revolusie wat Jerobeam se bevolkings digtheid byna verwoes was (Van 800 000 tot 300 000 weerbare manne). Egipte was geraak ook deur ‘n veldslag waarin hulle betrokke was en het hulle ‘n paar jaar geneem om hiervan te herstel, en het eers ‘n inval op Palistina gedoen voordat hulle met Isreal weer in konflik was.
Dit wou voorkom asof Abia ‘n sameswering met Sirië gehad het 11 Kron.16:3 wat tot in die tyd van Koning Asa geduur het, en Judae tydelik van aanval vanuit die Noorde bewaar het.
Hierdie vreedsame jare het Asa gebruik om ‘n geestelike reformasie te begin. Sy ouma Maaga was die kleindogter van Absolom wat vanuit haar posisie as gebiedster (koninings moeder) verwyder was weens die feit dat sy ‘n beeld van Asjera, gemaak het wat toe verbrand was.
Alaml was opgewonde, daar was self ‘n oorloop van die kant van die inwonders van Efraim en Manassa en uit Simeon na Juda toe omdat hulle gesien het dat Asa die here gevrees het. 11 Kron.15:9
Orals waar hierdie houtstompe wat Asjera of die (femanisme) voorgekom het, was hierdie stompe of afgode verbrand. Dit was ten nouste met Baal aanbiddery as die manlike of klip altare of pilare opgerig gekoppel. Asjera en Baal aanbiddery was pervers van aard, wat uit die land verban was.
Waar hierdie beelde was, was dit verbrand en mense aangemoedig om die Here te soek, en Sy gebooie te onderhou, indien nie sou wat uit die land verban word. 11 Kron.16:9 “want die Here – sy oë deurloop die hele aarde om diegene kragtig te steun wie se hart onverdeeld op Hom gerig is”
Asa se hart was volkome op die Here gerig gewees. 11 Kron.14:2
Daar was heelwat teenkanting omdat daar die was wat daarop aange-dring het dat hulle hul altare op die hoogtes wou behou. 1 Kon.15:14. Die Gees van die Here het op Asarja gekom om die koning te bemoedig.
2) DIE INVAL OP SERAG DIE KUSIET:
Die hartroerende gebed van Asa. Sy sterke geloof en die oorvloedige antwoord. Nadat daar met alle bekende sondes gehandel word, is oorwinning verseker.11 Kron.14:11
Die tien jaar van vrede het ten einde geloop met die inval van ‘n kombinasie van Kusiete en Libiërs 11 Kron.16:8 vanuit die Suid weste. Serga het hierdie geweldige leermag van 1 miljoen gelei 11 Kron.16:8 en Egiptenare ook saam met hom gespan. Die Egiptiese geskrifte is stil aangaande hierdie oorlog omdat daar die gebruik was dat neerlae nie neergeplot moes word nie. Die Here het vir Asa gestry en ‘n geweldige oorwinning gegee.
Asa se weermag was maar een teen twee, en was die aanslag op een van die valleie wat vir die minderheid in so veldslag geweldig moeilik is om oorwinings te behaal.
Asa se gebed voor die oorlog 11 Kron.14:11 was een van die duidelikste uitdrukkinge van geloof in die Here gevind in die O.T.
11 Kron.14:11 “Here niemand kan help soos U tussen die magtige en die kragtelose nie, help ons, Here onse God, want op U steun ons, en in U Naam het ons teen hierdie menigte gekom, Here U is ons God, laat geen sterfling naas U magtig wees nie.”
So ‘n oorweldigende oorwinnig behoort hom juis aan te spoor het tot verdere oorwinnings aangesien hy die grondwerk reg begin het en die vrug daarvan gesmaak het.
DIE BESOEK VAN DIE HERE: 11 Kron.15
Almal is opgewonde wanneer die Here begin werk. Die Here is met hom. Hy beloof Hy sal Hom deur hulle laat vind. Gebed: Vs.7
Daar is gevolge vir gehoorsaamheid:
1) Hy skep moed Vs.8
2) Hy was rein: Vs.8 Herstel altare.
3) Toewyding: Vs.12 Gaan verbond aan.
4) Die gevolg: Vs.15 Almal was verheug.
Toe kom die Gees van die Here op Asarja die seun van Oded terwyl die leermagte terugkeer en bemoedig die koning om in ge-hoorsaamheid voort te wandel, met sy terugkeer na Jerusalem. Waarop Asa die volk bymekaar bring en hulle herhinder aan die verbond met die Here, en om die afgode te vernietig in die land.
3) ASA SE GEBREK AAN GELOOF: SY LAASTE DAE:
2 Kron.16
1) Sy verbond met Sirië: Vs.1-6
2) Die boodskap van die Here : Vs.7-9.
3) Die reaksie van Asa: Vs.10
4) Sy einde: Vs12-14.
Andere het ook nie goed geindig nie: Gal.5:7; 3:3 2 Tim.4:10
Dit is inderdaat hartseer dat die verhaal van hierdie koning nie ge-eindig het soos dit begin het nie. Voorspoed en geluk het waarskyn-lik ‘n verandering in sy hart teweeg gebring, en ‘n verandering in sy karakter.
Toe Baesa die koning van Israel teen hom wou optrek saam met Sirieërs het hy vergeet van sy geloof in die Here. Instede van hulp by die Here te soek, het hy verligting op ‘n politiese basis gesoek.
Hy neem die skatte van die Tempel van die silwer en die goud ook van sy eie paleis en onderhandel met Benhadad die koning van Sirië om sy verwantskap met Baeas te verbreek. Benhadad was maar al te gretig om dit te doen. En het Noord – Israel ingeval en Baesa tussen twee vure gevang en was geforseer om terug te trek en weg te bly van die grense van Juda.
Toe Asa in die Here vertrou het, het hy die oormag Etiopiers en Egipten jare oorweldig, en het vanuit die profeet van die Here tyd-inge van vrede gehoor en beloftes van seëninge. Toe Asa ‘n tydelike oorwinning oor Israel of te wel Baesa behaal het, het hy die profeet van die Here ontmoet met ‘n boodskap van bestraffing.
Hanani waarsku Asa met sy verwantskappe met die wêreld instede daarvan om op die Here te vertrou, en die vroeëre oorwinnings weer te ervaar 11 Kron.16:7-9. Een sonde lei tot ‘n volgende en Asa goei Hanani in die tronk, en begin met ‘n beleid van vervolging teen die wat getrou teenoor die Here wandel. 11 Kron.16:10.
Selfs in die dood is vertroue in die Here die antwoord. Asa het sy eie grafkelder gemaak waarin hy begrawe was met allerhande oosterse rituele en wirook wat gebrand het en wat nie alles nie. Lo-jaliteit teenoor die Here moet bly tot die bitterste einde toe.
ASA BEGIN GOED MAAR EINDIG SLEG:
2 Kron.14-16 2 Kron.15:9-24
INLEIDING:
Die gevaar wat in ons lewens kan gebeur is dat ons eens ‘n wonderlike ondervinding met die Here gehad het en diep van Hom afhanklik was en met ‘n volgende keer op ons eie kragte vertrou en verliese smaak wat nie net ons geestelike lewens sal benadeel nie maar ook ons geestelike lewens:
In hierdie drie hoofstukke 14-16 het ons ‘n getroue weergawe van die geskiedenis van hierdie koning Asa. Daar word van die geoeie eienskappe van sy lewe sowel as die slgte melding gemaak. Die Bybel skroom nie om vir onste vertel hoe iemand geleef het nie, sodat ons daaruit kan leer. Die Gees van die Here skroom nie om ons in te lig persies hoe iemand geleef het sodat ons ook in ons lewens moet waak.
Soos ons in ons harte is is ons voor die Here. Die lewe van Asa is gevul met bemoediginge en waarskuwings.
SY KARAKTER:
Hfst.14:2 “En Asa het gedoen wat goed en reg was in die oë van die Here sy God.”
Hy het diep afhanklik van die Here geleef in die begin van sy lewe, en het geweier om op eie krag te steun en nie na die opinies van ander geluister nie. Daarom die aanhaling in hfts.16:9 dat die oë van die Here die aarde deurloop om diegene kragtig te ondersteun wie se harte onverdeeld op Hom gerig is, sodat Hy hom kan wys wie Hy is.
Die regte optrede lei tot regte gevolge, want die Here is by die wat Hom vrees. Hy het ‘n klompie dinge reg gedoen:
2 Kron.15
1) Hy breek die altare van die heiden af. Vs.12
2) Hy onttroon sy grootmoeder Maaga van haar magsposisie weens die feit dat sy Asjera verhef het (houtstompe waarop vrouens uitgeraffeer was.Vs.13
3) Hy herstel die huis van die Here tot ‘n plek van aanbidding. Vs.15
Hy het nie net met die verkeerde gehandle nie maar ook die regte geimplimenteer. As ons ons van afgodery bekeer en nie tot die Here inkeer nie sal dit niks beteken nie.
GROOT GELOOF:
Asa se geloof was na tien jaar op die proef gestel toe die vyandige weermagte van Serga met 1 000 000 Etiopiers met 300 strydwaens teen sy 580 000 moes opstaan.
Dan lees ons sy gebed in hfst.14:11 Hoe hy erken dat hulle niks kan doen as die Here nie vir hulle sal stry nie. Vs.11-12. Hy sien die baie en vrees hulle nie, wanthy weet wie aan sy kant is.
Hoe hy die vertroue getoon het was om op die Here te vertrou. Dit het nie beteken dat hierdie oorlog van hom ontneem gaan word nie, maar dat hy die hand van die Here in die oorlog sal sien.
Dit was ‘n handeling van geloof wat die Here geeer het. Hy het nie sy omstandighede verander nie maar Homself binne in die omstan-dighede getoon.
Die Here het die Etiopiërs voor hulle oë verslaan.
DIE TYDIGE WAARSKUWING:
Die Gees van die Here het op Asari