1 PETRUS: DIE VERVOLGDE KERK: CHRISTUS ONS HOOP EN VOORBEELD:

1) DIE LEWENDE HOOP: EN WAT DAARMEE SAAMGAAN

1:3-2;10

A)    DIE LEWENDE HOOP: 1:3:12 EN ONS REAKSIE DAAROP: 13-21.

B)     DIE LEWENDE WOORD 22-5 EN ONS REAKSIE DAAROP: 2:1-3.

C)    DIE LEWENDE STEEN: 2:4 EN ONS VERHOUDING TOT HOM: 2:5-10.

2) DIE PELGRIM LEWE – EN HOE OM DIT TE LEWE:

2:11-4:11

A) AS BURGERS:  2:12-17  – DIENSKNEGTE: 18-25

GETROUDES: 3:1-7

B) TEENOOR DIE BUITESTANDERS, EN OM LYDING TE

     VERDRA: 3:8-4:6

C) TEENOOR ANDER CHRISTENE, EN DAAGLIKSE PLIGTE:  

4:7-11.

DIE VUURGLOED VAN VERVOLGING:

EN HOE OM DIT TE DEURSTAAN: 4:12:5-11

A) VERBLY JULLE: EN WY AAN DIE HERE TOE: DIE KOMS

VAN DIE HERE IS NABY: 4;12-19.

B) OUDERLINGE MOET VOORBEELDE WEES IN DIE LIG

     VAN SY WEDERKOMS: 5:1-4.

C) ALMAL MOET NEDERIG WEES EN YWERIG – DAAR IS ‘N

HEERLIKHEID WAT WAG. 5:5-11.

UITLEG VAN 1 PET;

DIE VRYHEID VAN DIE CHRISTEN:

REDDING: 1:3-2:10

1)      DIE LEERSTELLING VERDUIDELIK: 1:3-12

i) Redding die hoop van die toekoms:                3-5

ii) Redding die vreugde van die teenswoordige:  6-9

iii) Redding die tema van die verlede:                 10-12.

2) DIE PLGTE VERWAG: 1:13-25

i) Die persoonlike pligte:                                                13-21

ii) Die verwantskaplike pligte:                            22-25

2)      DIE ONTWERP VERTOON: 2:1-10

i) Die individeule ontwerp:                                             1-3

     Groei binne die liggaam:

ii) Die gesamentlike ontwerp:                             4-10

     Die oprigting van die gebou

DEEL 11:

DIE GEDRAG VAN DIE CHRISTEN ONDERDAANSKAP:

2:11-3:12.

Persoonlik:

1)      Onderdaanskap in burgerlike verhoudinge:2:13-17

i) Teeoor plig:                                                               13-14

ii) Rondom motiewe:                                                     15-17

2) Onderdaanskap in soiale verhoudinge:                2:18-25

i) Vroue:                                                                       1-6

ii) Manne:                                                                     7

DEEL:3

DIE DISSIPLINE VAN CHRISTELIKE LYDING:

3:13-5:11

1) DISSIPLINE IN DIE WêRELD:                         3:13-4:6

i) Die gesindheid:                                                          3:13-17.

ii) Die voorbeelde:                                                        3:18-22.

iii) Die onderwerp:                                                        4:1-6

2) DISSIPLINE BINNE DIE KERK:                      4:7-5:7.

i) Christen gemeenskap:                                                4:7-11

ii) Christen se sterkte:                                                    4:12-19

iii) Christen se vertroue:                                     5:1-7

3) DISSIPLINE IN DIE HEMELE:             5:8-11

i) Die vyand:                                                                 8

ii) Die konflik:                                                               9

Die oorwinning:                                                 10-11

1 PET.3:8-18

Petrus handel meer oor morele pligte as Paulus. Hy is baie meer prakties as die Pualiniese briewe maar nie verwarrend nie.

Hy was inpulsief maar toegewyd, ‘n moeilike temprament gehad, maar opreg.

Hy het ‘n aanvanklike roeping gehad waarin sy naam verander was na Petrus wat rots beteken. Hy het later ‘n verdere roeping gehad in Luk.5:1-11.met die wonderlike visvangs, en toe hy een van die 12 Apostels geword. Luk.6:13-16. Hy word altyd eerste genoem.

Hy was die eerste van die Apostels om die Here Jesus as die Seun van God te bely. Matt.16:16, asook die eerste om die Here Jesus te verloën. Matt.26:69-75.

Hy het gevlug toe die Here Jesus gekruisig was maar was van die eerstes om Hom by die graf te besoek. Die Here Jesus het ‘n spesifie-ke boodskap aan Petrus gestuur en die Here Jesus het spesiaal aan hom verskyn.

Na die opstanding het Petrus die leiding geneem in die tien dae by die bo-vetrek.

Die brief was geskrywe aan Christene wat beskuldig was as kwaad-doeners, en wat vurige vervolging deurgegaan het, en was sy doel om die Christene te bemoedig, en hoop vir hulle te bring, en hulle aan te moedig om gehoorsaam te wees, met geduld.

Hy wys op die doel van die Here Jesus se redding vir ons: 1:3-2:10.

Dan die Christen se optrede teenoor verskillende aspekte van die samelewing: 2:11-3:2. en dat dissipline van die Christene deur loute-ring plaasvind, 3:13-5:11 en dat die Here Jesus as die magtige Ver-losser en oorwinnende leier oor alles getriomfeer het.

In die briewe van Paulus kry ons Christen teologie, in Jakobus is dit praktiese Christenskap, in Petrus is dit Christen vervolging, en Johannes die Christen se ondervinding.

In die Boek Petrus is in verhouding meer aanhalings uit die O.T. as enige ander N.T. boek.

INLEIDING:

Hierdie brief is die derde in die nege Evangeliese briewe wat die laaste groepering is in die N.T.. Dit was duidelik dat hierdie twee  briewe aan die einde van sy lewe geskrywe was.

Hierdie brief was geskrywe aan die vreemdelinge van die verstrooi-ing. Die gedagte van verstrooing bestaan reeds vanuit die O.T. toe die Jode met die Babiloniesskap verstrooi was oor die hele klein Asia. Dit is duidelik dat hierdie brief hoofsaaklik aan Hebreeuse Christene geskywe is. Dit wil voorkom dat Petrus nie baie kontak gemaak het met die Christene nie, hulle nie persoonlik ontmoet het nie.

Die doel van die brief is om hulle te bemoedig en te versterk, tydens hulle tydperk van instense vervolging, en is gepas vir ons tyd omdat die einde naby is en die Christene in soortgelyke vervolging verval, hoewel net baie meer subtiel.

Kom ons kyk na die brief net soos dit voor ons staan. Tot en met  hfst 4:11 waar Petrus verklaar dat: “sodat God in alles verheerlik kan word deur Jesus Christus aan wie die heerlikheid en krag toe-kom tot in alle ewigheid Amen.”  Vind hier ’n onderbreking plaas waarin Petrus verwys na beproewinge wat reeds plaasvind, maar na die Amen verwys hy na vuurgloed van beproewinge wat nog moet kom.

1 Pet.4:12 “Geliefdes, verbaas julle nie oor die vuurgloed van ver-volging onder julle wat tot julle beproewing dien, asof iets vreemds oor julle kom nie.” Daar is so ‘n intense deernis in sy hart vir hier-die Chrstene dat hy ook in hfst.2:11 hierdie uitdrukking geliefdes gebruik. Ook hier het hy met ‘n nuwe begrip begin.

HOOFSTUK: 1

Genade is die beskerming wat die Here vir Sy kind gee en vrede die karakter van ons lewenswandel.

Petrus begin dadelik na sy inleiding om te verwys na die lewende hoop in Jesus Christus, na die opstanding van Jesus Christus.vs.3-4 om aan ons ‘n erfenis na te laat. Hierdie hoop word herhaaldelik bevestig in vs.5, 7,8, 11,13 en 21. Dit is duidelik dat al die verse tot en met vs.12 verklaar hierdie hoop en vs.13-21 wys op die regte reaksie op hierdie hoop om dit ons deel te maak.

Vs.13 Kom die woorde: “Daarom omgord die lendene van julle ver-stand” ens.

In vs.23 maak Petrus melding van die “lewende Woord” deurdat jul-le julleself gereinig het deur die Heilige Gees, moet ons mekaar lief-hê met ‘n rein hart. Ons is nie deur verganklike dinge gered nie, maar deur onverganklikheid wat vir ewig bly staan.

Dan begin hfts.2:1 in die Engels met die woorde: Daarom wys ons op die ware reaksie op die Lewende Woord. Vs.1-3.

Die volgende afdeling hfst.2:4-10 verwys alles na die Lewende Steen

Wat deur die mens verwerp word, maar wat deur God uitverkies is en wat kosbaar is Vs.4. In vs.5-10 wys ons op ons verhouding tot die Steen. “laat julle ook soos lewende stene opbou.” Wat tot ‘n geeste-like huis opgebou word, wat ‘n heilige priesterdom besit wat heilige offers aan die Here bring.

In hierdie eerste gedeelte verwys Petrus na drie lewende realiteite.

Lewende Hoop:            1:3

Lewende Woord:         1:23

Lewende Stene:            2:4

Dit is nie net toevallig genoem nie, want die hele deel handel rond-om hierdie aspekte.

In hfst.1:3-21 handel alles oor die lewende hoop en ons reaksie op dit.

In hfst. 1:22-2:3 handel alles oor die lewende Woord en ons reaksie op dit.

In hfst.2:4-10 handel aales oor die Lewende Steen en ons reaksie op dit.

DIE LEWENDE HOOP:

Die hooffokus in die eerste deel is die lewende hoop, wat ons sin is in Christus, en is dit wat in die openings verse beklemtoon word. “Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat na sy grote barmhartigheid ons die wedergeboorte geskenk het tot ‘n lewende hoop deur die opstanding van Jesus Christus uit die dode.”

Vs.3

Die Lewende Hoop en Lewende Steen is die pleidooi en hoop wat dit onverganklik en onverweklik maak.

DIE PELGRIM SE LEWE:

In hfst.2:11 maak Petrus melding van geliefdes: en sien dat hy nou ‘n nuwe aspek gaan hanteer, daar was tot hier ‘n verduideliking nou kom die verheerliking.

Petrus vertel ons van die Pelgrim lewe en hoe om dit te lewe. Ons kan dit maklik onderskei as ons dit stadig gaan deurlees vanaf vs.11. “Ek vermaan julle as bywonders en vreemdelinge om julle te onthou van vleeslike begeertes wat stryd voer teen die siel.”

Hy wys ons hoe ons hierdie Pelgrim lewe as burgers moet deurleef: 2:12-17 as diensknegte: 2:18-25 as getroude mense: 3:1-7. Dan teen-oor buitestanders: waar ons die lyding moet deurstaan 3:8-4:6 en dan teenoor ander Christene wat ‘n ooreenstemende doel besit 4:7-11.

Hy sluit hierdie begrip met die afsluiting in 4:11 af. “sodat God in alles verheerlik kan word deur Christus aan wie die heerikheid en krag toekom tot in alle ewigheid.”.

Ons moet dit onthou dat ons maar pelgrims en bywonders op hierdie aarde is en dat ons nie hier kan bekostig om wortel te skiet nie.

Ons hoofdoel op aarde is om die Here Jesus te verheerlik in alles.

VUURGLOED VAN VERVOLGING:

In hfst.4:12 begin Petrus weer met die begrip Geliefdes: Hy begin hier sy fokus op die kinders van die Here te setel om vir hulle sekere dinge te wil sê: en begin te dink aan die groot verdrukking wat aan die einde van alle tye op die aarde gaan uitwoed. Hy sluit by Paulus en Johannes aan deur te bevestig dat aan die einde die kinders van die Here deur geweldige verdrukking sal gaan.

Kyk net hoe prominent hy die wederkoms van die Here beklemtoon.

4:13 “maar namate julle gemeenskap het aan die lyde van Chrsitus, moet julle bly wees, sodat julle ook by die openbaring van Sy heer-likheid met blydskap kan jubel.” 

5:1 “Ek vermaan die ouderlinge onder julle, ek wat ‘n mede ouder-ling en getuie van die lyde van Christus is, wat ook ‘n deelgenoot is van die heerlikheid wat geopenbaar sal word.”

5:4 “En wanneer die Opperherder verskyn, sal julle die onverwelk-like kroon van heerlikheid ontvang.”     

In 5:7 kom die wonderlike bemoediging dat ons al ons bekommernis op Hom kan werp, want Hy sorg vir ons.

Hy wat die wêreld op Sy skouers dra, dra ons sorge op Sy hart. Hy sal ons nie laat gaan nie en nie op ons opgee solank ek nie doelbewus my rug op Hom draai nie.

5:10 “En mag die God van alle genade self, wat ons geroep het tot Sy ewige heerlikheid in Christus Jesus, nadat ons ‘n kort tyd gely het, julle volmaak, bevestig, versterk en grondves.”

Hier is ‘n drieledige boodskap in 1 Pet.

1) Lewende Hoop

2) Pelgrim’s liefde

3) Vuurgloed van beproewing.

Wat ‘n wonderlike brief van Petrus en wat ‘n bemoediging vir die jong Christene en watter onverskrokke optrede

UITEENSETTING VAN 1 PET.1:1-2:10

INLEIDING:

Hierdie brief word aan vervolgde Christene geskrywe wat nodig het om te weet wat die Here van hulle dink terwyl die wêreld hulle verag en verlaat het.

Uit vs.2 is dit duidelik dat hulle uitverkore is in drie aspekte:

1)      in die heiligmaking

2)      tot gehoorsaamheid

3)      met die bloed van Christus.

Uit hierdie gedeelte kom daar drie ding na vore wat vir die Christen kosbaar is:

1)      LEWENDE HOOP: VS.3

2)      LEWENDE WOORD: 23

3)      LEWENDE STEEN: 2:4

1) KOM ONS KYK EERSTENS NA DIE LEWENDE HOOP:

Enige persoon wat sy hoop verloor het noem ons ‘n hopelose persoon. Om te bly voortbestaan is sekere die sterkste drang in die mens hy moet hoop hê vir die toekoms.

A) HOOP WAT REIN IS:

Dit is eerstens: gesetel in wedergeboorte: Wat lewend is Efe.2:2 verklaar Paulus dat ons lewend gemaak is deur die wedergeboorte.

Dit word in barmhartigheid gegee: Dit is ‘n genade werking van die Here, deur die opstanding van die Here Jesus Christus. In 1 Kor.15 verklaar Paulus dat as ons nie ‘n opstanding gehad het nie, ons geen hoop gehad het nie.

HIERDIE HOOP IS VERDER REIN:

Dit is onverganklik, onbesmet, en onverwelklik. Dit is aantreklik, en word vir ons in die hemel bewaar, maar word in die laaste tyd geopenbaar.

B) HOOP WAT NOU BEPROEF WORD:

Hoewle die Here vir ons so ‘n groot geskenk gegee het is dit nodig dat dit beproef moet word.  Die beproewing moet ons nie depresief laat nie, maar die blydskap van die Here in on lewnes laat openbaar.

Die beproewing volgens Jakobus is ook ‘n verskeidenheid en word deur die Here gestuur om hierdie hoop wat so rein is in ons te openbaar. sal.3 maak melding daarvaan dat die smelter die vuur sal aandraai sodat ons deur vuur geluoter of gesuiwer word.

Hierdie beproefdheid sê Petrus is kosbaarder as goud, omdat daar dankbaarheid en heerlikheid daaruit sal voortkom. Hierdie hoop is op die onsigbaar n sal aan ons die sekerheid van ons siele verseker as ons getrou sal bly.

C) HIERDIE SALIGHEID HET ‘N WEDERKOMS VERWAGTING IS DIT:

Dit is reeds vanuit die O.T. aan ons bevestig deur profete wat daaroor geprofeteer het dat Hy sou kom.

Dit was so akuraat dat Gal.4:4 sê dat Hy in die voheid van die tyd gekom het, vir sy lyde en Sy heerlikheid.

Hulle het die dinge bedien het wat so kosbaar is dat self die engele begerig was om daarin te kon insien.

2)      AANGAANDE DIE LEWENDE WOORD:

ONS VERANTWOORDELIKHIED:

Terwyl ons hierdie dinge nou besef en ingesien het is daar sekere verantwoordelikhede wt ons moet nakom:

A) ONS MOET ONS STAAL:

Ons moet ons aantrek met die wapenrusting wat ons gegee is om hierdie kosbare skat in ons harte te bewaar, deur nugter te wees. In die konteks van die boek Petrus wanneer hy na kennis vewys, gebruik hy die woord wat na konkrete stellinge of bewyse gesetel is.

Ons moet ons verder staal omdat daar ‘n toekomstige openbaring van Jesus Christus is waar ons gaan verskyn

Os rig dit verde in volgend die kosbaarheid van hierdie Woord wat osn so ‘n geweldige hoop gegee het.  Dit is verder volgens vs.2 in die heiigmaking wat nou hier beskrywe word.

Hy gaan ons oordeel, en is geen aannemer van die persoon nie. Daarom dat ons versigtig moet wandel.

B) ONS IS LOSGEKOOP:

Ons is nie deur aardse kwaliteiote losgekoop nie, maar deur konink-like bloed. Hy wat uit die dode opgewek is, het ons uit die dode opgewek, deur Sy kosbare bloed.

Dan moet ons ons siele tot ongeveinste liefde bewaar, teenoor ons broeders, en daarom mekaar vurig liefhê, uit ‘n rein hart.

Alle vlees is soos gras maar die heerlikheid van die mens soos die blom Die gras verdor en sy blom val af, maar die Woord van die Here bly vir ewig.

C) DIE EFFEK VAN DIE WOORD:

Lê dan af, alle bedrog, en geveinsdheid en afguns en kwaad pratery, en verlang sterk soos pas gebore babas na die onvervalsde melk, van die Woord sodat ons daardeur kan opgroei, terwyl ons ondervind het dat die Here goederteren is.

DIE LEWENDE STEEN:

 HET MET MEKAAR TE DOENE:

Die hele gedagtevan ‘n geestelike tempel is iets unieks wat die wêreld nie verstaan word nie, meer og dat dit ‘nhoeksteen het wat deur die mens verwerp word, maar by die Here kosbaar is.

A) DIE STEEN IS OPBOUEND:

Petrus wys ons daarop dat ons gebou en ontwikkel kan word as lewende stene as ‘n huis. Ons vorm deel van die liggaam, en het ‘n priesterdom. ‘n Tempel of geestlik huis word eenkant gesit nie om komersiele dade te verrig nie, maar oms lewend te word in die Here Jesus. Dit is daar om voortdurend offers te bring wat voor die Here welgevallig is.

B) DIE STEEN IS VERDER KOSBAAR:

Hierdie steen is kosbaar omdat Hy vir altyd onveranderlik bly.

Dit het te doene met uitverkore mense, wat ‘n koniklike status het in ons verhouding tot die Here. Ons word verder as ‘n heilig volk beskou, en wat ons uitgehaal het uit die duisternis tot die wonderbare lig.

Ons wat vroeër geen volk was nie, maar nou die volk van die Here is. En aan wie barmhartigheid bewys is.  

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00