1 Joh. 1:1-9

DIE BOEK 1 JOHANNES.

HOOFSTUK 1

 

I) INLEIDING:

 

Hierdie boek is om en by 67-97 (90) n.C. geskrywe deur Johannes wat toe nog die oudste lewende apostel was. Hy was die broer van Jakobus en seuns van Sebedeus en Salome suster van Maria die moeder van Jesus. Jesus en Johannes was dus neefs gewees. Jakobus en Johannes was twee broers bekend as “seuns van die donder” of te wel Bonergus. Dit is ook dieselfde Johannes wat die Evangelie van Johannes ge-skrywe het.

 

Daar was 4 doele wat hy in hierdie brief na vore laat kom het:

 

1)     Dat ons gelukkig moet wees: 1:4

2)     Dat ons heilig moet leef 2:1

3)     Dat ons verseël mag wees. 2:26

4)     Dat ons Hom mag ken en gemeenskap met Hom mag hê.

 

1)     Vreugde lê in vergifnis: Ons kan weet dat ons vergewe is. 2:12  Dat ons sondes vergewe is.

2)     Die vreugde van gemeenskap is die volheid van vreugde.

Die volheid van vreugde is weens die geeenskap wat ons in die Here het, omdat ons met die Vader en die Here Jesus gemeenskap het en met die mede broers.

 

Die volheid van vreugde weens die nabye en geseënde gemeenskap wat as volg dien:

 

1)     Dat ons in die lig mag wandel.

2)     Dat ons ons sondes bely het

3)     Dat ons sondes vergewe is.

4)     Dat ons van ons sondes verlos mag wees.

 

In die Evangelie het Johannes reeds in detail uitgespel hoe iemand gered moet word, veral in hfst.1:12+13 en hfst.3. In hierdie brief spel hy die bewyse uit waardeur ons sal weet dat iemand gered is:

 

1)     Geloof: Is beide die voorwaarde en die bewys van wedergeboorte Hfst.5:1 “Elkeen wat glo dat Jesus die Christus is.is uit God gebore

2)     Liefde: 4:7 “elkeen wat liefhet, is uit God gebore.”

3)     Lewe: 3:9 “Elkeen wat uit God gebore is, doen geen sonde nie, omdat Sy saad in hom bly.” Een van die duidelikste bewyse dat iemand gered is, is die feit dat nuwe lewe begin het, daar is nou die begin van nie meer in sonde te leef nie.

4)     Oorwinnaars: 5:4 “Want alles wat uit God gebore is, oorwin die wêreld”

5)     Bewaar: 5:18 “Ons weet dat elkeen wat uit God gebore is, nie sondig nie, maar hy wat uit God gebore is, bewaar homself.”

6)     Heiligheid: 2:29 “..dat elkeen wat die geregtigheid doen, uit Hom gebore is.”   

 

DAAR IS SEKERE VOORWAARDES

OM IN CHRISTUS TE BLY:

 

1)     Om in Christus te bly, beteken dat ek die Woord van die Here sal navolg: 2:14 Dat julle in die Woord sal bly

2)     Om in Christus te bly, volg deur die salwing van die Heilige Gees 2:27.

3)     Om in Christus te bly beteken gehoorsaamheid aan Christus 3:24 “Hy wat Sy gebooie bewaar, bly in Hom”

 

DAAR IS KENNIS:

3:24 “En hieraan weet ons dat Hy  in ons bly aan die Gees wat Hy ons gegee het.”

 

DIE RESULTAAT:

 

1)     Ons wandel word wonderbaarlik verskillend: 2:6 “Hy wat sê dat Hy in Hom bly, behoort self ook se te wandel soos Hy gewandel het.”

2)     Hy het ander lief: 2:10 “Wie sy broeder liefhet, bly in die lig”

3)     Vreesloos vir die dag van Sy koms, wanneer hy voor die Here sal verskyn: 2:28 “En nou my broeders, bly in Hom sodat ons vrymoedigheid kan hê wanneer hy verskyn en nie beskaamd van Hom weggaan by sy wderkoms.”

4)     ‘n Lewe van oorwinning: 3:6 “Elkeen wat in Hom bly, sondig nie. Elkeen wat sondig het Hom nie gesien en Hom nie geken nie.”

 

DIE EWIGE LEWE:

 

1)     Die defenisie: 5;11-12 Die ewige lewe is ‘n lewende verhouding met die Lewende Persoon.

2)     Sy plek: 5:11 “En die lewe is in sy Seun.”

3)     Sy verpersoonliking: 1:1-2 Toe Hy vlees geword het was lewe geopenbaar en is in die Here Jesus verpersoonlik.

4)     Sy voort betsaan: 5;12 Hy wat die Seun het het die lewe.

5)     Sy posisie: 1) Negatief:

a)     Hy wat nie die Seun het nie, het nie die lewe nie. 5:12.

b)    Ons is van nature dood. Ons het van die dood oorgegaan na die lewe 3:14

c)     Hy wat sy broer haat, het nie die lewe nie: 3:16.

 

2) Positief:

a)     Ewige lewe is ‘n belofte wat verkry is 2:25 “En dit is die belofte wat Hy ons gegee het, naamlik die ewige lewe.”

b)    Dit is ‘n gawe wat ons ontvang: 5:11 ”Dit is die getuienis: dat God ons die ewige lewe gegee het, en die lewe sis in die Seun.”

c)     As ons die Here Jesus ontvang, ontvang ons die die Ewige lewe. 5:11-12.

d)    Ons sal verseker weet wanneer ons die Ewige lewe het. 5:13.

e)     Geloof lei tot besitname van die Ewige lewe: 5:10-11

 

1)      DIE REDE VIR DIE BRIEF:

 

Hierdie was waarskynlik die laaste boeke wat van die Bybel geskrywe was. Hulle was in private hoedanigheid geskrywe en nie om aan al die kerke te sirkuleer nie. Hulle is baie kort en geskrywe met die hand van ‘n ware vader wat uit lewens ondervinding, algemene waarhede aan ons deurgee.

 

Hoewel die brief ‘n redelike algemene skryfstyl het, was die doel agter die skrywe, om die Christene in die breëre te waar-sku teen die Gnostieke leerstelling wat hulle bedreig het.

 

Die tweede brief van Johannes was ook teen hierdie dwaling gerig maar meer in ‘n familie verband.

 

Die derde brief hanteer ‘n totale ander onderwerp, nl. wette-loosheid en ontkenning van gesag binne die kerk. Die eerste twee briewe omskrywe die bedreiginge van die kerk van buite terwyl die derde brief die aanslag van binne die kerk omskrywe.

 

Die eerste brief van Johannes lê vir ons die fondasie van die Christen se optrede in die geheel, terwyl die ander dit spesi-fiek omskrywe. Die Gnostieke het beweer dat die Evangelie goed was, maar was subtiel deur te beweer dat hulle iets baie beters as die Evangelie gehad het.

Dit was a.g.v. hierdie hoogmoed wat veroorsaak het dat hulle alhoemeer geglo het “kennis mag  is”. Hulle het geglo dat die Evangelie nie genoegsaam bied om die mens in sy totaliteit te ontwikkel nie. Hierdie “hoëre” kennis was alleen beskore vir die wat kon insien dat ons d.m.v. die intelek ons tot ‘n hoër vlak kan verhef. Hierdie “super intelegentes” het geen rede om bekommerd te wees oor hulle morele optredes nie, want die siel was weggesleur in die s.g. lig.

 

Dit is duidelik dat sulke filosofië indruis teen die waarheid en moraliteit van Woord van die Here.

 

1)       Geregtigheid was van nul en geen waarde gewees teen intelek nie.

2)       Die Woord het geen invloed teen die intelek nie, en is gedeeltelik ondergeskik aan hulle.

3)       Die Versoeningwerk van die Here Jesus het geen bete-kenis vir hulle gehad nie, omdat daar geen behoefte vir versoening is nie, omdat hulle nie aan sonde geglo het nie

 

Die Gnostieke het verder geglo dat alle materie boos is en het die volgende effek gehad:

 

1)       As die materieële wêreld boos is, beteken dit dat dit nie deur die Here geskape kon wees nie, maar deur een of ander bose invloed.

2)       Dat die Here Hom tot die uiterste van die mens moes verwyder het.

3)       Dat die maagdelike geboorte ‘n onmoontlikheid is, omdat Goddelikheid nie in materie rein kan wees nie.

 

As dit waar is dat die menslike liggaam totaal vervalle is beteken dit dat:

 

1) Die liggaam ondergeskik moet wees en gefolter word tot

die uiterste om deur die verligte gees besit geneem te kan wees.

2) Dat die liggaam te onwaardig is om ‘n instrument te kan

    wees, waardeur meer as die gewone kennis aan die indivi-

    du geopenbaar kan word.

 

Deur hierdie teorie word die genade van die Here verloën. Judas vs.4.

 

Geen wonder dat Johannes hulle met hierdie sterk woorde van “leuenaard, valse profete, verleiers, misleidinge, anti-christe” aanspreek nie. Johannes wys daarop dat lig onmoont-lik is, sonder heiligheid en liefde, of selfs gehoorsaamheid, of om uit God gebore met liefde vir die wêreld te kombineer. Of liefde en haat as deelgenote van broeders te maak.

 

Johannes wys voortdurend op die noodsaaklikheid om deur die Versoening van Christus te lewe. Om van hierdie waar-hede afstand te doen is om die Here self te verloën. Sien die waarhede in 1 Joh.1:18-19.

 

2)      DIE BESTEMMING, PLEK EN DATUM

VAN DIE BRIEF:

 

Dit is waarskynlik dat die brief vanuit Efese geskrywe was en dat dit sy hoofkwartier was in sy latere lewe. Ons kan dus af-lei dat die brief van daar geskrywe was. Soos reeds melding gemaak word, was die brief na alle waarskynlikheid 67-96 n.C. geskrywe.

 

Die brief was aan die kerk in die algemeen gerig en was eerste deur die kerke van Asië gelees. Die vermaninge wat hierin voorkom is dieselfde in aard as die wat van toepassing is op vandag se probleme binne geestelike kringe.

 

3)      DIE DOEL VAN DIE BRIEF:

 

In al drie die briewe van Johannes was die inleiding die eerste 4 verse, hoewel die afsluitings gewissel het vanaf 2-8 verse in die verskillende briewe. Hierdie brief word in drie hoof afde-lings ingedeel en kan as volg onderskei word nl.:

 

1)       Hfst.1:4 – 2:28  dan 

2)       Hfst.2:29 – 5:12 en dan

3)       Hfst.5:13 – 5:17.

 

Hfst.2:19 Word as die middelpunt of sleutel van die brief beskou.

 

       Die sleutel woord in die boek is “Weet”

 

Die drie hoof indelings kan as volg gesien word nl.

1)     “God is Lig”. Hfst.1-2 en

2)     “God is Liefde”..Hfst.3-4. 

3)     "God is lewe". Hfst.5.

 

4) DIE KARAKTER EIENSKAPPE VAN DIE BRIEF:

 

Hier is by uitstek twee karakter eienskappe wat in hierdie brief na vore kom nl.

 

1)     Die innigheid in sy gedagtes en

2)     Eenvoud van taal. Dit wat aan ons hier geopenbaar word is van die diepste verborgenhede van openbaring.

 

Dit behandel die mens se verhouding ten opsigte van die Here, tot die duiwel, en tot die wêreld en die beliggaming of maagdelike geboorte van die Here Jesus, asook die versoe-ning.

 

Selfs die oordeel wat aan die kom is en die verhouding van die Drie-eenheid onder mekaar, asook die esensieële karakter eienskappe van die Godheid, en word alles in ‘n baie een-voudige taal omskrywe.

 

Ek het geen reg om te sê dat ek glo, indien ek nie my lewe inrig volgens Sy Bybelse riglyne nie. Hy vermaan vir jou en my om heilig te leef, daarom dat Hy gesterf het om hierdie twee Bybelse beginsels van sondes in ons lewens mee te kom handel.

 

Johannes begin om aan ons te verduidelik dat die Here Lig is, wat die apostels gesien en gehoor en aanskou het en wat ons met ons hande getas het, aangaande die Woord van die Lewe.

 

Hfst.1-2 beskrywe Johannes aan ons dat die Here lig is. Hy verduidelik dat Lewe aan ons geopenbaar is en wat ons gesien en getuig van, verkondig ons aan julle, met die doel dat julle gemeenskap met Hom mag hê.

Ons gemeenskap is met die Godelike Drie eenheid. Ons wil julle dit te kenne gee dat julle blydskap volkome kan wees.

 

Geopenbaarde kennis saam met lewe bied volkome blydskap.

 

Vs.5 Is die sleutel vers van hierdie gedeelte: Dat ons aan julle verkondig dat die Here Lig is, en dat daar geen duisternis in Hom is nie.

 

Vs.6 As ons sê dat ons met Hom gemeenskap het en in die duisternis wandel, dan lieg ons en doen nie die waarheid nie.

 

Die sensitiwiteit van die Heilige Gees om ‘n wolk oor ons lewens te bring indien ons nie in die volkome lig van die Here wandel nie.

 

Vs.7 As ons in die lig wandel: sos Hy in die Lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar, en die bloed van Jesus Christus Sy Seun reinig ons van alle sonde.

 

Vs.8 As ons sê dat ons geen sonde het nie, mislei ons onsself en die waarheid is nie in ons nie.

 

Vs.9 As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe, en ons van alle ongeregtigheid te reinig.

 

Vs10 As ons sê dat ons nie gesondig het nie, dan maak ons Hom tot ‘n leueneaar en is Sy Woord nie in ons nie.  

 

*******************

 1 JOH.2:3-17

 

INLEIDING:

 

Wanneer Johannes verwys na die gebooie van die Here wat bewaar moet word hang hierdie gedagte ten nouste saam te die werking van die Heilige Gees in en deur ons lewens. Ons leef in ‘n tyd waarin daar heeltemal te min gemaak word van die Heilige Gees in die ker, en wanneer daar wel melding ge-maak word, daar ‘n verkeerde beklemtioning daarvan plaas-vind.

 

Daarom dat ons dit nodig ag om aandag aangaande hierdie onderwerp te gee, omdat dit een van die uiters belangrike aspekte in die lering van wedergeboorte ook is.  Die werk van wederbeoorte verklaar die Here Jesus in Joh. 3 self kan nie in die mens gedoen word, sonder die werking van die Heilige Gees in ons lewens nie. Die oomblik wat die Heilige Gees Sy regmatige plek in die kerk gaan verkry gaan die Here weer begin te werk.

 

Dit was waar van die eerste kerk na die uitstorting van die Heilige Gees na Pinkster in die Bybel opteken, en moet weer ons deel word in die tyd waarin ons lewe.   Om te verstaan moet ons eers in die breere konteks na die Heilige Gees kyk, en dan weet waar pnms staan sodat ons die outoriteit kan verkry om Sy gebooiet te bewaar.

 

DIE HEILIGE GEES IN DIE BREERE KONTEKS:

 

Soos in die profetiese tydperk:

In die vroeere tydperk van die Hebreeuse lewens was die Heilige Gees as die Gees van die Here ofr Yahweh  om-skrywe, in Sy skeepings werk en in Sy voorsiening.

 

Ons verwys hier na die aktiwiteite en nie die aard van die Heilige Gees word hier beskrywe. Dink aan die aktiwiteite deur Moses, Joshua, en die Rigters.  Num.11:17 25-26.   

 

B)     DIE PROFETIESE TYDPERK:

 

Hoewel daar baie verbeeldinge was gedurende die O.T. tydperk was dit gedurende die goue tyd van die profetiese bediening wat ‘n ware begrip van die Heilige Gees begin tot stand gekom het. Voor dit was die tydperk van die Heilige Gees meer iets opwindend, en eienaardigheid en abnormale emosies, maar in die tyd van die profete soos Elia, Jesaja Amos was die gewete van die mense wakker gemaak om op geestelike vlakke te verstaan en in te skakel by die leiding van die Heilige Gees. Dit was gedurende die tye dat die Heilige Gees die inspirasie geword het van hoop wat op die Here Jesus gefokus was.

 

C) DIE VOORAFGAANDE TYD VOOR DIE HERE JESUS:

 

Dit is die inleidende gedeelte tot die N.T. gewees. Na die ballingskap tydperk van die Jode het daar verdeeltheid onder hulle onstaan wat een groep die Palistynse idee gevolg het met die Tempel aanbidding en alles wat daarme gepaart gegaan het, en die ander die Alexandrie of Egiptriese idee waar die taal Grieks ook die voorgeskrewe taal geword het. Nie een van hierdie twee groepe het groot geestelike impak gemaak op die leerstelling van die Heilige Gees nie, hoewel die Palistyne idees meer by die N.T. ingeskakel het.   

 

Kom ons kyk nou na die N.T. en kyk hoe die klem verskui-wing plaasgevind het en hoe die begrip van die lering ont-wikkel het.

 

DIE HEILIGE GEES IN DIE N.T. VOOR PINKSTER:

 

Met die uitsondering van die tweede en derde brief van Johannes het elke boek verder in die N.T. een of ander verwysing na die Heilige Gees.  Dit is dus meer a duidelik dat met die aanbreek van die nuwe despensasie daar genoegsame bewyse is na die ontwikkeling van die aard werk en ondervinding van die Heilige Gees.

 

A) IN DIE LEWE VAN DIE HERE JESUS:

 

Die Evangelise vergelykings van die Heilige Gees  verwys na die verskillende ontwikkelinge en stadias van die Here Jesus in geskiedenis. Die Heilige Gees het Maria oorskadu, om die wonderlike geboorte voort te bring Luk.1:35.

 

In die doop van die Here Jesus Matt.3:16 en met die versoeking in Luk.4:1 was die Heilige Gees ook aktief.

 

Lig gewerk op die aard van die Heilige Gees is duidelik in die vergelyking van die Here Jesus se versoeking. Die Heilige ees het die Here Jesus gestuur, en die Here Jesus Goddelik gedwing om die woestyn in te gaan. Mark.1:12. In hierdie vroeëre verwysings het ons die bekendmaking van die Heilige Gees as ‘n ander Persoon of agent soos nooit van te vore erken nie.

 

B) SOOS IN DIE BEDINING VAN DIE HERE JESUS:

 

Nie net was die Heilige Gees teenwoordig in die vroeëre lewe van die Here Jesus nie, maar die Here Jeus verklaar die besit van die Heilige Gees  as krag n inspirasie vir Sy bediening. Luk.4:18  “ Die Gees van die Here Here is op My want Hy het My gesalf om die blye boodskap te verkondig…”

 

Ie konteks van die evangelies is dit duidelik dat die Here Jesus in die krag van die Heilige Gees bedien het. Wat sou anders die doel van die Here Jesus se vermaninge gewees het rakende die lasteringe van die Jode aangaande ie Heilige Gees. Hulle het die wonderwerke van die Here Jesus gekop-pel aan die werke van duisternis in Matt.12:24.

 

Dit was duidelik dat SY bediening en wondewerke gebeur het deur die instaatstelling van die Heilige Gees. Die Here Jesus het in die krag van die Heilige Gees na Jerusalem terug gekeer. Luk.4:14

 

C) SOOS GESIEN IN DIE LERINGE

VAN DIE HEILIGE GEES:

 

Die idee dat die Heilige Gees alhoe sterker gegroei het en meer na vore gekom het in die vierde Evangelie se bediening van die Here Jesus was duidelik, en dat die Here Jesus meer angaande die Heilige Gees geleer het is duidelik in hierdie Evangelie.

 

Terwyl die Senoptiese Evangelies meer klem op die beloftes en die seeninge van die Heilige Gees en meer oor die aard van die Heilige Gees en Sy funksies. In Joh.3:3-8 leer die Here Jesus dat die Heilige Gees is die lewe gewende Agent wat geestelike geboorte in die mens bewerk stellig, waardeur ons toegang tot die koninkryk van die hemele verkry.

  

Die Here Jesus verwys na die nuwe lewe van die Heilige Gees waardeur ons ingang kry in die konikryk van die hemele. Die Here Jesus verwys na hierdie nuwe lewe van die Heilige Gees a ‘n fontin wat opspring van binne. Om voorentoe na Pinkster te kyk verwys die Here Jesus dat die Heilige Gees sal uit hulle binneste vloei soos strome van lewende waters. Joh.4:14; Joh.7:37-39.

 

Dit is interresant dat die Here Jesus nie veel sê aangaande die Heilige Gees tot die laaste twee weke voor Sy kruisiging nie. Daar was waarskynlik ‘n goeie rede vir dit. In die groete van die Here Jesus in Joh.14-16 het Hy Sy dissipels voorberei vir Sy nabye verlating van hulle. Hy was versigtig om hulle te verskere dat Hy hulle nie as wese sal agterlaat nie, maar dat Hy die Trooster of hulp of begeleider vir hulle sal agterlaat.

 

In hierdie afsluitings gedeelte gebruik die Here Jesus beson-dere name wat die aard van die Heilige Gees omskrywe. Die woorde Hulp, Trooster, Intreder, Advokaat, Versterker.

 

Ier word van twee ander woorde vir Trooster gebruik gemaak wat nie oorgesien moet word nie. Terwyl die Heilige Gees altyd op een of ander manier in hierdie wêreld teen-woordig was, is daar nou ‘n nuwe en lewende weg waarin Hy homself kom openbaar wat die getekenis van 50 ste dra.

Vir die kerk was dit die inhuldiging van die 50 ste dag, en dat die 50 ste dag die installeering van die kerk, van die liggaam van die Here Jesus beteken.

 

C)  DIE HEILIGE GEES T.O.V. DIE DRIE EENHEID:

 

Daar is drie begrippe wat in hierdie gedeelte na vore kom:

 

Die eerste is: “Wie My liefhet, bewaar My gebooie”

 

Daar is 1050 bevele in die N.T. om te gehoorsaam. Weens hulle herhalings kan ons hulle onder 800 klasse indeel. Hulle is oor elke fase van die mens se lewe geskrywe, in ons ver-houding tot die Here en ons medemens vir hier en die hierna-maals. As hulle gehoorsaam word, sal dit beloninge meebring. As ongehoorsaam word, sal daar een of ander veroordeling en ewige straf daarmee saamgaan.

 

Sewe van hierdie N.T gbooie leer dat ons moet wegbly:

 

1)     Van afgodery. Hand.15:20

2)     Van owerspel. Hand.15:20; 29. 1 Thess.4:2-3.

3)     Van vreemde vleis: Hand 15:20.

4)     Om bloed te eet: Hand.15:20.

5)     Vlies wat aan afgode geoffer word: Hand.15:29

6)     Alle verskyninge van boosheid: 1 Thess.5:22.

7)     Vleeslike welluste: 1 Pet.2:11

 

Sewe dinge om te vermy:

 

1)     Om moeilikheid te maak: Rom.16:17

2)     Onheilige en onsinnige praatjies: 1 Tim.6:20.

3)     Valse wetenskappe: 1 Tim.6:20.

4)     Dwase en onverstandige vrae: 2 Tim.2:23

5)     Onsinnige vrea; Titus 3:9

6)     Geslagsregisters: Titus.3:9.

7)     Argumenste aangaande die wet: Titus 3:9.

 

Drie Vrae:

 

1)     Vra en vir julle sal gegee word: Matt.7:7.

2)     Vra nie iets terug nie: Luk.6:30.

3)     Vra lewe terug vir teruggevallenes: 1 Joh.5:16

 

Twee dinge wat ons opwek:

 

1)     Opstaan tot die geregtigheid: 1 Kor.15:34

2)     Opstanding tot die lewe: Efe.5:14.

 

Vyf en sewentig Wees:

 

1)     Uitermate vreugde: Matt.5:12

2)     Om versoen te word met broeder.

3)     Wysheid soos slang

4)     Versigtig soos duif.

5)     Vlkome te wees.

6)     Gereed vir die koms van die Here.

7)     Tevrede te wees met salaris.

8)     Om genade te toon soos die Here.

9)     Getrou te wees soos geoeie diensknegte.

10) Dankbaar te wees.

     11) Om in vrede met jouself te leef.

12) Om geduldig teenoor alle mense te wees.

     13) Geen deelnemer aan sonde.

     14) Nugter te wees in hoop.

     15) Nugter te wees in gebed:

     16) Om geduldig en gendig teenoor andere te wees.

     17) Nugter in liefde van man teeoor vrou en kinders.

     18) Nugter verstand te hê.

     19) Soos heiliges teenoor mekaar op te tree.

     20) Wees goed in gedrag in huis en oorals.

     21) Gereed om antwoord te gee aanagaande hoop wat in 

           ons is.

     22) Van goeie hoop te wees.

     23) In Doop te wees.

     24) Gered te wees.

     25) Om verander te wees.

 

ENS.

 

Dertig afspekte waarin wees nie of wees:

 

1)     Wees nie soos die Farriseers.

2)     Wees nie soos die heidene in gebed nie.

3)     Sos Farriseers in vas nie.

4)     Nie Rabbi’s genoem word nie.

5)     Nie Meesters genoem word nie.

6)     Bevrees vir mense nie.

7)     ‘n Twyfelagtige gedagte te hê nie.

8)     Baie leermeesters wees nie.

9)     Bevrees vir die wat teenstaan nie. 1 Pet.3:14

10) Moeilikheid makers.

11) Wees nie nalatig met tyd met die Here nie. 2 Pet.3:8

     12) Misleiers wees nie.

ENS

 

Vier dinge om in te glo of nie te glo:

 

1)     Die evangelie:

2)     Die bestaan van die Here.

3)     In die Here Jesus.

4)     Die Here beloon die wat Hom met hulle hele hart soek.

 

Een iets om nie te glo nie:

 

1)     Glo nie elke gees nie.

 

Veertien versigtighede:

 

1)     Valse profete.

2)     Mens

3)     Suurgeed van Fariseers.

4)     Suurdeg leerstellinge

5)     Valsheid.

6)     Ontrouheid.

7)     Skrifgeleerdes.

8)     As jy die Here verag en sterf.

9)     Om soos honde te wees.

10)Bose werkinge.

11) Die versnyding. Fil.3:2.

12) Verwar te word deur filosofië.

13) Deur onsinnige praatjies bederf te word.

14) Teruggevallenheid.

 

Twee klasse van seëninge:

 

1)     Seen die wat julle vervloek.

2)     Die wat julle teenstaan.

 

Daar is drie dinge wat ek uit my lewe moet sny:

 

1)     Om die balk uit my eie oog te haal.

2)     Om weg te bly van duiwels.

3)     Plaas alle laste op die Here.

 

5 Dinge om te verander:

 

1)     Ons moet blaamloos word.

2)     Die ryke moet nederig word.

3)     Ryk om in die Here te vertrou.

4)     Ryk in goeie werke.

5)     Ryk om op die ewige lewe gewerp te wees.

 

Twee klasse om te bemoedig:

 

1)     Bemoedigmekaar.

2)     Die wat swak in geloof is.

 

Ens.

 

! Joh.2:6 Hy wat sê dat hy in Hom bly, behort te wandel soos die Here Jesus gewandel het.

 

10 Bewyse om in die Here te bly:

 

1)     Sal soos die Here Jesus wandel: Vs.6

2)     Sal sy nmede broeders liefhê: Vs.10

3)     Die Woord van die Here sl in hom bly. Vs.14.

4)     Sal die wil van die ere doen. Vs.17

5)     Dit sal toestemming gee dat Hy in ons mag bly :24-25

6)     Die salwing sal in hom bly: 27.

7)     Vryheid van sonde ken: 3:6.

8)     Sal Sy beloftes hou: 3:24.

9)     Die Heilige Gees sal in hom woon. 3:24.

10) Hy sal vrug dra Joh.15:4

 

1 Joh.2:9 Hy wat sê dat hy in die lig wandel en sy broeder haat, is in die duisternis toty nou toe:

 

Ons kan nie gered wees n met haat in ons harte loop nie, of teenstand bied teen die prikkels van die Here nie. M.a.w. dat ek sal bvly vergelde omdat iemand my tena gekom het nie.

 

In die volgende gedeelte word daar van vier stadiums van Christene melding gemaak:

 

1)     Teknia: Babatjies, die wat net gered is Vs.12.

2)     Paida: Klein kindertjies die wat begin om te praat en te wandel. Vs.13

3)     Neaniskoi: Jong manne Die wat totr die vleur van hulle lewens gegroei het, en nie meer met die dinge van ‘n kind sukkel nie.

4)     Pateres: Volwassenes: Die wat op die Here kan vertrou Vs.13-14.

 

Vs.15 Twee dinge wat nie lief gekry mag word nie:

 

Die woord wêreld is die woord Kosmos:

 

1)     die orde of gedrag die mode, en die bestuur van hierdie wêreld sisteme.

2)     Die dinge wat die wêreld sesteme opmaak van boosheid en rebellie teen die Here wat deur drie klasse dinge opgevolg word:

 

Drie klaase dinge wat opgevolg word:

 

1)     Die begeerlikghede van die vlees: Daar is 17 werkinge van die vlees: Uit Gal.5:19-21.

2)     Die begeerlikhede van die oog:

a)     Die begeerlikheid vir ‘n vrou: Matt.5:28.

b)    Die oë gevul met wellus: selfs mans teenoor manne en vrouens teenoor vrouens. Rom.1:18-28

c)     Besittings: Luk.12:15.

d)    Alles wat begeer wil word: Pred.2:10

e)     Afgode aanbiddery: Ese.6:9; 18:6-15.

f)      Alle vorme van boosheid.

 

3)     Die grootheid van die lewe:

a)     Self regverdiging.

b)    Om posisie te begeer.

c)     Krag te begeer.

d)    Rykdom.

e)     Skoonheid.

f)      Sterkte in oorlog of konflik.

g)     Om onnself te verhef deur in al die leegheid van die wêreld te roem.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

1 JOH.2:12-17

 

INLEIDING:

 

Alle ondervindinge en die Woord leer ons dat redding beide binne ‘n oomblik plaasvind en tog ook ‘n groei proses het. Dit begin die oomblik wanneer ek geregverdig word in die heilige liefdevolle nederige geduld van die Here en die mens. Dit groei geleidelik van daardie oomblik af soos ‘n mostert saadjie wat in die grond val wat eerstens die geringste van al die saadsoorte is maar wat uiteindelik ‘n groot boom word. Of totdat die hart gereinig word van alle sonde, en met die reine liefde van die Here gevul is. Ook hierdie liefde bly groei totdat ons in alle inge opgroei tot Hom wat die hoof is oor alle dinge, totdat ons die volwassenheid verkry van die volheid in Christus.

 

Groei moet volgehoue aangaan. Petrus wil hê dat ons rein gedagtes moet hê, en hy bemoedig hulle dat hulle nie van hulle vaste verhouding van die Here moet wegbeweeg nie. Hulle moet in die genade groei en in die kennis van die Here. 11 Pet.3:18

 

Reiheid kan binne ‘n oomblik kom, maar volwassenheid is ‘n proses wat deel van lewe is. Hoewel dit onmoontlik is om uit sonde uit te groei, is dit moontlik dat nadat sonde mee ge-handel is dat ons na die beeld van die Here Jesus mag groei in ware geregtigheid en heiligheid. Ons moet tot die volwasse mens in die Here Jesus groei Efe.4:13. Volmaaktheid of volwassenheid in hierdie geval is deur ‘n proses van groei. Laat ons nie meer soos kindertjies wees nie.

Paulus verklaar dat ons na Hom in alle dinge sal groei wat die hoof is 2 Pet.3:14-15. dat ons die uitdaging in ons lewens kan aanvaar om soos die Here Jesus te word in my hele lewenswandel.

 

‘n Baba Christen mag ‘n volmaate Christen wees, u onthou die beeld van ‘n perske of appel. Hy mag vry wees van sy verlede maar as ‘n baba moet hy nog groei tot volwassenheid. Ons kan sê dat iets volkome is as dit presies is wat dit voor ontwerp is om te wees. Dit is volkmaak op die stadium wat dit is, maar dit mag nie stagneer nie. Net groei vereis dat dit tot volwassenheid kan ontwikkel.

 

Johannes verwys na die verskillende stadiums van groei in 1 Joh.2:12-14. In die begin van die hoofstuk wys hy dat selfs babas in die Here Jesus van sonde vrlos kan wees, maar hulle moet voortgaan om te groei om vryer van sonde te kom. Hulle moet groei in liefde, in begrip en verstaanbaarheid en in sterkte. 

 

Die Here het meer as genoeg voorsiening gemaak vir aanhou-dende groei. Sy Woord is aan ons gegee vir hierdie rede en vir ander doele ook. Om na Petrus te verwys in sy opdragte vind ons hierdie woorde: Soos pasgebore baba’s verlang sterk na die onvervalsde melk van die Woord van die Here. 1 Pet.2:2.

 

Kol.3:16 sê Paulus: Laat die Woord van Christus ryklik in julle harte woon in wysheid, in lering en in psalms en lofgesange en om te sing tot eer van die Here in julle harte.

 

Dit vind ons ook in Efe. Word vervul met die Heilige Gees en sing Psalms en lofgesange tot eer van die Here.

 

‘n Vergelyking van hierdie twee gedeeltes wys ons op die volheid van die Heilige Gees in dieselfde verband as wat die Woord van die Here in ons lewens het. Die twee moet met mekaar vergesel word.

 

Die mens sal nie kan oorleef as ons nie die noodsaaklike elemente van lewe het nie. Dinge soos lug, water en voedsel . Net so moet ons geestelike lewe ook op hierdie basis voortgaan deur gebed, die Woord te bestudeer, en te getuig.

 

Baie jong Christene faal hier, omdat hulle iets sensasioneel verwag of ‘n ondervinding soek, en dan iets wat hierdie hoogtepunt bly voed, buite die Woord van die Here. Dit lei tot misleiding In Ps.119:9+11 Roep Dawid dit uit dat Hy die Woord van die Here in Sy hart gebere het sodat hy nie sal sondig nie. ‘n Rein hart en volkome te wandel in die lig van die Here. Om die Here met my hele hart te soek sonder om aan sonde toe te gee.

 

Vs.9 Vra die Psalmis: Waarmee sal die jongeling Sy pad suiwer hou, deur dit te hou na U Woord.

 

As ek doen wat die Here van my verwag sal groei outomaties plaasvind.

 

Die Here laat dikwels toetse in my lewe toe, sodat ek kan groei. In onsself het ons nie die vermoeë om groei voort te bring nie, maar dit mag instrumenteel wees om geloof te stimuleer, en gebed en dissipline. Daarom dat Hebr. ons waarsku dat die tugtiging van die Here nie goed lyk nie maar dat dit ‘n vreugdevolle vrug voortbring. Hebr.12:11. Die vrug verskyn nie vanself nie dit hang van die volgehoue tugtiging van die Here af.

 

Job het gegroei in geduld en begrip in sy ernstige toets. Hy het van die Here tevore gehoor, maar nou het hy Hom van aangesig tot aangesig ontmoet. Paulus het gehoor dat die genade van die Here vir hom genoeg was in sy beproewing en dat hy in sy swakhede moet roem of rejoice.

 

Ons moet erken dat elke moeilikheid wat die Here oor ons pad bring laat toe dat ons kan gehoorsaam om in te gaan wat bekend is as ‘n middel vir groei as ek in gebed en geloof daarin volhard.

 

Die geveg van die geloof moet behoue bly:

 

Ons word deur voortdurende neerslae erfaar as ons nie voort-durend weerstand bied teen die aanslae van die duiwel nie. Daar is altyd nuwe en besondere versoekinge vir die geheiligde. Daar kan nooit ‘n tyd aanbreek waarin onstevrede kan wees met ons waaksaamheid nie. Die duiwel kom selfs soos die engel van die lig om die te oorwin wat swak in weerstand is. Efe.6:13-18 en ons worstelstryd is teen die bose geeste. Die duiwel sal met enige poging probeer om ons onder te kry in mismoediging of om ons met trots te verhef en weerstand te bied teen die wat ons verkeerd oordeel en op vele ander maniere.

Ongeag wat hy probeer weet ons dat die Here oor ons die waak hou met teerheid en voorsien aan ons ‘n weg van uitkoms. 1 Kor.10:13.

 

Onthou Paulus se doring in die vlees en sal ons opmerk dat dit ‘n gawe van die Here was dat ‘n boodskapper van die duiwel kom om hom te wil slaan. As ons elke aanslag met deurnis beskou en nederig, sal die strategie van die duiwel tot seen uitloop. Dit gee ons nuwe rede om die Here te aanbid.

 

Die geveg in die geloof sal ‘n voortdurende dissipline beteken om die aanslae te oorwin.

A) Heiligheid sal jou die gees van buigbaarheid gee, wat deur die ere oor ons toegelaat word.

B) Heiligheid gee ons ‘n motivering van self dissipline.

c) Heiligheid reinig die motiewe om ‘n gedissiplineerde lewe te soek.

 

In 1 Kor.9:24-27 Wys Paulus ons op sy eie gesindheid rondom dissipline uit. Sonder dit sal ons wegwerplik wees, en ‘n veragte persoon wees. Hy wil sy liggaam onder dissipline hou vir ‘n dieper wandel met die Here. Ons moet ons liggame dissiplineer om gehoorsaam te wees in versoekinge en ons gedagtes volkom om toegewyd te leef en rein van gedagtes en verbeeldinge en ons gees nederig om nie weerstand op enige stadium toe te laat nie. As ons onsself dissiplineer in die bestudering van die Woord, in gebed en in getuienis lewering ongeag my omstandighede sal ons altyd die Here behaag en sal tot ware volwassenheid groei.

 

ONS WANDEL IN DIE LIG MOET VOLGEHOU BLY:

1 Joh.1:7 As on in die lig wandel soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar en die bloed van Jesus…

 

Daar sal voortdurend meer lig in die geheiligde lewe skyn, soos wat ek die Woord van die Here lees, na leringe luister, en opgebou word en toelaat dat die inwonende Heilige Gees ons meer en meer beset.

 

Nuwe pligte sal verduidelik word, daar sal mer opofferings gebring moet word, en persoonlike leierskap sal ons na plekke neem waar niemand ooit vor jou gewandel het nie. Die Here wil van jou en my individue maak. Ons kan nie ons lewens meet teenoor wat andere doen nie. Met die Here is elkeen uniek. Hy bring ons in sulke unieke situasies dat selfs ons vriende nie eens sal weet wat gebeur nie.

 

Hy sal ons die weg wys wat so nou is dat net een op ‘n slag daardeur kan gaan, sodat ons verhouding net dieper en heerliker mag wees. Die skare het nie Moria toe gegaan nie om hulle seun te offer nie, dit was net Abraham. Job het deur sy eie lyding gegaan wat net hy verduur het. As ons tot volwassenheid wil voortgaan sal die her ons ook buitenakant die laer van die gemiddelde lei. Ons moet in die Lig wandel, dit maak nie saak wat andere doen nie.

 

Ns etiek sal afgerond word, soos wat k in die lig wandel. Ons sal sensitief wees t.o.v. van die wet van die Here, en sien wat dit in ons daaglikse lewens beteken. Daar is geen ware heiligheid sonder ‘n hoë vlak van etiek nie. Wanneer Paulus met verhewe leerstellins handel, sal hy aandag gee aan etiek, of maniere.

As ons geheilig is sal ons eerlik wees, vriendelik, mede-lydend, behulpsaam, en Christus gelykvormig in ons hele lewens wandel. Ons sal versigtig wees om nie ‘n klad op die Naam van die Here Jesus te bring nie. Ons sal oorals dieselfde wees in ons optrede.

 

Kenmerke van volwassenheid:

 

Om die begip volwassenheid te beskrywe is moeilik om te vrstaan, selfs volwasse Christene groei nog. Om met my toestand tevrede te wees is fataal. Wanneer Johannes hierdie indeling aangaande die kinders maak skryf hy in die eerste plek as ‘n algemene stelling. 1 Joh.2:12-14 het hy sekerlik kategorieë in gedagte.

 

Christelike volwassenheid is om in kort alles as drek te beskou om Christus as wins te verkry. Fil.3:7-16. Dit is die fonddasie, maar wat in die kenmerke van volwassenheid.

 

Eersten geestelike volwassenheid is om leerstelling te kan onderskei en aan te kan pas. Daar is nog ander kenmerke.

 

A) VERGENOEGDHEID:

 

In Paulu se eie getuienis kan ons die volgende hoof gedagtes kry: Fil.4:11 ek het geleer om in alles vergenoegt te wees.  Dit beteken nie om verdraagsaam met die verkeerde te wees nie, ook nie begeer of nie sal bid vir enige sak nie. Ditr is ‘n geheiligde self vergenoegdheid wat sy vreugde in innerlike bron in die Here Jesus vind in die uur van beproewing. Tog gebeur dit alleen net deur jare se ondervinding, terwyl hierdie les ook ‘n proses is wat soms met gewelidige pyn gepaart gaan. Dit moet nie elke keer oor geleer word wanneer dinge verkeerd gaan nie. Emosionele stabiliteit is hierin ‘n teken van volwassenheid.

 

B) ONDERSKEIDING:

 

Daar is verskeie fasette van onderskeiding:

 

1) Die een is om leerstellige waareid teen die valsheid te kan onderskei Efe.4:4; Hebr.5;11-14. Die volwasse Christen word nie maklik om die bos gelei nie. Die insig aangaande waarheid spoel ook oor na ander aspekte van etieke sake. Efe.5:11-17.

 

2) ‘n Volgende aspek is onderskeiding van ware geestelik-heid. Om dit behoorlik te bereken is om Paulus se hele gees-telike las veral vir die Korinthe gemeente. Die Korinthiers het geestelikheid in terme van gawes gemeet en allerhande uiterlike ondervindige gemeet hoe meer sensasioneel hioe geesteliker. 1 Kor.14:20 Paulus meet geestelikheid in terme van vryheid van vleeslike kenmerke 1 Kor.3:1 en positief in terme van liefde 1 Kor.13 wat stabiliteit en getrouheid en geduld openbaar.

 

Paulus herhinder die oppervlakkige Korinthers aan al sy ervainge van visioene en gesigte en plaas hulle gawes in die skaduwee, maar hy weier om daarin te roem. Maar verklaar in 1 Kor.12:9 dat hy eerder sal roem in sy swakhede sodat ie krag van Christus geopenbaar kan word.

 

Watter krag? Om wonderwerke te bewerk. Die krag om oorwinnend te wees in sy tekortkominge terwyl in die tyd van vandag sal hulle jou geestelikheid meet in die feit of jty genees is of nie.

 

Groter wonderwerke is nie om verlos te wees van my doring nie, maar om daarmee vergenoeg te wees. Ware volwassen-heid is die reine toewyding van my lewe aan die Here Jesus in alle omstandighede, en met blymoedigheid te aanvaar, die oomblik wat ek hierdie geheim ontek het, begin die heerlik-heid van die Here my deel word.   

 

3) ‘n Verdere aspek van onderskeiding is om fyn ingestel te wees vir die leiding en beweging van die Heilige Gees 1 Kor.2:9-16. Om deur die Heilige Gees te wandel is die wese van ware geestelike lewe Gal.5:25, en hoe om die stem van die Heilige Gees te ken wanneer Hy in ons influister. Hand. 8:29 en Paulus en Silas geleer het die betekenis van geeste-like aanpasbaarheid. Hand.16:6-7. ie salwing van die Heilige Gees 1 Joh.2:20,27 4:1-3. is deur die Heilige Gees wat jou leer en geestelike insig gee in waarheid, en selfs in mense se lewens. Hand.5:1-5. Soos on groei sal ons sensitiwiteit toeneem Efe.4;30; 1 Thess.5:17 Bedroef nie die Heilige Gees van God nie.

 

C) BALANS:

 

Petrus gee een van die mees toepaslike voorbveeld van volwassenheid in 2 Pet.1:5-7 Hy plaas die klem op al die belangrike elemente van genade sodat ons karakter te volle ontwikkel kan word. Veranderde geloof om deur geloof die vervallenheid van hierdie wêreld te omseil en ons deelgenote te maak van die Goddelike natuur. Geloof moet toegevoeg word deur waarde of deug. Fil.1:10; 2:12; 3:13-15.

 

Ons moet by die kennis voeg ons mag intelegent wees maar in ons ywer altyd onthou ywer sonder kennis brig belaglik-heid.

 

Kennis moet met self beheersing toegevoeg word vir die mens wat baie weet sonder die toepassing van kennis in sy eie lewe is self veroordelend. Ons self beheersing moet met standvastigheid gekoppel word omdat daar ‘n behoefte aan dissipline is en nie net tydelik nie. Ons kan nie swak word in ons standvastigheid nie maar moet altyd moreel en geestelik waak.

 

Ons verdraagsaamheid moet met goddelikheid toegevoeg word om voortdurend te bid en besorgd te wees anders kan ek net moeilik raak. Ons gebeds lewe moet met broeder liefde saam ontwikkel, en deernis vir mekaar wat ‘n ware behoefte by die mens is.

 

As daar net broederlike deurnis is sonder die ander eienskap-pe sal ons tekort skiet en sal ons een of ander stadium faal a ons nie as ‘n gehele mens ontwikkel word nie. Broederlike liefde kan alleen ontwikkel word as dit verwmeng is met Goddelik liefde.

 

Die kwaliteite moet ons sin word en toeneem sal hulle nie vrugteloos of onvrugbaar gelos word nie om tot die volle kennis van die Here Jesus te ontwikkel 2 Pet.1:8. In die lig van ware sake moet die woord toeneem nie onderskat word nie. Dit is in hierdie kwaliteiete van ‘n Christen waarin ons kenmerke van groei sal sien.

 

D) GROEI DEUR GEBED:

 

As ons in genade moet groei, hoe gaan ons tewerk om dit te doen. Judas sê dat ons onsself in die liefde van die Here moet bewaar, deur onsself op te bou tot die aller heiliegste geloof en deur die Heilieg Gees te bid, en na die genade van die Here te kyk wat die ewige lewe is. (20-21)

 

Daar is ‘n bewustelike eie ontwikkeling gekombineerd met ‘n spesifieke soort van gebed en ‘n gesindheid van verwagting te kweek. Titus kombineer hierdie verwagting met ‘n heilige lewe deur die genade van die here wat ons leer om alles te onderhou deur Nugter opreg en heilig te leef in hierdie wêreld en ons toekomstige hoop te verwag by die verskyning van die heerlikheid van ons Goort God en Verlosser, jesus Christus. 2:12-13.

 

Die opwaartse kyk is een van verwagting gekombineerd met ‘n nugtere bewustheid van die teenswoordige omstandighede.

 

A) DIE BETEKENIS VAN GEBED:

 

Die waarde van gebed sal absolut wees en die bestaan van die Here. Gebed is deel van ‘n nor,ale akitiwiteit vir kinders van die Here. Die Here Jesus het nie gese dat as jy bid nie, maar wanneer jy bid.

 

Gebed is ‘n gesprek met die Here en het betekenis indien ek met respek sal bid. Dit is ‘n natuurlike aspek van ons lewens.

 

Gebed is totaal natuurlik kan dit ook maklik verwaarloos word. Die hart te verloor beteken om buite kontak met die Here te leef.  Mark.14:38 Wereldse dinge wat my mag aftrek.

 

Ten spyte van die feit dat die Here sorg en gebed beantwoord vra die Here Jesus hierdie vraag of Hy wel hierdie geloof op aarde sal vind wanneer Hy sal kom.

 

BLY BY GEBEDS BEGINSELS:

 

1)     Die heiligheid van gebed in privaatheid en tussen ons en die Here moet die deur gesluit word Matt.6:1-5. Gerbed is nooit bedoel om goedkoop of oppervlakkig te wees nie. Hand.1;14; 13:2-3 16:13.

2)     Dit is nie ‘n saak van aandag te vestig nie of om so te hard te bid asof die Here doof is nie of slaap nie. Matt.6:7-8 Ons Vader weet wat ons nodig het.

3)     Ons benadering moet eenvoudig en direk wees.  Matt.6:9-13 gee Hy hierdie orde in die Onse Vader.

4)     In ons vra, soek en klop sal ons die Here reeds vra om geoeie dinge te gee en dit moet ons weet.

5)     Daar is ‘n sekerheid in gesamentlike gebed Wanneer twee of drie saastem is die Here daar. Matt.18:19-20

6)     Dit moet aangevul word deur volgehoue geloof. Matt.21;22.

7)     Gebed tot die Vader moet in die Naam van die Here Jesus wees Joh.14:13-14.

8)     Om die naam van die ere Jesus met respek en eerbied te gebruik.  

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

1 JOH.2:15-17

 

INLEIDING:

 

Elke vier jaar op die gekose datum en stadium word die wêreld aan die voete van die Olympiese spele gebring. Jong atlete staan met aandag terwyl vinnige atlete verby snel met die brandende fakkel wat in Elis, Griekeland aanvanklik aan die brand gesteek was, waar dit oorspronklik aan die brand gesteek was.

 

Die vlam wat regoor die lande gedra word deur vliegtuie, en skepe is steeds die teenswoordige sig van die simboliek van goeie sportmanskap en internasionale vrede. En dit word reeds vir 2500 herdenk.

 

Hoe eerbaar die tradisie is, is daar niks heiligs in dit nie maar net dit wat op die Woord van die Here gebasser is dra gewig. As dit op die Woord van die Here geskoei word is dit meer  as tradisie of gewoonte. Dit is God gegewe wette wat op die karakter van die Here geskoei is.

 

Hierdie heilige wette is beginsles se oorsprong is nie in Griekeland nie maar op die berg Sinai waar Moses dit ont-vang het as tien gebooie waarop die mensdom sy morele lewe kan bou. Hierna het die Here aan Moses nog ‘n opdrag gegee in Ex.25:8. Bou vir My ‘n heiligdom dat Ek daarin kan woon.

 

In Deut.5+6 het Moses van die wette herroep aan die Israel-liete en hulle opdrag gegee dat hierdie wette by hulle kinders ingeskerp moet word en aan die volgende geslag moet oordra, sodat hulle dit nie moet vergeet nie.

 

Baie jare later het Dawid sy volk herhinder dat hulle hierdie gebooie moet onderhou.

 

“Hy tog het ‘n getuienis opgerig in Jakob en ‘n wet gegee in Israel, wat Hy ons vaders beveel het- om dit aan hulle kinders bekend te maak, sodat die volgende geslag dit kan weet, die kinders wat gebore word dat hulle kan opstaan en vertel aan hulle kinders, en hulle vertroue op God kan stel en die dade van God nie vergeet nie, maar sy gebooie kan bewaar.” 

Ps.78:5-7

 

Dit insluiting is steeds van toepassing dat die heiliege weg bewaar moet word vir ons kinders en kleinkinders.  Hoewel nie al die detail van lewe in die Skrif uitgespel word nie het die Here vir ons basiese beginsels neergeplot.

 

Sy reëls is op waarheid geskoei en die waarheid die wese van Sy karakter is beteken dit dat ‘n heilige lewe meer as ‘n stel reëls is. Dit is in die Persoon van die Here Jesus “Wat die hoop van ons heerlikheid is” Kol.1:27.

 

Die Here Jesus het die Fariseers vir hulle wetisisme bestraf om wets onderhoudinge na te volg vir oordeel en genade en geloof, maar Hy het nooit voorgestel dat hulle die wette moes wegdoen nie. Terwyl ons wetisisme teenstaan moet onns ook nie verval in die Libertyne se beginsel van weg met die wt nie, die Here he ons vrygemaak nie.

 

Gal.5:1-2 “Staan dan vas in die vryheid waarmee Christus ons vrygemaak het, en laat julle nie meer onder die juk van diensbaarheid bring nie.”

 

Ons kan nie ‘n Goddelike wet as ‘n instrment gebruik nie, maar ons moet die balans soek. Hierdie balans kon van die Goddelike Teenwoordigheid van binne, wat elke deel van ons lewens beheer en dit is wat die Here in Sy bloudruk vir jou en vir my ingedagte gehad het. Dat Hy onder ons kan woon.

 

Die plan bvn die Here vir Sy Tabernakel het ‘n paar interes-sante dinge behels, wat in die liggaam van ons verteenwoor-dig moet word. Die Tabernakel is die skaduwee van die hemelse dinge. Hebr.9:24, en ‘n skaduwee vangoeie dinge wat moet kom Hebr.10:1.

 

In 2 Kor.6:16-18 Bevestig en beklemtoon Sy goddelike plan om in ons te woon.

“Of watter ooreenkoms het die tempel van God met die afgode? Want julle is die tempel van die lewende God, soos God gespreek het: Ek sal in hulle woon en onder hulle wandel, en Ek sal hulle God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees. Daarom gaan onder hulle uit en sonder julle af, spreek die Here en raak nie aan wat onrein is nie, en Ek sal julle aannnem.; en Ek sal vir julle ‘n Vader wees, en julle sal vir My seuns en dogters wees, speek die Here, die Almagtige.”

 

‘n Basiese waarheid aangaande die gesindheid van die Here aangaande Sy Tabernakel of woonplek is die despensasie wat in 1 Kor.6:19 genoem word “Of weet julle nie dat julle liggaam ‘n tempel van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julleself behoort nie?

 

Die idee van ‘n woonplek vir die Here onder die mens het by die Here self onstaan. Nadat Hy die tien gebooie aan Moese gegee het, het Hy Sy diensknegte uitgenooi om op die berg te kom, en vir 40 dae was Moses op ie berg gewees, en bedek met die heerlikheid van die Here. Vanuit die dipte van die wolk het die Here in heerlikheid gespreek en gesê: BOU VIR MY ‘N HEILIGDOM. eilieg

 

 

Moses moes met ontsag na die Here geluister het, toe hy gehoor het dat die Here ‘n heilige plek wou gehad het waar Hy sou woon, in die woestyn, vir die Here.

 

Toe Moses geluister het, het die Here detail opdragte gegeeaangaande die Tabernakel, en Sy heiligdom. Daar was niks onduidelik aangaande hierdie plan nie. Die Here beveel dat Seder hout bo ander houtsoorte gebruik moet word vir die verbondsark. Maak dit om en by 1 M by 1,8 M hoog. Die Tabernakel moet 10 of 12 gordyne bevat iets sos linne. Hy moes hier sy eie deskresie gebruik. Hulle moet gemaklik gemaak word om te kan gebruik.

 

Die dak moes met digte stof gemaak gewees het, maar dit moet nie goedkoop lyk nie, omdat die heidene dit nie sal aanvaar nie.

 

Moses kn die heidense tempels nog goed onthou het en enige god geoorinteerde geboue wat hy kon onthou het hy geweet dat hy alles soos die Here beveel het saamgevoeg het.

 

Daar moes afskortings gewees het waar die volk kon kom, waar die priesters kon kom en waar die Here gewoon het. Hy wou die beste van die mens gehad het om mee te bou, en dit moes aantreklik gewees het vir SY teenwoordigheid.

 

Ex.25:8-9 “Ook moet hulle vr My ‘n heiligdom maak, dat Ek in hulle midde kan woon. Volgens alles wat Ek jou laat sien – die voorbeeld van die tabernakel en die voorbeeld van alles war daarby behoort – so moet hulle dit maak.”

 

Die Here het ‘n gespaste struktuur beplan vir hulle omswer-inge in die woestyn, wat hulle na die beloofde land sou neem.

Ditr moes ontwerp wees sodat die mense moes besef dat hulle die Here nodig het. Hy het ‘n tent ontwerp wat oorals war hulle sou gaan met hulle saam kon gaan.

 

As ons Hom liefhet sal ons ook Sy gebooie bewaar Joh.14:23

 

VOLGENS ALLES WAT EK JOU SAL WYS”:

 

Die Edomiete kon gevra het wat Moses met al hierdie hordes mense in di wildernis gemaak het. Die Here het hier gelei. Dan die vraag waar sis die God wat julle hier gelei het.

 

Daarom bou ‘n Tabernakel, vir Hom om daarin te woon. Die mense kon dink dat slawe nie die vermoeei moes gehad het om so ‘n gebou te ontwerp nie, en mnese kon vir Moses gese het dat hulle meer gebalanseerd moet leef.

 

Die Here self was die argitek, en moes alles sorgvuldig uit-voer soos die Here beveel het. Hy moes dit so bou, omdat die Here ‘n plan vir hulle gehad het. Nie net vir wette en opdragte nie, maar alles ter belang van die mens, sodat Hy kon neerdaal en in ons midde kom woon.

 

Hy het geweet wat die volk moes verduur van die heidene wat in die woestyn sou wees. Hy het vir hulle die totale reis beplan met ‘n wolk en vuur kolom as simbool van Sy voort-durende teenwoordigheid.  Hy het ook geweet dat hulle sou terug verlang na die vleispotte van Egipte waaraan hulle vir 400 jaar plus gewoond was. Daar was Sy instruksies om hulle te beskerm.

 

Nadat die volk die land Kanaan bereik het het hulle die Tempel gebou wat met kosbare stene uitgeê was. Dit sou die skoonheid van die Here uitgebeeld het en moes ook heilig gewees het. Die allerheiligdom was met goud oorstryk en die klere van die preisters het as heilige klere bekend gestaan tot ‘n eer en ‘n sierrad. Ex.28:2.

 

Die Here was in die tipes en simbole ontwerp om Sy heerlikheid en skoonheid te openbaar. Dit was veel meer as die afwesigheid van die verkeerde, maar die volmaaktheid van skoonheid n geregtigheid in alles.

 

Die Tabernakel was die simbool van Sy Sy teenwoordigheid en was die mees belangrikste oorweging. Van binne na buite het die Here duidelike instruksies gegee vir die struktuur, sy afmetings sy materiaal die gordyne die pilare, die knoppe, die altare en die kandelaar, die Ark. Alles moes volgens die patroon gemaak gewees het, en was niks aan Moses se vrye verbeelding oorgelaat nie. En geen gelyke aan die Egiptiese tempels nie.

 

Die Here het selfs detail aangaande die priesters ge klere gegee, wat ‘n embleem van identifikasie moes gehad het. Die I.D was heilig aan die Here. Jes.52:11 “Gaan uit hulle midde, reinig julle, draers van die heilige voorwerpe.”

 

Hoewel die Tabernakel die koms van die Here weerspieël, (Emmaneul, God met ons) was dit ook ‘n simbool van Sy despensasie omdat die Heilige Gees Hom met vlees beklee en maak ons liggame Sy tempel.

 

Die oomblik toe die volk van Israel nie meer in Egipte was nie, wat hulle meerster was, het hulle nou ‘n nuwe bevelvoer-der ontvang wat ‘n nuwe lewensstyl aan hulle openbaar, en moes hulle ‘n new manier van denke ontwikkel.

 

Dit is dieselfde wat gebeur as iemand weergebore word, nou is ons liggaame ‘n tempel van die Heilige Gees., en is ons nie meer ons eie nie 1 Kor.6:19-20.

 

Die eerste Tabernakel was die Here sin en Hy het die outroiteit gehad om die struktuur en de die detail te beveel. Hy is nog net so gesteld op die detail van die liggaam van die N.T. waarin die Heilige Gees nou wil woon.

 

Die baie jare in Egipte het ie beeld van die Here in die volk van Israel laat verflou en moe Moses 40 dae in die teenwoordigheid van die Here gewoon het om SY beeld weer na ie volk trug te bring. Ons identifisering as vyande van die kruis , het ons bewustheid van die Here laat veflou en moet ons herhinder word dat ons net bywonders op hierdie aarde is en dat die Here halfhartighied verag. Dit sal die toorn  van die Here oor ons bring indien ons Hom halfhartig sal navolg.

 

Die skydingslyn tussen die kerk en die wêreld moet defenitief wees, sodat sondes at in die wêreld is nie ons deel mag wees nie.

 

Die vroeëre kerk was nie vaag om by die wêreld aan te pas nie, hulle het soos helder ligte gebrand en was as kandelare vir straatligte gebruik terwyl hulle liggame gebrand het. Ons probleem is dat die dag ondergaan en lyk of die kerk daarmee saam ook onder gaan. Ons het dikwles so lank in duistrnis geleef dat ons gerieflik voel in die duisternis.

 

Ons is nie hier om met die bose omgang te hê nie, maar om die bose te oorwin. In die dae van due Tabernakel was die gawe eenkeer gegee wat uitsliutlik aan die Here behoort en wy ons onnself aan die Here toe en Hy bevestig dat ons Sy eie is. As ons met hierdie gawe speel sal ons die gevolge moet dra. Tot hier spreek die Here met jou en my vandag.

 

1 Kor.3:16  “Of weet julle nie dat julle liggaam ‘n tempel van God is en die Gees van God in julle woon nie?”

 

Terwyl obns almal herhinder moet word aangaande ons verhouding met die Here, het die vroue in besonder nodig om ag te slaan op die roepstem van die re want soos die vroue gaan gaan ‘n volk.

 

Net soos Eva die misleidende slang gevolg het om die outoriteit van die Here te omsyl, so stel die voure nog vandag die morele standaard vir die kerk en gemeenskap.

 

Jes.3:16-20 Vertel dat die vrou se sonde verwoesting vir Israel veroorsaak het. Die laaste en hartseerste verval is die van die vrou daar is hoop vir die kerk soplank die vroue vas staan in die Here. As dit weg is, is alles weg.

 

Die beginsels en riglyne van die Here het nog nooit verander nie. Dieselfde beginsels vir ‘n heilige lewenswandel bly steeds diselfde en is duidelik genoeg in die Woord van die Here vir ons uitgespel vir ons om te verstaan, net soos met die opdragte van die eerste Tabernakel.

 

Die Joodse Tabernakel was vir die Here alleen toegewy, niemand maar net die Israelliete on dit bedien en net hulle kon die heilige plek bedien. Ons wat gered is is ook alleen vir die here eenkant gesit en dra kenmerke van ‘n toegewyde lewe. Soos die liggaam siel en gees drie afdelings besit en aldrie aan die Here toegewy moet wees, was die voorportaal die heiligdom en die allerheiligdom aan die Here toegewyd gewees.

 

MAAK ‘N BEDEKKING:

 

Ons kan net indink hoe nuuskierig die heidene moes gewees het om hierdi tent wat hulle saam met hulle geneem het te wou sien. Hulle kon sê dat die Here in ‘n leerboks gehou moes word, en selfs gesê het dat dit soos ‘n kis lyk, hulle sou nie eens naby wou gekom het om te ien hoe dit lyk nie.

 

Hulle kon redeneer dat die volk gou moeg sal word om so andes te lyk en maar weer soos ons word. Die Tabernakel was nie besonder aantreklik van buite nie. Dit het niks gelyk soos die tempels van die heidene nie, maar die Here het opdrag gegee dat hulle die Tabernakel presies soos Hy voorgeskryf het moes maak.

 

Die bedekking het vele doele gehad: Eerstens vir beskerming:

Die buitense laag wat van Robbe velle gemaak was , was blou gewees  en ‘n harde leer. Dit was onaantreklik maar duursaam en was bedoel om die Tabernakel van beskadiging te bewaar.

 

Hoewel die Israelliete op vreemde grong beweeg het, moes die hulle beskerm word van die vreemde elemente van buite. Hulle moes van die wêreld bewaar gewees het, deur ‘n gepaste uiterlike bedekking.

 

Die binne gordyne van die Tabernakel was bedoel om teen die oortredinge van die heidendom te beskerm, dit was nooit aan die heidene bekendgestel nie. Die uiterlikke beskerming moes die skoonheid van binne bedek. Dit was beplan en effektief vir die omgewing, vir beide die klimaat en die heidense nuuskierigheid.

 

Heilige vroue is ‘n toonbeeld van die Heilige Gees en moet ook beskerming beplan teen die wreedheid van hierdie wêreld. Paulus waarsku ons dat ons nie a hierdie wêreld verander moet word nie, Rom.12:2.

 

De derde gordyn is daar om alleenlik eer aan die Here te bring. Die bedekking was nie net vir beskerming nie, maar was ‘n aanduiding van geregtigheid. Die binne deel van die Tabernakel was die plafon en was alleenlik sigbaar vir die wat binne bedien het. Dit was van onbeskryflike skoonheid omdat it met fyn linne geweef was wat van reinheid spreek en geregtigheid. En het blou, rooi, pers, met serafs daarop gegraveer gehad.

 

Die gordyne was as ‘n eenheid in blou en goud bestryk gewees. Geregtigheid in hart en optrede weerspieël heiligheid. Dit wat ons dra sal weerspieël wat in ons harte aangaan.

 

Nie net was die bedekking nodig vir bedekking nie, maar ook was it ‘n simbool van afsondering wat die Here Jesus sowel as die Christen uitbeeld. Daar was ‘n voortdurende bewust-heid in die lewe van die Here Jesus van die Here soos daar ook in ons lewens moet wees.

 

Die Here Jesus het die wêreld oorwin, en ons aangemoedig om goeie moed te hou. Joh.14:30 en 16:33.

 

Dan bid die Here Jesus in Joh.17:15 Dat ons nie uit hierdie wêreld uitgeneem sal wor nie, maar dat Hy ons van die bose sal bewaar.

 

Niks sal die Christen bewaar teen aanslae as dat ons van die wêreld afgesonder sal leef nie. Ons is in hierdie wêrld maar nie van hierdie wêreld nie. 11 Kor.6:17 Sê duidelik: “Daarom gaan onder hulle uit en sonder julle af, spreek die Here en raak nie aan wat onrein is nie, en Ek sal julle aan-neem.”   

      

Die Bybel is die nrom of standard vir elke aspek van ons lewens. Van die riglyne is dat die hilige vrouens nie die dinge en klere van hierdie wêreld sal aantrek nie. 1 Tim.2:9 “So moet ook die vrouens hulle versier met behoorlike kleding, gepraard met beskeidenheid en ingetoënheid, neie met vlegsels of goud of pêrels of kosbare klere nie.”

 

Dit bedoel dat die vrou behoorlik bedek moet wees. Dit verbied die vrou om enige ites aan te trek wat tot oneer van die Here sal wees, en weerstand ten die Here sal bring.

 

Ons weet dat die mode van die tyd daar is om rebellie teen die opdragte van die Here te wil promofeerdeur sugestiew klere, trots en rebellie by almal op te wek.

 

Paulus waarsku ons dat ons nie in die vorm van hierdie wêreld moet verval nie, Rom.12:1-2. Die Christen moet ‘n innerlike sterkt van karakter hê wat groter is as die druk van buite.

 

Die Here sal nie SY krag aan ons kom openbaar aan die wat nie bereid is om afgesonderd te leef nie. Die kerk mag vir krag pleit vir die wat nie afgeonderd leef nie, solank ons nie die prys hoef te betaal sal ons nie krag ontvang nie.

Onsmoet in die N.T. nie net in beleiede omdraainie, maar ook in beginsels. Afsondering bring gehoorsaamheid, nede-righeid, eenvoud, en self beheersing. Ons moet ons tempels skoonmaak van besoedeling van hierdie wêreld en ten volle onder die outoritiet van die Here staan. Jak.4:4 waarsku ons dat vriendskap met hierdie wêreld vyandskap teen die Here stel.

 

MAAK ‘N BEDEKKING:

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

DIE WERELD IS:

 

Die woord Kosmos met die bedoeling:

 

Daar is drie betekenisse gekoppel aan wereld:

 

1)     Die ronde planeeet

 

Soos in Hand.17:24 “Die God  wat die wereld gemaak het en alles wat daarin is…”

Matt. 13:35 en Efe.1:4 Die grondlegging van die wereld.”

Joh.1:10 “Hy was in die wêreld en die wêreld het deur Hom onstaan “

Mark.16:15 Gaan die hele wêreld in…”

 

2)     Die tweede gebruik van die wêreld het ‘n tweeledige betekenis:

i) De bewoners van die aarde soos in Joh.1:10 Die wêreld het Hom nie geken nie…”

ii) Dan die gedagte dat die hele emnslike geslag vervreemd geraak het van God en daarom vyandig teen God is en Christus.

Hebr.11:37-38 “…hulle het gebrek gely, hulle s verdruk mishanel – die wêreld was hulle nie werd nie.

 Joh.14:17 “Die Gees van die waarheid, wat die wêreld nie kan ontvang nie…”

Joh.14:27 “Nie soos die wêreld gee, gee Ek aan julle nie”.

Joh.15:18 “As die wêreld julle haat…”

 

In die derde plek word die woor kosmos in die Skrif gebeuik om wêreldse aangeleenthede an te dui:

Die ganse kringloop van wêreldse goedere. Skenkings, weelde, voordele, plesier wat hoewel van verbygaande aard, tog ‘n diepe begeerte by die mens daavoor opwek en hom sodoende van die Here afvallig maak, sodat dit niks anders as struikelblokke vir die saak van die Here is nie.

 

1 Joh.2:15 “Moenie die wêreld liefhê of die dinge wat in die

wêreld is nie…” 

3:17 ‘Maar wie die goed van die wêreld het en sy broeder sien gebrek ly…”

Matt.16:26 “..as hy die hele wêreld win, maar aan sy siel skade ly…”

1 Kor.7:31 “…en die wat hierdie wêreld gebruik, asof hulle dit nie ten volle gebruik nie…”

 

Die woord kosmos is nie net van toepassing op die materieële nie, maar voorwaar ook op die abstrakte, wat beide geestelik en morele waarde besit:

 

1 Kor.2:12 “die gees van hierdie wêreld…”

3:19 “…die wysheid van hierdie wêreld…”

7:31 “…die gedaante van hierdie wêreld…”

Tit.2:12 “…wereldse begeerlikhede…”

2 Pet.1:4 “…deur die begeerlikheid van hierdie wêreld…”

2:20 “…die bestemming van hierdie wêreld.”

1 Joh.2:16-17 “Want alles wat in hierdie wêreld is – die begeerlikheid … die grootheid… gaan verby.”

Jak.1:27 Dat die gelowige homself vlekkeloos van die wêreld bewaar.

 

  

1 Joh. 2:18-29

 

INLEIDING:

 

Die kerk is ‘n afbeedling van die van iets wat die Here in gedagte gehad het om ons te wil leer aangaande die hemel. Die Bybel is gegee om jou en my voor te berei vir die hemel en ons instruksies te gee met die doel dat u en ek nie net hemels gereed moet leef nie maar dat ons ons lewens sal inrig soos die Here dit wil hê omdat ons na die plek van ons ewige tuiste wil gaan.

 

Indien ons ‘n huis wil koop, bestudeer ons die detail van die huis, nie net omdat dit ‘n duur belegging is wat ons aangaan nie nie, maar om te sien of dit aan al die vereistes voldoen wat ons in ons gedates het wat ons in ‘n huis wil hê.

 

Ons is besig om ons voor te berei vir ons ewige tuiste, en moet ons alles doen volgens die beginsels wat in die plan van die Here vir ons neergeplot is om ssaam te kan gaan.

 

i) JOHANNES SE WAARSKUWING DAT  DIE

 EINDE NABY IS, EN WAT DIT BEHELS.

 

a)    PAULUS SE INDRUK.

 

In 2 Tim.3 waarsku Paulus dat in die laaste dae swaar tye sal wees, dan verduidelik hy dit. Die sleutel van alles is dat mense hulleself aanbid en onheilig sal leef. U sien die hemel is heilig en hoe verder iemand van die Here af wegbeweeg, hoe meer onheilig leef hy, daar is nie meer daardie diepe afhanklilkheid om in alles die wil van die Here te wete te kom nie. Mense sal ‘n gedaante van godsaligheid hê, maar die krag van reddding nie aanneem nie.

 

Mense wat wreed is, en baie dinge kan leer maar nie self by die plek kom waar hulle leer dat hulle aan die Here onder-worpe moet wees.

 

B) DIE HERE JESUS SE WAARSKUWING:

 

In Matt.24 kom die dissipels na die Here Jesus en wil by Hom weet wat die teken sal wees dat ons aan die einde staan. Dan kom die waarskuwing wat in elke Evangelie na vore kom:

 

Heel eerste die groot misleidinge wat sal plaasvind. Mense wat sal verklaar dat hulle die Christus is en dit nie is nie. Hulle sal soveel gesag en mag uitoefen dat hulle mense na woestyne sal uitnooi om te kom kyk wat hulle kan vermag en die Skrif waarsku dat ons nie moet uitgaan nie.

 

Dan begin hy ‘n klompie dinge uitspel: Vs.6- Oorloë, gerugte van oorloë, nasie wat teen nasie opstaan, koninkryke teen me-kaar opstaan, pessiektes en plae, aardbewings, dan waarsku die Here Jesus dat hierdie dinge die begin van smarte sal wees.

 

Moet nie glo dat op hierdie stadium dinge makliker sal gaan nie. Ons leef in vreeslike tye. Daar sal ‘n vorm van verdruk-king nog kom, mense sal mekaar verraai, en vele valse profete sal opstaan.

Matt.24:24 waarsku dat die groot misleiding sal wees wanneer mense agter wonders en tekens sal aanhardloop.

 

b)    JOHANNES WAARSKU SELF

WAT DIE TEKENS SAL WEES:

 

Hy waarsku dat daar baie anti-christe is, wat uit die geledere van die Christen kerk gekom het, mense wat alles ken wat die Skrifte leer maar nie die Here toelaat dat Hy die beheer van hulle lewens moet oorneem nie. Wat nie weergebore is nie, maar wat d.m.v. kennis, want dit is die agtergrond waarteen hierdie brief geskrywe is, hulleself wil verhef as gode.

 

Die teken wat Johannes gee is dat hulle nie die Here Jesus as die Seun van God aanvaar nie. Ook sal hulle ander aspektye van die Goddelike Drie-eenheid aanval, en die Vader en die Seun en die Heilige Gees nie binne die Bybelse perspektief aanskou nie.

 

Mense wat nie meer bly in die Bybelse raamwerk van red-ding, en gehoorsaamheid nie, met die versekering dat ons die ewige lewe deelagtig sal word.

 

DIT ALLES RONDOM DIE LAASTE

DAE SE MISLEI-DINGE.

 

ii) DIE SALWING VAN DIE HEILIGE GEES:

 

Dit was hoegenaamd nie ‘n vreemde begrip nie. Dit was iets wat reeds in die O.T. bekend was en in verskillende aspekte gebruik was.

a) DIE SALWING VAN DIE O.T.

 

Dit was vir die volk van die Here alleen bedoel en was op verskillende wysens geillustreer en gebruik.

 

Heel eerste was die Tabernakel gesalf en al die heilige voor-werpe sodat dit die teken gehad het dat hierdie instrumente of ornamente alleenlik vir die Here se gebruik beskikbaar was.

 

Net die Versoendeksel, die altare en die tafel met die toon-brode en die goue kandelaar alles wat met goud bestryk was was gesalf gewees, omdat goud ‘n simbool van Goddelikheid was.

 

Dan was die priesters spesifiek gesalf omdat hulle diens tot eer van die Here moes verrig het. Dink aan Ps. 133 waar Dawid verklaar hoe lieflik dit is wanneer broers saamwoon dit is soos olie wat van die baard van Aaron afloop.

 

Rigters en profete was gesalf vir bruikbaarheid om die stem van die Here te hoor, en die volk geestelik te moes lei deur die volk voortdurend te waarsku waar hulle verkeerd handel en hulle dan terug te bring.

 

Konings was gesalf gewees om die volk fisies te moes lei. Daar was nie enige geval waar ‘n heiden gesalf was nie wat die N.T. heenwsye is van die die feit dat net die kerk van die Here Jesus hierdie verborge geheime krag mag hê om gelei te word.

 

B) IN 1 JOH. VERWYS HY OOK NA DIE SALWING:

Die gedagte wat Johannes uitlig is dat die salwing van die Here vir jou en vir my die vermoeë gun om alles te onderskei. Die woord weet hier is die woord

 

Einos: wat verskillende maniere in die Bybel gebruik word: Dit dui op kennis, maar meer in ‘n praktiese hoedanigheid m.a.w kennis of ondervinding wat ek opgedoen het en uit dit geleer het wat reg en verkeerd is.

 

Dan onderskeiding: As daar een gawe is wat die kerk dring-end nodig het is dit die gawe van onderskeiding. Dit is meer spesifiek wat hy hier beklemtoon. Die gedagte is dat ons met iets vreemds te doene het en nie weet wat hierdie leer behels nie, maar in ons wandel met die Here gee Hy aan ons daardie sensitiwiteit om te kan onderskei.

 

c) VEKEERDE BEGRIP VAN SALWING:

 

Die gedagte wat alhoemeer gehoor word is die letterlike interpetasie van hierdie Skif dat ons alles weet. Alhoemeer kom die gedagte dat mense vir jou sal sê dat jy hulle nie kan leer nie want hulle het die Heilige Gees en niemand kan hulle leer nie.

 

Dit is teenstrydig teen die Bybelse raamwerk van ander Skrif-te wat ons maan om nie die onderlinge byeenkomste van die gelowiges te vermy nie, want dit is die vinnigste manier waarin ons sal verval in allerhande strikke en dwalinge.

 

iii) DIE REALITEIT VAN GEREEDHEID

VAN DIE WEDERKOMS:

Een van die Bybelse beginsels wat die Skrif ons leer is dat die wederkoms van die Here op hande is. Dat dit ‘n feit is wat nie geignoreer mag word nie. Dat die Here self een van Sy krone koppel aan die wat die wederkoms van die Here lief-het.

 

Misleiding sal o.a. valse vorme van aanbidding insluit, wat in kort die mens wil leer om uit sy eie bose kringloop te kom deur aanbidding. Tafelberg word as die tweede belangrikste seutel beskou van kultiese geestes aanbidding wat niks anders as ‘n sleutelpunt van goddeloosheid beteken nie. Een van die sewe obeliske staan op Tafelberg.

 

 

Die geheim van oorwinning is om in die Here Jesus te bly. Die gedagte om in die Here te bly beteken dat ek met die Here sal wandel sodat ons die ewige lewe deelagtig kan word

 

Dan beskryf Johannes dat ons in Hom moet bly, sodat ons vrymoedigheid kan hê, en dat ons in geregtigheid moet leef.  

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

          1 JOH.3:1-3

 

INLEIDING:

 

Ons leef in dringende tye, en deur die boodskap wil ek u probeer wys op hoe laat die tye werklik is. Die mens is ge-skape vir die ewigheid. Dit is deur die vloek van sonde dat die tye van die mens beperk geword het, deur die dood en dit is hard vir die mens om dit te aanvaar. Soms lyk dit of die mens hom hier inwurm om vir ewig op aarde te leef, selfs sommige Christene.

 

Daar is geen dringendheid in ons lewens om hemel toe te gaan nie, miskien omdat ons hemel op aarde het. Die tyd is besig om uit te loop. Ons moet nie ons wortels te diep in hierdie aarde vasmaak nie.

 

In Ps.90:12 Sê die Psalmis: “Leer ons om ons dae so te tel dat ons ‘n wyse (wysheid tot ons) hart mag bekom.”  

 

Ons dink soms dat ons eeue het om hier te leef, dit is maar net dae. Geen klok beweeg terug nie, elke klok hardloop vorentoe. Tyd is onkoopbaar, dit is genadeloos, dit kan nie terug gedraai word nie. Die Here probeer ons te waarsku.

 

Ons het waarskuwings tekens in padverkeer, jy kan ‘n stop-teken nie net ignoreer nie, nie weens die polisie nie, maar weens die gevaar. By die Niagra waterval is daar ‘n kabel net voor die valle wat gespan is, waarop ‘n bordjie hang wat sê: ‘Point of no return’ As jy daar verby gaan sal jy nie kan terugdraai nie. 

Die tekens van die Here is meer belangrik. In Matt.16:3 Sê die Here Jesus aan die Fariseërs: Julle ken die weer, wanneer dit gaan reën, maar die tydsberekening van die Here aangaan-de Sy koms ken julle nie.

 

In 1 Thess.5:1+2 verwys dit na die tye, of spesifieke gebeur-tenisse ken julle nie, het ons nie nodig om aan julle te skrywe nie, omdat julle spesifiek weet wanneer die dag van die Here kom. Die Here verwag van ons dat ons presies die tyd van die Here sal ken.

 

1) DIE EERSTE TEKEN IS DIE VAN DIE POLITIEK:

 

Sowat 40 jaar gelede was die verwagting so sterk dat as Israel ‘n staat word sal daardie geslag die koms van die Here sien. Vandag begewe Israel hom in ‘n uiters moeilike situasie, dit het reeds in 1944 ‘n staat geword. In die laaste jaaar was 3890 vuurpyle na Israel afgeskiet, ‘n totaal van 7000 vuur-pyle was op Israel gevuur. Een was onlangs as twee weke terug. Daar was 43 onskuldiges gedood.

 

Ghamas in die Suide, Hisbola in die Noorde, Sirië in die Ooste, Iran blaas vuur aan dat hulle Israel met ‘n atoombom wil uitwis, die Verenigde State se skuriteits raad het ooreen-gekom om Israel te veroordeel vir die feit dat hulle die Ghasa strook binne gaan.

 

Die Amerkianers begin alhoemeer die Palistyne ondersteun: Obama het verklaar dat die Wêreld vrede van die Midde – Ooste afhanklik is. Alles is op Israel gefokus. Daar is ‘n wêreldwye onsteltenis onder die nasies, lees gerus Luk.21:

25-28.

 

2) WêRELDWYE FINANSIEëLE KRISES:

 

Swissbank is besig om bankrot te raak en is in die moeilik-heid en dit is ‘n goeie ding. Daar is soveel korupte geld in Switserland. Die Here is besig om Sy oordeel oor hierdie bedrog uit te spreek. Dit is aan die anderkant ‘n teken van die tye.

 

Resessie is wêreldwyd besig om plaas te vind. Almal weet van die dreigende en selfs werklike resessie. Japan het 70% minder voertuie na die weste in hierdie jaar alleen uitgevoer. Werkloosheid is besig om oorlog in plekke te ontketen.

 

Wat sê die media aangaande hierdie situasie. CIA het onlangs gesê: dat populasie senters soos Kopenhagen, Amsterdam Dusseldorf, London sal onbeheersd binne die volgende 10 jaar wees. Mexico het die afgelope tyd die hoof van die polisie eenheid verloor omdat hy ‘n dwelm sindikaat oopge-vlek het. Daar is plekke in stede waar die polisie nie meer kan ingaan om ondersoeke in te stel nie.

 

Die media beweer dat siele oorlog op hande is.

 

Lydysmith in Kwa Zulu Natal het sowat 50 kinders Donder-dag in die skool onbeheersd begin gil. Die skool is tot Maan-dag gesluit vir verdere ondersoeke.       

 

Daar word reeds van een wêreld effekte beurs, ‘n wêreld president en ‘n wêreld regeringstelsel en ‘n wêreld geldstelsel

Besef ons wat dit alles beteken. Die Anti-chris is om die draai. Een van die lydende tydskrifte in Duitsland – Spego verklaar dat Barak Obama beskou moet word as die wêreld se president.

 

Van die ander tydskrifte maak melding dat die Anti-Chris dalk vanuit die Withuis kom. Dit is alles wêreld media’s wat hierdie verklaringe maak. Die wêreld hou die tye dop, weten-de wat aan die gang is. Dit is soms so dat die wêreld wyser is as die kinders van die Lig. Omdat alles vir ons so wonderlik hier op die aarde is en ons is so dankbaar dat ons gered is, en hemel toe gaan, terwyl die wêreld die ewigheid instort sonder die Here Jesus.

 

3)    DIE VOLGENDE TEKEN IS DIE

VAN SENDINGWERK:

 

Die Here Jesus verklaar dat die Evangelie aan al die heidene verkondig moet word. Mark.13:10; Matt.24:14; verklaar die Here Jesus dat die Evangelie van die koninkryk verkondig sal word aan die hele wêreld dan sal die einde kom. Dit is ‘n duidelike profetiese woord.    

 

Die Here Jesus verklaar dat die einde nie sal kom, voordat elke stam en nasie die Evanglie gehoor het nie. Dit kilnk of ons nog ‘n lang tyd sal moet wag voordat die Here Jesus sal kom. Daar is steeds soveel stamme wat die Evangelie nie gehoor het nie.

 

Die vraag wat ons kan vra is hoeveel stamme en nasies is daar nog oor wat nie bereik is met die Evangelie nie. Voordat ‘n stam bereik kan word, moet die Bybel vertaal word, ge-woonlik vat dit so om en by 3 jaar om ‘n stam se taal aan te leer en dit te kan preek of vertaal. Ons praat nou oor verskil-lende tale.

 

Wycliff is die grootste organisasie wat betrokke is by ver-taling van Bybels: Hulle vermoed dat daar nog 2400 stamme of nasies onbereik is. Op hierdie stadium werk hulle in 350 verskillende stamme. Hulle verwag dat om en by 21-25 jaar te neem om hierdie taak af te handel. Dit is net Wycliff. Dan is daar Nu Tribes missions en die Luther mission die Swiss Bybel genootskap doen almal vertalings werk in verskeie tale dan is daar ook Franse en verskeie ander genootskappe en selfs individue wat betrokke is by stamme wat die Bybel in verskeie tale vertaal. As ons al hierdie organisasies betrokke sou aftrek kan ons by om en by 5 –10 jaar kom waarin al die stamme bereik is. Die Here Jesus gaan binne kort kom.      

 

4)    IS DIE TEKEN VAN DIE

KONINKRYK VAN DIE HERE:

 

In Matt.25:1 verwys na die woorde “Dan” sal die koninkryk van die hemele wees soos 10 maagde wat hulle lampe op-neem om die bruidegom te gaan ontmoet. As Hy dan gebruik beteken dit dat daar iets vooraf gebeur het.

 

Uit dan kom die vraag wanneer? Dit wat Hy hier gaan ver-klaar is direk na Matt.24 waar daar gepraat word van oorloë, droogtes en pessiektes en allerhande tekens wat gegee is. Ons het reeds al hierdie tekens in die dag waarin ons leef. Dit is dus duidelik dat die Here Jesus van ons tyd praat in Matt.25. Dit stem met Jes.60:1-3 saam. Die Here Jesus verklaar daar “Staan op en word verlig”

 

In vs.3 verwys na die heidene wat gered sal word. Die Here wag vir die ongereddes om gered te word. In Jesaja sê Hy staan op, en dit is wat ons in die prentjie van die 10 maagde sien. Die Woord sê dat 5 wys was en 5 dwaas was. As die Here Jesus nommers noem bedoel Hy nommers, anders sou Hy gesê het dat daar sommige was wat wys was en ander dwaas.

 

Dit beteken dat die helfte van ons. Hy sê twee sal op die veld werk, die een sal aangeneem word die ander nie, twee werk by die meuele dieselfde word genoem, twee sal slaap en dieselfde word genoem. Vir my spreek dit. Ek wonder tot watter helfte behoort ek.

 

Daar is sommige interresante prentjies wat die Here vir ons gee in hierdie voorbeeld. Die eerste vers was ‘n kollektiewe bereiding vir die koms van die Lam. Hulle het almal vir die troue voorberei. Vs.3-4.

 

Belangrik om op te merk dat almal lampe gehad het m.a.w. dit was nag. Die Here Jesus verklaar eens dat Hy die Lig van die wêreld is, maar dan verklaar Hy weer dat ons die lig van die wêreld moet wees.

 

Al hierdie maagde was deel van die Lig van die wêreld. Die Here Jesus verklaar dat die koninkryk van die hemele is soos 10 maagde. Almal het lampe en het kanne. Normaalweg word net van die lampe melding gemaak, maar die houers of kanne is baie belangrik. Ons weet dat 5 vol olie was en die ander was leeg.

 

Paulus sê dat ons nie dronk moet word van wyn nie, maar dat ons vervul moet word met die Heilige Gees. Ons kan so ernstig wees dat ons nie ‘n druppel wyn moet drink nie wat bloot as ‘n voorbeeld hier gegee word, maar oor die vervul-ling is daar nie genoegsaam erns nie. Dit word bedoel dat ons voortdurend vervul moet wees met die Heilige Gees.

 

Die maagde was almal baie gesteld en ernstig toegewyde en gehoorsame jong meisies om rein te wees want hulle was in wit klere geklee, wat op heiligheid dui. Daar was net een probleem, 5 van hulle het leë kanne gehad, dit is van uiterste belang dat ons in wit geklee moet wees. Dit is ook net so belangrik dat ons onder die salwing van die Heilige Gees moet leef. Die letter maak dood, maar die Heilige Gees gee lig.    

 

As ons na die situasie kyk was die werklike probleem dat hulle nie die olie in die houers gehad het nie. Paulus sê dat ons hierdie skat in ‘n erdekruik het verwysende na ons lig-game, wat uit stof gemaak is, in ander woorde ek moet die Heilige Gees in my liggaam dra.

 

 

 

 

 

 

 

1 Joh.3:1-3

 

Agape in hierdie verband word gebruik vir die een wat liefde gee, nie te doen waarvan die persoon hou nie, maar om liefde te gee want dit is nodig.

 

Die woord Vader verwys na die Vader van die mensdom m.a.w. die een wat alles in Sy hande dra, maar ook die Vader van jou en my individeule lewens. Hy wat die verantwoorde-like is.

 

Die woord ken: Is Ginisko Verwysende na ‘n lewende verhouding. Dit beteken verder om bewus van die Here te leef.

 

Dit is nog nie geopenbaar wat ons sal wees nie.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 1 JOH.3:4-10

 

INLEIDING:

 

Daar bestaan eindlose despute en energië wat vermors word ook dinge wat nie sekonder van belang is nie. Daar is soveel wat redeneer of dit waar is dat ‘n kind weer kan sondig en as hy weer ou sondig wat gebeur dan met sy geestelike lewe. Die hele hantering van die gedeelte het nie met dit soseer te doen nie, maar tot hoe ‘n mate het ek ‘n besef vir wat Hy vir my beteken en vir my gedoen het.

 

‘n Skrywer het eens gesê: as ons maar ‘n blik kan kry van die verskriklike lyding en smarte wat ons Heiland vir ons deurge-gaan het, dan sal ons soveel meer gebroke wees oor ons eie toestand, as ons in die lig van wie Hy is en wat Hy gedoen het onsself sal sien sal ons die vreeslikheid van hoogmoed in ons eie harte sien en skaam kry vir soveel vleeslike en selfreg –verdigende optredes wat nie tot eer van die Here is nie, soveel woorde wat gespreek word en gesindhede wt geopenbaar word waarin die 1 Kor.13 liefde nie teenoor my medemens geopenbaar word nie.

 

Hoe tree ek op teenoor iemand wat ek nie ag nie, hoe is my gesindheid teenoor iemand waarna ek nie opkyk nie. jaohn Wesley het eens gesê: As ek die geringste optrede opebaar waarin iemand in jou teenwoordigheid verwerping of afstoot-likheid openbaar is daar nog hoogmoed in die hart en het die gesindheid van die Here Jesus nog nie in my hart ‘n lewende werklikhied geword nie.

 

Toe hoe ‘n mate stel ek myself totaal tot beskikking van die Here om deur Hom gebruik te word. Tot hoe ‘n mate sien die ander vir die Here Jesus in my lewe.

 

Die kruis van die Here Jesus het ‘n drieledige uitwerking in my en jou lewe.

1)     Hy het my kom lewend maak deur die kruis. Ek en jy was vervalle deur sonde en misdade en nou het Hy Sy lewe in ons kom blaas en ons verlos van die gebondenheid van sonde. Efe.2:1 Hebr.7;25 daarom kan Hy volkome red die wat deur Hom tot God gaan.

2)     Hy het in my plek kom sterf vir my vleeslikheid. Eens het ons lewe ontvang, nou verloor ek my lewe en word aan Hom geidentifiser. Paulus roep dit uit in Gal.2:20 Ek is met Christus gekruisig, nogtans leef ek nie meer nie, mar die lewe wat ek nou in die Here Jesus leef leef ek tot eer en verheerliking van SY Naam.

3)     Hy sterf en lewe in my. Ek leef nou in die Heilige gees deur ‘n voortdurende keuse van volgehoue gehoor-saamheid. Tot diensbaarheid, tot dissipelskap, tot ‘n voortdurende offer, tot gebrokenheid, vir intrede, vir outoriteit.

 

Dit is wat die Here Jesus wil hê dat ons moet ondervind. ‘n Lewe waar ek tot die uiterste mate aan die Here Jesus oorge-gee is weens die versoenenede werk wat Hy kom bewerk het.

 

Dit is nie net om intelektuel kennis op te doen nie, maa ondervindelik met die Here Jesus te wandel. In ons kennis eet ons dat die Here Jesus vi ons kom sterf het sodat ons in Hom ‘n oorwinnenede lewe kan ondervind, maar wat die ondervinding aan betref is daar soveel meer dieper dieptes wat ons kan ondervind soos die gedagte om daagliks myself te verloën dat ek met Christus gekruisig is, dat die oue mens saam met Christus gekruisig is, dat ek dood aan sonde en midade is en lewend tot die Here is. Vir alles wat ons genoem het weet ons dat SY genade algenoegsaam vir my is.

 

Bie kere is die gebrekkige insig aangaande sonde die feit dat ek nog nie diep genoeg met sonde gebreek het en Sy heerlike opstandings ondervinding deelagtig geword het nie. Dan is daar wat nog te veel plek vir die vlees maak Rom.13:14.

 

Voordat ek nie aan die einde van myself gekom het, en ‘n totale oorgawe aan die Here gemaak het nie sal ek nooit die dieper waarhede van SY Woord kan verstaan nie. Luk.1:53 verklaar dat “Hongeriges het Hy met goeie dinge vervul, en rykes met leë hande terug gestuur.”

 

Dan is daar die wat honger en dors na geregtigheid, en die Here beloof dat Hy ons sal vul, en met ‘n honger hart sit ons nou hierdie hoofstyuk voort.

 

1) Die Here Jesus vir ons gekruisig: Hy is die plaas vervanger Die aspek van die kruis van Christus handel met die ongered- de mens wat verval is in sonde en maak dit moontlik om die vergifnis van sonde te ontvang.

 

2)     Die Here Jesus gekruisig as ons: Hy is ons verteenwoordi-ger. Hier handel die kruis van die here Jesus met die oue mens  nl. die vlees en maak my vry van die mag van sonde en stel my instaat om met krag te getuig.

 

3)     Derdens die gekruisigde lewe in Hom. Ons inwonder. In hierdie gedeelte handel dit nie oor sonde nie maar met die menslike aspek om vortdurend myself dood te reken vir elke versoeking wat oor my pad gekom het. Dit het met die nuwe mens te doen waar die fisiese liggaam onder die beheer van die Heilige Gees gehou word as ‘n geofferde lewe, waar ek myself offer, beskikbaar stel en intree, en oorwinnings ondervind.

 

  Dit is seker so vanpas om hier die vier blindes wat ‘n olifant gevoel het te beskrywe: Die een het sy ppot gevoel en gesê: Ek weet dat ‘n olifant soos ‘n boom is. Die tweede het sy oor gevole en gesê: Ek weet die olifant is soos ‘n waaier. Die derde het sy agterkant gevoel en gesê: Ek weet die olifant is soos ‘n growwe muur  die ander een het sy stert gevoel en gesê: Ek weet die olifant is soos ‘n tou.

 

In die werking van redding het die \here elkeen op ‘n besondere manier kom aanraak. Die een het Sy aanraking fiseis ervaar, die ander het die vergifnis aanvaar ander het vrymoedigheid verkry ander weet alles het nuut geword almal getuig van verlossing van sonde met die wete dat die Here in ons harte woon.

 

In my redding het die Here begin om my te oortuig van sonde geregtigheid en oordeel, en dat ek verlore is buite gemeen-skap van die Here Jesus en dat ek aan die ewige dood onderworpe is. Jes.53 word vir my ‘n werklikheid dat Hy vir my sondes gesterf het. Ok in 1 Kor.15:3 kom deselfde gedagte na vore. 1 Pet.2:24 Wat self ons sondes in sy ligaam op die kruishout gedra het, sodat ons die sondes kan afsterwe en vir die geregtigheid kan lewe.

 

Redding sluit twee dinge in, berou tot die Here  en geloof in die Here Jesus. Hand.20:21. Berou is om van sonde weg te draai, en geloof is om na die Here te draai. Alleen waanneer ek berou toon en na die Here draai, kan ek vergifnis van sonde ervaar. 1 Joh.1:9.

 

Vir die sondaar is dit al waarvan ek bewus is waarvan ek verlos moet word. Dit is net die begin van die werk van die Here vir die mens. Daar is nog ‘n meer oorwinnende del wat die Here vir ons ingedagte het Gal.2:20 en Gal.5:17 dat ek nie meer die dinge doen wat ek wil nie nie meer na die vlees wandel nie maar na die Gees. ‘ n ruk na my redding het ek nie meer oorvloedige vregde nie omdat daar nou ‘n konflik begin onstaan tussen die vlees en die Gees van God en onthou Paulus praat met kinders van die Here.

 

Dit is net hier dat die kosbatre Heilige Gees aan sy kind ways dat hy ‘n honger na meer dieptes in die woord van dieHere het.

 

 

 

   

 

 

   

1 Joh.3:11-18

 

INLEIDING;

 

Hoe langer ‘n mens met die Here wandel hoe meer word ‘n mens van die edelheid van die ere te wete en hoe meer verander Hy jou na Sy beeldnis. Iets warvan die wêreld niks weet nie, iets waarna hulle smag om te hê en tog dit nie het nie en omdat hulle dit in ware kinders van die Here agterkom afgunstig raak op hulle en hulle begin teenstaan.

 

Vanoggend wil ek jou bemoedig deur vir jou te noem, jy vind soveel aspekte waarin jy tekortskiet in jou lewens optrede soveel dinge waaop ander die vinger kan wys en jou skuldig kan verklaar, daar is een oplossing vir jou, laat jou so met die liefde van die Here vereenselwig word, dat jy jouself totaal aan die Here verloor.

 

Die boodskap deur die eeue het nog nooit verander nie. Daar is ‘n liefde wat die Here in ons harte vir ons uitstort wat ongeken is, di eliefde van Golgota wat jou en my deel word wanneer ons Hom toelaat om ons lewens te beheer. Dit was hierdie waarheid wat die Here Jesus Sy dissipels herhinder het toe hulle in die bo-vertrek bymekaar was, hierdi liefe wat Hy geopenbaar het deur Sy hele lewens wandel, iets wat on-begryplik wonderlik is dat Hy volmaak was en nooit aa enige persoon se behoefte selfs toe Hy op aarde was gebrekkig voorsien het nie. Hy niks gehad om te gee as behalwe net Homsel nie, al wat Sy eie was was van Hom weggeneem nl Sy klee, en Sy doringkroon. Dit gan nie net om besittings weg te gee nie, maar om myself beskikbaar te stel om deur Hom gebruik te word.

 

Kain word as voorbeeld gebruik van iemand wat verkeerde keuses gemaak het en deur sy verkeerde keuses ook verkeerde werke geopenbaar het, Dit was duidelik dat hy op sy broer Abel afgunstig was en jaloers was omdat hy ‘n gesindheid van onderdaanskap geopenbaar het. U moetr oplet die gelukkigste mense is die wat die geheim leer ken het om hulleself beskikbaar te stel. As ek gereserfeerd leef sal ek nooit ontwikkel nie, en sal ek eendag voor die Here so beskaamd wees oor my slefgesentreerdheid.

 

Daar is iets wat normaal is wanneer ek myself onvoorwaarde-lik beskikbaar stel, hoe meer ek gewillig is om myself bloot te stel hoe meer sal ek onder die sprevuur beland en meer misverstande ontstaan. Laat Hom toe om deur jou te werk sowel as om te wil.

 

***************************

 

Die doel agter 1 Joh.3:14-24

 

Efe.2:1-5 verwys na ‘n daatwerklike daat waarin die Here vir jou en vir my uit die dode wakker gemaak het. Hierdie opwekking uit ons doodse slaap toe ons weergebore geword het het ‘n tweeledige uitwerking in jou en my lewe: Eerstens in die gees van die mens sal ek weet, dat daar ‘n totale verskil ingetree het. Iets het met my gebeur. Die verandering is geestelik sigbar, want daar is ‘n totale nuwe gesindheid teenoor die Here, en ‘n nuwe beweiging van die siel wat na geestelike dinge verlang, ek wil tussen die kinders van die Here beweeg.

 

Dan vind daar ook ‘n morele verskil plaas, en is in die gehel van die mens sigbaar, soos ook in Efe genoem word. Die lewend maak en die opwekking vanuit die paaie van doodsheid uit die verlede na ‘n nuwe menier van wandeling vs.1-4. Die nuwe geboorte is nie maar iets wat oor gedroom word nie, dit is iets daadwerkliks wat gebeur het, ma.a.w. ek kan nie geestelike lewend gemaak word maar my morele lewe het nie verander nie, dan het daar geen verandering plaasgevind nie. Rom.6:1-23.

 

Die sigbare bewys van ‘n verandering wat deur genade sal plaasvind en ‘n voortdurende aanhoudende van genade kan soos volg opgesom word:

 

a) ‘n Verlange en desperaatheid om die Here te wil  gehoorsaam. Matt.7:21 Hy wat die wil doen van My Vader.

b) ‘n Radikale breek met die ou lewe Rom.6:1-2 1 Kor.6:11 Efe.5;3-10; 2 Tim.2:19; 1 Joh.2:15; 3:6-10

c) ‘n Weer instelling van ons lewens teenoor die Here en geestelike dinge  (Die leringe uit Handelinge en die Sendbriewe van Paulus en Openbaring)

d) Die liefde vir die broers met die kerk waar die soislae skaksleings gesoek word en die fokus daarvan is in 1Joh.3:14-17.

 

Ons kan nou ons direkte of onmiddelike stand voor die Here bepaal beide deur die innerlike getuienis van die Heilige Gees en ‘n erlike self ondersoek. 2 Kor.13:5 maan ons dat ons onsself moet ondersoek in die woorde: “Ondersoek julself of julle in die geloof is, stel julself op die proef. Of is julle nie seker van julself dat Jesus Christus in julle is nie – as julle ten minste nie verwerplik is nie.”

 

In hierdie gedeelte is daar ‘n paar teenstellings wat die skrywer gebruik om jou en my te maan om seker te maak dat ons lewenswandel reg is.

 

1)     Hy gebruik eerstens die twee broers: Kain en Abel om te vergelyk. Dan wys hy wat was Kain se optrede, bose werke

2)     Die wêreld en kinders van die Here: Waarin lê die verskil: Omdat ons oorgegaanhet uit die duisternis of dood na Sy wonderbare Lig

3)     Ons bereid sal wees om ons lewens af te lê: ‘n Tweede myl saam met iemand te stap, die bo-kleed af te haal en iemand te beklee.

 

4)     Dan praktiese toepassing: As ek iets het en my broeder sien skade ly en nie gee nie, sondig ek.

5)     Laat jou dade spreek dat jy nuut gemaak is.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

1 JOH.4:1

 

As daar ooit ‘n tyd is waarin die kerk an die Here Jesus gawes nodfig het is dity vandag, die gawe wat die belangrikste is, is die van onderskeiding en wysheid.

 

Ons lees in die tyd dat kennis vermeerder, dat mense ‘n behoefte het om die fiokus van alles te wees en dat die teen-woordigheid van die Here nie meer die norm moet wees nie. Allerhande ander dinge word geimplimenteer waar die skepsel bo die Skepper vereer word. Allerhande praktyke uit die oostese wêreld neem nou besit van die mens. Allerhande ondervindinge word nagejaag om iets te ondervind sonder om met die werklike Here Jesus te ontmoet.

 

Die fokus val op ondervindinge en kennis. Met die toegang van die internet het inligting by elke huis se deur gestop en is dit niks om op ‘n onderwerp te kliek en soveel kennis van allerhande kante oorlssi mee te word.

 

Johannes wil ons waarsku dat ons in ‘n tyd leef dat daar soveel dwalinge en ,isleidinge bestaan, dat ons werklik in die Here Jesus sal moet wanderl en gelei word deur die kosbare Heilige Gees om te kan onderskei.

 

In 2 Thess.2 verwys Paulus na die afval wat sal kom netvoor die koms van die wederkoms van die Here Jesus, dat Paulus die fokus daarop vestig dat ons met die oog op SY koms ons vereniging met Hom moet bewaar. Dat ons nie maklik mislei sal word deur een of ander invloed wat ons sal teister nie, asof die dag van die Here al daar is nie.

|Moet te alle tye nie mislei word of verboureerd word nie, bewaar jou stand in die Here Jesus. Weer beklemtoon Paulus dit dat daar ‘n afval moet plaasvind, waarin die mens van sonde geopenbaar moet word.

 

Dit is jui hierdie mens van sonde se gees, die gees van die Anti-chris wat nou in die wereld heers wat die werled voor berei vir sy verskyning. Hy wil net aanbidding van hierdie wêreld ontvang. Die duiwel wou in Jes.14 aanbidding ontvang het nou wil sy volgeling ook aanbidding ontvang, die fokus moet van die Here Jesus afgewend word.

 

In vs.7 verwys Paulus na die verborgenhied van ongeregtig-heid nou al aan die werk is, en dan vs.9 hy sal die mens verlei met allerhande misleidinge van kragtige dade en tekens en wonders van die leuen.

 

Hierdie misleidinge vind in hoofsaaklik drie afdelings plaas:

1) Die van valse profesië; 2) ‘n Valse messias, 3) valse wonderwerke.

 

Daarmee saam sal daar allerhande ongeregtighede gedoen word en omkoop geled gegee word vir die wat bereid is om die evngelie net effens te verdraai.

 

Waarin lê die verdraaidheid: Alles moet gedoen word sodat die fokus nie op die Here Jesus gesetel moet wees nie, ons kan enige ondervinding deelagtig word maar niks kan die realiteit van die heilige teenwoordigheid van die Here verruil nie.

 

Meer as ooit van te vore leef ons nou in die laaste dae, dikwels wanneer die Here Jesus en die profete van die Woord ons waarsku oor misledinge is dit gekoppel as die laaste dae.

 

Die hele wêreld le in di emag van die bose en alhoemeer sal misleiding van aale oorde die mensdom oorval maar die mees subtielste van almal is die vanuit die kerk. In 1 Thees.5:4 verklaar Pualus dat die Christene nie in duisternis gehul moet wees sodat die dag hulle nie sal oorval nie.

 

Die tekens van oorloeë gerugte van oorloë aardbewings en pessiektes kan ons gerdelik aanvaar dat dit deur dieeue daar was, maar dat dit in groter intensiteit toeneem is seker, maar daar is ander belangrike tekens wat aan ons verder bevestig dat ons in die laaste dae is soos: Vir die eerste keer in die ganse geskiednis is wapentuig ontwerp wat die ganse aarde binne ‘n kort tydjie kan vernietig, dan die massa kommuni-kasie netwerke en inligtings prosesse wat die hele wêreld ekonomies, polities en militer monitor.  Dit is die erste keer dat die profesië van Openb.13 so beslis vervul word. Dan is dit op die regte tydsberkeinng wanneer al die ander dinge ook saam in vervulling gaan.

 

Die eerste teken wat die Here Jesus gee as waarskuwing is:

 

 

  

 

 

 

 

1 Joh.5:1-13

 

INLEIDING:

 

Die laaste van die dissipels wat nog geleef het wat ook die Evangelie Johannes geskrywe het, wat die laaste N.T. boek was wat geskrywe was, vertel uit sy ryke erfaring die volgende:

 

“Wat van die begin af was

wat ons gehoor het

wat ons met ons oë gesien het

wat ons aanskou het

en ons hande getas het aangaande die Woord van die lewe

die lewe is geopenbaar, en ons het dit gesien

en ons getuig en verkondig aan julle die ewige lewe

wat by die Vader was en aan ons geopenbaar is,

wat ons gesien en gehoor het, verkondig ons aan julle

sodat julle gemeenskap met ons kan hê

en ons gemeenskap is met die Vader

en met Sy Seun Jesus Christus

dat julle blydskap volkome kan wees.

God is Lig en geen duisternis is in Hom nie

 

Ons beweeg nou nader na die einde van hierdie wonderlike boek en sal ons onthou dat hfst.1-2 vir ons verklaar dat die Here Lig is en word daar sekere eienskappe aan lig gekoppel.

 

1Joh.1:7 Verklaar dat as ons in die lig wandel soos Hy in die lig is het ons gemeenskap met mekaar en die Bloed van Jesus Christus reinig ons van alle sonde. Lig openbaar alle dinge.

Die hele brief Johannes is in die lig van sonde geskrywe hoe ek en jy staan t.o.v. die sonde probleem wat die mens tuister: Hy maak die duidelike onderskeid in 1 Joh.1:9 dat daar sondes is wat ons moet bely maar daar daar ‘n sonde probleem is waarvan ek en jy verlos moet word daarom dat Matt.1;21 verklaar dat Hy Jesus genoem moet word, want dit is Hy wat die volk van hulle sondes sal verlos.

 

Telkemale kom die woorde as ons sê of Hy wat sê nou na vore

 

1) Die teenstelling van lig sê vs.6 “As ons sê dat ons met Hom gemeenskap het en in die duisternis wandel dan lieg ons en doen nie die waarheid nie.

 

2) Aangaande Lig verklaar Hy verder: 1 Joh.1:8 “As ons sê dat ons geen sonde het nie, mislei ons onnself, en doen nie die waarheid nie”  M.a.w. in die lig van die Gnostieke het hulle verklaar dat hulle nie in die liggaam of in die siel was toe hulle gesondig het nie.  

 

3) 1 Joh.1:10 Kom die verklaring aangaande Lig: “As ons sê dat ons nie gesondig het nie, dan maak ons Hom tot ‘n leuen-aard en is Sy woord nie in ons nie”

 

4) 1 Joh.2:4 “Hy wat sê: Ek ken Hom – en sy gebooie nie bewaar nie,  – is ‘n leuenaaard en in hom is die waarheid nie”

 

6) 1 Joh2:6 “Hy wat sê dat Hy in Hom bly behoort self ook so te wandel soos Hy gewandel het”

 

7) 1 Joh.2:9-10 “Hy wat sê dat Hy in die lig is en sy brioeder haat, is in die duisternis tot nou toe.Wie sy broeder liefhet bly in die lig, en in hom is geen oorsaak van struikeling nie ”

 

In hfst 3-4 kry ons die eienskappe van ware liefde beginnende by hfst.2:29 waar toetse van ‘n ware wedergeboorte hoofsaaklik aanons gegee word:

 

1) 1 Joh.2:29 “As julle weet dat Hy regverdig is, dan weet julle dat elkeen wat die geregtigheid doen, uit Hom gebore is.”

 

2) 1 Joh.3:9 “Elkeen wat uit God gebore is doen geen sonde nie, omdat sy saad in hom bly en hy kan nie sondig nie, want hy is uit God gebore.”

 

3) 1 Joh.4:7 “Geliefdes laat ons mekaar liefhê; want die liefde is uit God en elkeen wat liefhet, is uit God gebore en ken God.”

 

4) 1 Joh.4:18-20 “Daar is geen vrees in die liefde nie; maar die volmaakte liefde dryf die vrees buite, want die vrees sluit straf in, en hy wat vrees het nie volmaak geword in die liefde nie. Ons het Hom lief, omdat Hy ons eerste liefgehad het. As iemand sê: Ek het God lief en sy broeder haat, is hy ‘n leuen-aar want wie sy broeder wat hy gesien het nie liefhet nie, hoe kan hy God liefhê wat hy nie gesien het nie.” 

 

Hoofstuk vyf is die aspek van ware lewe:

 

Ware lewe word deur die geloof geopenbaar:

 

Daar is vier beginsels wat aan geloof gekoppel word:

a) Geloof gaan begrip vooraf,

b) Geloof het begrip nodig,

c) Geloof  jaag begrip na

d) En geloof verkry begrip.  

 

Dit is nie ‘n geval wat dikwels by berading gedoen word om vir die siel te sê na aanduiding van o.a. 1 Joh.5:1 dat jy net moet glo dan sal jy gered word nie:

 

Wat gebeur alles met die daad van wedergeboorte en wat bly dan behoue:

 

Daar is sekere stappe wat geberu in die redding van ‘n kosbare siel:

 

1)     Die eerste is dat die siel sy behoefte na die Here moet besef, een of ander leegheid en besef dat my lewe mie met die Here reg is nie gryp my hart aan en ek weet dat ek my lewe moet regmaak.

2)     Ek sien my sonde raak soos Joh.16:8-9 dit verklaar dat die Heilige Gees my sal oortuig van sonde geregtigheid en oordeel.

3)     Ek bely met sonde in skuld en besef wat Kol.2:14 verklaar dat die skuldbrief wat teen ons was uitgedelg word en ek word regverdig verklaar.

4)     Nou kom die kosbare Heilige Gees in my hart en delg die skuld uit en styel my in ‘n staat waarin ek nooit voorheen geleef het nie, Hy red my 11 Kor.5:17 daarom as iemand in Christus is is hy ‘n nuwe skepsel, die ou dinge het verby gegaan, kyk dit het alles nuut geword…”

5)     Dan kom die aannewing en Hy maak my Sy kind Joh.1:12 aan almal wat Hom aangeneem het aan hulle het Hy die mag gegee om kinders van God genoem te word.

6)     Nou ontvang ek die getuienis van die Heilige Gees en ek weet dat die Here my siel gered het en my totaal nuut gemaak het, alles het verander en staan in ‘n verhouding met die lewende God.

 

1 Joh.5 verklaar aan ons wat gebeur as ons gered word:

Daar is getuienisse wat telkemale genoem word:

 

Vs.2 Ons het God lief en die mede kinders van die Here.

Vs.3 Ons bewaar Sy gebooie.

Vs.4 Ons oorwin die wêreld deur die geloof.

Vs.5 Ons oorwinning lê in die geloof van die Here Jesus.

Vs.6 Die oorwinning lê in die kruisdood van Christus.

Vs.7 Die getuienis wat ons ontvang is eerstens uit die hemel nl, die Goddelike Drie-eenheid.

Vs.8 Die getuienis op die aanrde wat jy en ek ondervind is Gees die water en die bloed.

Vs.9 Die getuienis wat ons van die Here ontvang is aangaande Sy Seun, waarvan Hy getuig het.

Vs.10 Hierdie afronding uit voorafgaande gedeelte gee aan ons die getuienis, wie dit nie het nie het nie die lewe nie.

Vs.11 Die getuienis is dat ons die ewige lewe het

Vs.12 Die getuienis gaan saam met lewe in die Seun van God

Vs.13 Dit is ‘n vaste wete aangaande die ewige lewe.

Vs.14 Nou as ek die getuienis het het ek vrymoedigheid

Vs.15 Nou is hierdie getuienis ook gekoppel aan gebed en kan ons enige iets vra wat volgens Sy wil is.

Vs.16 Daar is ‘n deernis vir my mede broeder om vir hom te bid waneer ek sien dat hy nie opsetlik struikel nie.

Die sonde wat tot die dood lei is doelbewuste sondes waarin iemand sy hart verhard om nie daarvan te bekeer nie.

Vs.17 Die kern is weer hierin geopenbaar alles in my ver-houding tot die Here staan alles tov. Van sonde.

 

Vs.18 Hy wat uit God gebore is bewaar homself en die bose het geen vatplek op hom nie.

Vs.19 Ons weet dat die hele wêreld in die mag van die bose is

Vs.20 Hy gee ons verstand om te kan onderskei en die ewige lewe deelagtig word.

Vs.21 Dan bewaar jullesef van die bose.

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00