LESING 1.

DIE BESTAAN VAN DIE HERE:

 

INLEIDING:

 

Om ons studies vir die toekoms te begin is dit nodig dat ons by die Here moet begin. Ons sal alhoemeer met atieste, skeptici en kwel-vraers te doene kry wat bewyse wil hê dat daar ‘n God is.

                                                                             

Vir die natuurlike mens, hy wat nog nie sekerheid het van geloof het nie, is dit moeilik om te glo in dit wat hy nie kan sien, aanraak of voel nie (1 Kor.2:14).

 

Vir die Christen is die probleem opgelos binne die eerste vers in die Bybel. “In die begin het God die hemel en die aarde geskape.” Gen.1:1.

 

Die Bybel is nie ‘n teksboek wat die bestaan van die Here probeer bewys nie, maar begin met ‘n defenitiewe feit dat die Here bestaan.

 

Dit was nooit deur enige skrywer gepoog om die bestaan van die Here te probeer bewys of te bevestig nie.

 

Die Bybel stel dit eenvoudig dat dit ‘n dwaas is wat nie in die bestaan van die Here glo nie. Ps.14:1 “Die dwaas sê in sy hart: Daar is geen God nie.”

 

Enige iemand met verstand sal besef dat daar genoeg bewyse is dat daar ‘n God is.

 

Die grootste bewys van Sy bestaan in ons daaglikse lewe, buite die Bybel is die voorreg om daagliks gemeenskap met Hom in gebed te hê.

 

Ek weet dat daar ‘n God is omdat ek met Hom praat, en dat Hy my hoor, en verantwoord alhoewel ek sag gebid het, het Hy geantwoord.

1)      BEWYSE UIT DIE BYBEL:

 

Ps.19:2 “Die hemele vertel die eer van God, en die uitspansel ver-kondig die werk van Sy hande.” Die skoonheid en heerlikheid van die hemele spreek duidelik en hard dat daar ‘n God is.

 

Rom.1:20 Gaan verder deur vir ons te sê dat die skepping vertel ons van die ewige krag van die Here “Want Sy onsigbare dinge kan van die skepping van die wêreld af in sy werke verstaan en duidelik gesien word, naamlik sy ewige krag en goddelikheid, sodat hulle geen verontskuldiging het nie;”

 

Die persoon wat bereid is om die Bybel te glo sal die feit dat die Here bestaan maklik aanvaar. Kom ons kyk na ander minder oortui-gende maar tog kragtige argumente.

 

11) DIE BEWYS VAN ONS GEWETE:

 

Die mens is gebore met ‘n universele geloof in ‘n Goddelike wese; geen stam is ooit ontdek wat hierdie begrip nie ken nie. Hulle weet dat een of ander Wese die skepping gemaak en dit instand hou.

 

Rom.2:15 “omdat hulle toon dat die werk van die wet in hulle harte geskrywe staan, terwyl hulle gewete saam getuienis gee en die ge-dagtes mekaar onderling beskuldig of ook verontskuldig,”

 

Die bestaan van die Here word in die menslike gewete ingeskerp.

Hand.17:23 “Want terwyl ek rondgegaan en julle heiligdomme aan-skou het, het ek ook ‘n altaar gevind waarop geskrywe is:  Aan ‘n onbekende God. Hom dan wat julle vereer sonder om Hom te ken, verkondig ek aan julle.”

 

Gewete vertel aan die mens dat daar ‘n God is, hoewel hulle Hom nie persoonlik ken nie.

 

Somige atieste sal probeer sê dat daar nie ‘n gewete is wat aan hulle bevestig dat daar ‘n God is nie.

 

Dit is te betwyfel of ons ‘n ware aties ooit sal vind, omdat hulle mense is wat hulle gewete stil gemaak het. Matt.6:23 “As dan die lig in jou donkerheid is, hoe groot is die donkerheid nie.”

 

Sommige mense is so verblind dat hulle die bestaan van die son en die hemelruim mag betwyfel maar hulle kan die feite dat die son en die maan elke dag opkom en ondergaan nie betwyfel nie.

 

Die eerlike mens sal ondervind dat daardie innerlike stil stem aan hulle sal bevestig dat daar ‘n God is, en dat Hy lewend is.

 

Atieisme is een van die duiwel se gereedskap stukke om die mens aan die slaap te sus sonder om redding te aanvaar.

 

As daar nie ‘n God is nie, is ek nie verantwoordelik vir enige iemand en sal ek kan leef en sterf soos ek wil.

 

In elke mense is daar selfs net ‘n oomblik waarin hy besef dat daar ‘n God is, en sal net ‘n dwaas dit ontken.

 

Om op te kyk en ‘n vliegtuig te sien, en nie die loots nie, en dan te sê dat die vliegtuig sonder ‘n loots is, is so absurt as om na die hemel op te kyk en te sê dat daar nie ‘n God is nie, eenvoudig omdat ons Hom nie kan sien nie.

 

Net ‘n paar mense het al ooit die brein lewend gesien, tog weet ons dat ons een besit weens ‘n sentrale beheer sisteem in die liggaam wat alles laat funksioneer. Omdat ons die skepping sien, glo ons in ‘n God.

 

111) DIE SKEPPINGS ARGUMENT,

OF DIE ARGUMENT VAN REDE:

 

Die wêreld is hier, en dit moes van elders gekom het. Iemand of iets moes dit een of ander stadium tot stand laat kom het.

 

Hier is ‘n Boek, iemand moes dit geskrywe het, geen drukkery kan bloot ‘n boek uit niks tot stand laat kom nie.

 

Iemand bou ‘n gebou, iemand moes dit ontwerp het en Iemand moes die bome geskep het en Iemand moet die heelal in stand hou.

 

As al die dele van ‘n horlosie in ‘n blik gehou word, en die blik kan vir baie jare saggies geskud word, sal die dele nie vanself saggies bymekaar uitkom nie.

 

Die enigste logiese antwoord vir die probleem van die onstaan van die wêreld is die bestaan van ‘n Bo-natuurlike intellegente Wese wie ons die Here noem.

 

1V) DIE ARGUMANT VAN ONTWERP:

 TELEOLOGIES

 

‘n Horlosie bestaan nie net alleen nie, maar moes deur iemand ont-werp gewees het. Dit was vir ‘n spesifieke rede ontwerp.

 

‘n Horlosie was nie ontwerp vir muskiete om in te woon nie, dit was deur ‘n intellegente persoon ontwerp vir die spesifieke doel in lewe. Die kleure van ‘n voël se doel vir verdediging van die diere is nie per toeval nie, hulle is die resultaat van ‘n plan van ‘n Bo-natuurlike  verstand van die Skepper.

 

V) DIE MORELE ARGUMENT:

ANTROPOLGIE

 

Die mens het ‘n intellegente en morele natuur, wat bewys dat die Here nie net uitstaande intelegent is nie, maar ‘n Absolute verhewe God bo alle bestaan.

Gen.1:26 + 27 “ En God het gesê: Laat ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip. En God het die mens geskape na Sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape.”

 

Ps.94:9 “Sou Hy wat die oor plant, nie hoor nie, of Hy wat die oog formeer, nie sien nie?” Die Here het aan die mens ore en oë en kennis en ‘n wilskrag gegee wat dinge is wat Hy besit.

 

Die gewete leer die mens wat reg en verkeerd is, wat goed en sleg is, want die Skepper is ‘n morele Wese wat heilig is, en geregtigheid liefhet en wat die bose haat.

 

VI) DIE LEWE AS ARGUMENT:

 

Lewe kom van lewe, en die oorspronklike lewe moes van ‘n Persoon gekom het wat ewige lewe besit, dit is lewe wat bestaan het voor fisiese lewe bestaan het.

 

Waar kan sulke lewe gevind word? Dit kan alleen in die Here gevind word, wat ewige lewe besit Ps.36:10 “Want by U is die fontein (bron) van die lewe:”

 

Die appelboom kry sy lewe van die moederstam, en die lammetjie van die ma skapie. Maar waar het hulle lewe ontvang? Ons kan teruggaan na die oorspronklike skepping.

 

Die Here Jesus sê in Joh.11:25 “Jesus sê vir hulle: Ek is die opstan-ding en die lewe; wie in My glo, sal lewe al het hy ook gesterwe.”

 

In Joh.10:28 “En ek gee julle die ewige lewe…”

Alle lewe het vanuit die Here onstaan. Die teorie van natuurlike ont-wikkeling is oor en oor as verkeerd bewys, en is onaanvaarbaar vir outoritêre wetenskaplikes.

Lewe moet ‘n begin hê. Die enigste logiese antwoord is dat die begin by die Here self was.

 

VII) DIE GEPASTE ARGUMENT:

 

Die teorie van die aties los geen probleem op nie, maar vermeerder bloot net onopgelosde probleme.

 

Die aanvaarding van die bestaan van die Here as Skepper van die wêreld is soos ‘n wonder sleutel wat in al die feite pas van die Here as Skepper, openbaring en kennis en wetenskap.

 

Die leerstelling van die Bybel is onwrikbaar en onveranderlik getrou vir die wat gewillig is om daarvolgens te leef en oplossings te bied in die area van die siel se vrae.

 

SLOTSOM:

 

Atiesme is bloot ‘n reuse vertwyfeling en ongeloof wat tot uiterste duisternis sal lei en verwarring vir een wat dit sal aanvaar.

 

Die aanvaarding van Gen.1:1 “In die begin het God…” sal die ern-stige soeker na die pad van voller openbaring lei na die Here Hom-self.

 

Hebr.11:6 “Hy wat tot God gaan moet glo dat Hy is, (dat Hy bestaan).

 

Laat ons soos kinders na Hom toe gaan in eenvoudige geloof, gebas-seer op die openbaring van die Here in Sy Woord, en aard en glo en vertrou Hom volkome.

  

************************

 

 

 

LESING 2.

DIE PERSOON VAN GOD:

1 Tim.6:16

 

“…wat alleen onsterflikheid besit en ‘n ontoeganklike lig bewoon, wat geen mens gesien of kan sien nie, aan wie toekom eer en ewige krag…”

 

Die Here kan alleen deur Sy eie openbaringe Homself bekendstel en hoewel hierdie openbaringe beperk in weens die menslike faktor, is dit binne die raamwerk van ons menslikheid voldoende.

 

Die ard van die Here is prosesmatig aan diemens geopenbaar deur die Goddelike Name.

1) Die eerste Naam waarin Hy Homself kom openbaar het is ELOHIM: In sy eenvoudigste vorm beteken dit KRAG.  Dit wys daarop dat Hy die besitter van alle vorme van krag is. Dit word altyd in di emeervoud gebruik om die volheid van heer-likheid en die majesteit waarin hierdie krag woon te omskrywe.

 

2) Die tweede Naam is JEHOVAH of JAWEH. Die is ‘n werkwoord en word aan Moses as die “Ek is wat Ek is” geopenbaar. Dit dui op die volheid van die Here aan Sy mense en word hierdie naam met ander eienskappe van Hom gekoppel: bv. JEHOVAH JIRAH: “Ðie Here sal voorsien. JOHOVAH NISSI: Die Here is my banier. JEHOVAH SHALOM Die Here gee vrede. JEHOVAH TSIDKENU Die Here ons geregtigheid. Dan word dit met gekombineerde name gebruik soos:  ELOHIM JEHOVAH Wat die Here as Skepper en Verlosser aandui.

 

3) ‘n Ander manier waarop Hy hOmself openbaar is deur die EL SHADDAI wat uit die wortelwoord Sahd bestaan wat bors beteken. Dit dui op SY vertroostende hoedanigheid, en Hy wat krag gee.  Een wat Homself aan die Christen uitgiet. Dit dui op die Gees van liefde of die Vertrooster.

 

Die woord ADDONAI dui op die Here en word gebruik uit twee oorspronklike woorde ELOIM en JEHOVAH Wat heerskappy aandui in teerheid.

 

JEHOVAH is die Naam waardeur die mens nie kommunikeer nie, glo die Jode dat daar ‘n sekere suspisie aan dit gekoppel is. Dit word gebruik saam met ADONAI toe Thomas gesê het: MY Here en My God.

 

DIE CHRISTEN SE BEGRIP VAN DIE HERE:

 

Saam met die Goddelike Name waarmee die Here Hom in die O.T geopenbaar het was daar sekere begrippe wat Hy met SY dissipels behandel het in die N.T. wat Hy vir die Christen gebêre het.

 

1) God die Gees.          2) Die God van lewe,    3) Die God van Lig     4) Die God van liefde.

 

1)      God die Gees:

 

Joh.4:24 God is Gees en wie Hom moet aanbid moet Hom in Gees en waarheid aanbid.

 

Hier dui Hy op die persoonlikheid van die Here aan, en dui op ‘n verhouding wat daar tussen die Here en die mens is. Dit is op die basis waarop ons gees met die Gees van die Here verenig is. As Gees is die Here die ewige, self geopenbaarde wese, wat lig en waarheid en kennis in ons siele skyn.

 

2) God is lewe: Joh.5:26 “Want soos die Vader lewe het in Homself, so het Hy aan die Seun ook gegeeom lewe in Homself te hê.”

 

Hy verklaar van Homself: Ek is die weg die waarheid en die lewe.

 

Die woord lewe dui op georaganiseerde lewe, wat die mens insluit, en die volheid van waarheid, orde, perposrsies harmonie ens insluit. 

Die Here is bo alle pasiviteit verhewe.

 

3) God is Lig: 1 Joh1:5 God is Lig en in Hom is daar geen duisternis nie. Dit is die kontras tussen lig en duisternis soos heiligheid en sonde.

 

Lig syn uit SY heiligheid. Duisternis is morele vervallenheid wat die afwesigheid van lig is. 11 Kor.4:4 Se Paulus dat die duiwle die oe van die wat nie glo nie verblind.

 

Dit beteken ook dat tot in die diepstes van SY wese is daar geen duisternis nie.

 

4) God is liefde: 1 Joh.4:8 God is liefde en Hy wat met die Here wandel wandel in liefde.

 

Liefde vereis beide ‘n persoon wat liefde gee en een wat liefde ontvang. Liefde word die band van volmaaktheid.En dit onderskei van alle ander soorte liefde.

 

INLEIDING:

 

Die studie van die Here was iets wat filosowe oor die eeue heen wil bemeester. Sommige sit en mediteer met die hoop dat hulle in die sfeer van die ewige Wese kan kom. Die enigste ware kennis aan-gaande die Here is Sy Woord (die Bybel).

 

Joh.1:18 “Niemand het ooit God gesien nie; die eniggebore Seun

               wat in die boesem van die Vader is, die het Hom verklaar.”

1 Joh.4:12 “Niemand het God ooit aanskou nie. As ons mekaar lief-

              het, bly God in ons en het sy liefde in ons volmaak geword.”

Ex.33:20 “Verder het Hy gesê: Jy kan my aangesig nie sien nie,

                 want geen mens kan My sien en bly lewe nie.”

Ex.33:23 “En as Ek my hand wegneem, sal jy My van agter sien;

                 maar my aangesig kan nie gesien word  nie.” 

 

Sover ons weet was Moses die enigste persoon wat met die Here ge-praat het en ‘n deel van Hom gesien het. Die Here Jesus wat die Seun van God is, kom vanuit die hemel om die Vader aan ons te openbaar. Hy het met Filippus gepraat in Joh.14:7-11 en gesê: dat Hyself die openbaring van die Vader is.

 

Heidense wysheid sê: “Die mens ken homself,” maar die Here Jesus sê: “Die mens leer van die Vader.”

 

Joh.17:3 Sê vir ons om die Here en Jesus Christus te ken is om die ewige lewe te hê. “En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Jesus Christus wat U gestuur het.”

 

1) DIE HERE SE PERSOONLIKHEID:

 

Persoonlikheid word gekenmerk deur kennis, gevoel en wilskrag te verkry. ‘n Afgod bestaan uit ‘n persoonlikheid, maar dit ken nie voel nie en reageer nie.

 

Onse God is ‘n individu wat lewend is en defenitiewe karakter eien-skappe het. God is ‘n Persoon. Hy is nie ‘n invloed of ‘n onsienlike krag of krag soos elektrisiteit nie.

 

Jer.10:10 “Maar die Here is waarlik God, Hy is die lewende God,

                Hy is die lewende God en ‘n ewige Koning: vir sy toorn

    beef die aarde, en die nasies kan Sy grimmigheid nie verdra nie -”

Hand.14:15 “Ons is net sulke mense soos julle, en ons verkondig die

                     evangelie dat julle jul van hierdie nietige dinge moet

                    bekeer tot die lewende God wat die hemel en die aarde

                   en die see en alles wat daarin is, gemaak het.”

1 Thess.1:9 “…en hoe julle jul van die afgode bekeer het tot God om

                       die lewende en waaragtige God te dien.”

11 Kron.16:9 “want die Here – sy oë deurloop die hele aarde om diegene kragtig te steun wie se hart onverdeeld op Hom gerig is; …”

 

Die bewegende oë weerpieël lewe en ‘n persoonlikheid onbekend aan afgode en valse gode.

Ps.94:11 “Die Here ken die gedagtes van die mense –“.

 

2) GOD SE NATUUR:

 

God is Gees. ‘n Gees is soos ‘n spook. ‘n Gees het nie vlees bloed en bene nie.

 

Luk.24:39 “Kyk na My hande en voete, want dit is Ek self. Voel aan 

            My en kyk; want ‘n gees het nie vlees en bene soos julle sien” 

 Joh.4:24 “God is Gees en die wat Hom aanbid, moet in gees en 

                 waarheid aanbid.”

1 Tim.1:17 “Aan die Koning van die eeue, die onverderflike, onsien-

                   like alleenwyse God, kom toe die eer en heerlikheid tot in

                  alle ewigheid Amen.”

1 Tim.6:16 “wat alleen onsterflikheid besit en ‘n ontoeganklike lig

                   bewoon, wat geen mens gesien het of kan sien nie, aan

                  wie toekom eer en ewige krag. Amen.”

 

3)      DIE HERE SE EENHEID:

 

Die Here onse Here is een God, in teenstelling met meer as een af-god in afgodediens.

 

Deut.6:4 “Hoor Israel die Here onse God is ‘n enige Here.”

Jes.44:6 “So sê die Here, die Koning van Israel en sy Losser, die

              Here van die leerskare: Ek is die Eerste, en Ek is die Laaste,

             en buiten My is daar geen God nie.”

Jes.45:21 “Verkondig en bring voor, ja laat hulle saam raad hou:

              Wie het dit van ouds af laat hoor, lank tevore dit verkondig? Is dit nie Ek, die Here, nie? En buiten My is daar geen ander God nie: ‘n regverdige en reddende God is daar buiten My nie.”

 

4)      DIE HERE SE NATUURLIKE EIENSKAPPE:

 OF ATTRIBUTES

 

‘n Attribuut is ‘n kwaliteit, eiendom of unieke karakter eienskap van iets. Ons redeneer dat: om God te wees moet Hy sekere basiese kwaliteite besit, wat die volgende inhou:

 

1) Hy is ewig: Om ‘n ware God te wees moet Hy nie ‘n begin of ‘n einde hê nie. ‘n Afgod is hierin gediskwalifiseerd omdat dit deur iemand gemaak is, en daarom ‘n begin het.

 

Ps.90:2 “Voordat die berge gebore was en U die aarde en die wêreld

               voortgebring het, ja, van ewigheid tot ewigheid is U God.”

1 Tim.1:17 “Aan die Koning van die eeue, die onverderflike,…”

Ps.102:25; 28. Jes.57:15. Gen.1:1 “In die begin het God.”

Die Here bestaan van alle ewigheid af.

 

2) Hy is onveranderlik. Die Here het Homself daaraan verbind dat Hy onveranderlik is. 

 

1 Sam.15:29 “En ook lieg die Roem van Israel nie, en Hy ken geen

             berou nie; want Hy is geen mens, dat Hy berou sou hê nie.”

Mal.3:6 “Want Ek die Here het nie verander nie; en julle kinders

               van Jakob, is nie verteer nie.”

Jak.1:17 “Elke goeie gif en elke volmaakte gawe daal van bo af neer,

               van die Vader van die ligte, by wie daar geen verandering

              of skaduwee van omkering is nie.”

 

3) Hy besit alle mag (almagtig). Om hieraan kort te kom sou Hy geen God gewees het nie.

 

Gen.1:1 “In die begin het die Here die hemel en die aarde geskape.”

Skepende krag.

Gen.1:3 “En God het gesê: Laat daar lig wees! En daar was lig.”

 

Die mens vervaardig dinge uit bestaande matreriaal, voorwerpe is goed en volmaak . Gen.1:4 “Toe sien God dat dit goed was.”

 

Job.42:2 “Ek weet dat U alles kan doen en geen plan vir u onuitvoer-

                baar is nie.”

Ps.33:9 “want Hy het gespreek en dit was; Hy het gebied en dit               

               staan.”

Jer.32:27 “Kyk Ek is die Here, die God van alle vlees; sou enige

                ding vir My te wonderbaar wees?”

 

4) Hy is ooral op een slag ooral teenwoordig (Hy is alomteenwoor-dig). 1 Kon.8:27

 

Ps.139:7-10 “Waar sou ek heengaan van u Gees en waarheen vlug

         van U aangesig? Klim ek op na die hemel, U is daar en maak 

        ek die doderyk my bed, kyk U is daar! Neem ek die  vleuels van 

      die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar

      sou u hand my lei en u regterhand my vashou.” 

Jer.23:23 “Is Ek ‘n God van naby, spreek die Here, en nie ‘n God

                  van ver nie?”

Efe.1:23 “wat Sy liggaam is, die volheid van Hom wat alles in almal

                vervul.”

 

5) Hy het ‘n kennis (alwetend). Niks is vir die Here verborge nie.

 

1 Kron.28:9 “… want die Here deursoek alle harte, en Hy verstaan

                    elke versindsel van die gedagtes.”

11 Kron.16:9 “want die Here, Sy oë deurloop die hele aarde om die-

       gene kragtig te steun wie se hart onverdeeld op Hom gerig is…”

Ps.94:11 “Die Here ken die gedagtes van die mens –  dat hulle

                nietigheid is.”

Dan.2:20 “Mag die Naam van God geprys word van ewigheid tot

                ewigheid, want die wysheid en die krag is syne.”

Job.42:2 “Ek weet dat U alles kan doen en geen plan vir U onuit-

                 voerbaar is nie.”

Jes.40:28 “…daar is geen deurgronding van Sy verstand nie.”

 

5)      DIE HERE SE MORELE EIENSKAPPE.

 

1) Die Here is heilig: –         Ex.15:11; 1 Sam.2:2; Jes.6:3; 1 Pet.1:16.

2) Hy is regverdig: –              Ps.116:5; Esra 9:15; Ps.145:17; Jer.12:1.

3) Hy is genadig: –             Ps.103:8; Deut.4:31; Ps.86:15; Rom.9:18.

4) Hy is liefde: –          1 Joh.4:8-16; Joh.3:16; 1 Joh.3:16; Joh.16:27.

5) Hy is getrou: –                1 Kor.1:9; 11 Tim.2:13; Deut.7:9 + 32:4.

 

a) Hy is Groot:-                        Ex.15:11; Ps.145:6 

b) Genadig: –                            Ex.34:6; Ps.116:5.

c) Geduldig:-                            Num.14:18; Miga.7:18

d) Jaloers:-                               Jos.24:19; Nahum.1:2

e) Begripvol:-                           1 Kon.8:23                

f) Groot: –                                 11 Kron.2:5; Ps.86:10

g) Ondergrondelik: –                 Job.11:7; Ps.145:3   

h) Onsigbaar-                          Job.23:8-9; 1 Tim.1:17  

i)  Goed:-                                 Ps.25:8; 119:68

j) Opreg:-                                 Ps.25:8; 92:15     

k) Onveranderlik:-                   Ps.102:26-27; Jak.1:17   

l)  Lig:-                                     Jes.60:19; 1 Joh.1:5        

m) Waarheid: –                         Jer.10:10      

n) Volmaak:-                            Matt.5:48                     

o) Onverganklik:-                     Rom.1:23

p) Onsterflik:-                           1 Tim.1:17; 6:16   

q) Verterende vuur:-                 Hebr.12:29 

r) Niemand is soos Hy nie:-       Ex.9:14; Deut.33:26.

 

**********************

 

 

 

 

 

 

 

 

 

LESING 3:

DIE HERE IS ‘N GABALANSEERDE WESE:

 

INLEIDING:

 

 

God is heilig, liefdevol, getrou en genadig tog reg en regverdig. Baie mense het wanbegrippe aangaande die Here. Sommig oorbeklemtoon Sy liefde, en vergeet dat Hy terselfdertyd regverdig en heilig is. Die liefde van God laat Hom toe om sonde te vergewe en genade aan ‘n belyde sondaar te bied.

 

Die heiligheid en regverdigheid van die Here vereis dat sonde gestraf moet word tot die volle maat van die wet. Rom.6:23. “Die loon van die sonde is die dood,…” Ex.18:20. As die Here maar net bloot ‘n menslike wese was sou Hy totaal frusteerde gewees het met die on-stabiele emosies en begeertes wat twee kante van konstante konflik is. Die Here is nie ‘n mens nie, en die twee teenoorstaande emosies werk saam in volkome harmonie vir die een wat alles totaal aan die Here oorgegee het en gereinig is, en begin ‘n Bybels gebalanseerde lewe te lei.

 

Die argument dat die hel onmoontlik is omdat ‘n liefdevolle God nie iemand (wat hulpeloos is) na die hel kan stuur, om vir ewig te brand is ‘n ongebalanseerde siening van die Here.

 

Om die vreeslikheid van die hel en die wonder van Golgota te ver-staan sal u en my opnuut motiveer om soveel meer vir die Here te doen, en sal ons soveel meer verstaan aangaande die toorn van die Here oor sonde. (11 Kor.5:11).

 

Die heiligheid van die Here vereis dat u en ek heilig moet leef. Die wet van die Here kondig ‘n ewige veroordeling oor die skuldige sondaar in lyn met Sy regverdigheid aan. Een van die grootste won-dere van ons tyd is dat die Here vir ons ‘n weg van uitkoms voorsien wat beide Sy heiligheid en Sy liefde bevredig. Hierdie oplossing bevredig ook die wet van die Here, en laat die mens met ‘n vrye wil wat redding kan kies of die oordele van die Here oor sy lewe. Of die hemel of die hel.

 

1) GOD IS HEILIG:

 

Ons sal ons nooit aan iets ander kan indink as ‘n God wat volmaak heilig is nie. Om heilig te wees beteken om vry van sonde en die smet daarvan te wees, dit is om rein te wees. Die Here is absoluut rein. Hab.1:13 “U, wat te rein is van oë om die kwaad aan te sien en die onreg nie kan aanskou nie – waarom aanskou U die trouelose, swyg U wanneer die goddelose die verslind wat regverdiger is as hy?”

 

God die vader het Sy aangesig van Sy eie Seun gedraai toe Hy op die kruis gesterf het.

 

Ex.15:11 “O, Here wie is soos U onder die gode? Wie is soos U, 

                  verheerlik in heiligheid, gedug in roeryke dade, een wat

                  wonder doen?”

1 Sam.2:2 “Niemand is heilig soos die Here nie; ja, daar is niemand

                   buiten U, en daar is geen rots soos onse God nie.”  

Jes.6:3 “En die een het die ander toegeroepen gesê: Heilig, heilig,

              heilig is die Here van die leerskare.”

1 Pet.1:15-16 “Maar soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet

                        julle ook in jul hele lewenswandel heilig word, omdat

                       daar geskrywe is: Wees heilig, want Ek is heilig.”

 

Die heiligheid van die Here verwyder Hom van die vervalle mens Efe.2:13 “Maar nou in Christus Jesus het julle wat vroeër ver was,

                naby gekom deur die bloed van Christus.”

 

Die enigste wyse waarop die mens hierdie heilige God kan nader is nie deur iets wat ons verrig of doen nie, maar alleen deur die bloed van Christus. Die Here is heilig en Hy haat sonde. Sy heilige toorn moet sonde straf . Dit is die verduideliking van Jes.53:6, toe die Vader Sy Seun verlaat het en Hom vir ons sondes laat straf het.

Die liefde van die Here vir sondaars sal nooit waardeer kan word as dit nie in die lig van SY toorn gesien kan word nie. Die opdrag was vrywilliglik deur Sy Seun op die kruis uitgevoer en was volkome deur die Vader aanvaar.

 

2) GOD IS LIEFDE:

 

1 Joh.4:8 “Hy wat nie liefhet nie, het God nie geken nie, want God is liefde.” Dit is nie net ‘n werkwoord wat sê dat God liefdhet nie, maar ‘n selfstandige naamwoord wat sê: God is liefde.

 

As die Here in my hart kom woon met wedergeboorte dan moet ek liefhê omdat ek deur Liefde besit is.

1 Joh.4:7 “Geliefdes, laat ons mekaar liefhê; want liefde is uit God, en elkeen wat liefhet, is uit God gebore en ken God.”

 

Wat is liefde? Liefde is ‘n begeerte vir en ‘n vreugde om te sien dat die welstand van aan die een geopenbaar word wat uit God gebore is. Ware liefde het ook die sondaars lief selfs my vyande (Matt.5:44-45)

Die liefde van God is in Sy Seun geopenbaar en aan alle gereddes in besonder. 

 

Joh.16:27 “want die Vader self het julle lief, omdat julle My liefge-

                  had het en geglo het dat Ek van God uitgegaan het.”

 

Die Here het die wêreld lief (Joh.3:16), wat Hom genoodsaak het om aan ‘n plan te dink waardeur die mens gered kan word, om die mens die geleentheid te gee om van die komende oordeel en wraak nl. die hel te ontvlug.  God as ‘n liefdevolle Vader openbaar Sy liefde aan die Christen deur tugtiging. (Hebr.12:6)

 

3) GOD IS GETROU:

 

1 Kor.1:9 “God is getrou, deur wie julle geroep is tot die

                  gemeenskap met sy Seun Jesus Christus.”

Deut.7:9 “Jy moet dan weet, dat die Here jou God, God is, die ge-

           troue God wat die verbond en die goedertierenheid hou vir die wat Hom liefhet en sy gebooie onderhou, in duisend geslagte.”

 

Wat beteken die woord getrou? Dit beteken: iemand wat maklik vertrou kan word, wie betroubaar en standvastig is. Die Here is getrou want Hy in eerlik en verander nooit.

 

Hoe groot is die getrouheid van die Here? Dit bereik die hemel. Ps.36:6 “O Here, u goedertierenheid is tot in die hemele, u trou tot

              in die wolke.”

 Al die werk wat die Here doen is in getrouheid.

Ps.33:4 “Want die woord van die Here is reg, en al Sy werk is met

              trou.”:

 

Die Here se getrouheid word in die feit dat Hy Sy beloftes hou ge-openbaar en dat Hy elke Woord vervul, wat Hy gespreek het. Die Here is onveranderlik omdat Hy nie kan lieg nie, en nie berou het nie

Die Here gee elke belofte om te beskerm, ondersteunen om Sy kind in nood te lei.

 

2 Tim.2:13 “As ons ontrou is, Hy bly getrou; Hy kan Homself nie 

                    verloën nie.” 

 1 Kor.10:13 “Geen versoeking het julle aangegryp nie, behalwe ‘n

                      menslike nie; maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek sal word nie, maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan verdra.”

 

4)      DIE HERE IS GENADIG:

 

Ps:103:8 “Barmhartig en genadig is die Here, lankmoedig en groot

                 van goedertierenheid.”

Deut.4:31 “Want die Here jou God is ‘n barmhartige God; Hy sal jou nie verlaat en jou nie in die verderf stort nie; en Hy sal die verbond van jou vaders wat Hy hulle besweer het, nie vergeet nie.”

 

Instede van pyn en dood vir straf te bied vir sonde is die Here gena-dig en gee aan ons soveel seëning  – gesondheid, gerief, en aardse vreugdes om die verlorenes te red.

 

Matt.5:45 “sodat julle kinders kan word van julle Vader wat in die

                  hemele is; want Hy laat Sy son opgaan oor die slegtes en

           goeies, en Hy laat reën op die regverdiges en onregverdiges.” 

 

Die Here is soewerein en kan kies op welke wyse Hy Sy genade kan toon.

Rom.9:15 “Want aan Moses het Hy gesê: Ek sal barmhartig wees

                   oor wie Ek barmhartig wil wees en My ontferm oor wie

                  Ek My wil ontferm.”

 

Die genade van die Here was aan die menigdes ook geopenbaar. Ex.20:6 “en Ek bewys barmhartigheid aan duisende van die wat My

              liefhet en my gebooie onderhou.”

 

Hoe groot is die genade van die Here?

Ps.103:11+17 “Want so hoog as die hemel is bo die aarde, so gewel-

                     dig is sy goedertierenheid oor die wat Hom vrees. Maar 

         die goedertierenheid van die Here is van ewigheid tot ewig- 

       heid oor die wat Hom vrees, en sy geregtigheid vir kindkinders.”

 

Die Here het Sy genade uitgebrei aan die wat Hom vertrou. Ps.32:10 “Die goddelose het baie smarte, maar Hy wat op die Here vertrou – met goedertierenheid sal Hy hom omring.” Wanneer die berouvolle sondaar na die Here Jesus toe kom vir vergifnis, het hy nie regte waarop hy kan staan nie, maar werp homself oor op die genade van die Here. Ps.51:3 “Wees my genadig, O God, na U goedertierenheid; delg my oortredinge uit na die grootheid van U barmhartigheid.”

 

5)      GOD IS REGVERDIG:                                            

 

Deut.32:4 “Die Rots- volkome is Sy werk; want al Sy weë is straf-gerigte; ‘n God van trou en sonder onreg; regverdig en reg is Hy.”

Ps.19:9 “Die bevele van die Here is reg; hulle verbly die hart,…”

Onse Here is regverdig en sal geregtigheid meet aan die kwalifika-sies van Sy Woord, en elke indivudeel daarvvolgens oordeel.

Jes.45:21 “…En buiten My is daar geen ander God nie; ‘n regver-

                dige en reddende God is daar buiten My nie.”

Die Here wat regverdig en geregtig en heilig is, moet volgens Sy geregtigheid en eerbaarheid handel.

1 Sam.2:3 “…want die Here is ‘n God van diepe kennis, en deur

                    Hom word die dade beproef.”

Gen.18:25 “Sal die Regter van die ganse aarde geen reg doen nie?”

God se natuur en karakter lei Hom na dit wat reg is te alle tye. Hy as die Regverdige Regter sal die finale Regter van alle dinge wees. (1 Kon.8:32)

 

SLOT:

 

Hoe kan die Here beide liefde wees en terselfdertyd heiligheid vereis? Hoe kan Hy beide genadig en regverdig wees teenoor ‘n skuldige sondaar?

 

Die antwoord kan alleen in Golgota gevind word. Golgota was die uitbeelding van beide die toorn van God teen sonde em die genade van die Here teenoor ‘n skuldige sondaar soos u en ek. God is liefde maar nie hierdie soort sentimentele liefde wat sonde verskoon nie. Die liefde van die Here is beide heilig en regverdig. Om die Here te verstaan, Sy Wese, karakter en natuur of aard, moet ons Golgota bestudeer en ons sal dan begin te verstaan hoe die Here sonde haat en tog die sondaar liefhet.

 

Golgota bevredig die heiligheid en regverdigheid van die Here deur al die vereistes van die wet te vervul en die sondaar toe te laat om die hemel wettiglik in te gaan. Laat ons in ware aanbidding voor die Here buig wat volmaak is. Ons het die voorreg om Hom lief te hê, Hom te aanbid, Hom te dien, Hom te gehoorsaam, en Hom te vrees.

LESING 4

DIE DRIE –EENHEID:

 

INLEIDING:

 

Tot op hierdie stadium het ons geleer dat daar een God is – die Skepper van die wêreld. Deut.6:4 “Hoor Israel, die Here onse God is ‘n enige Here.” Daar is net een God.

 

‘n Diepte studie van die Woord sal vir ons leer dat daar Drie Persone binne hierdie Godheid is. Kol.2:9 “Want in Hom woon al die volheid van die Godheid liggaamlik.”

 

BESWARE: Hoe kan die Here drie Persone wees, en terselfdertyd een God wees? Sal dit nie drie gode wees en dan maar onder heiden-se gebruike val en Deut.6:4 weerspreek nie? Is die leerstelling aan-gaande die Drie Eenheid nie verwarrend en teenstrydig met rede nie?

 

Jes.55:8-9 “Want my gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle weë is nie my weë nie, spreek die Here. Want soos die hemel hoër is as die aarde, so is my weë hoër as julle weë en my gedagtes as julle gedagtes.” Uit hierdie gedeelte is dit duidelik dat die menslike ver-stand nie die Here sal kan begryp nie. Die woorde Dire-Eenheid of Drie Enige God vind ons nêrens in die Bybel nie.

 

1)      DIE BASIS VAN DIE LEERSTELLING

VAN DIE DRIE-ENIGE GOD:

 

1) Die doop van die Here Jesus: Matt.3:13-17, hier sien ons die Drie- Eenheid in werking. God die Vader spreek vanuit die hemel: “Dit is My geliefde Seun in wie Ek ‘n welbehae het.”  Die Here Jesus (Sy Seun) was fisies gedoop (in die water), en God die Heilige Gees het soos ‘n duif vanuit die hemel gedaal en op Hom kom sit.

2) Die doop formulier in Matt.28:19 “Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies en doop hulle in die Naam van die Vader, en die Seun en die Heilige Gees…”

3) Die slot in 11 Kor.13:13 “Die genade van die Here Jesus Christus, en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees sy met julle almal! Amen.”

4) Met die skepping van die mens was daar die meervouds aandui-ding gebruik toe daar na die Here verwys word. Gen.1:26 “En God het gesê: Laat ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis…”

 

In die volgende lesse sal u sien dat die Seun van God waarlik God was, en dat die Heilige Gees, God is

 

2) BEELDE OF ILLUSTRASIES VAN DIE LEERSTELLING VAN DIE DRIE- EENHEID.

 

1) Shamrock (klawerblaar) – Dit is ‘n drie blaar plant, dit is een blaar maar bestaan uit drie verkillende dele.

2) Water – Kan in drie verskillende vorme voorkom: Vloeistof, ys of

stoom, en tog bly dit H 2 O.

3) Lig – Rooi strale wat die Vader voorstel,

              Geel strale wat as die Seun voorgestel kan word.

            Blou chemikalië strale wat in effek die Heilige Gees voorstel.

4) ‘n Besigheid of maatskappy: Soms is daar drie persone se name 

genoem, maar bly een maatskappy. Hulle werk as ‘n span saam om die einddoel te bereik.

5) Enige persoon: Jy is een persoon maar kan op drie verskillende 

maniere aan verskillede perone bekend gemaak word.

– My ma sal my as haar seun sien, sy sien my anders as enige ander

   persoon en ek sal teenoor haar anders reageer as teenoor enige 

   ander persoon.

– My kinders sien my as hulle vader en alles wat daarmee gepaart

   gaan.

– Kinders in ‘n klas sien my as ‘n onderwyser en sal my anders   

  hanteer.

 

Ek bly een persoon maar ek word as ‘n seun, ‘n pa en ‘n onderwy-ser geopenbaar. Die Here is een individu maar wat in drie verskillende Persone geopenbaar word.

Dit moet beklemtoon word, dat die Drie Eenheid mistirieus is en dat ons nie deur ‘n enkele illustrasie die hele beeld van die Drie –  Een-heid kan verduidelik nie. Ons kan deur hierdie verskillende illustrasies tog meer lig op hierdie onderwerp bring.

 

Omdat die Here Gees is en ons fisies is, is dit vir ons uiters moeilik om die Here te vergelyk met iets konkreets. Die Here is onverander-lik terwyl ons veranderlik is. Ons glo dat daar Een God is, maar wat Homself in Sy Drie-Persone openbaar nl. God die Vader, God die Seun en God die Heilige Gees.

 

3) DIE DRIE-EENHEID HANDEL AS ‘N EENHEID:

 

A) IN DIE SKEPPING:

 

God die Vader het gespreek Gen.1:3 “En die Here het gesê: Laat daar lig wees! En daar was lig.

God die Seun was die gesproke Woord Joh.1:1 “In die begin was die Woord,”

God die Heilige Gees het op die waters gesweef. Gen.1:2 “…en die Gees van die Here het gesweef op die waters.”

 

B) IN DIE GEBOORTE:

 

God die Vader het Sy Seun gegee: Joh.3:16.

God die Seun was in hierdie wêreld gebore: Luk.2:11.

God die Gees het op Maria gekom om geboorte te kon moontlik maak Luk.1:35.

 

C) IN DIE VERLOSSINGSPLAN:

 

God die Vader het die offer van Golgota aanvaar. Hebr.9:14

God die Seun het Homself geoffer as ‘n plaasvervanger vir ons sondes Hebr.9:14

God die Heilige Gees – Die Here Jesus het Homself geoffer deur die “Ewige Gees” Hebr.9:14.

D) DEUR REDDING TE BIED:

 

God die Vader het die verlore seun van ‘n vêr land ontvang Luk. 15:22 Die Vader verwelkom die sondaar, vergewe hom, voorsien ‘n kleed vir hom en ‘n ring aan sy vinger en ‘n feesmaal.

God die Seun is die Herder wat gaan om die verlore skape te soek Luk.15:4.

Die die Heilige Gees verseël die werk van redding aan ‘n siel. Efe.1:13.

 

E) IN GEMEENSKAP:

 

God die Vader nooi ons uit om na Hom te kom, vir gemeenskap Efe.2:18

God die Seun is ons Versoener 11 Kor.5:19.

God die Heilige Gees beinvloed hierdie versoening en gemeenskap om nader na die Here te kom. Efe.2:18.

 

F) IN GEBED:

 

God die Vader is die Een wat die versoeke ontvang: Joh.16:23.

God die Seun is die Een in wie se Naam ons bid: Joh.16:23.

God die Heilige Gees lei ons in ons versoeke: Rom.8:26.

 

G) IN HEERLIKHEID:

 

God die Vader is uiteindelik die een wat duisendjarige koningskap ontvang  van die Here Jesus:1 Kor.15:24.

God die Seun sal ons verganklike liggaam verander in ‘n ewige Fil.3:21.

God die Heilige Gees gee aan ons die uitnodiging: Open.22:17.

 

H) IN DIE WERK VAN WEDERGEBOORTE:

 

God die Vader skryf die nuwe Naam in heerlikheid. Luk.10:20

God die Seun reinig ons van ons sondes deur Sy kosbare bloed: Efe.1:7

 

God die Heilige Gees bewerk die bo-natuurlike verandering van wedergeboorte in ons lewens. Joh.3:3-6.

 

4) DIE DRIE-EENHEID EN DIE EIENSKAPPE OF ATRIBUTE VAN DIE HERE:

EIENSKAP:   DIE VADER: DIE SEUN:  DIE HEILIGE GEES

1) Ewig:               Ps.90:2            Opeb.1:8;17       Hebr.9:14

2) Almagtig:         1 Pet.1:5         11 Kor.12:9       Rom.15:19

3) Alwetend:        Jer.17:10         Open.2:23          1 Kor.2:11

4) Alomteenwoordig:  Jer.23:24  Matt.18:20     Ps.139:7

5) Heilig:              Openb.15:4    Hand.3:14           Luk.1:15

6) Waarheid:       Joh.7:28          Openb.3:7          1 Joh.5:6

7) Goedheid:       Rom.2:4          Efe.5:25             Neh.9:20

8) Gemeenskap: 1 Joh.1:3          1 Joh.1:3            11 Kor.13:14.

 

SLOT:

 

U moet u nie in ‘n stryd beland indien u nie die Drie-Eenheid verstaan nie. Lindsell en Woordbridge het eens gesê: “Hy wat die Drie-Eenheid probeer verstaan sal sy verstand verloor, maar hy wat die Drie-Eenheid verloor, sal sy siel verloor.”

 

Dit bly vir ons ‘n misterie, todat ons die Here sal ontmoet, dit bete-ken nie dat ons dan nie daaraan kan glo nie. Ons moet dit glo omdat die Bybel deurdronge is daarvan. Die Here is Gees en ons is maar menslike wesens met beperkte insig. Die Here word vereer en aanbid as ons Hom sal aanvaar.

 

Die mens is ook drie-ledig saamgestel: Liggaam, siel en gees, want ons is na die beeld van die Here saamgestel. Laat ons hierdie Grote en gedugte God aanbid, wat vehewe bo alles en almal is. Laat ons die Drie-Eenheid afsonderlik dank vir wat hulle vir ons kom doen het.

LESING 5

DIE NAAM(E), VADERSKAP EN STILTE VAN DIE HERE:

 

INLEIDING:

 

Hoewel ons in die spreektaal verwys na die Name van die Here is dit eintlik die enkelfout nl. Naam omdat dit vanuit Sy karakter in verskillende hoedanighede aan ons bekend staan. Ons het reeds van die bestaan, Sy aard en natuur van die Here geleer. In Bybel lande het name ‘n besondere betekenis, wat onbekend vir ons hier in die weste is. In die studie aangaande die Name van die Here sal ons heelwat te wete kom.

 

1)      DIE NAME VAN GOD:

 

Die Name van die Here kom in drie vorme voor. 1) Hoofsaaklik, alleenstaande 2) Gekombineerd met El dan 3) Gekombineerd met Johovah.

 

1) Hoofsaaklik: – As een woord alleen: El, Elah; Elohim: Jehova;

Adon; Adonai; God en Here.

2) Gekombineerd met El – Almagtige God; Hoog en verhewe; 

Ewigdurende God.

3) Gekombineerd met Jehova: – Here God: Johova; die Ewigdurende

God ens.

 

VERSKILLENDE BETEKENISSE

VAN DIE NAME VAN DIE HERE:

 

1) Elohim:   Gen.2:4      Die Een wat Magtig is.   Die Here wat skep.

2) El Elyon: Gen.14:22 Die Hoë en Verhewene. Die Here wat besit.

3) Adonai:    Gen.15:2   Die Een wat heers.     Die Here ons Meester

4) El Olam:  Gen.21:33 Die Misterieuse God. Die Een wat Openbaar

5) Jireh:        Gen.22:14 Die Een wat Verlos.   Die Een wat Voorsien.

6) Rophi:      Ex.15:26   Die Een wat Genees.  Die Here wat Genees.

7) Nissi:  Ex.17:15   Die Een wat vir ons veg. Die Here is ons Banier

8) Yekaddia: Ex.31:13 Die Een wat ons Heilig Die Here wat 

    Reinig.

9) Shalom:  Rig.6:24  Die Een wat vrede gee. Die Here is ons Banier

10) Sabaoth:1Sam.1:3 Die Een wat Besit Die Here van die Leërskare

11) Zidkenu: Jer.23:6  Die Een wat Regverdig.  Die Here ons 

                                                                             Geregtigheid.

12) Shammah: Eseg.48:35  Die Een wat Teenwoordig is. Die Here is

                                                                             Teenwoordig.

13) Elyon:  Ps.17:7  Die Een wat ons Seën. Die Here wat Seën.

14) Roi:      Ps.23:1  Die Een wat omgee.     Die is my Herder.

 

2)      DIE VADERSKAP VAN DIE HERE:

 

Matt.6:9 “Onse Vader wat in die Hemel is…” Die is die wonderlik-ste begrip van die Here. Heidendom weet niks van die God wat “Liefde-volle Hemelse Vader ” is nie. Heidendom gee die beeld van God as totaal verhewe, wreed, vreeslik, en die een wat vreesaanjaend is.

 

Die Bybel beeld die Here uit as Iemand wat intiem besorgd is met ons, wat omgee, wat verhoor, en begeerlik is om na te volg. Die was ons Verlosser wat ons geleer het om te bid. “Onse Vader” – wat ‘n totaal nuwe openbaring van die Here was.

 

Die Here word op twee maniere as ‘n vader aan ons geopenbaar:

1) As die Vader van ons Heer die Here Jesus Christus: Joh.5:17; 1:14

2) As die Vader van die wat in die Here Jesus glo. Joh.1:12      “Maar aan almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God genoem te word.”

 

Die Jode dink aan die Here as hulle Vader in ‘n nasionale of selfs ‘n poëtiese verband.

1) Poëties: – Ps.68:6 “’n Vader van die weseen ‘n regter van die weduwees is God in Sy heilige woning.”

2) Nasionaal: – Ex.4:22  “Dan moet jy vir Faroa sê: So spreek die Here: My Eersgebore seun is Israel.”

Die volk Israel het nie ‘n persoonlike bewustheid van seunskap soos “Die Here is My Vader nie.” Modernisme redeneer: “God is my Vader en my vader sal my nie benadeel nie, so ek sal doen soos ek wil bv. eet en drink en dinge van Hom eis, en Hy sal tot die einde toe my gandig wees en gee wat ek wil hê.

 

Joh.8:44 Die Here Jesus spreek tot die Jode en sê: “Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader wil julle doen…” Die Here is die Skepper van alles, en is alleen die Vader van die wat weergebore is. 11 Kor.6:17-18 “Daarom gaan onder hulle uit en sonder julle af, spreek die Here: en raak nie aan wat onrein is nie, en Ek sal julle aanneem; en Ek sal vir julle ‘n Vader wees, en julle sal vir My seuns en dogters wees, spreek die Here, die Almagtige.”

 

Soos ‘n Vader lewe aan Sy kinders gee, is daar geen Seunskap son-der ‘n geboorte nie. Soos ‘n vader liefde vir Sy kinders gee, aan die wat in die familie is. Die verhouding tussen ‘n Vader en seun, gee ‘n ware beeld van werk. (dit is nie ‘n meester slaaf verwantskap nie.) Dit is as Vader dat Hy hoor en gebede beantwoord, en weet wat Hy vir ons moet beantwoord.

 

3)      DIE STILTE VAN GOD:

 

In tye van beproewinge redeneer ons: “As daar ‘n lewende God is, waarom is Hy so stil?” Waarom weerhou Hy nie ongelukke, soos storms en tifone ens. van my nie? Die ongeredde wat nie glo in die bestaan van die Here nie, mag volgens die stilswye van die Here redeneer – wat dan die grootste probleem van ons tyd is.

 

Job.23:3-4 “Ag, as ek maar geweet het waar ek Hom kon vind, maar kon kom tot by sy woning! Dan sou ek die regsaak voor sy aangesig uiteensit en my mond met bewyse (argumente) vul;”

 

Ps.28:1 “Ek roep U aan, o Here! Draai nie stilswyend van my af weg nie, sodat ek nie, as U teenoor my bly swyg, word soos die wat in die kuil neerdaal nie.”

Die mens het etlike antwoorde vir hierdie eeu oue redenasie.

1) Deisme: – God is ‘n God wat nie tyd het om na al die detail van die lewe om te sien nie. Hy kyk alleenlik toe na die omstandighede hier op aarde.

2) Ateisme: – Stilte bewys dat die Here ‘n mite is. ‘n Lewende God sou gespreek het.

3) Materialisme: – Die wêreld word deur wette onderhou, sonder ‘n Persoonlike God. Hulle leer dat ons op die genade van toeval veran-der word.

 

Om die Bybel en die Here te weerstaan lei tot verdere duisternis. Waarom is die Here soms stil? Verskeie negatiewe antwoorde word opgediep.

 

1) Gebrekkige belangstelling: – Die Here Jesus het aan die kruis ge-ly met die woorde: “My God; My God…” Die Here gee soveel vir siele om dat Hy Sy oordeel steeds op Sy Seun uitgiet.

2) Onoplettend: – Dit is teenstrydig teen die alomteenwoordigheid en begrip van die Here teenoor die mens.

3) Liefdeloos: – Die ouers wat sy kind waarlik liefhet sal hom tugtig. Hebr.12:7-8.

4) Onwillig: – Hy sien die einde van die begin af en beplan ons hele lewe.

 

As hierdie negatiewe antwoorde verkeerd is, wat is dan die regte antwoord?

 

1) Die algemene kennis siening: – Baie van ons probleme is direk te wyte aan sonde weens die sorgeloosheid , nalatigheid, en dwaasheid van die mens, soos ongelukke wat plaasvind. Gal.6:7 “Wat die mens saai, dit sal hy ook maai…”

2) Eerbiedigheid: – Is dit reg dat ek ooit die werke van die Here mag bevraagteken? Jes.55:8-9. Sonder twyfel sal die plan vandie Here ook pyn en lyding insluit.

3) Die filosofiese siening: – Die menslike vrye wil sluit ook die gevolge van my handeling in, menslike vryheid beteken morele ver-antwoordelikheid in – owerspel lei tot besmetting.

4) Liefdes sieninge: – God is ‘n jaloerse God Ex.20:5 “Want Ek is ‘n jaloerse God,…” Verwysende na Sy liefde vir ons. Hy wil ons onverdeelde aandag hê, omdat Hy Homself onverdeelt aan ons kom gee het.

5) Dispensasionele siening: – Dit is die dag van die mens, die dagvan sonde, en die dag van genade. As die Here tot ons roep “Om na Hom te kom” en daar word ‘n onderbreking gebring deur Sy oordeel en die stilte van die Here word onderbreek deur die vreeslike veroor-deling, sal die Here tog rekening hou met die mens en sy omgewing.

6) Geloofs siening: – Joh.13:7 “Jesus antwoord en sê vir hom: Wat Ek doen, begryp jy nou nie, maar jy sal dit hierna verstaan.”  Here leer my om geduldig te wag.

7) Die toets van my geloof: – 1 Pet.1:7 “sodat die beproefdheid van julle geloof, wat baie kosbaarder is as goud wat vergaan maar deur vuur gelouter word, bevind mag word tot lof en eer en heerlikheid ”

8) Die misteriuese werkinge van die Here: – Joh.9:3 “Jesus ant-woord: Hy het nie gesondig nie, en sy ouers ook nie; maar die werke van God moet in Hom openbaar word.” Dit is die verhaal van die man wat blind gebore was. Ek mag ly, nie weens my sonde nie, maar om tot ‘n seën te wees vir andere. Alleenlik die wat deur beproe-winge en lyding getoets is, kan andere waarlik bemoedig.                                             

 

****************************

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

LESSE AANGAANDE GOD DIE VADER:

LESING 6

DIE VREES VAN DIE HERE:

 

INLEIDING:

 

Daar is ‘n verkeerde en ‘n regte soort vrees vir die Here. Een van die kosbaarste boodskappe in die Bybel is “moenie vrees nie” wat om en by 50 keer in die Bybel gebruik word. Gen.15:1; 26:24; Exo.14:13; Jes.43:1; Luk.2:10; 12:32; Hand.27:24 + Openb.1:17.

Daar is ook ‘n veskeidenheid van die die aanhalings soos die Here Jesus se woorde: “Dit is Ek, moenie vrees nie” Joh.6:20.

 

Hierdie les handel oor ‘n ander soort vrees nl. die vrees vir die Here wat ons behoort te hê.                                          Job.28:28 “Maar aan die mens het Hy gesê: Kyk die vrees van die Here is wysheid;”                                    

Ps.19:10“Die vrees van die Here is rein, dit bestaan tot in ewigheid”

11 Sam.23:3 “’n Heerser oor mense, ‘n regverdige, ‘n heerser in die vrees van God.”

 

Gebrek of afwesigheid van hierdie vrees bring sonde, verwardheid en die einde tragedie. Gen.20:11 Abraham het gesondig omdat hy gedink het:”Ek het gedink daar is regtig geen vrees vir God in hierdie plek nie…”

Rom.3:18 “Daar is geen vrees van God voor hulle oë nie.” Dit is ‘n prentjie van die mens wat voor God vervalle is.

 

1)      DIE BETEKENIS VAN DIE VREES VAN DIE HERE OF DIE VREES VIR GOD: SPRE.14:26-27.

 

Beteken hierdie vrees ‘n fisiese vrees waar ons voor die Here staan en bewe.

Dr. Scofield omskrywe hierdie vrees: “As ‘n eerbiedige vertroue met ‘n haat vir sonde.” Vrees vir die Here beteken vroomheid (opregt-heid) voor die Here. Dit word gebruik om ons Christen plig voor die Here te omskrywe.

Deut.4:10 “Vergader die volk vir My, en Ek sal hulle My woorde laat hoor, dat hulle kan leer om My te vrees, al die dae wat hulle op aarde lewe, en dit aan hulle kinders kan leer.”

Dit is belamngrik maar nie ingebore in die mens nie. Dit is iets wat ons aan ons kinder en mense dat elke generasie mag leer om die Here te vrees. Vrees is die een ding wat die Here van die mens verwag. Dit was deel van die doel van die skepping.

 

Hieruit kan ons sien dat dit belangrik is maar nie oorerfbaar is nie. Dit is iets wat geleer moet word aan die kinders en dat elke geslag mag leer van die vrees vir die Here. Vrees is die ding wat die Here vereis van elkeen van ons. Dit was deel van die plan van die skepping.

 

Deut.6:13 “Jy moet die Here jou God vrees en Hom dien.”

Pred. 12:13 “Die hoofsaak van alles wat gehoor is, is Vrees God en hou sy gebooie; want dit geld vir alle mense.”

 

II) DINGE WAT ONS NIE MOET VREES NIE:

 

Ons mag nie afgode of ander gode vrees nie: 11 Kon.17:38 “En die verbond wat Ek met julle gesluit het, mag julle nie vergeet nie, en julle mag ander gode nie vrees nie.”

Ons mag ook die mens nie vrees nie: 1 Sam.15:24 “Ek het gesondig, omdat ek die bevel van die Here en u woorde oortree het, want ek was bevrees vir die manskappe en het na hulle geluister.”

Spr.29:25 “Die vrees vir ‘n mens span ‘n strik.”

Ons moet aardse rampe nie vrees nie want hulle dui op die naderende koms van die Here. Luk.21:25-28 “… die mense bse harte beswyk van vrees en verwagting … kyk dan na bo…”

 

Die ware Christen vrees nie toekomstige straf nie. Hebr.10:27 “maar ‘n verskriklike verwagting van oordeel en ‘n vuurgloed wat die teën-standers sal verteer.”

 

Ons moet nie vrees nie Job.15:24 “Benoudheid en anngs verskrik hom (die ongeredde). Die Chrsiten moet sy vrese aan die Here oorgee.

1 Pet.5:7 “Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle.”

 

3) DIE VREES VAN DIE HERE BEVEEL:

 

Deut.13:4 “Julle moet die Here julle God navolg, en Hom vrees en Sy gebooie hou en na Sy stem luister en Hom dien en Hom aanhang.”

1 Pet.2:17 “Julle moet almal eer, die broederskap liefhê, God vrees, die koning eer.”

Ps.22:23 “Julle wat die Here vrees, prys Hom.”

 

Die dissipels hier op aarde het die voorbeeld gestel:  Hand.9:31 “…gewandel het in die vres van die Here…” Corneleus was ‘n man wat die Here gevrees het. Hand.10:2 “Hy met sy hele huis was vroom en godsvresend…” 11 Kor.7:1 “…en laat ons die heiligmaking in die vrees van die Here volbring…” Die Goddelike vrees word ‘n magtige motivering in ons lewens.

 

4) DIE BESKRYWING VAN DIE VREES VAN DIE HERE:

 

1) Dit sluit ‘n haat vir die bose in: Spreuke 8:13  

   “Die vrees van die here is om te haat wat sleg is.”

2) Dit sluit wysheid in: Ps.111:10  

“Die vrees van die Here is die beginsel van die wysheid.”

3) Dit is ‘n skat: Spr.15:16                                   “Liewer ‘n  bietjie

     in die vrees van die Here, as ‘n groot skat in onrus daarby.”

     Jes.33:6 “….die vrees vand ie here sal die skat wees.”

4) Dit is ‘n fontein van lewe: Spr.14:27                                                                     

     “Die vrees van die Here is ‘n fontein van die lewe.”

5) Dit is rein: Ps.19:10

    “Die vrees van die Here is rein, dit bestaan tot in ewigheid.”

6) Dit duur tot in ewigheid: Ps.19:9

    “Dit bestaan tot in ewigheid.”

7) Dit is Goddelik: Hebr.12:28

“…en so ‘n God welbehaaglik dien met eerbied en vrees.”

 

5) WATTER MOETIEWE VEROORSAAK

DAT ONS DIE HERE VREES;

 

1) Die heiligheid van die here gee dat ons Hom sal vrees: Open.15:4

  “Wie sal U nie vrees nie, Here, en U naam nie verheerlik nie?

    Want U alleen is heilig.”

2) Die grootsheid van die Here gee dat ons Hom vrees Deut.10;12-17

   “En nou, Israel, wat eis die Here jou God van jou as net om die 

   Here jou God te vrees, in sy weë te wandel en Hom lief te hê….

   Want die Here jou God is die God van die gode en die Here van 

   die here; die grote, magtige en gedugte God wat die persoon nie

   aansien nie”

3) Die goeheid van die Here veroorsaak dat ons hom vrees. 1 Sam

12:24 –“Vrees net die Here en dien Hom getrou met julle hele hart; want kyk watter groot dinge Hy by julle gedoen het.”

4) Die vergifnis van die Here veroosaak dat ons Hom vrees: Ps.130:4

  ”Maar by U is vergewing, dat U gevrees mag word.”

5) Die wonderwerke van die Here veroorsaak dat ons Hom vrees. 

    Joh.4:23-24 sowel as Joshua bevestig hierdie waarheid.                                         

6) Die komende oordeel veroorsaak dat ons Hom vrees. Open.14:7   

   “En Hy het met ‘n groot stem gesê: Vrees God en gee Hom heer-

   likheid, want die uur van SY oordeel het gekom.”

 

6)      DIE VREES VAN DIE HERE IS NOODSAAKLIK:

 

1) Dit is nodig om die Here te aanbid: Ps.5:8 “Maar ek, deur die 

grootheid van u goedertierenheid mag ek in u huis ingaan.”

2) Dit is noodsaaklik om te dien: Ps.2:11 “Dien die Here met vrees, 

en juig met bewing.”

3) Dit is noodsaaklik om ons van sonde te weerhou: Es.20:20 “Wees 

    nie bevrees nie, want God het gekom om julle te beproef en dat Sy 

   vrees voor julle oë mag wees, sodat julle nie sondig nie.”

4) Dit is noodsaaklik vir ‘n goeie regerings bestuur : 11 Sam.23 :3 “Die God van Israel het tot my gespreek; ‘n Heerser  oor mense,  ‘n  

   regverdige, ‘n heerser in die vrees van God.”

5) Dit is noodsaaklik vir bestuur in geregtigheid: 11 Kron.19:6-9            

6) Dit is noodsaaklik vir die volmaaktheid van heiligheid in ons 

Christelike lewe: 11 Kor.7:1

 

7)      DIE RESULTATE VAN DIE VREES VAN DIE HERE:

 

1) Dit bring vreud=gde by die hart van die Here: Ps.147:11 “Die 

Here het ‘n welgevalle in die wat Hom vrees, wat op SY goedertierenheid hoop.”

2) Dit bring by die Here simpatie vir die kind van die Here. 

Ps.103:13 “Soos ‘n vader hom ontferm oor die kinders, so ont-ferm die Here Hom oor die wat Hom vrees.”

3) Dit bring aanvaarding by die Here : Hand.10:35 “maat dat in elke 

nasie die een wat Hom vrees en geregtigheid doen, Hom welgevallig is.”

4) Dit bering die goedheid van die Here mee. Ps.103:”Maar die 

goedertierenheid van die Here is van ewigheid tot ewigheid oor die wat Hom vrees, “

5) Dit bring seëninge: Ps.112:1 “Welgeluksalig is die man wat Hom 

vrees, wat ‘n groot welbehae in Sy gebooie het.”

6) Dit bring vertroue: Spr.14:26 “In die vrees van die Here lê ‘n 

sterk sekerheid, ook vir die kinders van ‘n sodanige…”

7) Dit bring verwydering van die bose: Spr.16:6 “… deur die vrees 

van die Here wyk ‘n mens af van die kwaad.”

8) Dit bring gemeenskap: Mal.3:16 “Toe het die wat die Here vrees 

met mekaar gespreek; en die Here het dit opgemerk en gehoor”

9) Dit neem die vrees vir mense weg; Jes.8:12-13.

10) Dit bring verantwoorde gebede: Ps.145:19

11) Dit gee ‘n lang lewe. Spr.10:27

 

SLOT:

 

Laat ons leer om die Here te vrees Ps.86:11 + Spr.15:16 + 19:23.

LESSE AANGAANDE GOD DIE SEUN

LESING 7

PROFESIë EN DIE LEWE VAN CHRISTUS.

 

INLEIDING:

 

‘n Bybelse profesie is God se plan met die wêreld en Sy mense vir die toekoms.

 

‘n Derde van die Bybel bestaan uit profesië. As ‘n mens net 8 dinge van ‘n baba wat nog gebore moet word korrek voorspel soos:

Plek:

Datum:

Hospitaal:

Hoe lank hy sal lewe:

Die sterftes datum: sou noem

 

Dan sal dit 10 tot die mag 17 m.a.w. 10, 000 000 000 000 000 00 wees om akkuraat te wees.

 

As jy die hele Johannesburg onder R2.00 muntstukke toegooi en net op een ‘n kruisie trek en jy het net een kans om te kan trek, so min is die moontlikheid.

 

Die Bybel het:

Die Tyd: In Dan. Voorspel.

Die plek: In Jes.

Sy Sterwe: Ps.22+ Jes.53

Sy hemelvaart ens in detail voorspel.

 

330 Profesië is uitgespreek aangaande hierdie kindjie se lewe en bediening en kruisdood, opstanding, en hemelvaart. Al hierdie proefesië is in die Here Jesus vervul.

 

1 Persoon in die totale menslike geskiedenis het 465 proefsië vervul, 585 verwysinge in die ou Levitiese geskrifte en 109 spesifieke profesië verwysend na die Here Jesus self.

Die kans dat 20 van die 109 profesië in een man vervul sou word is een in ‘n 100 miljoen.

 

Wat is die profesië:

Dat Hy word voorafgegaan deur ‘n voorganger :

Dat Hy deurboor sou word sonder om ‘n been te breek.

Dat Hy uit ‘n baie besonderse bloedlyn gebore sou word.

Dat Hy as ‘n kind na Egipte sou reis.

Dat Hy deur Sy eie mense verwerp sal word.

Dat Hy in Bethlehem gebore sou word.

Dat Hy deur ‘n vried verraai sou word vir 30 sikels silwer.

Dat Hy gedood sou word en uit die dode sou opstaan.

Dat Hy uit ‘n maagd gebore sou word.

 

Dit is alles in die Here Jesus vervul.

 

Reeds lank voor die geboorte van die Here Jesus was dit reeds gepro-feteer (Gen.3:15). Die Here Jesus het nie onaangekondigd na die aarde gekom nie, maar Hy het in die volheid van die tyd gekom. (Gal.4:4). Wanneer die detail aangaande die geboorte van die Here Jesus bestudeer word, bemoedig dit ons geloof in die Here om te sien dat daar nie net ‘n Meester plan saamgestel was nie, maar dat selfs die fynste detail daarvan aan ons bekend gemaak word.

 

Dan is dit ook bemoedigend om te sien dat hierdie detail wat in profesië van die O.T. genoem word, net so in vervulling gekom het. Dit versterk ons geloof in die inspirasie van die Woord van die Here en bewys dat die Bybel nie net bloot ‘n versameling van boeke met verskillende outeurs is nie, maar dat die Here daaragter sit.

 

Om te dink dat hierdie waarhede maar net per toeval plaasvind is te groot selfs vir die evolusinis om te begryp. Die kind van die Here wat deur die Heilige Gees aangespoor word, aanvaar hierdie wonder-re met vreugde, en sal ons saam met ‘n Tomas kan sê: “My Here en my God.” Ons geloof word onwankelbaar gevestig in die vervul-ling van profesië.

 

1)      PROFESIë AANGAANDE DIE

       OORSPRONG VAN CHRISTUS:

 

1) Christus sou uit Israel gekom het. Num.24:17-19 “ ‘n (S) ster kom te voorskyn uit Jakob, en ‘n (S) septer kom uit Israel op, …”

Christus was as ‘n Jood gebore,  uit die nageslag van Abraham, Isak, Jakob en Dawid Matt.1:1-17.

 

2) Christus sou uit die familie van Dawid van die stam van Juda gebore word. Gen.49:10 “Die (s) septer sal van Juda nie wyk nie, … todat Silo kom.”  Jes.11:1 “Maar daar sal ‘n takkie uitspruit uit die stomp van Isai, en ‘n loot uit sy wortels sal vrugte dra.” Hierdie profesië is in ons verlosser Jesus Christus vervul (Luk.1:31-33).

 

3) Christus sal in Betlehem gebore word. Miga 5:1 “En jy Betlehem Efrata, klein om te wees onder die geslagte van Juda, uit jou sal daar vir My uitgaan een wat ‘n Heerser in Israel sal wees, en sy uitgange is uit die voortyd, uit die dae van die ewigheid.” Die Here Jesus was in Betlehem gebore. (Luk.4:4-7).

 

4) Die Here Jesus sal uit ‘n maagd gebore word. Jes.7:14 “Kyk ‘n maagd sal swanger word en ‘n Seun baar en Hom Immanuel noem.”  Die Here Jesus was uit ‘n maagd gebore (Matt.1:18,22-23).

 

5) Die koms van die Here Jesus was aangekondig deur ‘n voorloper. Jes.40:3 “‘n Stem van een wat roep: Berei in die woestyn die weg van die Here: maak gelyk in die wildernis ‘n grootpad vir onse God”

Hierdie profesie was in Johannes die Doper vervul (Matt.3:3).

 

6) Die Messias sal die Here wees. Jes.9:6 “Magtige God…” Ons leer uit die Godheid van Christus dat die Here Jesus Here was (Joh.1:14).

 

2)      PROFESIë AANGAANDE CHRISTUS SE LEWE:

 

1) Hy spandeer ‘n deel vn Sy lewe in Egipte Hos.11:1 “Toe Israel ‘n kind was, het Ek hom liefgehad, en uit Egipte het Ek en my seun geroep.”

 

2) Hy sal ly en versoening vir ons sonde bewerkstellig Jes.53:4-6. Dit moes vervul word deur die Here Jesus. 11 Kor.5:21 gee vir ons die verslag van die gebeure. “Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtig-heid van God in Hom.”

 

3) Hy sou met ‘n donkie in Jerusalem gerei het Sag.9:9 “Verheug jou grootliks o dogter van Sion! Juig o dogter van Jerusalem! Kyk jou Koning kom na jou; regverdig en ‘n oorwinnaar is Hy; nederig en Hy ry op ‘n esel – op ‘n jong esel, die vul van ‘n eselin.” Die vervul-ling van die Palm Sondag word in Matt.21:2-5 in detaill vertel.

 

4) Hy sal gal gegee word met asyn gemeng in Sy stryd aan die kruis Ps.69:22 “En hulle het aan my gal gegee as my spys, en vir my dors het hulle my asyn laat drink.” Dit was aan die kruis vervul in Matt.27:34 deur die Romeinse soldate.

 

5) Nie een been was van die Here Jesus gebreek nie, wat teenstrydig met die Romeinse soldate se gebruik was. Ps.34:21 “Hy bewaar al Sy bene; nie een daarvan word gebreek nie.” By die Pasga fees was daar ook die een been wat gebreek mag geword het nie (Ex.12:46).

Gewoonlik was die bene van die gekruisigde gebreek om hulle te voorkom van ontvlugting maar hulle het die gewoonte gebreek en nie die Here Jesus se bene gebreek nie. Joh.19:33-36.

 

6) Die manne het die lot oor Sy gewaad gewerp. Ps.22:19. “Hulle verdeel my klere onder mekaar en werp die lot oor My gewaad.”

 

7) Die Here Jesus het sekere woorde in Sy sterwens dood geuiter. Ps.22:2 “My God, my God, waarom het U my verlaat…”

Die profesie was vervul in die vierde kruiswoord wat die Here Jesus aan die kruis geuiter het. (Mark.15:34).

 

8) Hy sou weer uit die dode opstaan Ps.16:10 “want U sal My siel aan die doderyk nie oorgee nie: U sal nie toelaat dat U gunsgenoot verderwing sien nie.”

Handelinge het hierdie gebeure letterlik bevestig in Hnad.1:3.

 

III) DIE LEWE VAN CHRISTUS:

 

1) In Sy voor menslike stadium was Sy status reeds God. Die Here Jesus het van alle tye af bestaan. Hy was voor alle dinge. Miga.5:1.

 

2) Die maagdelike geboorte van die Here Jesus was reeds in Matt. en Lukas bevestig.

 

3) Die Here Jesus was op die agtste dag besny. Luk.2:21

 

4) Hy was die tempel geneem op die ouderdom van 12 jaar. Luk.2:41-48.

 

5) Die Here Jesus het in Sy jong dae as timmerman in Nasaret deurgebring. Mark.6:3.

 

6) Die Here Jesus het Sy bediening in Judea, Samaria en Galilea deurgebring. Die tydperk het ses maande geduur.

 

7) Sy eerste wonderwerk was in Kana in Galilea Joh.2:1 en Sy tweede wonderwerk was die koninklike beampte se seun wat Hy genees het in Kapernaum. Joh.4:46+54.

 

8) Die tweede fase van Sy bediening was ‘n periode van 6-8 maande in Kapernaum en Galilea. Hy het wonderwerke gedoen, siekes gesond gemaak en die Evangelie verkondig.

9) Die derde fase van Sy bediening was in Galilea omgewing wat omtrent 1 jaar geduur het. Hier het die skare Hom gevolg , en het Hy die Bergpredikasie gepreek ens. Matt.5-7.

 

10) Gedurende die volgende fase het die Fariseërs hulle daarop gerig om Hom in die hande te kry. Die Here Jesus het na Kapernaum, Phoenesië, Sisarea, Fillipi en uiteindelik weer Galilea gegaan.  

 

11) Die laaste ses maande het Hy aan lering, prediking en reise gespandeer.

 

12) Die laaste week Palm Sondag, die Avondmaal, Getsemane was die toetse en dood aan die kruis. 

 

13) Volgens profesië het Hy drie dae later uit die dood opgestaan.

 

14) Veertig dae na die opstanding het Hy sigbaar na die hemel opge-vaar in ‘n liggaamlike gestalte. Hand.1:10-11.

 

IV) DIE WONDERWERKE VAN DIE HERE JESUS:

‘n Wonderwerk is ‘n eenkant sit van ‘n laer wet teenoor die hoër wet. Die laer wette is die natuurlike fiesie wet van die aarde en die natuur. Alleen die Here kan dinge teenstrydig hierteenoor doen. As die Here waarlik wonderwerke verrig het dan is Hy God gewees, omdat die mens nie ware wonderwerke kan verrig nie.

 

Hy het wonderwerke verrig nie om ‘n indruk te probeer maak of om mense te vermaak nie, maar om Sy Godheid te bewys, en die mens te noodsaak om in Hom en in Sy boodskap te glo. (Joh.2:11;20:31).

 

Die Here Jesus het wonderlike wonderwerke oor die natuur verrig. Hy het die water en die wind stil gemaak. Hy het selfs op die waters geloop. (Matt.8:26-27+14:25).

 

Hy het wonderwerke oor die bose gedoen (Mark.5:12-13; Matt.8: 28-32 ens.) Hy het wonderwerke oor siekes verrig. Hy het die me-laatse gereinig, en die verlamdes genees, die oë van blindes geopen, die dowes laat hoor, en die koors laat wyk (Matt.8:3: 12:10-13 ens.)

 

Hy het wonderwerke oor die dood verrig, Hy het die dode opgewek wat teenstrydig is teen alle menslike wette, wat glo dat die dode dood moet bly. (Joh.11:44; Matt.9:23-25: Luk.7:12-15)

 

Ons Here Jesus se wonderwerke was bonatuurlik tog gelowigbaar. Sy wonderwerke was openlik gewees, in die midde van baie getuie-nisse en was deur Goddelike inspirasie opgeteken vir ons om te lees en te glo.

 

SLOT:

 

Die lewe van die Here Jesus kan in die woorde van Hand.10:38 opgesom word:”met betrekking tot Jesus van Nasaret, hoe God Hom gesalf het met die Heilige Gees en met krag, Hy het die land deurge-gaan, goed gedoen en almal genees wat onder die mag van die duiwel was, omdat God met Hom was.”

 

Die Here Jesus het ons ‘n voorbeeld nagelaat wat ons moet navolg 1 Pet.2:21:”Want hiertoe is julle geroep, omdat Christus ook vir julle gely het en julle ‘n voorbeeld nagelaat het, sodat julle in Sy voet-stappe kan navolg.”

 

Ons moet wandel soos Hy gewandel het, 1 Joh.2:6. Die Here Jesus het gekom om die wil van Sy Vader te doen soos ons ook behoort te doen Joh.8:29; Hebr.10:7.

 

 

 

LES 8

 

 

LES 48

VERGIFNIS:

 

INLEIDING:

 

A.g.v. die sondeval het alle mense sondaars geword. Sonde is die een ding wat die mens uit die hemel sal hou, die hemel is ‘n heilige plek en niks onreins sal daar kan inkom nie. Die sleutel om in die hemel in te kom is vergifnis. As die Here ons sondes van ons vergewe het, kan niemand ons verhinder om in die hemel te kom nie. Vir die son-daar is vergifnis die grootste probleem in sy lewe. 

 

In die O.T. was daar drie woorde vir vergifnis: Die een beteken: “om te bedek” die ander beteken: “om weg te neem” en die derde bete-kenis was “om weg te stuur”. In die N.T. beteken vergifnis die afsondering van die sondaar van sy sondes, deur die offer van Christus en dit op grond van suiwere genade.

 

1) DIE OUTEUR VAN VERGIFNIS: DIE HERE ALLEEN.

 

Vandat die sondaar die wet van die Here verbreek het, kan die Here alleen Hom van hierdie sonde vergewe. As jy my hammer bv. steel kan ek jou vergewe, maar as die die wet van ‘n land verbreek sal ek jou  nie kan vergewe nie.

 

As ek die wette van die Here verbreek kan geen mens op aarde jou vergewe nie, maar net die Here sal jou kan vergewe. Luk.7:49 “Toe begin die wat aan tafel was by hulleself te sê: Wie is hierdie man wat selfs die sondaars vergewe?”

 

Mark.2:7 “Waarom praat hierdie man so godslasterlik? Wie kan sondes vergewe behalwe Een, naamlik God?”

 

 Biede die gevalle was die Jode reg, want alleen die Here kan sondes vergewe.1 Joh.1:9 “As ons ons sonde bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.”  Hy is die Een wat die wet gegee het en wat die sondaar sal vergewe. Omdat die Here Jesus beide God en die Seun van God was, was Hy aangestel om die sondaars te vergewe.

 

Hand.5:31 “Hom het God as Leidsman en Verlosser deur sy regter-hand verhoog om aan Israel bekering en vergifnis van sondes te skenk.”

 

2) DIE KANAAL VAN VERGIFNIS: – JESUS CHRISTUS.

 

Hand.13:38 “Laat dit dan aan julle bekend wees broeders, dat deur Hom vergifnis van sondes aan julle verkondig word.”  Dit is die wonder van redding, dat sondes vergewe word.

 

Luk.7:48 “En Hy sê vir haar: Jou sondes is vergewe.”  In Mark.2:9 het die Here Jesus vir die verlamde gesê:“Die sondes is jou ver-gewe.”

 

Ons kan selfs nou ons oë sluit en Hom alles aangaande ons sondes vertel en Hy sal vergewe. Vergifnis word in niks en in niemand anders as behalwe die Here Jesus gevind nie.

 

3)      DIE FONDASIE VAN VERGIFNIS:

 

1) Vergifnis is op grond van die Here se medelye gegun. Ps.78:38 “Maar Hy is barmhartig, Hy versoen die ongeregtigheid en verdelg nie, en dikwles wend Hy Sy toorn af en wek nie al Sy grimmigheid op nie.”

2) Vergifnis word op grond van Goddelike regverdigheid geskenk 1 Joh.1:9  “ ….Hy is getrou en regverdig….” Die Here kan sonde vergewe en rein en regverdig bly.

3) Vergifnis word op grond van die Bloed van Christus geskenk. Efe.1:7 “In Hom het ons die verlossing deur Sy bloed, die vergifnis van die misdade…”

 

 Die Bloed van die Here Jesus het die vergifnis van sondes vir ons op Golgota bewerk. Op die kruis het Hy die volle skuld van sonde vir ewige verlossing bewerk. Die Here het verklaar: Ese.18:4 “…die siel wat sondig, die moet sterf…”

 

Sonde bring die dood, en omdat die mens gesondig het, moet hy die gevolg daarvan dra, daarom moet hy sterf. Gen.2:17 “…want die dag as jy daarvan eet, sal jy sekerlik sterwe.” Die Here het altyd bloed, wat die dood simboliseer as ‘n betaling vir sondes gebruik.

 

Om die naaktheid van Adam en Eva te bedek moes die bloed van ‘n dier gestort word om vir hulle klere te maak. Gen.3:21. Abel se offer was aanvaar, omdat dit bloed ingehou het, terwyl Kain se offer van vrugte was, en dit nie bloed ingehou het nie. Gen.3:3-5

 

Lev.17:11 “Want die siel van die vlees is in die bloed, en Ek het dit aan julle op die altaar gegee om vir julle siele versoening te doen; want die bloed bewerk versoening deur die siel.”

 

4)      DIE VOLLEDIGHEID VAN VERGIFNIS: –

ALLES SONDE:

 

Toe die Here Jesus sondes vergewe het, het Hy ALLES vergewe, nie een deel nie maar die volle omvang van sonde. Luk.7:47 “Daarom sê Ek vir jou: Haar sondes wat baie is, is vergewe, want sy het baie liefgehad; maar hy vir wie weinig vergewe is, het weinig lief.”

 

Ps.103:3 “Wat al jou ongeregtighede vergewe…”

Ps.32:1,2 “Die Here vergewe oortredinge, sondes, en ongeregtig-hede, – ALLES het Hy vergewe.

 

Kol.2:13 “En julle wat dood was deur die misdade en die onbesne-denheid van julle vlees, het Hy saam met Hom lewend gemaak deur-dat Hy julle al die misdade vergeef het.”

Matt.12:31 “Daarom sê Ek vir julle: Elke sonde en lastering sal die mense vergewe word, maar die lastering teen die Gees sal die mens nie vergewe word nie”

 

Dit is van uiterste belang om te weet.  As daar een sonde onvergewe bly, sal ons nie hemel toe kan gaan nie, maar sal die ewigheid in die hel deurbring. Open.21:27 “En daarin sal nie inkom iets wat veront-reinig en gruwelikheid en leuens doen nie; maar net die wat geskry-we is in die boek van die lewe van die Lam.”

 

5) DIE PLEK VAN VERGIFNIS:

 

Ons het ‘n teenswoordige posisie. Baie verwag om na die dood uit te vind of hulle vergewe is of nie. Die Evangelie bring die goeie tyding van vergifnis in hierdie teenswoordige wêreld. Efe.1:7 “In Hom het ons die verlossing deur Sy bloed, die vergifnis van ons sondes.”

 

Die vroutjie in Luk.7:36-50 het onmiddelik vergifnis ontvang. 1 Joh. 2:12 “Ek skryf aan julle my kinders, omdat die sondes julle vergewe is om Sy Naam ontwil.”

 

Ons het ‘n wonderlike Evangelieboodskap dat die mens hier en nou mag weet dat sy sondes hier en nou vergewe is.

 

6) DIE VOORWAARDES VIR VERGIFNIS:

 

1) BEKERING: Hand.5:31 “…om aan Israel bekering en vergifnis van sonde te skenk.”  Bekering kom voor vergifnis, bekering is die wegdraai van sonde na die Here.

 

Hand.2:38 “En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.”

 

In die verhaal van Luk.7:36-50 het die vrou haar berou in trane en vernedring bely.

 

2) GELOOF: Luk.7:50 “En Hy sê vir die vrou: Jou geloof het jou gered; gaan in vrede.” Bekering lei tot geloof en vergifnis.

 

3) BELYDENIS: 1 Joh.1:9 “As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons van lee ongeregtigheid te reinig.”

 

Onbelede sondes kan nie vergewe word nie, laat ons bid dat die Heilige Gees die sondes aan ons bekend sal maak en genade te gee om alles te bely.

 

Ps.32:5 “My sonde het ek U bekend gemaak, en my ongeregtigheid het ek nie bedek nie. Ek het gesê: Ek wil aan die Here my oortredin-ge bely; en U het die ongeregtigheid van my sonde vergewe.”

 

Dit was Dawid se ondervinding en dit kan ook ons ondervinding wees.

 

4) VERGEWE ANDERE: Matt.6:15 “Maar as julle die mense hulle oortredinge nie vergewe nie, sal julle Vader julle oortredinge ook nie vergewe nie.” Sien ook Luk.6:37.

 

Kom ons onthou die beginsel van Efe.4:32 “Maar wees vriendelik en vol ontferming teenoor mekaar; vergeef mekaar soos God ook in Christus julle vergewe het.”

 

Vergifnis behoort vir ‘n Christen maklik te wees soos in Matt.18:21-35 uitgebeeld.

 

7) DIE GEREELDHEID VAN VERGIFNIS:

 

Hoe gereeld kan ons vergewe word. So gereeld as wat ons gesondig en dit bely het. Die Bloed van die Here Jesus is beskikbaar om ons sondes van ons te vergewe, as ons die voorwaardes soos hierbo uit-eengesit sal navolg.  Bekering behels die neerlê van sonde en aan die Here te beloof dat deur Sy genade ek dit nie weer sal doen nie.

 

Sal ons in die sonde bly dat die genade meer kan word? God verbied dit. Hoe gereeld moet ons iemand vergewe? Die Here Jesus het hierdie antwoord self gegee in Matt.18:21-35. Tot sewentig maal sewentig keer.

 

SLOT:

 

Die drie boodskappe wat deur die Here persoonlik geskrywe is :

 

1) Die Tien gebooie Ex.20 Die wet van die Here is die standaard van die optrede vir ‘n kind van die Here.

 

2) Dan.5:27 U is op die weegskaal geweeg en te lig bevind. Skuldig Rom.3:23.

 

3) Joh.8:1-11 Toe die Here Jesus met SY vinger op die sand ge-skrywe het: Wat het Hy geskrywe? Ons weet nie, maar waarskynlik iets met vergifnis te doene.

 

Kom dan vandag en ontvang die volle vergifnis wat die Here u bied, en gaan heen en sondig nie meer nie.

 

 

 

 

 

 

 

 

WAT IS VERGIFNIS:

 

1 Kor.10:24 “Laat niemand sy eie voordeel soek nie, maar elkeen die voordeel van ‘n ander.”

 

Vergifnis is ongewoon: Dit is die gewilligheid om te vergewe. 

a) Dit beteken om iemand of iets te verskoon.

b) Om op te hou om die daad of die doener van die daad te blameer of wrewelrig teenoor hom te voel.

c) Die skuld te kanseleer of om uit te wis.

 

Wat is die doel van Vergifnis:

1) Om ‘n verhouding tussen twee mense te skep of op te bou.

2) Om die eenheid in die liggaam van Christus te bevorder.

3) Om aan die wêreld te toon watter kragtige vergewende liefde Jesus Christus vir ons gegee het.

 

Dit is so maklik om ons eie probleme oorte sien. Ons kan nie deur ons eie krag vergewe nie. Om vergifnis te ervaar moet ek die trots, vrees, wraak, en sosiale druk oorkom.

 

Ons beleef verwerping dikwles van die wat die naaste aan ons is deur te ervaar dat ek nie erkenning kry nie. Bv. vergeet my verjaarsdag ens.

 

Daar is grade van verwerping ‘n egskeiding is baie meer intens as iemand wat my ignoreer. Daar is tye dat ek voel dat ek gereg in eie hande wil neem, en ek wil terugbaklei.

 

Ons vrees dat ons die stempel van goekeuring aan die ander se sonde sou gee, om voort te gaan met die daad. As ons bang is daarvoor sal ons nooit vergewe nie.

 

Ons dink dat die een wat vergewe die een is wat swak en sag is en mislei is. Ons moet nooit uit die oog verloor dat die persoon wat die daad gepleeg het ‘n persoon is wat vergewe moet word.

VERGIFNIS KOS IETS:

 

Om te vergewe kom ons ooreen om die pyn van die ander persoon se dade te dra, en sal ‘n klein verlies lei, in vergelyking met die verlies wat die Heiland moes lei.

 

Sy koste vir pyn het reeds begin toe Hy aarde toe gekom het. Hy het Sy heerlikheid opsy geskuif vir u en my. Hy het Homself ingeperk om die fisiese liggaam wat pyn en lyding ken aan te neem.

 

Hy was in ‘n nederige familie gebore. Hy was as buite–egtelik beskou, misverstaan deur sy familie, en is gespot en gehoon, en het geen plek gehad om te woon nie. Hy moes op Sy hemelse vader vir alles vertrou. Matt.8:20.

 

Hy is deur Sy eie vriendekring verraai, Hy was as ‘n krimineel in hegtenis geneem. Hy was deur Sy eie vriend verraai, en in die middel van die nag in hegtenis geneem. Sy arm was agter Hom gebind, en ‘n tou om Sy nek is Jesus na Kajafas geneem. Hier was Hy valslik beskuldig, in die gesig gespuug, en met die vuiste geslaan. Hy is getrat om te profeteer. Matt.26:67-68.

 

Vroeg die volgende oggend was Jesus na die goewerneur Pilatus geneem, om verhoor te word. Pilatus stuur Jesus na Herodus, waar die soldate Hom bespot en uitgelag het, en ‘n sg. Koninklike kleed aangetrek het en terug gestuur na Pilatus Luk.23:11.

 

Pilatus het onder die aansien van mense geswig en beveel dat Jesus gegesel en gekruisig moes word. Die geseling het as die halfweg dood bekend gestaan, want iemand was tot net voor hy dood is geslaan. Matt.27:34 wou hulle Hom wyn met gal gemeng gegee het om te drink. Toe die pu\yn van die spykers wat deur Sy gewrigte ge-slaan is, en die bors krampe en spierpyne wat Hy moes verduur.Jesus het vir 14 uur geen kos of water gehad nie. Hy was dors moeg hoof-ligdig, koorsig, en in pyn.

 

1) Vergifnis kos ‘n prys.

 

Wanneer vergifnis gegee word en nie ont-vang word nie, is die vergifnis onvolledig. Die een wat vergewe het alles gedoen wat hy kon. Vergifnis kan seermaak wanneer ons daad misverstaan word.

 2) Vergifnis is nie onverskilligheid nie:

 

Om as iemand jou tena gekom het nie bereid is om daaroor te praat nie is nie ware vergifnis nie. Dit is onverskilligheid. Die basis van vergeet is om te vergewe.

 

3) Vergifnis is nie om met die verkeerde saam te stem nie>

 

Baie mense dink deurdat ek sal vergewe sal ek met die persoon se sonde saamstem. Vergifnis sê eerlik dat jy verkeerd opgetree het maar dat ek jou sal vergewe. Wanneer ons Heiland vergewe sê Hy: Gaan heen en sondig nie verder nie. As die persoon nie my vergifnis wil aanvaar nie, is my hande miskien gebind hier op aarde, maar nie die Here sin nie, ek kan die Here nog in gebed herhinder aan die saak en niemand kan gebed stop nie.

 

4) Vergifnis is ‘n daad van liefde:

 

Om iemand lief te hê is om die beste vir daardie persoon te begeer. Die enigste Bybel wat mense lees is dikwels ons lewens. 2 Kor.3:2.

 

As onsliefhet en vergewe dan mag mense dalk meer ontrent ons Verlosser wil weet. As ons mense liefhet en regtig wil hê dat hulle gered moet word, sal ons vergewe.

 

5) Vergifnis is ‘n wilsdaad:

 

Daar is ie ‘n emosionele voorvereiste vir vergifnis nie. Ons moet nie lus voel om te vergewe voordat ons kan vergewe nie. Ons emosies mag in die teenoorgestelde rigting dwing, en moet doelbewus kies om te vergewe. Dit is ons wil wat moet kies.

6) Vergifnis is kragtig:

 

Eensydige vergifnis is ‘n vergifnis wat uitspruit uit die een wat ver-gewe. Dit is so belangrik om nie net in my hart nie, maar ook met my lippe te sê: Ek vergewe jou. Ek kan deur vergifnis weier siektes optel. So baie mense is bitter, vergifnis bring bevryding. As Stefanus nie met die steniging uitgeroep het vergewe hulle ne, sou Paulus waarskynlik nie by die Here uitgekom het nie.

 

 

Jy moet totaal vergewe totdat jy totaal vergewe, anders kan jy nie totaal vergewe. Jy kan en jy moet.  

 

Jpsef se lewe. Die Here bedoel dit vir Goed. Vergifnis wat in ons is sal aan ander, openbaar wie ons werklik is. Moet nie bitter wees nie, moet vir hierdie mense bid.

 

Wat is sewe stappe van vergifnis:

 

1) 1 Kor.10:13 Duiwel wil tuisbring dat my situasie uniek is, wat nie waar is nie.

2) Moet nie oor die saak praat nie, moet nie hulle skuldig maak nie, wees soos Jesus. 

3) Spreek hulle vry,laat hulle veilig voel, beskerm hierdie mense. Josef sê dat die Here dit vir goed bedoel.

4) Josef kon gesê het gaan terug na vader, hy het hulle vertel wat hulle moes sê.

5) Niemand sal ooit weet nie. Vergifnis word soos ‘n lewe:

6) Plaas die saak op die altaar so lank hulle lewe.

7) Moet die seën van die Here oor hulle bid.

8) Hoe meer ek gewillig is om te vergewe, hoe groter die salwing.

9) Totale vergifnis maar beteken nie nie herstel. 

 

Wanneer die bitterheid verdwyn, sal die heerlikheid groter wees.

 

Moet onsself vergewe. Moet die Here vergewe, vir wat Hy toegelaat het. Moet jouself vergeef, en sonde voor die Here bring. 1 Joh.1:9.

 

Spanning word gebou deur dinge wat in ons harte leef, is dinge wat ons aanbid. Kan kinders wees wat my afgod is. Wat is regtig in my hart. Jak.4.

 

Daar is soveel skade omdat ons in sondige wêreld, en deels omdat mense nie weet wat vergifnis is nie. Is onBybelse optrede. Ongeloof, ons vergeet hoeveel die Here vir ons gedoen het om ons te vergewe.

 

Matt.18:15-35 Gaan oor onvoorwaardelike vergifnis. Konflik, kan as ‘n geleentheid wees van groei, en toename.

 

Konflik verheerlik die Here, en om aan ander te bedien. Help om ons soos die Here Jesus te word. Here bedoel dit vir goed.

 

Onvergifnis is die gif wat ons drink, waardeur ons ander sal dood-maak. 1) Wys mense terug na Christus, dan word vergifnis ‘n gawe.

2) Vergifnis is ‘n proses van heling.

3) As iemand vergefnis vra, belowe dat ek nie meer daaroor sal dwaal nie, teenoor onsself, teenoor die Here, teenoor andere.

4) Dink aan goeie van die persoon, en sien hoe die verkeerde gedagtes wegbeweeg.

5) Ons moet wys wees in wat ons sê.

6) Neem eers die balk uit eie oë. Matt.7:3.

7) Beplan saak deeglik.

8) Verheerlik die Here.

a)      Hoe kan ek regmaak.

b)      Matt.18 Proses en probeer die saak regmaak.

c)      Die Here gee beloftes dat die wat homself verneder.

 

Satan werk van binne en moet as ‘n laggaam saam staan. Joh.15 Sal dissipels deur liefde onder mekaar.

Weet dat elkeen se getuie bewaar moet word.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00