n Moeilike Lewe
Jennnifer Rene Daniel

Waarom my lot in die lewe so swaar?
Waarom kan ander so glad ‘boontoe’ vaar?
Ek her probleme in oorvloed gekry
Waarom , se afguns , moet jy dan so ly

Bitterheid groei en sy wortels ontvou
Deur my heel wese het hy vasgeklou
Woede , ‘n opvolger, in sy gewaad
wat verder ontvou en ontbloot in haat

Hoop het gevlug, en my blydskap daarmee
Op my gesig is hul dus uitgevee
want ek het afguns genooi om te bly
en murmererend sit ek hier en ly

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00