ESEGIËL 2:1 – 3:15

SOOS MET JESAJA EN JEREMIA, GEE DIE WOORD VAN GOD BAIE AANDAG AAN ESEGIËL SE ROEPING. Ook in sý geval is dit die basis van sy bediening vorentoe.
Aan die einde van hoofstuk 1 lees ons hoe Esegiël ineenstort voor die verskyning van God se heerlikheid. Maar nou moet hy opstaan om die Here se opdragte aan te hoor. Hy is egter so oorweldig deur die visioen, dat hy deur die Gees opgetel moet word (2:2).
Die Here stuur hom  –  hy moet Sy bode wees! (2:3; 3:4; 3:11). Op die oog af is dit ‘n eenvoudige opdrag. Hy moet bloot aflewer wat God vir hom gee. Maar in werklikheid is die teendeel waar  –  hy kan beswaarlik ‘n moeiliker opdrag ontvang. Dit sal die volgende hoofstukke duidelik uitwys.
Esegiël word "mensekind" (OAV) genoem. Dit onderstreep sy swakheid en sterflikheid, asook die oneindige afstand tussen hom en sy Sender. En dit mag die profeet nooit vergeet nie, want hy word 93 keer so genoem in die boek.

TOEPASSING

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00