1KORINTHIERS 2:2

‘N ONAANVAARBARE BOODSKAP

‘N ONAANVAARBARE METODE

PAULUS SE VOORNEME

PAULUS SE REDES

Ons kan aanvaar dat Paulus minstens 5 redes het vir sy voorneme  –  almal uiters aktueel vir ons dag.

  1. Paulus weet sy mandaat is begrens: hy moet die evangelie van God se genade in Jesus Christus verkondig  –  niks meer nie (1Kor 1:17). 
    Allermins wil die apostel enige aandag op homself vestig. Hy  –  en sekerlik ook die ander apostels  –  het net één hartstog: om Christus te verheerlik! By sy luisteraars soek hy net een respons: "Wat ‘n Verlosser!"; en nooit nie: "Wat ‘n prediker!"
  2. As daar een ding is wat die apostel vrees, is dit om die Heilige Gees te beledig en uit te blus. 
    Paulus weet dat net die Heilige Gees die Korintiërs tot geloof kan bring (4b; 5b). Maar hy weet ook dat die Gees gekom het om Christus te verheerlik (Jh 16:14-15); nie om redenaarspeletjies te speel nie.
  3. Paulus ken sy taak: hy moet alle mense oproep om hulle te bekeer en hulle knieë voor die ware God en Sy Christus te buig (Hd 17:30). 
    Terwyl die evangelie die goeie nuus is dat God sondaars in Christus red, is dit meteen ‘n ernstige bevel van God aan sondaars om hulle te bekeer.
    Die evangelie is nie iets wat gedebatteer en uit die hoogte oorweeg moet word nie. Dis ‘n bevel om te gehoorsaam. God is nie verleë oor ons nie. Hy onderhandel nie. Hy maak nie kompromieë nie. Die evangelie is nie net nóg ‘n religieuse alternatief nie.
  4. Allermins wil Paulus mense mislei om Jesus vanuit valse motiewe aan te neem. 
    Hy weet dat nie elke bekering eg is nie. Hy begryp dat die saad van die evangelie dikwels op klippe of tussen dorings val. En hy ken die Godonterende gevolge wanneer dit gebeur. Dus vermy hy manipulasie en prediking wat bloot staat maak op welsprekendheid sonder ‘n deeglike uiteensetting van die evangelie. Bekering moet die vrug wees van evangeliewaarheid en -krag; nie van emosionele oorreding en drupperige sentimentaliteit nie.
  5. Paulus wil seker maak dat een en elkeen van sy luisteraars goed sal begryp dat daar maar één Middelaar tussen God en mense is. 
    Prediking wat nie konsekwent Christosentries is nie, kan baie maklik die indruk skep dat bloot godsdienstige aktiwiteit, vroomheid en entoesiasme tot redding lei.
    Nee! Ware dissipelskap en vroom godsdienstigheid is nie dieselfde ding nie. Egte Christenskap is ten diepste nie net ‘n manier van lewe nie. Dis om deur ‘n ware en lewende geloof met Christus verenig te wees. En hoewel reddende geloof altyd wys, is die eerste merkteken daarvan ‘n algehele afhanklikheid wat soos ‘n drenkeling aan Christus hang. Kom ons sê dit les bes só: die ware Christen word nie in die eerste instansie aan sy moraliteit geken nie, maar aan sy allesoorheersende wete dat hy nooit voor die lewende God sonder ‘n volmaakte Middelaar kan staan nie.
    Nooit mag ons net aanvaar dat genade alleen, Christus alleen en geloof alleen op kerkmense se harte gegrafeer is nie. Dit moet weer en weer verkondig word. Die mens dink van nature altyd maar weer in terme van vergoeding vir verdienste. Reddende geloof is die presiese teenoorgestelde van godsdienstigheid, churchianity en moralisme. Onthou altyd die vrome Kornelius  –  wat eers gered word as hy die ware evangelie verstaan en omhels. Voorheen was hy steeds verlore  –  ten spyte van al sy godsdiens, aalmoese, godvresendheid en gebede (Hd 10:2; 11:14)!
    Paulus wil seker maak dat niemand hom mis verstaan nie. Hy is die draer van ‘n enkele boodskap: Christus die gekruisigde  –  en niks of niemand anders nie! Daar is maar één Verlosser, één verlossing, één evangelie!

ENKELE KWALIFISERENDE OPMERKINGS

  1. Die apostel laat nie sy hoorders se kulturele voor- en afkeure buite rekening nie. 
    In Handelinge is dit duidelik dat hy Jode en heidene heeltemal verskillend benader. Hy skryf trouens uitdruklik dat hy  –  ten einde so veel as moontlik te wen  –  vir die Jode soos ‘n Jood word, en vir die heidene soos ‘n heiden (1Kor 9:19-23).
    Waarop hy egter in ons teks sinspeel, is dat hy nooit enige kompromie aangaan wat sy hoofroeping betref nie, naamlik om die gekruisigde Christus te preek. Ja, hy doen wat hy kan om struikelblokke uit sy luisteraars se pad te rol, maar nooit sal hy toelaat dat mense se kulturele grille en giere sy arm draai om sy boodskap af te water nie.
  2. Paulus bepleit nie ‘n simplistiese boodskap nie. 
    Om Christus as die gekruisigde te preek, behels meer as om oor en oor te sê: Christus is gekruisig! Ons kan aanvaar dat Paulus in Korinte die hele raad van God verkondig het (hy was lank daar), maar wel só dat die kruis altyd sentraal was. Hy sou dus nooit toegelaat het dat óf hy óf sy hoorders buite sig van Golgota en die leë graf beweeg nie.
    Dus, wat ons ook al preek, dit mag nooit los van die kruis sommer enige rigting inslaan nie. Ons verkondiging moet steeds evangelies, kruis-veranker en Christus-gesentreerd bly  –  ongeag of ons met Ou of Nuwe Testament besig is, met indikatief of imperatief, met etiek, ekklesiologie of eskatologie.
  3. Allermins wil Paulus vir ons sê dat die hóé van ons verkondiging onbelangrik is, solank ons maar net Christusgesentreerd is. 
    Elkeen oor wie se lippe rooiwarm woorde vanuit ‘n brandende hart stroom, sal met vuur en oortuiging preek. Nog meer, ons moet só kommunikeer dat dit ons hoorders se denke en harte binnedring. Maar slimmighede en snaaksighede en gladde vertonerigheid is iets heel anders. Nee, ons aanbieding moet steeds in volle harmonie met die gewigtigheid van ons boodskap wees.

TEN SLOTTE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00