1TESSALONISENSE 4:13-18; 2PETRUS 3:1-13

TENSY DIE WEDERKOMS VAN JESUS CHRISTUS BINNEKORT PLAASVIND, gaan een en elkeen van ons moet sterf. Daar is geen uitsondering nie. Daar gaan ‘n oomblik aanbreek dat ek my oë vir die laaste keer sluit, dat my hart die laaste van sy, sê maar, 2500 miljoen pompe gee, en dat ek my laaste asem uitblaas. En dan? Sal ek nog bewussyn hê? Hoe lank sal dit duur voordat ek my bewussyn terugkry? Wat van die tyd tot en met die wederkoms en my opstanding? Wat sal my ewige staat wees? Hoeveel sal ek weet? Waar sal ek wees?
Ons sou hierdie vrae, waaroor almal van ons al getob het, kon vermenigvuldig. Tog is daar ook baie mense wat glad nie oor hierdie dinge wil dink nie. Hulle vrees die dood en het ‘n volstruis-houding.
Ek wil graag by ‘n paar geleenthede aandag gee aan sekere van hierdie vrae oor die lewe na die dood. Dit raak ons almal en enigeen wil weet hóé die plek is waarheen hy binnekort gaan verhuis.

‘N MOEILIKE ONDERWERP

‘N VOËLVLUG OOR WARE GELOWIGES SE LANGTERMYN-TOEKOMS SOOS EK VERSTAAN GOD SE WOORD DIT AAN ONS OPENBAAR

Hoe lyk ons langtermyn-toekoms  –  ons wat in Christus is? Hieroor swyg die Bybel nie, en meeste Christene deur die eeue het dit min of meer verstaan soos ek dit nou gaan uiteensit.

‘N SLOTWOORD

Vir ‘n uitgebreide toepassing het ons nie nou tyd nie. Dis ook nie regtig nodig nie. Want as dit waarna ons gekyk het aan die hart lê van jou salige hoop, sal dit jou lewenslank bemoedig en elke dag ‘n veerkrag in jou tred gee. En dit sal jou grootliks bevry van die vrees vir die dood.
Al wat dus saak maak, is of jy in Christus is. En dit gebeur deur die geloof alleen. Glo dus die evangelie, bevestig jou geloof deur die Here Jesus in alles te gehoorsaam  –  en jy kan die ewige toekoms met opgewonde afwagting tegemoet gaan.

VOETNOTAS

1Leon Morris, The New International Commentary on the New Testament, p.146; Fritz Rienecker, Linguistic Key to the Greek New Testament; W.E. Vine, An Expository Dictionary of New Testament Words

 

Vir meer inligting oor die eienaar van der Walt, kliek hier

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00