EFESIËRS 3:14-21

  Hierdie gebed van die apostel Paulus is só ryk dat mens voetjie vir voetjie daardeur moet beweeg. Nou kyk ons na v.16b: dat die Vader deur Sy Heilige Gees die Efesiërs met krag sal versterk in die innerlike mens.
  
Hierdie frase het 3 komponente wat ons onder die loep moet neem. Paulus bid eerstens dat die Vader deur Sy Heilige Gees in die Efesiërs sal werk. Tweedens vra hy dat hulle met krag versterk sal word. En derdens versoek hy dat hierdie werk van die Gees in hulle innerlike menssal plaasvind.

‘N WERK VAN DIE HEILIGE GEES.

  Een manier waarop die drie-enigheid van God tot uitdrukking kom, is in die wyse waarop die Vader, die Seun en die Heilige Gees altyd saamwerk – in hierdie geval in die verhoring van gebed. Paulus bid tot die Vader; die gevolg is Christus se inwoning (v.17); en hier sien ons dat dit deur die Heilige Gees bewerkstellig word. Ook die eerste gebed in Efesiërs is onmiskenbaar trinitaries (1:17).
   Die Here Jesus moedig Sy dissipels baie sterk aan om te bid vir die werk van die Heilige Gees (Luk 11:5-13). Laat ons nooit vergeet nie: niks van ons erfenis in Christus realiseer in ons lewens nie, anders as deur die werk van die Gees. Maar dit gebeur nie sommer outomaties nie; ons moet daarvoor bid. Presies dit is wat Paulus hier doen.

OM MET KRAG VERSTERK TE WORD.

  Daar is ‘n beheptheid met krag in die hedendaagse kerk. Wonders en tekens is waarom dit gewoonlik gaan. In die proses word die sonde van Simon die towenaar dikwels gepleeg – ‘n blote beheptheid met die sensasionele (Han 8:9-25).
   Sonder om hier ‘n waarde-uitspraak oor die kwessie van wonders en tekens te maak, kan sonder vrees vir teenspraak gesê word dat dít nie is waar die aksent van die Nuwe Testament lê nie.
   In Fil 3:10 beskryf Paulus sy lewensambisie: "sodat ek Hom kan ken en die krag van sy opstanding en die gemeenskap aan sy lyde terwyl ek aan sy dood gelykvormig word …" (OAV).
   Dit verskil enigsins van die towenaar se ambisie!

IN DIE INNERLIKE MENS

DIE STRYD TEEN DIE SONDE

DIE NOODSAAK VAN VOLHARDING

NOODSAAKLIK VIR VRUGDRA

LAAT VERWONDERING ONS HARTE VUL

Hoe lank is jy al ‘n Christen? Is dit nie merkwaardig hoe die innerlike vuur jaar in en jaar uit bly brand nie – selfs hoër en hoër!
   Die alleroorsaak daarvan is egter nie ons gebede nie; dis ons Hoorder van gebed. Nee, nog meer, dis die voorspraak van ons hemelse Hoëpriester. En dis die gewilligheid van ons hemelse Vader om ag te slaan op Sy pleitdooie vir ons. En dis die Heilige Gees se hartstog om die genadestrome vanuit die Christustroon in ons lewens te kom verwerklik.

 

Vir meer inligting oor die eienaar van der Walt, kliek hier

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00