INHOUD.
Inleiding 2
Kan Christene mislei word? 3
Hoe word Christene mislei? 4
Wat leer die Bybel omtrent Profete en Profesië? 6
Die Ou Testamentiese Profeet. 6
Die Nuwe Testamentiese Profeet. 7
Die dwaling van Moderne Profete en Profesië. 9
Samevatting 12
‘n profesie vir Moderne “Profete.” 13
Bibliografie 14
INLEIDING.
In Christelike kringe kry ons vandag baie gelowiges wat sê en ook leer dat God weer in hierdie dae besig is om ‘openbaringe’ aan die kerk te gee deur diégene wat die ‘gawe van profesie’ het. Hierdie ‘openbaringe’ word toegeskryf as die werk van die Heilige Gees, waardeur ‘n persoon ‘n ‘profetiese’ woord direk vanaf God ontvang, en dan is hierdie ‘profesië’ ook meestal uitinge oor toekomstige gebeurtenisse. Wat hierdie tendens betref is dit belangrik dat ons in die lig van die Skrif, dat daar in die laaste dae “… baie valse profete sal wees wat baie sal mislei…” (Matt. 24: 24), sal ag slaan op die waarskuwing uit God se Woord om “… die geeste op die proef te stel, want baie valse profete het in die wêreld uitgegaan” (1 Joh. 4: 1).
Baie Christene huldig ongelukkig die mening dat alles wat ‘geestelik’ voorkom of binne ‘n geestelike atmosfeer of raamwerk geskied van God moet wees, en ignoreer daarom tot hul eie nadeel die feit dat God ons juis waarsku teen misleidende bose geeste wat van elke moontlike geleentheid gebruik sal maak om Christene te mislei (1 Tim. 4: 1).
Om ‘n behoorlike perspektief te verkry wat betref die kwessie rondom hedendaagse profete en profesië in die kerk, gaan ons dus eerstens die moontlikheid ondersoek dat Christene, al is hulle hoe eerlik en opreg, mislei kan word. Tweedens gaan ons kyk wat die Bybel leer omtrent profete en profesië en derdens gaan ons ondersoek instel na die leringe en profesië van diégene wat daarop aanspraak maak dat God direkte openbaringe aan en deur hulle gee.
‘n Saak waaroor ons egter eers moet saamstem voordat ons op hierdie kwessies ingaan, is dat die geskrewe Woord van God, naamlik die Bybel, die enigste basis of fondament van die Christelike geloof is en dus daarom ook die basis is waarmee ons die leringe en profesië van hierdie profete op die proef moet stel: “Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees vir elke goeie werk volkome toegerus” (2 Tim. 3: 16, 17).
Dit is ongelukkig ook so dat baie Christene, wanneer dit gaan oor Bybelse leringe, nie goed geskool is in die uitleg van die Skrifte nie. Skrifgedeeltes word baie keer buite konteks aangehaal of ingespan om eie gedagtes of idees te ondersteun. ‘n Ander probleem is natuurlik ook dat geestelike ‘ervaringe,’ eerder as die Woord van God, die basis word van dit wat sommige Christene en leraars leer en navolg:
“…omdat hulle geneig is om hul leringe op ervaringe te baseer, in stede daarvan om te begryp dat ‘n egte ervaring juis ‘n uitvloeisel van die waarheid is. Te veel ervaringe is totaal los – en in sommige gevalle die teenoorgestelde van – die geopenbaarde plan en werk van God soos aangeteken in die Skrif. Wanneer ervaringe die basis word vir wat ‘n mens glo, is daar amper geen perke aan al die valse leringe wat kan ontstaan nie”.(1)
KAN CHRISTENE MISLEI WORD?
Baie Christene glo vandag verkeerdelik dat wanneer die Bybel waarsku teen valse Christusse en valse profete, dit ‘n waarskuwing is teen nie-christelike kultusse soos die Mormone, “Christian Scientists” of die Jehova Getuies, ens. Maar wanneer ons ‘n studie doen van Jesus se waarskuwings in die Evangelies en die leringe van die Nuwe Testamentiese skrywers in verband met valse profete, is dit duidelik dat daar gewaarsku word teen valse profete wat in die ware kerk van Jesus Christus sal inkom en funksioneer onder die dekmantel dat hulle ware ‘volgelinge’ van Christus is. Hulle leringe is daaop gerig om te mislei en word vir die waarheid geglo deur diégene wat nie onderskei nie (2 Kor. 11: 3, 4).
“Want sulke mense is valse apostels, bedrieglike arbeiders wat hulleself verander in apostels van Christus. En geen wonder nie! Want die Satan self verander hom in ‘n engel van die lig. Dit is dus niks besonders wanneer sy dienaars hulle ook voordoen as dienaars van geregtigheid nie.” (2 Kor. 11: 13 – 15).
Geestelike misleiding binne die kerk is in ons dag ‘n ernstige gevaar! Toe Jesus gewaarsku het teen die groot eindtyd misleiding in Matt. 24, was dié waarskuwing oor valse profete en valse leraars gerig op hulle wat Sy volgelinge sou wees (Matt. 24: 4,5,11,24). Jesus bevestig en benadruk hierdie waarskuwing in vers 25: “Kyk, Ek het dit vir julle vooruit gesê”.
In 1 Tim. 4:1 – 2 word ons duidelik gewaarsku dat “… in die laaste tye (eindtye) sommige van die geloof afvallig sal word en verleidende geeste en leringe van duiwels sal aanhang.” Christene sal egter nie goedsmoeds duiwelse leringe aanneem nie, hulle sal mislei word om dit te doen, en daarom word valse leringe ‘toegedraai’ in Bybelse terme en subtiel verdraaide Skrifgedeeltes, en Christene wat nie onderskei nie, sal dit onwetend aanvaar asof dit van God is.
‘n Ander gevaar is dat baie Christene wat mislei is, ander weer op hulle beurt mislei deur hierdie onskriftuurlike leringe. Hulle doen dit egter nie moedswillig nie, maar onwetend omdat hulle glo dat dit wat hulle leer, die waarheid is.
“Dit spruit voort uit die vooropgestelde mening dat alles wat deur Satan en sy bose magte gedoen word, boos sal voorkom, terwyl die werklikheid daarvan nie besef word dat hulle hul juis as ‘goed’ voordoen nie (2 Kor. 11: 14). Byvoorbeeld, as hulle ‘n ‘goeie man’ kan oorreed om ‘n sekere idee aan te neem en dit dan weer op sy beurt aan te gee as die waarheid, is hy ‘n beter instrument in die hand van misleiding as ‘n onbetroubare man wat niemand in elk geval sal glo nie”.(2)
HOE WORD CHRISTENE MISLEI?
Christene wat die maklikste ‘n oop deur vir misleiding gee is juis diegene wat glo dat hulle, omdat hulle Christene is, nie mislei kan word nie en daarom aanvaar hulle ook alle bonatuurlike verskynsels as van goddelike oorsprong, terwyl hulle nie in gedagte hou of verstaan dat bose geeste hulself juis voordoen as goed, of hul werkinge laat lyk asof dit van God is nie. Timotheus vergelyk die valse profete van die laaste dae met “… net soos Jannes en Jambres Moses teëgestaan het” (2Tim. 3: 8). Wie was Jannes en Jambres? Hulle was towenaars in Farao se paleis wat sommige van die wonders wat Moses gedoen het, nageboots het. Timotheus waarsku dat Christene in die laaste dae mislei sal word deur mense wat die werk van God sal naboots … bonatuurlike verskynsels wat sal voorkom asof dit van goddelike oorsprong is.
Dit is belangrik dat ons sal begryp dat nie alle bonatuurlike verskynsels van goddelike oorsprong is nie! Paulus waarsku die gelowiges in 2 Tess. 2:9 dat, “… hy wie se koms is volgens die werking van die Satan met allerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen…” en met allerhande “… verleiding”. Met ander woorde, ons word gewaarsku teen diegene wat in die eindtyd misleidende leringe, gepaard met bonatuurlike manifestasies, in die kerk gaan inbring onder die dekmantel dat dit Skriftuurlik is. Hulle sal daarop aanspraak maak dat dit die werk van die Heilige Gees is. Dit is daarom uiters belangrik om hul aansprake en leringe aan die Woord van God te toets.
“Die meeste Christene is so onkundig omtrent die okkulte dat hulle dit nie sal herken tensy dit in sy mees blatante vorm voorkom nie. Dit kom ook voor asof baie Christene nie die Skrifgedeeltes in die Bybel versaan waar okkultiese praktyke verbied word nie, so, hulle kan ook nie towery op dieselfde basis herken nie. Die mate waarin anti-christelike en selfs okkultiese leringe en aktiwiteite in die Christendom geintegreer word is skrikwekkend en hierdie integrasie verhoog teen ‘n onrusbarende spoed”.(3)
“Ons sien vandag baie tekens en wonders. Dit mag selfs gedoen word in die Naam van Jesus en tot die eer van die Vader daarbo. Maar watter Jesus? Watter Vader? Om die Naam van Jesus voor te hou waarborg nie die bron nie, want baie doen Hom vandag soveel oneer aan dat wat hulle Jesus noem verteenwoordig in geen opsigte die Jesus van die Bybel nie, en so lei hulle diegene wat nie onderskei nie in die aanbidding ‘… van ander gode in wat julle nie geken het nie’ (Deut. 11: 28). ‘Want as iemand kom en ‘n ander Jesus verkondig as wat ons verkondig het, of as julle ‘n ander gees ontvang as wat julle ontvang het, of ‘n ander evangelie as wat julle aangeneem het, laat julle jul dit goed geval’. (2Kor. 11: 4). Dit is opmerklik dat Paulus dit sê aan ‘n kerk wat nie agterstaan as dit kom by gawes nie (1Kor. 1: 7), ‘n kerk wat ernstig is in hulle toewyding aan die Here (1Kor. 1: 4 – 8). Ten spyte hiervan sê Paulus egter hulle moet nie die moontlikeid uitsluit dat hulle as gevolg van hulle gebrek aan onderskeiding en die onskriftuurlike klem wat hul lê op ondervindinge, bedrieg en mislei word nie”.(4)
Die duiwel se visier is ingestel op Christene wat daarna streef om ‘n dieper verhouding met God te hê. Christene wat ‘n behoefte het dat God homself aan hulle sal openbaar op ‘n ‘nuwe manier,’ maak baie keer onwetend vir die duiwel ‘n deur oop omdat hulle hulself ontvanklik maak vir bonatuurlike werkinge in en om hulle. Die gevaar is dat in hul soeke na ‘n dieper verhouding, ondervindinge, emosies, verskynsels en gevoelens meer gewig kan dra as die geskrewe en geopenbaarde Woord van God. Soos ons gesien het, reageer bose geeste vinnig op die geleentheid om ‘n behoefte na bonatuurlike manifestasies te misbruik om te mislei en hulself voor te doen as boodskappers van God.
‘n “Ondervinding”, maak nie saak hoe positief dit beleef word nie, kan nooit die basis word vir geestelike lering nie! Daar is talle Skrifte wat ons waarsku dat die eindtye geken sal word deur bonatuurlike manifestasies wat daarop gemik is om Christene te mislei. Die kriteria waaraan alle geestelike leringe gemeet moet word, is om te sien of dit in lyn is met wat die Woord van God leer. As dit wat geleer word nie in die Skrifte voorkom nie, of dit is nie in ooreenstemming met wat geskrywe is nie, moet dit verwerp word, maak nie saak hoe goed of geestelik aanneemlik dit klink of voel nie.
WAT LEER DIE BYBEL I.V.M. PROFETE EN PROFESIE?
DIE OU TESTAMENTIESE PROFEET.
Die Ou Testament is basies ‘n historiese verslag van hoe God gedeel het met Sy uitverkore volk, die Jode. Hulle is deur God afgesonder as dié volk deur wie Hy homself sou openbaar aan die res van die mensdom en deur wie Hy homself uiteindelik dan ook sou openbaar in die persoon van die Here Jesus Christus. Omdat dit God se bedoeling was om Homself deur die Jode te openbaar, moes hulle ‘n volk wees wat apart gehou is van die ander heiden volke … ‘n volk wat in gehoorsaamheid geleef het aan die enigste ware God. Om te verhoed dat die Jode hulself besoedel met die bose praktyke van die heidene rondom hulle, het God aan hulle sekere basiese wette gegee waarbinne hul moes leef.
Die Jode het hulle egter telkens van God afgekeer en hulself besig gehou met die afgodery van die heiden nasies. God het dan elke keer sekere manne as profete aangestel deur wie Hy Israel d.m.v. waarskuwings teruggeroep het na hul eie God en Sy weë. God het aan hierdie Ou Testamentiese profete openbarings van Homself gegee as ‘n heilige God, asook waarskuwings van komende oordeel indien hulle nie sou afsien van hul bose praktyke nie. Sien voorbeelde hiervan in Jesaja 1:1 – 20; 2:6 – 21; 6:9 – 13; 22:1 – 14; Jeremia 6:1 – 30; Esegiël 6:1 – 14; Hosea 4:1 – 19; 5: 1 – 15; Joël 1:1 – 20; Amos 3:1 – 15; ens.
Omdat die Ou Testamentiese profeet ‘n instrument in die hande van God was wat gebruik was om Israel te konfronteer met die boosheid en sonde in hul lewens, was hy geensins populêr onder die Israeliete nie. Dit was ook die profeet se opdrag om God se oordeel oor hul sonde aan hul bekend te maak. Daarenteen was die valse profete egter baie populer, want hulle het op hul beurt deurentyd voorspoed aan die volk belowe. Hierteen het God egter telkemale gewaarsku:
“So sê die Here van die Leërskare: Luister nie na die woorde van die profete wat vir julle profeteer nie; hulle vervul julle met ydele verwagtinge; gesigte uit hul eie hart verkondig hulle, nie uit die mond van die Here nie. Hulle sê gedurig aan my veragters: Die Here het gespreek: Julle sal vrede hê; en aan elkeen wat wandel in die verharding van sy hart, sê hulle: Geen onheil sal oor julle kom nie”. (Jeremia 23:16, 17).
Omdat God geweet het dat daar valse profete sal wees het hy ‘n “toets” daargestel waarvolgens die betroubaarheid van ‘n profeet vasgestel kon word. As enige een in die Naam van die Here ‘n profesie sou uitbring in verband met toekomstige gebeurtenisse, sou die toets, of dit ‘n goddelikke profesie is of nie, wees om te kyk of die profesie wel gaan uitkom al dan nie:
“En as jy in jou hart sê: Hoe sal ons die woord weet wat die Here nie gespreek het nie? As die profeet in die Naam van die Here spreek, en wat hy gesê het, gebeur nie en kom nie uit nie, dan is dit die woord wat die Here nié gespreek het nie; deur vermetelheid het die profeet dit gespreek; jy mag vir hom nie bang wees nie” (Deut. 18: 21, 22).
Die Ou Testament leer dat ‘n ware profeet altyd deur God geroep was. Dit was nie sy eie persoonlike keuse om ‘n profeet te wees al dan nie. Dit was nie ‘n posisie waarna hy gesoek het nie, of wat hy gevoel het hy moet bereik nie. Daarby was die doel en boodskap van die ware profeet altyd om die volk te waarsku om terug te keer na hul eie God. Die profesië wat hy uitgebring het is altyd deur God bevestig deurdat dit wel gebeur het. Die Ou Testamentiese profeet was ook die instrument waardeur God die koms van die Messias aangekondig het.
DIE NUWE TESTAMENTIESE PROFEET.
“Nadat God baie keer en op baie maniere in die ou tyd gespreek het tot die vaders deur die profete, het Hy in hierdie laaste dae tot ons gespreek deur Sy Seun wat Hy as erfgenaam oor alles aangestel het, deur wie Hy ook die wêreld gemaak het…” (Hebr. 1: 1).
Die apostel Paulus maak hier ‘n interessante stelling. Hy herinner die Hebreeuse Jode daaraan dat God Homself in die ou tyd (Ou Testamentiese tyd) geopenbaar het deur die profete, deurdat Hy Sy wil deur hulle bekend gemaak het, maar nou, sê Paulus, in hierdie laaste tyd (Nuwe Dispensasie) praat God met ons deur Sy Seun, Jesus Christus (Joh. 1: 14).
Christus openbaar nou self God se finale boodskap aan die mensdom. Net soos die Ou Testamentiese tydperk afgesluit is met die laaste profeet Maleagi, na wie daar vir die volgende 400 jaar niks van God gehoor is nie tot en met die geboorte van Christus, net so sluit die Nuwe Testament af met God se finale openbaring soos gegee aan die apostel Johannes op die eiland van Patmos. Ons weet dan nou dat God alles, of dit die verlede, die hede of die toekoms is, ten volle saamgevat het in Sy Woord, die Bybel! Dit is waarom God ons waarsku om niks by te voeg by hierdie volledige openbaring soos ons dit in die Bybel kry nie (Op. 22:18). Selfs Paulus waarsku “… moet nie dink bo dit wat geskrywe is nie…” (1 Kor. 4:6). Tydens die uitlewing van die Nuwe Testament het God die bediening van apostels en profete gegee sodat die Nuwe Testament daargestel en geskrywe kon word, “…gebou op die fondament van die apostels en profete…” (Ef. 2: 20).
Die Nuwe Testamentiese “apostel” en “profeet” was ‘n unieke bediening wat gegee is vir die vestiging van die vroeë kerk. Terwyl die Nuwe Testament besig was om uitgeleef te word en die Skrifte nog nie volledig was nie, het die Nuwe Testamentiese profeet, in teenstelling met sy eweknie in die Ou Testament, as bediening gehad om die woorde en leringe van Jesus uit te lê en te verduidelik (Heb. 1: 2).
Na die finale openbaringe soos dit gegee is aan die apostel Johannes en saamgevat is in die boek Openbaring, was die Nuwe Testament volledig afgehandel en enige verdere openbaringe direk vanaf God deur ‘n profetiese bediening is dus nie meer nodig nie. Omdat God se Woord volledig is, Sy wil ten volle geopenbaar en opgeteken is, bestaan die behoefte nie meer vir sekere individue om ‘n sogenaamde spesiale profetiese bediening op te neem, ter wille van nuwe openbaringe en direkte boodskappe van God nie. “Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigeid, sodat die mens volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus” (2 Tim. 3: 16).
Na die finale samevatting van die Skrifte is alle gelowiges deur God geroep om profete te wees, in die sin dat hulle die evangelie sal uitdra na ‘n ongeredde mensdom. Die Nuwe Testamentiese profeet se primêre taak is dus nou om God se ten volle geopenbaarde wil, soos dit opgeneem is in die geskrewe Woord, te verkondig en te verduidelik.
“Die Nuwe Testamentiese profetiese gawe het primêr te doen met verkondiging en nie met openbaring nie. Die Nuwe Testamentiese profeet praat met mense ter wille van onderwysing, lering en gerusstelling (1 Kor. 14: 3, 31). Hy is ‘n prediker, nie ‘n onuitputlike openbaringsbron nie. Sy taak bestaan daaruit om Skrifwaarhede uit te lig en nie om die toekoms te voorspel nie. Dit beteken hy verkondig die alrééds geopenbaarde Waarheid.”(5)
DIE DWALING VAN MODERNE PROFETE EN PROFISIE.
As ons in die Nuwe Testament gaan kyk, sal ons sien dat die meerderheid verwysings na profete waarskuwings is teen valse profete wat baie Christene gaan mislei (2 Kor. 11:13 – 15; 2 Pet. 2:1; 1Joh. 4:1). Jesus waarsku Self ook teen die verskyning van valse profete in die laaste dae wat daaraan skuldig gaan wees dat hulle baie mense gaan mislei (Matt. 24: 24).
Daar is egter ‘n verskil tussen valse leraars en misleide leraars. Ons kry baie ernstige en opregte leraars, maar, omdat hulle mislei is, mislei hulle ander ook onwetend met hul leringe. Hierdie misleiding is baie moeilik om te onderskei, want hierdie ‘profete’ gebruik Skrif om ‘godelikke gesag’ te gee aan hul leringe, en hul streef self ook ernstig daarna om God te dien. Baie van hulle het ‘n opregte liefde vir God, maar ons moet in gedagte hou dat om ernstig te wees oor jou Christenskap beteken nie dat jy nie mislei kan word nie. Toe Jesus aan sy dissipels vertel het dat hy Jerusalem toe moet gaan om te sterf en Petrus hom met goeie bedoelings probeer keer het, het Jesus na hom gedraai en gesê: “Gaan weg agter my Satan! Jy is vir my ‘n struikelblok omdat jy nie die dinge van God bedink nie, maar van mense” (Matt. 16: 23). Petrus was waarlik opreg, maar dit het Satan nie verhoed om hom te gebruik om Jesus te weerstaan nie.
Die sogenaamde ‘profesië’ wat vandag oor kerke en oor individue uitgespreek word, het nie Skriftuurlike grond nie, en dit is niks anders as om mense se toekoms te probeer manipuleer nie … m.a.w. dit is fortuinvertellery wat in die okkulte gegrond is! Hierdie tipe misleiding en manupilasie is vandag ‘n ont-saglike probleem binne in die kerk en word ten sterkste verbied deur die Woord van God: “ Daar mag niemand by jou gevind word wat met waarsêery omgaan nie, en enige een wat dit doen is ‘n gruwel voor die Here!” (Uittreksel uit Deut. 18:10 – 17). Sien ook Jer. 14:14; Esegiël 12:24; Hand. 16:16.
“Die Heilige Gees is NIE ‘n fortuinverteller nie. Ook gee Hy nie aan ons die vermoë om die toekoms te voorspel nie (Matt. 6: 34). Een van die mees algemene tipes van misleindings van demoniese gidse is dat hulle aan ‘n persoon ‘n vals ‘woord van kennis’ gee wat niks anders as doodgewone toekoms voorspellery is nie. Selfs die ‘profesië’ wat so oor individue uitgespreek word is niks anders as fortuinvertellery nie.”(6)
‘n Christen wat glo dat God direk deur hom sal spreek, plaas himself in groot geestelike gevaar. Die gevaar lê daarin dat hy homself passief maak in die ‘teenwoordigheid’ van God. God verwag dat ons in samewerking met Hom sal funksioneer (Rom. 12:1 – 2 ). God het ons nie geskape om marionette te wees nie, en dit is dus nodig dat ons die nugter denke wat ons van God ontvang het behou tydens alle geestelike ervaringe. (2Tim. 1:7; 1Petrus 4:7). Ons is geroep om deur ‘n bewustelike besluit ons God lief te hê met ons hele hart, al ons krag en ons hele verstand. Die basiese vereiste toestand vir demone om in te kom is wanneer ‘n persoon sy denke leeg maak en oorgee aan ‘n ‘mag’ buite homself. Hierdie leringe wat leer dat God boodskappe deur ons wil stuur, vereis dat ‘n persoon sy denke leegmaak om sodoende ‘n “woord van God” te ontvang. Hierdie selfde tegniek word gevind in Oosterse gelowe om sodoende ‘n eenheid te beleef met ‘n sogenaamde ‘Universele Denke’ of ‘Hoër Self’. Dit is ‘n okkultiese tegniek en wanner dit in die kerk geimplimenteer word, sal dit ‘n deur oopmaak vir leuen-geeste wat nie sal huiwer om van hierdie geleentheid gebruik te maak nie.
Daar is baie voorbeelde van geestelike skade wat hierdie sogenaamde ‘profete’ in die moderne kerk veroorsaak het. Die meeste valse bewegings en kultusse van ons dag het juis ontstaan as gevolg van sogenaamde ‘profesië’ wat aan individue in gevestigde Bybelse kerke gegee is. Hierdie tipe van ‘bediening’ maak die deur oop vir net mooi enige misleiding in die Naam van Jesus, en baie kerke en individuele Christene is vandag geestelik krank daaraan toe, as gevolg van hierdie onskriftuurlike praktyk.
“Menige is al ontnugter en sommige het selfs hul geloof in die proses verloor omdat ons hierdie valse profete verdra! Hierdie profete is in menige gevalle self so vergiftig deur die bonatuurlike kragte wat deur baie aan hulle toegeskryf is, dat hul eie geloof daardeur skipbreuk gely het”.(7)
As ons na hierdie profete se uitsprake en voorspellings luister, vind ons dat dit niks te doen het met die uitleg van Skriftuurlike lering nie, maar dat hulle aanspraak daarop maak dat hulle nuwe openbaringe direk vanaf God ontvang. Daarby word hierdie profesië ook uitgespreek in die eerste persoon asof God self direk met en deur hulle praat!
“Hoewel hulle ontken dat hulle probeer om by te voeg by die Skrifte, is hul uitkyk op profetiese uitinge, die gawe van profesie en openbaringe niks anders as juis net dit nie. As hulle byvoeg tot God se volledige openbaring – hoewel onwetend – ondermyn hulle die uniekheid en outoriteit van die Bybel”.(8)
Selfs nadat hulle profetiese openbaringe as vals en misleidend bevestig is, word hierdie ‘profete’ nog steeds in baie kerke aanvaar as ware profete van God. Daar is selfs opleidingsentrums vir voornemende profete, soos bv. Mike Bickle se Shiloh Bedieninge en Bill Hamon se Christelike Internasionale Bedieninge. Bill Hamon word deur sommige gereken as die vader van die moderne profetiese beweging en het selfs ‘n skool vir profete. Ons het nodig om te verstaan dat enige gawe van die Heilige Gees, o.a. die gawe van profesie, soos wat ons uit die Bybelse voorbeelde leer, ‘n direkte vermoë deur die Heilige Gees was en nie iets was wat ‘n mens kon aanleer nie. Bill Hamon verklaar verder dat:
“Die profeet wat so nou en dan die punt mis, mag miskien ‘n gebrek hê aan kennis, nog nie heeltemal geslyp wees nie of miskien is hy te entoesiasties; of miskien profeteer hy met te veel ywer en te min wysheid en salwing. Maar dit bewys nie dat hy ‘n valse profeet is nie … dit is sekerlik moontlik dat ‘n ware profeet ‘n fout kan maak”.(9)
‘n Profeet “wat so nou en dan die punt mis?” Kan ‘n God-geinspireerde profeet verkeerd wees? Kan die Heilige Gees ‘n fout maak? Natuurlik nie! Hierdie on-Bybelse leringe van die hedendagse ‘profete’ in die kerk behoort elke gelowige hewig te ontstel en behoort verwerp te word vir wat dit is – absolute misleiding! Die Woord van die Here is baie duidelik oor ‘n profeet wat dit ‘so nou en dan mis’ In Jeremia 23:30 – 32, 39 lees ons:
“Daarom kyk, Ek het dit teen die profete, spreek die Here, wat my woorde steel, die een van die ander. Kyk, Ek het dit teen die profete, spreek die Here, wat hul eie tong gebruik en sê: die Here spreek! Kyk, Ek het dit teen hulle wat leuenagtige drome profeteer, spreek die Here, en dit rondvertel en my volk verlei met hulle leuens en hulle grootpratery, terwyl Ek hulle nie gestuur en aan hulle geen bevel gegee het nie, en hulle vir hierdie volk hoegenaamd geen voordeel bring nie, spreek die Here. Daarom Kyk, Ek sal julle sekerlik ophef en julle van my aangesig af wegwerp.”
Dit sal vir ons voordelig wees om ag te slaan op die Woord van God wat ons waarsku dat “… goddelose mense en bedrieërs sal voortgaan van kwaad tot erger, hulle wat verlei en verlei word” (2 Tim. 3:13). Jesus waarsku self, “Maar pas op vir die valse profete…” (Matt. 7:15), en dat in die laaste dae “… valse profete en valse christusse (sal) opstaan … om te mislei…” (Matt. 24: 24).
Ons moet onsself nie laat mislei deur die foutiewe en valse leringe van die moderne Profetiese Bediening nie. God se Woord is die finale en volledige opbenbaring vanaf God vir die mens. God het dit juis as finaal en volledig saamgestel sodat ons veilig bewaar kan wees van valse leringe en misleidende boodskappe van die Misleier. Satan se hoofdoel is om ons oë van die Woord af te haal en dit is presies waarmee hierdie sogenaamde profete besig is. Christene begin afhanklik raak van hierdie openbaringe en profesië omdat dit vir hulle ‘n manier word om van toekomstige dinge te wete te kom … net soos wat die ongeredde mens afhanklik raak van waarseers om insig in die toekoms te kry. Die Bybel neem nou tweede plek in want die “profeet” deel met die persoon se persoonlike lewe en nabye toekoms en word vir hom ‘n bron van openbaringe oor verborge dinge op sy toekomstige lewenspad. Hierdie okkultiese manifestasie word aanvaarbaar gemaak vir Christene deurdat dit voorgehou word as “openbaringe van God.”
SAMEVATTING.
Hierdie moderne Profetiese Beweging is on-Bybels! Die moderne ‘profesië’ wat vandag in kerke voorkom is nie ‘n gawe van die Heilige Gees nie. Dit is waarseery en word deur God verbied!
Ek is bewus daarvan dat dit moeilik gaan wees vir diégene wat by hierdie beweging betrokke is om daarmee te breek en hul geloof slegs op die geskrewe en geopenbaarde Woord van God te plaas. Eerstens sal hul moet erken dat dit moontlik is om mislei te word, want “… sulke mense is valse apostels, bedrieglike arbeiders wat hulleself verander in apostels van Christus. En geen wonder nie! Want die Satan self verander hom in ‘n engel van die lig. Dit is dus niks besonders wanneer sy dienaars hulle ook voordoen as dienaars van geregtigheid nie.” (2 Kor. 11:13 – 15).
‘N PROFESIE VIR MODERNE “PROFETE.”
“En die woord van die Here het tot my gekom en gesê… Sê aan hulle wat uit hul eie verbeelding profeteer: Hoor die woord van die Here! Dit is wat die Soewereine God sê: Wee die dwase profete wat agter hulle eie gees aan loop en niks sien nie! … Hulle visioene is vals en hulle voorspellings ‘n leuen. Hulle sê, ‘Die Here spreek’ terwyl die Here hulle nie gestuur het nie; nogtans verwag hulle dat hulle woorde vervul sal word. Het julle nie ‘n bedrieglike gesig gesien en leuenagtige waarsêery gespreek nie deurdat julle sê: Die Here spreek, terwyl Ek nie gespreek het nie? Daarom, dit is wat die Soewereine God sê: Omdat julle valsheid spreek en leuenagtige gesigte gesien het, daarom kyk, Ek het dit teen julle, spreek die Here Here. My hand sal wees teen die profete wat bedrieglike gesigte sien en leuens waarsê … hulle sal hul ongeregtigheid dra – die profeet sal net so skuldig wees soos die een wat hom geraad-pleeg het…” (Esegiël 13:1 – 3, 6 – 9; 14 – 10).
ooooooOoooooo
BIBLIOGRAFIE.
1. Charismatic Chaos, John McArthur Jnr., Zondervan Publishing House, Grand Rapids, Michigan, 1992, Pp. 26,27.
2. War on the Saints, Jesse Penn-Lewis, The Overcomer Literature Trust, England, P.13.
3. The Seducion of Christianity, Dave Hunt and TA McMahon, Harvest House Publishers, Oregon, 1987, Pp. 12, 13.
4. The Beautiful Side of Evil, Johanna Michaelson, Harvest House Publishers, Oregon, 1982, Pp. 174, 175.
5. Charismatic Chaos, John McArthur Jnr., Zondervan Publishing House, Grand Rapids, Michigan, 1992, P. 81.
6. Becoming ‘n Vessel of Honour, Rebecca Brown, Solid Rock Books, Woodburn, 1990, P. 121.
7. The New Prophets, Bill Randles, Plumline Publishing, Pietermaritzburg, South Africa, 1999, P. 60.
8. Charismatic Chaos, John McArthur Jnr., Zondervan Publishing House, Grand Rapids, Michigan, 1992, P. 75.
9. The New Prophets, Bill Randles, Plumbline Publishing, Pietermaritzburg, South
Africa, 1999, P. 64.