HL 192
1. EK WERP MY SKULD OP JESUS, DIE VLEKLOOS LAM VAN GOD:
DIE SWARE LAS VAN SONDE DRA HY, O SALIG LOT!
EK WERP MY VLOEK OP JESUS ‘N VLOEK GEWORD VIR MY –
TOT DEUR SY BLOED SO DIERBAAR, GEEN SMET MEER IN MY BLY.
2. EK WERP MY SORG OP JESUS, IN WIE GODS VOLHEID WOON;
HEEL MY DIEPSTE WONDE, EN WAS MY VLEKKE SKOON.
EK WERP MY SMART OP JESUS, MY MOEITE EN MY NOOD;
EK VIND BY HOM VERLIGTING, SY LIEFDE IS RYK EN GROOT.
3. MY SIEL VIND RUS IN JESUS, MY DIEP VERMOEIDE SIEL;
SY LIEFDE-ARM OMHELS MY, WYL’K AAN SY VOETE KNIEL.
O DIER’BRE NAAM VAN JESUS – IMMANUEL, MY GOD!
MEER KOST’LIK AS ROBYNE, MEER SOET AS AARDS GENOT!
4. GRAAG WIL EK WEES SOOS JESUS WAT MY SO TEER BEMIN;
VOL NEDERIGE LIEFDE EN KINDERLIKE SIN;
GRAAG WIL EK WEES BY JESUS DAAR IN DIE HEMELHOF,
OM MET VERLOSTES EWIG TE SING MY REDDERS LOF!