GESANG 026
1. URE, DAE, MAANDE, JARE SKUIF
SOOS SKADU’S STIL VERBY –
NIKS WAT MET DIE LOOP VAN JARE
ONVERANDERLIK KAN BLY !
SOOS DIE GRAS, SO IS ONS DAE;
SOOS ‘N BLOM VERWELK DIE MENS:
U STEL NA U WELBEHAE
AAN ONS LEEFTYD HIER ‘N GRENS !
2. VADER, ONDER HEIL EN SMARTE,
VADER, AS U ONS BESTRAF –
U, DIE KENNER VAN DIE HARTE,
LEI ONS DEUR DIE DOOD EN GRAF.
WAT VERANDER OP DIE AARDE,
U VERBOND HOU EWIG STAND.
EWIG RUS EK IN U VREDE,
VEILIG IN U VADERHAND.
3. SNEL DAN HEEN, MY LEWENSJARE,
MET JUL DROEFHEID EN GENOT.
TREF MY RAMPE OF GEVARE,
NOOIT VERANDER GOD, MY GOD !
SOU MY ALLES HIER BEGEWE,
VOORTGELEI STEEDS DEUR U HAND,
SIEN EK UIT IN HIERDIE LEWE
NA MY EEWGE VADERLAND.