'n Druggie se Getuienis

Hoe ek die Here Jesus

 

ontmoet het

 

(My getuienis dat Hy lewe)

 

 

 

 

Waar kom ek vaandaan?

 

Ek is gebore in die Eerste Militere hospital die jaar 1982. Ek was in Laerskool Wonderboom en van daar na HTS John Vorster. Die einde van my skool loopbaan was ek in Capital College. Daarna het ek vir n jaar by CTI geswot en het begin werk in Rosslyn as n programmeerder.

 

Waar het alles begin?

 

As 13 jarige het ek n liedjie van Brian Adams geluister: Summer of ’69. Ek het vir myself gese, dit is die lewe wat ek wil ly. Toe ek 15½ jaar oud was het ek begin om mari-juana te rook en teen 16½ was ek 100% in dwelms. Die genade van God was oor my en ek het nie heeltemal my lewe opgemors. Teen 18 was ek moeg geleef en het alles al gedoen om te doen. Ek was in die Gothic scene en het by die ou Zepelins uitgehang. Die eerste club waarna ek gegaan het was nog die ou The Doors in Jo’burg se midde-stad (toe dit nog n metal club was.). Dit was toe ek 18½ was wat die Here Jesus se genade begin werk het in my lewe. Ek het deur n moeilikke tyd gegaan en God het dit gebruik om my bewus te maak dat Hy daar is.

 

So begin ek God te soek…

 

Daardie jare was moeilik want ek het God intens gesoek maar het nie geweet waar om Hom te vind nie. Ek wou nie deur enige dominie of new age gekul word nie en het in die algemeen niemand vertrou nie. Die Here het my met koorde van liefde getrek.

 

Toe op n dag speel een van my vriende vir my Psalm 22. Dit het die wind uit my sy geslaan. Ek kon nie glo dat die kruiseging van Jesus 1000 voor sy dood so presies kon beskryf word nie. Ek het geweet dat hier iets aan die gang is wat groter as ek is.

 

Die Wet van Moses…

 

My lewe het toe n ander draai gevat en ek het begin glo dat om gered te word mens die Wet van Moses moet onderhou. Ek het die Wet van Moses begin intense be-studeer. Hoe meer ek die wet bestudeer het hoe meer het die wet my sondes aan my bekend gemaak. Ek het gesien hoe sondig die mens voor God is maar nogsteeds het ek probeer om my eie verlossing uit te werk.

 

Die genade van die Here…

 

Die Here Jesus was goed vir my want 2002 die winter stuur Hy twee van Sy kinders oor my pad en hulle het begin om vir my te vertel dat verlossing alleen deur Jesus kom. Dat deur die dood aan die kruis en sy bloed wat gevloei het kan ons regverdig voor God wees. Dit was n groot gestoeiery maar einde September 2002 by Waterval Boven gee ek my lewe oor aan Christus.

 

Wedergeboorte…

 

My problem was dat ek vir niemand vertel het van die stap wat ek geneem het nie. Ek het ook vir die eerste keer gehoor van die wedergeboorte. Hier was n nuwe ding. Vir 3 jaar lank het ek geswoeg en gesweet om die ervaring te verkry. Dan het ek gevoel ek is reg met God en dan die volgende oomblik het ek ongelooflik getwyfel. Ek kon net nie rus vind in Jesus alleen nie. Hy het vir my, ja vir my sondes gesterwe, ek hoef niks te doen nie.

 

Die groot aand…

 

Dit was die laaste Sondag van September 2005 in Centurion. Ek kan nog presies onthou waar ek gesit het toe my broeder gepraat het oor Rut en Boas. Daar terwyl ek geluister het het die Here Jesus deur Sy genade sy hand uitgesteek en aan my bekend gemaak dat net God kan my wederbaar.

 

Eph 2:8-9 Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; (9) nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie.

 

Toe ek dit besef het ek stil geword in myself en in daardie vrede het ek die Heilige Gees ontvang en onmiddelik die getuinis gekry dat ek n kind van God is. Die Here Jesus het my siel kom red uit genade! Ek weet Jesus lewe want Hy het in my lewe persoonlik gewerk. Kyk sorgvuldig na die volgende verse in sien…

 

Daniel 10:12

 

Toe sê hy vir my: “… van die eerste dag af dat jy jou hart daarop gerig het om ag te gee en jou voor die aangesig van jou God te verootmoedig, is jou woorde gehoor…”

 

Hosea 11:4

 

…met koorde van liefde het Ek hulle getrek; en Ek was vir hulle soos diegene wat die juk van hulle kakebeen af oplig; en Ek het My na hom neergebuig, Ek het hom voedsel gegee.

 

Psalms 22:14-18

 

Ek is uitgestort soos water; al my beendere raak los; my hart het soos was geword; dit het gesmelt binne-in my ingewande. (15) My krag is verdroog soos ‘n potskerf, en my tong kleef aan my verhemelte; en U lê my neer in die stof van die dood. (16) Want honde het my omsingel; ‘n bende kwaaddoeners het my omring; hulle het my hande en my voete deurgrawe. (17) Al my beendere kan ek tel; húlle kyk, hulle sien met welge-valle op my neer! (18) Hulle verdeel my klere onder mekaar en werp die lot oor my gewaad.

 

Romeine 3:20

 

aangesien uit die werke van die wet geen vlees voor Hom gereg-verdig sal word nie, want deur die wet is die kennis van sonde.

 

Johannes 3:3

 

Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.

 

Romeine 8:16

 

Die Gees self getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is;

 

Romeine 3:23-24

 

want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heer-likheid van God, (24) en hulle word deur sy genade sonder ver-dienste geregverdig deur die verlossing wat in Christus Jesus is.

 

Heb 9:27-28

 

En net soos die mense bestem is om een maal te sterwe en daar-na die oordeel, (28) so sal Christus ook, nadat Hy een maal ge-offer is om die sondes van baie weg te neem, vir die tweede maal sonder sonde verskyn aan die wat Hom verwag tot saligheid.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00