Tafelbergkerk.Skrif: Rigters 9:7-21 en I Tim. 2:1-4
Goeie beskrywing van die lewe Pendoringbome en Olyfbome.
Mense wat wonde toedien en mense wat genesing bring.
Ons lees in die gedeelte dat die Here se volk in nood is, nood soortgelyk aan die nood wat ons ook ondervind in ons lewe. Wat doen ons in die nood? Ons wat daagliks moord op moord moet aanskou.
God het Gideon gestuur om Israel se nood te verlig wat hulle gely het aan die hand van die Medianiete. Sy Bynaam word Jerrubaal omdat na hy die Baalaltaar afgebreek het en sy pa darna gesê het laat Baal dan self sy saak met Gideon uitmaak as dit so ernstig is.
Nadat Gideon die deur die Here se mag die Medianiete tot oorgawe gebring het en so die rus en veiligheid van Israel verseker het wou hy self nie oor Israel regeer nie maar het toe hy versoek is om dit te doen net gesê dat die Here self hulle regeerder sal wees.
I Isreal (die kerk) se nood.
Nou neem Abimeleg die heerskappy wederregtelik oor.
Hy wat moes sorg dat daar rus en veiligheid vir Israel moes wees (Vgl. I Tim. 2:1-4.) word ‘n verwoester, ‘n Pendoringboom wat mense verwond,en lewens verwoes.
Hy is nooit soos die geval met Gideon, deur God geroep nie, was ‘n buite-egtelikke kind en het geen reg op koningskap gehad nie en sy hele persoonlikheid getuig daarvan dat hy geen godgegewe liefde besit het nie maar dat hy eiegeregtig, sefsugtig en wreed was.
Wat ‘n verskriklike nood het Israel nou bedreig, die verwoester was nie meer van buite nie maar van binne. Hy wat hulle sekerheid rus en veiligheid moes waarborg word die een wat hulle lewens verwoes. Word ‘n Doringboom wat lewens verskeur.
Dit is die ware gesig van die sonde.
Wederegtelikke oorname van die reg op die lewens van mense .
‘n Mag wat mense manipuleer en lewens verwoes wat hulle in vrees laat lewe.
Hulle wat in die mag van sonde is moet almal rondom hulle manipuleer, beheer met vrees en verwond.
Snaaks dat hulleself uiteindelik deur die mag van sonde gemanipuleer word en uiteindelik sterf. Soos Jotam dit voorspel in : 20.
II God se antwoord in Israel se nood.
Wat moet die Kerk doen in nood?
Hulle moet God se Woord hoor.
Jotam spreek hier namens god> Hy herrinner hulle aan Gideon se regering deur dit te vergelyk met drie vrugtebome, die Olyf-, Vye- en Wingerdboom (of wingerdstok.)
Die drie bome sou in die Nuwe Testament juis die bome word wat tekenend van die Kerk van die Here sou word. Dit is ook nie toeval nie want Jotam spreek die woord van die Here en die Here laat hom hier verwys na die tyd van die Here Jesus.
Gideon, die ware regeerder deur God geroep was soos die vugtebome wat goeie vrug dra en hulle vrug aanwend tot die eer vanGod ( nie gode soos in die Nuwe vertaling nie) en tot genot en vreugde van die mense.
Daardeur gee hy ook vir ons die wyse warop ons moet vrug dra en regeer as Kerk van die Here.
Die Olyfboom word teken van lig in die NT. Dit is die olie wat in die Tempel en die Tabernakel die bron van lig sou wees.
Jesus word in Joh 1 die Lig van die Wêreld genoem wat die duisternis van die sonde sou uitwis en ware lewe sou gee.
Die Vyeboom is die veilige woonplek van elke Israeliet onder God se genadige toesig en sy teenwoordigheid. Daar sal hy vrug dra van ware geregtigheid. As die Here die Vyeboom bestraf en die dan verdroog spreek hy juis ‘n vloek uit oor Israel se vrugloosheid te spyte van die Here se persoonlikke bemoeienis met hulle en sy teenwoordigheid in hulle midde.
Die Wynstok word oor en oor in die NT die teken van ‘n noue verbond wat daar moet wees met Jesus. Sonder hom kan ons niks doen nie en is ons niks werd nie (Vgl die preek van Son.25-06-2006)
Heerlike boodskep die mag van sonde verdwyn in die lig van Jesus Christus Die vrees vervang met die liefde van die Here en selfs die einde is volkome seker nl. Die Ewige Lewe in sy teenwoordigheid.
Toepassing
Wat doen ons as dit met os gebeur?
As die mense wat ons veiligheid moet verseker klaarblykli die teen oorgestelde doe. Vgl die uitsprake van die minister van Veiligheid en Sekuriteit (sjoe) wat mense wat kla oor die moored aanbeveel om die land te verlaat.
As mense ons manipuleer met die ideologie van die dag en ons dreig in die werk.
As mense wat ons gesondheid en lewe moet verseker dit met knoffel probeer reg dokter?
Dar is net een antwoord. God se Woord.
Woord wat sonde tot niet maak.
Woord wat lewe gee.
In die plek van haat en eiegeregtigheid vrede en liefde bring
Ons moet altyd en onder alle omstandighed onthou dat Gideon met die krag van God oorwin het en dat God se Woord die krag is wat vir ons die oorwinning bring.