Dei Gratia
– deur Attie van Lill –

 

Skemering begin te daal.
‘ Word tyd dat Hy my sal kom haal.
En ek, sal Hy my waardig vind –
‘n welkomsgroet: "Kom tuis my Kind?

My lewenslig is aan verdof.
Dit is alreeds die laaste skof.
Op eie krag, "Onmoontlik Heer,
my rug die wêreld toe te keer.
"Dei gratia." Heer dis U gena
dat engele my na U sal dra
Nie deur myself of deur die wet.
Genade alleen het my gered!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00