Geskryf deur Mnr. Opperman tjcloete@absamail.co.za
I SAMUEL
1. INLEIDING
Die Eerste boek van Samuel is die eerste van drie dubbel boeke van die Ou Testament nl: 1 en 2 Samuel, 1 en 2 Konings en 1 en 2 Kronieke. Saam vorm hulle `n volledige afdeling. Daarin word die reis en val van die Israel monargie opgeteken. In die Hebreeuse manuskripte vorm I en II Samuel een boek en ook I en II Konings en I en II Kronieke. Die opdeel in twee boeke elk kom van die Septuaginta vertaling van die Hebreeuse geskrifte in Grieks wat vermoedelik in die jaar 3 VC gedoen is. In die Septuaginta vertaling word I en II Samuel en I en II Konings die eerste, tweede,derde en vierde boeke genoem van die Koninkryke . ( Koninkryke bedoelende die Koninkryke van Juda en Israel.
Die Latynse Vulgate vertaling, van die Bybel in Latyn, 4 NC gaan voort met die Septuaginta skeiding van Samuel en Konings in twee boeke elk, maar noem dit die eerste, tweede, derde en vierde boeke van die Konings(nie Koninkryke nie) Soms in sekere vertalings word na I Samuel verwys as die eerste boek van die Konings en so word ook II Samuel en I en II Konings ook soortgelyk genoem. Later is hierdie verwysings uitgelaat.
Sommige het die verdeling in twee boeke betreur, maar dit het groot meriete. II Samuel is `n boek oor Dawid se 40 jaar Koningskap en dit is goed dat so `n onderskeiding gemaak word – `n boek op sy eie gemaak is. I Samuel merk ook `n periode af, wat begin by die geboorte van Samuel ( die laaste van die Rigters) tot by die dood van Saul (die Eerste van die Konings). Dit dek `n tydperk van 115 jaar.
Vir interessantheidshalwe is I Samuel ongeëwenaard, nie alleen bevat dit baie relevante geskiedenis nie, die geskiedenis is verweef met die biografieë van drie kleurvolle persoonlikhede nl. Samuel, Saul en Dawid. Daarom is die hoofstukke gegroepeer in:
Hoofstuk 1-2 – Samuel
Hoofstuk 7 – 9 – Saul
Hoofstuk 16 – 31 – Dawid
Die drie oorvleuel want Samuel leef vêr in Saul se heerskappy in en sien ook vir Dawid as Koning, terwyl Saul sy Koningskap voortsit tot Dawid 30 jaar oud is. In die eerste 7 hoofstukke is Samuel die prominente persoon. In die volgende agt hoofstukke is die fokus op Saul en Samuel is op die agtergrond. In die daaropvolgende hoofstukke is Dawid die hooffiguur al is Saul steeds daar.
2. SENTRALE TEMA EN KENMERK
I Samuel is die boek van die oorgang van Godsregering na Monargie (Koning) en die boek van die besondere manne , Samuel (laaste Rigter), Saul (Die eerste Koning) en Dawid (die Grootste Koning) As ons dit onthou behoort ons nie die sentrale geestelike boodskap van die boek te vergeet nie . God het Israel tot `n unieke verhouding geroep met Homself en God self was Israel se onsigbare God. Deur ongehoorsaamheid bring hulle straf oor hulleself van tyd tot tyd. Later blameer hulle dit op die afwesigheid van `n Tasbare menslike Koning, net soos die omliggende lande en volke gehad het. Hier word daar aanspraak gemaak op so `n “Koning”
In Hoofstuk 8 word dit opgeteken waar die volk agteruit beweeg deur hulle eie verwagting/verlange na `n aardse Koning. Dit was die tyd van menslike wysheid en nie Geloof in GOD nie. Hulle neem die slegter deel nie die beste nie(daar is `n groot verskil tussen die twee) Die mense het gedink dat dit hulle lewens drasties sal verbeter as hulle `n aardse Koning gehad het soos die volke rondom hulle, maar hulle het `n fout gemaak. Die Koning wat hulle verlang het bring ander en meer probleme. Die sentrale boodskap is dus: Probleme vermeerder deur die oënskynlike makliker maar ondersgeskikte weg te kies van menslike wysheid in plaas van GOD se weg.
Ons gaan nou na die drie uitstaande manne kyk waar rondom hierdie verhaal geweef is. Die eerste is Samuel.
3. SAMUEL
As `n karakter studie het Samuel min gelykes, en as `n faktor in die vroë groei van sy volk word hy slegs deur Moses geëwenaar. Tydens die bediening van Samuel kom die AARDSE Koningskap ter sprake. Van hier af sien ons Israel onder beheer van Konings. Behalwe dit is die verskyning van Samuel die begin van `n profetiese bediening.
Samuel “skep” die” skool” van die profete en begin die profetiese orde. Met ander woorde hy is die eerste van die profete en die onderskeiding is duidelik uit die NT – Hand 3:24 – “ En ook al die profete van Samuel af en die wat gevolg het, almal wat gespreek het, het ook hierdie dae aangekondig” en Hand 13:20 – “ En daarna omtrent vierhonderd-en vyftig jaar lank het Hy rigters gegee tot op Samuel, die profeet” Sien ook Heb 11:32
Samuel is daarom `n besondere figuur, hy eindig die tyd van die Rigters en hy lei die era in van profete, Hy begin die eerste groot opvoedkundige beweging in die volk, hy plaas Israel se eerste Koning op die troon en salf later vir Dawid as Koning, die grootste van Israel se Konings.
3.1 SAMUEL SE TYDIGE VERSKYNING
Israel se opleiding/opvoeding was merkwaardig. Die stamme word groot temidde van die omstandighede in Egipte waar Egipte alles oorheers. Daarna onder kundige leiding van Moses verkry hulle die Wet, wat hulle begin voorberei in burgerlike en administratiewe sake en wat basiese fundamentele beginsels van moraliteit insluit. Moses maak `n groot indruk op die volk, maar hulle was nie op dieselfde vlak as hy nie. Skaars was Moses nie meer daar nie, en die mense wend hul tot sonde. In plaas van dit te doen wat God vir hulle beplan het sak hul laer en laer soos gesien word in Rigters, totdat die volk by `n punt kom waar dit wou disintegreer.
Die Filistyne en ander immigrante met wapens uit Griekeland het Israel geteister. So kon Juda nie die seekus inneem nie in die vroër tyd nie. ( Rigters 1:18 – 19) Die volk se onafhanklikheid word bedreig en net toe dit lyk of die volk uitgewis sou word verskyn Samuel. Dit was tydens `n hopelose toestand en Samuel stop die verrotting/verval en bou die volk op tot `n ordelike en vooruitstrewende koninkryk en stel die standaard waarop vooruitgang gebou moet word. Die pad is lank en moeilik maar God wil Sy volk sien as onderwysers vir die wêreld.
3.2 SAMUEL SE OPVOEDKUNDIGE WERK
Samuel het dit op hom geneem om die volk geestelik op te voed en te leer ten opsigte van ordelike regering. Dit was die grootste behoefte. Die fondament daarvoor was die herstel van die morele en geestelike lewens van die volk. Dis die begin punt vir almal. Hy was wyser as om net op sy eie vermoëns/invloed staat te maak. Om sy volk te red moes daar instellings wees wat voortdurende druk uitoefen en die mense beweeg, hoër na `n ander vlak, met God. Om dit te doen het hy sekere skole begin. Hier is mense geleer om God te aanbid en van die Godellikke natuur. Samuel was beperk deur Israel se lae vlak van opvoeding/opleiding. Die patetiese mislukking van Koning Saul bewys dit en regverdig Samuel se huiwering om `n Koning daar te stel.
Die skole wat hy begin het was nodig om sy volk voor te berei vir leierskap. Die volk is geleer om te lees en te skryf en kennis op te doen. Die groep wat volg sluit Dawid in en die meeste van sy leiers. `n Stelsel van Nasionale onderwys begin en positiewe gevolge word opgemerk en strek tot voordeel van die wêreld, selfs tot vandag toe nog. Behalwe dit sou die Bybel uit die pen van geïnspireerde manne nie moontlik gewees het nie. Samuel se skole lei ook tot Jesaja en sy opvolgers se geleerdheid. Beide die OT en die NT is grootliks te danke aan Samuel se opvoeding.
Samuel se ander groot taak was die skepping van die Koninklike regering, hier was hy ook vêr voor sy ouderdom. Hy was onwillig aangesien die tyd volgens hom nog nie ryp was nie. Die daarstelling van `n monargie vereis `n opgevoede volk en Saul kon nie lees of skryf nie. Hy was dus nie geleerd nie, en word wat Samuel nie wou gehad het nie. Samuel het Koninklike mag gesoek in `n leek. Hy was egter gehoorsaam aan God. Eers met Dawid was daar `n kundige en geleerde man gereed vir die Koninklike troon.
Desnieteenstaande Dawid se foute, het hy homself nooit bo God se wette geplaas nie, of dit te gebruik vir sy eie persoonlike doeleindes nie (anders as Saul)
Dit maak van Samuel `n groot man in God se plan.
I SAMUEL
OORGANG VAN GODSREGERING NA AARDSE KONINGSKAP
SAMUEL: DIE LAASTE VAN DIE RIGTERS ( 1-7)
Sy geboorte en jeug – (1,2)
Sy roeping en bediening (3)
Sy lewe en sy handelinge(4-7)
Samevatting: (7:15-17)
SAUL: DIE EERSTE VAN DIE KONINGS (7-15)
Sy aanwysing as Koning (8-10)
Sy goeie begin (11-12)
Sy mislukking en sonde (12-15)
Verwerping: (15:23,28,35
DAWID: DIE GESALFDE OPVOLGER (16-31)
Sy salwing deur Samuel (16:1-13)
Sy diens voor Saul (16:14-20)
Sy jare as vlugteling (21-30)
Dood van Saul (31)
Volgende week as God wil: Oorgang van Rigters na Konings(versoek, reaksie, gevolge), Saul die eerste Koning, sy eerste belofte, sy afdwaling, sy finale mislukking, hy wat dood is en steeds spreek, Dawid se heerskappy, die skeiding, Dawid se lewe, Dawid se eed ens.