HUNGER FOR MORE OF JESUS: DIE UITDAGING WAT VOOR U EN MY DEUR Lê: ESE.37:1-14

INLEIDING:

In die tyd wat Esegiël as profeet opgetree het was die volk in Bal-lingskap en was hulle ver van die Here verwyder. Dit wou voorkom asof die volk hulle ballingskap geniet het en dat hulle alhoemeer hul-le rug op die Here gedraai het. Daar was nie meer profete wat die volk ernstig gewaarsku het aangaande die toestand van die volk nie. Die profete het vir hulle vrede aangekondig terwyl daar geen vrede was nie. Klink dit nie bekend nie.

Daar is baie Bybels ooral te vinde en allerhande dinge word vandag opgedis onder Christenskap, en mense kyk jou vreemd aan as jy aan hulle probeer verduidelik dat daar ‘n geestelike droogte is. Mense wil van kerk tot kerk beweeg om te sien of hulle iets kan vind wat hulle bevredig en selfs Christen Rock word nou in kerke aangebied met die woorde ons moet vir die jong mense bied wat hulle wil hoor. Hoe vêr het ons nie van die waarheid van die Woord afgedwaal nie.

Dit is skokkend maar waar: dat die mees gerieflikste plek waar ek my kan begewe is in die gemaksugtige kerk waar ek dink ek van die vlammende oë van die Here kan wegvlug. Instede van mense te lei word mense mislei, deur aan hulle te verklaar dat alles wel is. By geleentheid word ek gevra om ‘n meisie te gaan sien, wat diep in sonde leef, by haar aangekom was dit opsigtelik duidelik dat sy in sonde verval het, en was haar reaksie dat haar berader haar vertel dat sy nou maar deur ‘n moodswing gaan, sy moenie bekommer nie, dit sal oorgaan. 

Om die Here met onrein lippe te wil aanbid is ‘n gruwel in die oë van die Here Jes.1-5.

Leonard Ravenhill verklaar: “Daar is te veel dooie predikante wat dooie boodskappe aan dooies bring, dat daar geen lewe voortge-bring kan word nie.”

In Amos 8:11- 13 “Kyk daar kom dae, spreek die Here Here, dat Ek ‘n honger in die land stuur, nie ‘n honger na brood nie en nie ‘n dors na water nie, maar om die woorde van die Here te hoor. En hulle sal swerwe van see tot see en rondgeslinger van noord na oos, om na die woord van die Here te soek, maar hulle sal dit nie vind nie.” Mense sal in die dag van dors beswyk

Esegiël was een van die uitsonderings wat nie toegegee het aan die druk van kompromie nie, en sou u deur die boek lees sal u ondervind hoedat hy geopende oë gehad het om die sondes van die volk te sien en hoe hulle hom veroordeel het.

In hierdie prentjie van vs.1-10 is die visioen wat Esegiël gehad het en 11-14 die interpetasie.

Waarin het die probleem gelê: Die geskiedenis wys ons dat ons nou in ‘n tyd van geestelike droogte ingaan, menigde sterf van die honger omdat daar nie genoegsame voedsel aan hulle gegee word nie.

Hulle moet gewoond wees aan die krummels wat van die tafel afval en kry nie voedsel nie.

Joh.6:33 “Want die brood van God is Hy wat uit die hemel neerge-daal en aan die wêreld lewe gee.” Die Here Jesus self is die ant-woord. Dit is soos Manna wat gestuur is om om die kinders van Israel in die woestyn te voed.

As die brood van die Here daagliks geëet word sal dit kwaliteit voort –bring. Die Hee Jesus het van die vader gekom en is aan ons die brood van die lewe.

Joh.6:57 “Soos die lewende Vader My gestuur het, en Ek deur die Vader lewe, so sal hy wat My eet, ook deur My lewe.”

DIE HEILIGE OORBLYFSEL:

Daar is ‘n gesegde wat sê : Jy is wat jy eet..

Joh.6:53 Sê: “…as julle nie die vlees van die Seun van die mens eet en Sy bloed drink nie, het julle geen lewe in julleself nie.”

Vs.66 Vertel van die dissipels wat aan hierdie woorde nie kon glo nie en het van die Here Jesus begin wegbeweeg. Vs.60 Beskuldig hulle die Here Jesus met die Woorde: “Hierdie woorde is hard, wie kan darna luister.”

Die rede hoekom ons die nagmaal gebruik is om aan ons te herhinder dat Hy die bron van ons lewe is, deur die dood. Dit is meer as die nagmaal: Hoe meer ons sal eet en drink van die Woord hoe meer sal ons soos Hy word.

Daar is ‘n ou groepie wat net een begeerte het en dit is hulle liefde vir die Here, en gestroop is van enige vorm van trots, en wêreldse ambusie, wat ‘n hart het wat brand met ‘n visie vir heiligheid.

Hierdie groepie is maar min, maar groei. Daar is geen voedsel behal-we die Here Jesus self nie. Hulle blom in hulle lewens omdat hulle gereeld aan die tafel van Lewe aansit. Hulle het waarlik lief en is vreesloos.

Hulle is die wat die Here in Gees en in waarheid aanbid. Hulle is meer besorgd oor die Here Jesus as wat hulle oor seëninge besorgd is. Die Here sal nie Sy Brood van die lewe aanbied war die mens nog met wellus en afgodery vasgevang is nie.  Hulle deel aan te tafel van geregtigheid, hulle kan alleen sterwe as hulle verkeerde voedsel sal inneem en nie sou onderskei waarin die verskil is nie.

Sulke skape kan nie vaste spyse inneem nie, maar wil gehoor- strelende boodskappies hoor. Hulle geestelike aptyte het skaars geword, omdat hulle te veel gemors kos eet.

Dink net hoeveel Christene drink van die gemors wat hulle ure voor die TV. spandeer (dit is maar een van die asblik aptyte) om vir hulle asblik spyse saam te stel. Geen wonder dat die Here hieroor gegrief is nie.

Jeremia sien hierdie toestand in Jer.2:11+13 “My volk het sy heer-likheid verruil vir wat geen voordeel bring nie. Want My volk het twee verkeerde dinge gedoen: My die fontein van lewende water, het hulle verlaat om vir hulle reënbakke uit te kap, gebarste reënbakke wat geen water hou nie.” 

Het u tyd om in die gebedskamer in te gaan by u huis en die deur agter u te sluit en by die Tafel van die Here Jesus aan te sit. Hoe be-geer Hy nie om die tyd te kry waarin Hy u kan voed met die Brood van die lewe. By wie se tafel sit u nou aan en sal u sit as die Verlos-ser nou moet kom.

BROOD VAN STERKTE:

Die Here het aan elke kind van Hom ‘n weg voorsien om die duiwel teë te staan. Die sterkte kom alleen van die eet van die Brood van die lewe. Ons gesondheid gaan afhang hoeveel ons van die Brood sal eet

Die Here Jesus het eens aan Sy dissipels gesê: “Dat hy voedsel het om te eet waarvan hulle niks weet nie. My voedsel is om die wil van My vader te doen.”   Joh.4:32+34

Moet nie werk vir die voedsel wat vergaan nie, maar voedsel wat vir ewig sal duur. Joh.6:27. In jou omstandighede moet jy nie moede-loos word nie, maar drink van die fontein wat vir jou geopen is, van-uit Sy teenwoordigheid. Hebr.10:35 sê nie verniet “Werp julle vry-moedigheid wat ‘n groot beloning is voor God nie weg nie.”

Wag op die Here totdat jy versadig is, niemand kan hierdie lewende brood van jou wegneem nie. Die geskeide, die werklose en die een-same en ouers wat oor die verlies van hulle kinders nie kan kom nie, het jy dalk nie na verkeerde plekke opgekyk vir hulp nie, doen wat jy weet wat om te doen. Vlug na die Here en kom in Sy teenwoor-digheid dat Hy jou kan voed. Gooi al die gemors uit jou geestelike lewe uit en laat die Here toe om jou te vertroos, en te bemoedig.

Deur toetse en beproewinge bring die Here jou net nader aan Hom-self en Sy teenwoordigheid. Die Here lig die buite hulle probleme. Hy hoor ons in al ons nood en sien ons trane en is by ons gedurende die moeilike tye. Hulle leef sonder die vuur en sal eendag uit die vuur die voorkoms van die beeld van die Here Jesus openbaar.

Die brood is net op ‘n daaglikse basis beskikbaar soos die Manna daagliks vir die volk beskikbaar is. Deut.8:16. Hulle het engele voedsel geëet Ps.78:25.

Die Here hou die sleutel tot die voedsel en moet ons daagliks in Sy eenwoordigheid kom sodat Hy vir ons die deur van voorraad kan oopsluit. Ons sal geestelik sterf as ons nie van voedsel voorsien sal word nie. Ons moet daagliks die maaltyd geniet.

Droogtes sal nie vir ewig aanhou nie, Hy wil ons volkome bevredig.

Dan sal volg dat jy soos Paulus sê: “…ek ag alles skade om die uit-nemendheid van die kennis van Christus Jesus, my Heer, ter wille van wie ek alles prysgegee het en as drek beskou, om Christus as wins te verkry.” Fil.3:8.

Paulus se hele wese was gefokus om die Here Jesus te behaag, en Hom te vereer. Alles wat selfs goeie dinge was het hy as gemors beskou. Die Here wil hê dat ons Hom so lief sal hê dat niks anders vir ons belangrik sal wees, as om Sy liefde vir Hom te win.

Rut weërspieël hierdie gedagte toe sy as diensmeisie sy hart gesteel het deur haar liefde vir Boas. Rut.1:1 vertel van ‘n droogte, wat na die kerk van vandag kan verwys. Daar is ‘n afwesigheid van die teenwoordigheid van die Here, en ‘n honger na die Ware Brood van die Here. Weens die droogte het Elimeleg sy vrou, Naomi en sy twee seuns geneem en na die land Juda of te wel Moab gegaan.

Elimeleg het later daar gesterf, en die twee seuns het twee heidense meisies getroud, Orpa en Rut. Hulle het in Moab vir nog tien jaar gebly.

Moab was ‘n plek van afgodery, en verteenwoordige die kring van die spotters en die weg van die goddelose. Dit beteken ook owerspel. Moab is gebore uit ‘n ongesonder verhouding tussen Lot en sy dogter.  Dit was hy wat Israel verower het by Sittem in die wildernis en daarna het daar 24 000 gesterf.

Die Here het Israel verbied om met Moabiete te trou, omdat hulle jou hart na hulle gode sal draai. 1 Kon.11:2.

Dit is net soos in Eseg. gebeur het, en het daar ‘n geestelike droogte of dorheid plaasgevind. Die droogte in kerke sal u na Moab toe dryf, na afgodery. Naomi het geleer dat soos haar seun gesterf het, is Moab die plek waar die jong seuns sterf.

In Juda het die droogte opgehou, en Naomi kry boodskap dat die Here Sy volk met oorvloed besoek. Skielik het herhinderinge van vroeëre seëninge haar aangegryp en het sy verlang na die heilige plek waar sy eens gewoon het. Sy het genoeg van Moab en sy afgo-dery gehad. En het met haar skoondogter opgestaan en terug gegaan na haar land. Rut.1:6

Beide Rut en Orpa het hulle vriende en familie gegroet met die ge-dagte dat hulle weg sal beweeg van afgodery na die land Juda waar die Here hulle wil besoek.   

Dit is soos die kerk van vandag. Sommige het in die Moabietiese en kontemporêre geestelikheid verval. Daar is Materieële oorvloed maar ‘n koudheid en wêreldse plesier, en sukses.

Dit sal gebeur dat die woord sal versprei dat mense hier by ons deur die Woord van die Here gevoed is. Dit sal by hulle alhoemeer die begeerte skep om te wil kom luister.

U sien Naomi beteken genade. Hoe tragies dat baie wat teruggeval is begeer om terug te kom, maar kom net soos Orpa tot by die oewers en draai dan weer terug. Hulle kry ook die vraag Sal hulle Naomi navolg wat ‘n beeld is van die genade van die Here. Orpa beteken  hartnekkigheid.

Rut beteken vriende of medewerker.

DRAAI TERUG OF GAAN AAN:

Op die grens het daar ‘n konfrontasie plaasgevind waarin die twee jong dames se toewyding getoets is. Vir beide die dogter sal dit beteken dat indien hulle aangaan dit vir hulle meer as woorde sou beteken.

Naomi kon nie vir huille voorspoed en sukses beloof nie, maar ‘n duidelike visie van die hoë koste wat aangegaan moet word. Sy be-skrywe haar moederland as ‘n plek van leiding, en armoede, ‘n land wat geen goeie aardse besittings belowe nie. Hulle sou alleen deur die geloof hier kan wandel. Die prentjie was so donker dat Naomi hulle aanmoedig om om te draai, sodat hulle rus kon vind. Rut.1:9.

Dit wat Naomi bied is die Evangelie, van die genade van die Here. Lyding, self verloëning, die kruis. Uit Orpa se naam het dit gelyk asof sy getrou gebly het, tenspyte van die riviere van trane en die woord dat hulle in eenvoud sal moet voortgaan. Uiterlik was sy gebroke en teer, en dit lyk asof sy deel van die is wat na die Here wil terugkeer.

Haar hart was uiterlik gevul met die liefde vir haar vriende en omge-wing, en het nie besef dat die afgod in haar hart leef nie en was sy nou deur twee liefdes geskeur, daarom dat sy op die grens so vreeslik gehuil het. Sy wou graag die gemmenskap van die ander twee vrouens gehad het, maar sy wou die bande met Moab nie afsny nie.

Trane is nie genoeg nie. Naomi het dit geweet en het hierdie twee dames in ‘n finale toets geplaas. Sy versoek hulle om om te draai, waarom sal julle met my wil saamgaan Is daar nog seun by my, dat hulle julle mans sal word. Rut.1:11-12. Naomi moes die innerlike stryd in haar skoondogter gesien het.

Naomi moes by haarself gedink het: Die arme kind, sy dink sy wil die volheid van die Here hê, maar sy is steeds deur hierdie wêreld opgeneem. Sy sal aaklig word as sy so moet aangaan. Daarom die versoek: Gaan jou weg.

Orpa moe ‘n besluit in haar hart geneem het. Sy het waarskynlik haarself afgevra. Is dit die enigste opsie, om afstand te doen van alles waarvan ek gehou het, ek sal na Moab gaan en die Here op my manier aanbid. Ek het nog hierdie heiliges lief, maar ek moet met my lewe aangaan.

Rut.1:14 sê die Bybel en hulle het hulle stemme verhef en geween. Rut.1:14. en terug beweeg. Miskien dink jy nou om jou broers en susters te groet en dit wat jou hart se weg te beweeg van die ware kinders van die Here. Dit mag ou vriende en gebruike wees waarna jy terug verlang. Rut.1:15 Orpa het na haar mense en afgodery terug beweeg.

Die streep word deur die Here getrek en ons kan alleen in een van twee rigtings beweeg. Of na Juda voorentoe of terug na Moab. Orpa het terug beweeg en ons het nooit weer iets van haar gehoor nie. Sy het in die skaduwees van afgodery vervaag, en het niks meer met die Woord van die Hee te doen of Sy ewige koninkryk.

Rut het vasgehou en het nie laat gaan nie. Rut.1:14. Rut wou die Here gehad het, sy wou deel wees van die wonderlike besoek van die Here. Alleen die dood kon haar stop.

Rut se woorde was: 16-18 U God is my God en U staf is my staf.

Sy het nooit kon dink deur vol te hou sou sy ook ingelyf word by die koninklike bloed waaruit die Messias gebore sou word. Toe sy oor die spruit geloop het, het sy haar keuse finaal gemaak. Daar was geen padteken wat dit vir haar gesê het nie, maar ons weet dat dit direk na die hemel gely het.

Rut en Naomi het gou by die plek van seëninge gekom, wat aan die begin van die seisoen was. Hulle was arm en het byna niks gehad nie en dikwles nie geweet waar die volgende maaltyd vandaan sou kom nie. Toe het jong Rut gesê dat sy na die velde sal gaan om voedsel te versamel.

Dit was net die uiterste armes wat hierdie werk gedoen het. Die wet het bepaal dat die eienaars die vier hoeke van hulle lande nie mag geoes het nie. Maar om dit oorblyfsels vir die armes te los. Lev.19:9-10.  Dit het geyk of Rut ‘n swak wins gemaak het.

Haar toewyding het haar na die plek van die Here se besoek gely. Sy was onder die broodlyn en geen toekoms meer gehad nie. Kyk mooi na Rut: Dit is hoe jy mag leef aan die einde van jou lewe. Dit was wat Paulus gedra het. 1 Kor.4:9-13.

Sy het agter die wat oes gegaan en bymekaar gemaak. Toe kom sy op die veld van Boas wat familie van Elimeleg was. Rut.2:3  Dit was nie toevallig nie maar ‘n duidelike lyding van die Here omdat Rut die grens oorgegaan het en haar hele wese aan haar Verlosser oorge-gee het, en nou bo-natuurlik gely was.

Op daardie staduim het Boas die behoefte gehad om na sy veld te gaan kyk. Hy het gesien hoe vele mans die velde gesny het en ‘n paar meisies die oorblyfsels bymekaar maak. Toe stop hy en was aangegryp deur die skoonheid van Rut. Hy het na haar oorgestap en gevra dat sy nie na ‘n ander land moet oorgaan nie, maar daar moet bly. Rut.2:8.

Sy mag nou gedrink het waar die oesters gedrink het. Hy het later opdrag gegee dat hulle van die gerwe moes laat val sodat sy dit bymekaar kon maak. Waarom het Boas dit aan haar gesê. Hy was deur haar liefde betower.

Rut se reaksie was: Waarom sou u my gewaar terwyl ek ‘n vreemde-ling is. Boas se reaksie was dat hy gehoor het van alles wat sy aan haar skoon moeder gedoen het, en dat sy haar eie land verlaat het om haar skoon moeder na om te sien. Boas was na haar getrek deur haar toewyding en oorgegewenheid.

ONS WORD DIE APPEL VAN DIE OOG VAN DIE HERE:

Sien ons die ooreenkoms. Boas verteenwoordig die Here, ons Ver-losser. Die oomblik wat ons wegloop van alle ander gode en vriende en die Here se oë op ons val, sal dit wees wanneer ons die haar van die Here sal win. Ons verloor die wêreld en sy aansien, maar ons het ewige liefde.

As ons Sy hart verower het, het ons ook Sy guns. Hy sal ons lei en vir ons voorsien. Net soos Rut wat van die wonders aan haar skoon-mammie kom vertel het, sal ons kan oorloop van Sy wonderlike weldade.  Elkeen sal omdraai en sê: Wie is ek waardig om geseën te wees.

Dit was net die begin van die seëninge van Rut. Aan die einde van die oes het Naomi haar aanbeveel om deel te hê aan die gebruik van daardie dae. In daardie dae het diensknegte by die voete van hulle meesters geslaap, en ten volle geklee met die gedagte om hulle meester warm te maak teen die koue.

As die meester ‘n naby verwant was, was dit sy plig om haar te verlos of te koop, sodat sy nie verlore mag gaan nie. Die meester sou dit gedoen het deur ‘n kleed van haar te neem of deur ‘n kombers of iets soortgelyks oor haar skouers te gooi. Daardeur sê hy dt hy haar sal beskerm.

Naomi vertel aan Rut dat sy moet gaan, en op die vloer gaan slaap waar Boas die aand gaan slaap, en nadat hy gaan lê het dat sy dan daar by sy voete gaan lê en wat hy ookal besluit dat sy sal gehoorsaam. Rut het dit daardie aand gedoen en toe Boas wakker word vind hy haar daar, en was hy onmiddelik aangegryp in haar lojalitiet teenoor hom.

Rut.3:10-11.

Hy sê vir haar dat hy alles sal doen wat sy begeer. Elke begeerte wat in Rut se hart sal opkom sal Hy doen. Sy het nie in rykdom of sukses of aansien nie belang gestel nie. Sy wou hom alleen gehad het.

Hy het weer aan haar gesê dat hy haar vertrou en liefhê en in niemand anders belangstel nie. By die hek van Betlem het Boas voor 10 getuienisse Rut losgekoop en haar as sy vrou geneem. Die magtige man van rykdom koop hierdie arm vroutjie.

Dit is ‘n beeld van die werk op die kruis. Die Here Jesus het alle aansprake van die duiwel vernietig, op ons en ons erfgename.

Hierna het Rut ‘n seun Obed geboorte gegee, en was die groot oupa van Dawid., wat die nasate van die Here Jesus was. 

DIE AANSLAG TEEN DIE CHRISTEN.

JAK.4 EN 2 KON.19:14-16

INLEIDING:

Ons kry hierdie brief wat van die duiwel gekom het teen die koning van Israel nl. koning Hiskia.

‘En toe Hiskia die brief uit die hand van die boodskappers ontvang en dit gelees het, het hy opgegaan n die huis van die Here; en Hiskia het dit voor die aangesig vand ie here uitgesprei. En Hiskia het voor die aangesig van die Here gebid en gesê: Here God van Israel, wat op die gerubs troon, U alleen is die God van al die koninkryke van die aarde, U het die hemel en die aarde gemaak! O Here, neig u oor en luister. Open u oë, Here en kyk; en hoor die woorde van Sanherib, wat hy gestuur het om die lewende God te smaad!”

Die brief wat Hiskia die koning van Juda ontvang het was deur Sanabalat onderteken, koning van Assyirieë, maar dit was ‘n brief direk uit die put van die hel. Sanbalat se naam beteken: Mens van sonde. (ook as maangod bekend en hy wat vermeerder.)

Hy verteenwoordig die duiwel, die god van hierdie wêreld wat vir homself ‘n broederskap van God haters wil skep.  Teen die tyd wat Hiskia hierdie brief ontvang het, was Jerusalem ondr die aanval van die magtige weermag van Assirië. Die koning het reeds die tien stamme van Isreal onder ballingskap weggevoer. Israel het onder die oordeel van die Here gekom, en haar immoraliteit, en afgodediens en afval het nou begin wys. Die mense het hulleself verkoop om die bose te doen.

2 Kon.17: 21-23 ‘Want Hy het Israel van die huis van Dawid afgeskeur, en hulle het Jerobeam, die seun van Nebat, koning gemaak; en Jerobeam het Israel agter die here weggetrek en hulle ‘n groot sonde laat doen. En die kinders van Israel het gewandel in al die sondes van Jerobeam wat hy gedoen he, hulle het daar nie van afgewyk nie; totdat die here Israel van sy aangesig verwyder het soos Hy gespreek het deur al sy diensknegte, die profete; en Israel is in ballingskap uit sy land weggevoer na Assirië, tot vandag toe.”

In hierdie prentjie verteenwoordig Israel die teruggevalle sonde deurdronge volk die kerk wat met hoerery omgaan. Israel was gevul met kompromie, en allerhande gruwlike sondes soos homoseksuali-teit. Israel het ‘n gedaante van godsaligheid gehad, maar die krag daarvan verloën.

Die koning van Assirië het manne van Babilon gebring en hulle in die stede van Samaria geplaas, omdat hulle die Here nie gevrees het nie. 2 Kon.17:24-25 ‘n gemengde Evangelie was nou hier ter sprake en het hulle met hulle in ballingskap gegaan. “So het hierdie nasies dan die Here gevrees en hulle gesnede beelde gedien; ook hulle kinders en kindskinders doen soos hulle vaders gedoen het, tot vandag toe.” 41.

Vandag is daar selde afskrikbriewe wat geskrywe word omdat die duiwel dood gerus is met die kerk in sy afvalligheid. Hy het sy eie engele van duisternis in die wêreld raad van kerke, hy beloof hulle louheid en ‘n gemengde godsdiens met tradisie met ‘n groot hoeveel-heid boosheid.

Die duiwel se aanslag word op individue gerig wie begeer om hulle harte onverdeeld op die Here gerig te hê. In die verhaal van Hiskia en Sanbalat word die volk van Juda as die oorblyfsel beskou, Dit is die teiken van die duiwel, omdat die onder die verbond van die Here verkeer en is ‘n vrees vir die koninkryk vandie duisternis.

Die Bybel sê dat Hiskia die here gevrees het,. 2 Kon.18:3-7

“En hy het gedoen wat reg was in die oë van die Here net soos sy vader Dawid gedoen het. Hy het die hoogtes afgeskaf en die klippilare verbreek en die heilige boomstamme omgekap en die koperslang wat Moses gemaak het stukkend gestamp, omdat die kinders van Israel tot die dae daarvoor offerrook laat opgaan het; en hy het dit Nehustan genoem.”     

Daarom is dit dat die mens van sonde darop uit is om Hiskia te verwoes. Dit is dieselfde rede waarom die duiwel jou sal aanval.

GEEN MEER ERKENNING AAN DIE VYAND NIE:

Tot op hierdie stadium wat Juda in diensknegskap van Assirië wat ‘n vorm van gebondenheid was. Die mens van sonde reken dat hy nog ‘n plek in Sion het. Gebeurtenisse wat gely het tot die verlossing van hierdie brief het die Assiriese koning die volk met belastiong gelaai drie honderd tealente silwer en 30 talente goud.

2 Kon.18:15-16 “En Hiskia het al die silwer gegee wat in die huis van die Here te vinde was en in die skatkamers van die huis vandie koning. In dieselfde tyd het Hiskia die goud van die deure in die tempel van die Here ag=fgesny en van die deurposte wat Hiskia, die koning van Juda, oorgetrek het, en dit aan die koning van Assirië gegee.” 

Dit is ‘n teken van kompromie wat ook in die kerk van die Here plaasvind. Die Chrustene wandel in vres en sluit allerhande kompromië. Hiskia het gebuig voor die begeertes van die mens, van sonde, die kerk doen dieselfde deur bv. Homosekseule toete laat en mense konsterte aan te bied, en dubbele standaarde daar te stel.

In die verhaal van Hiskia was uiuteindelik geraak. Hy rtoep uit dat daar nie meer aan die vyand betaal sal word nie. Dit is ‘n tipe vandie Heilige Gees wat hulle wakker gemaak het om nie meer verder kompromie aan te gaan nie. By ‘n ander geleentheid het Isreal op die arm van die vlees vertrou om hulp van die Egiptenare te kry. Egipte was vir hulle tot geen nut gewees nie. Dit was hier dat Juda hulleself heelg=hartiglik op die Here gewerp het.

Hier was die eintlike konflik. So lank hierdie mense aan die duiwel aandag gee bly hulle gebonde. Hulle het geen weerstand nie, en geen weermag nie. Dit was toe dat Hiskia in die geloof uitstap na die Here. Hy het besluit dat daar nie meer langer aandie duiwel se vereistes geluister sal word nie, en geen halfhartige Christenskap nie.

Dit was op herdie stadium dat hydie brief van die duiwel ontvang het.

Die oomblik wat jy vir die wêreld vaarwel roep en jouself totaal in die hande van die here plaas, dan kom die teenstand. Al die hel sal op jou blaak. Jy sal ‘n teiken van die duiwel word, en onder veroordeling van die mens van sonde. Jy sal ernstig getoets word om te sien of jy waarlik die Here vertrou in alle dinge. Jy sal oorals die vyand teen jou sien opstaan.

DIE DUIWEL BRING SUBTIELE VERDEELHEID

ONDER DIE UITVERKORENES.

Die Assisieres is die wat nie die Gees vandie here in hulle het nie, wat nie die Mind of Christ het nie. Die duiwel sal sy leermag om jou mure bou, hy sal mense gebruik wat magtig is in invloed, wat aantreklik is, wat aansien het, wat oënskynlik suksesvol is in alles wathulle doen. As jy hierdie mense sien sal jy voel dat ‘n muur rondom jou is, soos ‘n gevangene.

Die koning van Assirië het hy die rabsake… na Hiskia met ‘n groot leermag teen Jerusalem gestuur.  2 Kom.18:17

Die eertse vraag wat die mens van sonde aan jou wil bring is die opregtheid van jou toewyding. Die Rabsake was dieambassadeurs van die koning en beteken “dronk en vyandig” Hy het hulle getart en gespot. Hy vra hulle watter vertroue het hulle . Op wie kan julle vertrou wat teen my rebeleer. 2 Kon.18:19-20.

Die aanklag is dat die Here julle ie uit hierdie situasie gaan uitred nie.  Julle sal onder gaan. Julle is in werklike gevaar, en julle geloof sal nie werk nie.

Is jy nou in ‘n gemors, in regtige moeilikheid; vertel, die duiwel jou dat die Here jou nie uit hierdie gemors gaan uithaal nie, en dat jou geloof te beperk is en dat jy net goed is vir die dood.

Die duiwel lag vir jou ten spyte dat jy die wêreld en sonde opgegee het, en dat jy die regte dinge doen en die Herte vertrou dit voel asof dit nie gaan werk nie. Jy is bestem tot ‘n val. Jy gaan eindig as ‘n gebreekte persoon en verwoes wees.

Hoor die gepraat van die duiwel in die O.T. Jes.36:9 “Hoe sal jy dan die aanval van ‘n goeweneur van my heer se geringste dienaars kan afslaan? …” Die vraag wat hy aan jou vra, is wat kan jy tog doen om hierdie gemors af te weer. Jy kan tog niks doen nie. Hoe sal jy ooit teen hierdie geweldige leermag staande kan bly.

Die duiwel gaan nog ‘n entjie verder: Hy vertel jou dat dit die Here is wat agter al hierdie aantuigings staan. Die Assiriese boodskapper verklaar: 2 Kon.18:25 “Dat die Here aan hom gesê het, trek teen die land op en vernietig dit.”

Die duiwel sal jou probeer oortuig dat die Here hierdie skuif beplan om jou te vernietig. Dity is sy leuen. Hy wil jou wysmaak dat die here jou verlaat het, en jou aan moeilikheid oorgee en jou straf vir die sondes van die verlede.

Ons Here is ‘n Verlosser en vrymaker. Hy hou nie iets teen ons uit ons verlede nie. Jes.61:3 “Om die treuernedes uit Sion te beskik dat aan hulle gegee word sieraad vir as, vreufde olie vir treurigheid, ‘n gewaad van lof vir ‘n verslae gees; sodat hulle genoem kan word ‘n planting van die Here, tot SY verheerliking.”

Jy gaan nie onder nie, jy is net onder ‘n ernstige aanslag, en onder die leuens vandie vyande, omdat jy jou hart gerig het om die Here waarlik en alleen te dien. Die duiwel probeer jou geloof te steel.

Dan probeer hy nog ‘n aanslag deur aan jou die oorwinnings oor ander kinders vandie herete wys.  2 Kon.18:33-34. Was daar enige iemand wat onder die hand van Assirië staande gebly het. Waar is die gode … het hulle hulle uit die hand van Assierië verlos.

Satan sal roem, met die woorde dat hy meer kragtig is dan ons God. Sommige van die groot leiers het al in sonde verval. Ander het die spoor op ander maniere duister geraak, so hoe dink jy gaan jy staande kan bly.

Dieselfde stem het na Juda gekom Wie is julle tog tussen al die ander gode, wat maak julle nou so spesiaal, dat die Here julle uit Jerusalem moet verlos.

Hy sal aanjou gedagtes bring almal wat Christene is wat suffer, het sy finasieël of deur siekte of op watter veld ookal. Die duiwel sal aan jou vertel sy vertrou op die Here maar kyk net hoe sy lyk. Die groot manne het geval, waar dink jy gaan jy ooit kom.

DIE DUIWEL WIL MET JOU OP HIERDIE

OOMBLIK ONDERHANDEL:

Dan kom hy met die volgenmde leun waarin hy vertel hoe wonderlik dit sal wees as jy net die luisels so bietjie slapper laat lê.

2 Kon.18:31-32 “Luister nie na Hiskia nie; want so sê die koning van Assierië: Sluit met my vriendskap en trek uit na my toe en eet elkeen van sy wingerdstok en elkeen van sy vyeboom en drink elkeen die water van sy put., totdat ek julle kom haal na ‘n land soos julle land, ‘n land van koring en mos, ‘n land van brood en wingerde, ‘n land van olyfbome en heuning; dan sal julle lewe en nie sterwe nie, en luister nie na Hiskia nie; want hy verlei julle deur te sê Die Here sal ons red.”  

Die duiwel wil jou bewus maak daarvan dat jy nie niks moet wees nie, kom net uit hierdie noue pad en dan sal jy gelukkig wees. Ek sal jou al die voorspoed gee wat jy begeer, koring, olie, mos wyn sommer alles. Geen rekeninge nieek sal vir jou ‘n rekening oopmaak.

Die duiwel belowe altyd, dat hy sal kom en jou wegneem, na ‘n land van sy eie. Vs.32 Jy kan maar die Here saam met jou neem as jy saam met my sal kom. Daar sal noodwendig veranderinge moet kom, maar jy sal jy wees. Dit sal niemand enige skade aandoen nie.

As jy aanhierdie leun gaan byt, is jy ‘n slaaf van die duiwel. Die oomblik wat jy uit die beskutting van die Here gaan beweeg d=gaan hy sy booie om jou slaan en jou arristeer.

Dan kom die gevreesde brief: 2 Kon.19:14 “En toe Hiskia die brief uit die hand van die boodskappers ontvang en dit gelees het, het hy opgegaan na die huis van die Here; en Hiskia het dit voor die Here uitgesprei.”

Die boodskapper was ‘n vriend van die duiwel. Dit was bedoel om die kinders van die here vreesbevange te maak. Dit was die lag vandie duiwel.  Hy spot hulle en sê: Dat hy hulle gaan vernietig en julle huis ook vernietig.

Het jy so ‘n brief  van die duiwel ontvang.  Iets soos ‘n egskeiding sbrief. Die duiwel sê vir jou lees en sien dat jy misluk. Watter goed is daarin om die Here te dien  en jouself te verloën. Dit sal nie jou huwelik red nie. Dit is alles jou fout. Dit kon vermy gewees het.

 Wat moet jy doen as so ‘n aantuiging teen jou gebring word. Bring die brief voor die Here en bid.  2 Kon.19:21 Die Here sal jou brief persoonlik opneem. Moet nie met die duiwel hieroor redeneer nie. Bewaar jou vrede, soos die mense in diegedeelte gedoen het.

2 Kon.18:36 Hulle het hulle vrede gehou en het hom nie ‘n woord geantwoord nie, omdat die koning geantwoord het dat hulle nie aan Sanbalat ‘n antwoord moet gee nie. 2 Kon.18:36

Die Here se reaksie op die brief van die duiwl is om dit te lees en te lag. Dit is die woorde wat die here gesporeek het aangaande die koning van Assirië. 2 Kon.19:21 “Dit is die woord wat die Here oor hom gespreek het: Die jonkvrou, die dogter van Sion, verag jou, bespot jou; agter jou skud die dogter van Jerusalem die hoof.”

Die Here neem jou brief persoonlik op, met die woorde; Diue duiwel het geen reg om ‘n brief na jou te stuur nie. Want wie beledig jy: teen wie het jy jou stem verhef, teen wie het jy jou oë opgehef teen die Heilge van Israel. 2 Kon.19:22

“Wie het gesmaad engelaster? En teen wie het jy die stem verhef en jou oë hoogmoedig opgehef? Teen die Heilige van Israel.”

Die wat jou aanraak, raak die oogappel van die Here aan, en hulle kan niks aan jou doen nie.

2 Kon.19:32,34 “Daarom so sê die Here aangaande die koning van Asirië: Hy sal in hierdie stad nie inkom en daar geen pyl in skiet en dit met geen skild aanval en daar geen wal teen opgooi nie. En Ek sal hierdie stad beskut om dit te verlos, ter wille van My en My kneg Dawid.”

Daardie selfde nag het die Here aan Hiskia gewys dat dit net een engel van dieHere neem om teen hierdie Assiriese weermag op te trek.

2 Kon.19:35 “En in dieselfde nag het die engel vandie Here uitegtrek en indie laer van die Assirieërs honderd vyf en tagtigduisend verslaan, en toe hulle die more voreg daar klaarmaak – was dit almal dooie liggaame.”

Die Engel van die Here trek ‘n laer rondom die wat Hom vrees. Ps.34:7

Dit maak nie saak hoeveel aantuigings jy ervaar nie, en hoe die vyand probeer vrees blaak nie. Die kinders van die here is veilig en die Here het beplan om jou te verlos.

DIE HERE STUUR SY EIE BRIEF NA DIE DUIWEL:

Die Here het Sy eie brief aan die duiwel geskryf in Ps.46. Wanneer jy dit sal lees sal jy besef dat al die duiwels van die hel siddeer by die gedagte. Dit is jou antwoord op alle aanslae op jou lewe.

HIER VOLG DIE BRIEF:

PS.46:2 God is vir ons ‘n toevlug en sterkte; as hulp in benoudheid is Hy in hoë mate beproef. Onse God is nou hier teenwoordig. Hy is ons hulp in al die eeue van verlede maar ook vandag.- ten spyte van al die moeilikheid.

Daarom sal ons nie vrees nie vs.3  Ons het geen noodsaaklihied om te vrees nie. Onse God is ‘n vertrende vuur, en ‘n verdediger teen die bose aanslae vandie duiwel. 2 Tim1:7 “Die Here het ons nie ‘n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag, liefde en self beheersing. Hy is getrou aan Sy woord.”

Die Here woon in die midde van Sy Tempel en daarom sal dit nie wankel nie.Vs.6 mY liggaam is ‘n tempel van God en die Here Jesus self het SY woning daarin gemaak. Ek kan nie wankel nie. Vs.7.

Hulle maak oorlog, hulle span die boog, en al kom hulle met hulle strydwaens Vs.10 Hy is my beskutting teen die vyand, tyeen wie verklaar jy oorlog. Hy sal die wapens van die duiwel ontbloot.  Geen wapen wat teen die diensknegte van die here gesmee is sal staande bly nie. Jes.54:17

Wees stil en weet dat Ek die Here is Vs.11 Ek rus volkome in die wete dat ek weet dat Hy God is. Hy is my Verlosser, my Verdediger

Hy is die soewereine God oor al my sake. Ek is veilig, omring deur Sy teenwoordigheid, in die mide van Sy sake.  Ek sal na SY heerlikheid kyk in glorie.

Die Here bevestig SY brief vir al die aanslae van die duiwel op jou geloof. Lees dit, fglo dit en bedink dit. Dit is die antwoord van die hemel vir die brief vand ie duiwel.

HOOFSTUK 4:

OM ‘N VOLKOME HART TE Hê:

Het jy geweet dat dit moontlik is om voor die Here met ‘n volkome hart te wandel. As jy na die Here Jesus honger, mag jy reexds probeer om die Here se gebooie ernbstig te begeer.

Dit is moontlik  anders sou die Here dit nie vir ons gesê het nie. Om ‘n vlokme hart te hê het reeds in die verbond met Abaraham na vore gekom. Gen.17:1 “Wandel volkome voor My” By ‘n later geleentheid het die Here Israel daaraan herhinder “Deut.18:13 “Opreg moet jy wees met die Here jou God”

Ons sien reeds die sukses in baie van die O.T. karakters. Dawid het in sy hart hom voorgeneem om te gehoorsaam. Ps.101:”Ek wil ag gee op regskape wandel – wanneer sal U na my kom? Ek wandel in die opregtheid van my hart, binne in my huis.”

Sy seun Salomo het hieraan kort geskiet. 1 Kon.11:4-6 vertel ons dat sy hart nie volkome op die Here gerig was nie, en nie soos sy vader Dawid gewandel het nie.

Ons sien in die N.T. dat die bevel van die Here vir Sy mense is om volkome in die Here Jesus te wandel. Matt.5:48 “Wees julle dan volmaak soos julle Vader wat in die hemel volmaak is” Paulus het gesê dat Hy gearbei het in prediking en lering “om elke mens volkome voor die Here te stel.” Kol.1:28 Sodat julle bvolkome en volmaak in die hele wil van die Here mag staan 4:12.

Petrus skrywe “Die God van alle genade, wat ons tot SY ewige heerlikheid geroep het deur Jesus Christus, nadat julle gely het, volkome vertesrk en julle bevestig in die Here 1 Pet.5:10

Om volmaakteheid te verstaan beteken dit nie sondeloosheid nie, of foutloosheid nie. Die mens beoordeel volgens die uiterlikke in dit wat hulle sien, maar die Here oordeel die hart, die onsienlike motiewe. 1 Sam,16:7. Dawid het ‘n volkome hart voor die Here gehad al die dae van sy lewe. Tog het Dawid die Here dikwels gefaal. Sy lewe sal altyd gekoppel bly aan sy sonde met Batseba en die moorde. Volmaaktheid in die Bybel verwys na volwassenheid of voltooidheid. Beide die Hebr. en die Griekse betekenisse van volmaaktheid sluit in volkome gehoorsaamheid, sonder vlek of rimpel, volwassenheid en opreg met die here te wandel. Dit beteken in kort konstante gehoorsaamheid.

Dit beteken om af te handel wat begin is.  John Wesley praat van ‘voortdurende gehoorsaamheid’ as hy verwys na die begrip heilig-heid. ‘n Hart wat vinnig gehoorsaam is en wat ag slaan op elke influistering en waarskuwing van die Here.  So ‘n hart sê voort-durend “Spreek Here, u dienskneg luister.  Toon my U weg dat ek daarop kan wandel.”

Daar is drie dinge waaraan ‘n volkome hart onderskei kan word:

1. ‘n Volkome hart ondersoek

‘n Volkome hart roep uit soos Dawid: “Deurgrond my o God, en ken

my hart;  toets my en ken my gedagtes. En kyk of daar by my ‘ weg

is van smart en lei my op die ewige weg.”  – Ps.139:23, 24.

Die Here deur soek die hart van dié wat daarna vra.  Jer.17:10  “Ek,

die HERE, deursoek die hart, toets die niere om aan elkeen te gee na

sy weë, volgens die vrug van sy handelinge.”

Die Hebreeuse betekenis hiervan is dat die Here die hart penetreer en

deursoek.  I Kor.2:10  “Want God het dit aan ons deur Sy Gees open

-baar, want die Gees ondersoek alle dinge, ook die dieptes van God.

Die Gees van God is wakker oor ons harte om ons te waarsku  as ons sondig. In Open. 2:24 lees ons van die ‘dieptes van Satan’.  Dit verwys na die diepte van sonde, wat diep in die siel van die mens afgaan en sy wortel in die hel het. 

Dawid sê van die goddelose Ps.64:7  “Hulle versin ongeregtig-hede.  ‘n Fyn uitgedinkte plan. Ja, ‘n man se binneste en onpeilbare hart.”

Hierdie dinge word vir ons voorgehou as waarskuwings.  ‘n Mens sal nooit weet hoe diep enige assosiasie met die bose se effek op die mens is nie.  As jy voortgaan met die werke van die Bose sal jy in die dieptes van Satan afsak, die bodemlose put.  Die einde van hierdie weg is die hel.  In die dae waarin ons leef het sonde so sub-tiel, en gekompliseerd en selfs gesofistikeerd geword.  Dit kom vermom in die kunste, in kultuur en in opvoeding.  Die Woord van God waarsku ons in Jes.29:15  “Weë hulle wat planne diep verberg vir die HERE, wie se werk in duisternis plaasvind, en hulle sê:  Wie sien ons en wie ken ons?’

Die volkome hart wil hê dat die Heilige Gees moet kom en die hart

en binneste deursoek – al die dieptes en verbore plekke in die hart en

dit na die oppervlak in die lig bring.  Alles wat nie is soos die Here

Jesus self nie.  Die wat ‘n troetel sonde het wil nie hê dat dit na die

oppervlak kom nie.

Daar was ‘n man wat aan die kerk behoort het waar die Woord in

Waarheid gebring is.  Dit het sy hart deurklief en hy het onder druk

verkeer om sy sonde na die Here te bring, maar daarteen besluit.

Uiteindelik het hy besluit om die kerk te verlaat en na ‘n ander groep

te gaan.  Daar was die boodskappe sag op sy oor en dit was nie lank

nie of hy was weer vasgevang in dinge waarvan die Here hom reeds

verlos het.  Dit het mannemoed en vernedering gekos om deur al die

verkeerde dinge te werk om sy stand in die Here terug te kry, wat hy

ook uiteindelik gedoen het en maar weer ingeval waar die Woord

skerp sny en waar die bloed van Jesus sy hart skoon kon was.

Die O.T. tabernakel het ‘n duidelike boodskap van ‘n wandel met

God.  Die voorhof was die plek waar die diere geoffer is.  Dit het

voorsiening gemaak vir die bloed wat sondes bedek. 

Daar was ook die waskom, waar die reiniging plaasgevind het.

Geen hoë priester kon ooit in die Allerheiligste ingaan, om met God

te ontmoet as hy nie eers gereinig is nie.

Die moderne evangelie sê net dat die persone wat die Here wil vind

na vore moet kom en ingeloof moet aanvaar dat die bloed van Jesus

hulle reinig van sonde.  Dan volg dit ook dat jou Vader lief is van jou

en vir jou wag.  As Hy na jou kyk sien Hy net die Here Jesus in jou.

Jou sonde is reeds onder die bloed dit is nie nodig dat jy jou hart

deursoek nie.  Al die soeke en delf na sonde bring net veroordeling

en skuld.

Persone wat so glo, beweeg verby die koperwaskom en die reining

deur die waterbad van die Woord.  Hulle glo dat hulle deur net hulle

self voor God te buig in kan storm in die Allerheilgste, sonde ware

‘commitment’ aan hom.  Hulle harte is nog hart van sonde en

sondige gewoontes.  Dit is hulle wat roem in hulle eie geregtigheid.

Hulle verlang niks meer as net ‘n kaartjie na die hemel – ‘n vinnige

kits redding.  Hulle wil niks te doen hê met die pyn van die kruis en

die vernedering voor die reiniging deur die bloed nie.  Hulle sing

‘I’m under the blood, I’m safe!’

Hulle gebruik net die gedeelte van die vers in I Joh.1:6-7 ‘dat die

bloed van Jesus ons reinig van alle sonde’ en vergeet van die res van

die vers wat sê dat as ons sê dat ons gemeenskap met Hom het en

ons in duisternis wandel ons lieg en die waarheid nie in ons is nie.  

Die waarheid is egter dat ons in die lig moet wandel, soos Hy in die

lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar en die bloed van Jesus

reinig ons van alle sonde.  Jesus sê vir sy dissipels dat hulle rein is

deur die Woord wat Hy tot hulle gespreek het.  Joh.15:3. 

In Open.2:23 lees ons dat Hy, Jesus die gedagtes en die harte deur

soek en dat Hy vir elkeen gee volgens sy werke.

Die volkome hart soek na meer as net ‘n dekking van sonde.  Dit

verlang om altyd in die teenwoordigheid van God te wees, om

ononderbroke gemeenskap met Hom te hê.  Gemeenskap met Hom

beteken om met die Here te praat om soet gemeenskap met Hom te

hê, om Sy aangesig te soek en Sy teenwoordigheid te ken.  Dit is wat

ons in die Allerheiligste vind.  Ons toenadering tot God moet in die

volgende volgorde kom:  reiniging, toewyding, gemeenskap.

As die Here die hart deursoek bring Hy verlossing.  Sy doel is nie

om ons uit te vang nie, maar om ons voor te berei in Sy teenwoordig

heid in te as gereinigde, rein werktuie.  “wie mag op die berg van die

Here klim en wie mag in staan in Sy heilige plek?  Hy wat rein van

hande en suiwer van hart is…  Hy sal seën wegdra van die God van

sy heil.”  – Ps.24:3-5

2.         Die volkome hart ‘n vertroue:

Dawid getuig oor en oor dat sy voorsaad die Here vertrou het en nie

beskaamd gestaan het nie.  Ps.22:5  “Op U het ons vaders vertrou, en

U het hulle uitgered.”

Ps.11:1  “By die Here skuil ek hoe kan julle dan sê vlug na die berge

toe.”

Ps.25:2  “My God op U vertrou ek, laat my nie beskaamd staan nie,

laat my vyande oor my nie juig nie.”

Die woord vir  vertroue in Hebreeus is ‘om jouself af te werp van ‘n toring’  Dit gee die gedagte deur van ‘n kind wat van ‘n hoë plek afspring en in die arms van die Vader gevang word.  Vertrou is aktiewe geloof.

Soms lyk dit of die Here buite beheer in jou eie lewe is, of jy maar weer die lysels moet neem.  Dit is glad nie die geval nie, Hy leer ons om naby aan Hom te lewe en sy waarskuwings van gevare wat ons van Hom kan verwyder te hoor.

As jy met die Here wandel, het die duiwel nie net toegang soos hy wil in jou lewe nie.  Dikwels kry die duiwel die skuld van dinge wat die Here oor jou lewe toelaat.  Die Here beskud ons van alle kante.  Die Here moet by wyse van spreuke die muur rondom Job laat sak sodat die duiwel tot hom toegang kon hê.

3.         ‘n Volkome hart is gebroke:

In Ps.34:18 Sê Dawid dat die Here naby die is wat gebroke van hart is. Die offers van die Here is ‘n gebroke hart, en ‘n verslae gees. Ps.51:7.

Gebriokenheid beteken meer as smarte en trane, meer as ‘n gebreekte gees, en meer as vernedering. Die wat voor die Here lê is dikwels nie gebroke nie. Wqare gebrokenheid  sit die mens se hart vry om die Here vir wondere te vertrou. Dit is meer as die krag om iemand uit die dode op te wek, as ons waarlik gebroeke voor die Here is het ons krag om die gebreekte ruines te herstel, en die vermoeë om ‘n spesiale eer aan die here te bring.

Gebroekenheid het met mure te doene. Dit is die afbreek van opgeboude mure, Dawid assosieer die gebreekte mure van Jerusalem met die gebroekenheid van die kinders van die Here.  Ps.51:17-19.

Nehemia was ‘n ware gebroek man, en het te doene met die gebreekte mure van Jerusalem, dit was in babilon dat hy van die gebreekte mure van Jerusalem te hroe gekom het, en het hy die gebrokenheid in homself gewaar.

Neh.2:12;15.

In die nag het Nehemia die mure herstel, Shabar is dieselfde woord wat Ps.51:17 na verwys. Verwys na ‘n gebroke hart. Nehemia se ween en gebrokenhied oor die stadmure van Jerusalem was maar die begin van gebrokenheid.   Sy hart was nie ten volle gebreek todat hy in Jerusaelm gekom het en die riunes gesien het.

Nehemia se hart was op twee maniere gebroke. Die angs van die vernietiging, en toe die hoop van hertsel.

Dit is ‘n ware gebroeke hart. Die tweede element van gebrokenheid is hoop. Dawid roep uit dat hy in die muur in die bresse wou staan. Ek sal heel herstel en herbou.

As u die toestand van die land sien doen dit iets in ons lewens om betrokee te raak aangaande die nood in ons land.   

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00