HULLE HET DIE GEHEIM ONTDEK: BIDURE WOENSDAE:
INLEIDING:
In die dae waarin ons leef is daar die diepe verlange om mense tee te kom wat teenstrydig teen die tyd waarin ons leef iets weerspieël van die lieflike volheid wat die Here bied, iets wat nie gevul is met een of ander vorm van bitterheid of swaarmoedigheid nie.
In die geskiedenis is daar enkele sulke persone opgeteken, en sal ons dink dat sulke persone net in ander tye geleef het as ons. Die persone wat dit ondervind is mens wat uit verskillende agtergronde op verskillende maniere by hierdie heerlike volheid uitgekom het, maar tog sal ons ‘n patroon vind van die wyse waarop die Here met elk van hierdie individue gehandel het.
Uit neernlae en swakheid het hulle opgestaan. Uit lewens van self-gesentreerdheid en ontmoedigings. Die krisis van ‘n dieper lewe was die sleutel tot hierdie verandering. Dit was die begin van ‘n geruilde lewe.
Die geruilde lewe is nie iets nie maar Iemand. Dit is die inwoning van die Here Jesus wat deur die Heilige Gees ‘n lewende realiteit geword het. Dit is lewe met ‘n hoofletter L. Dit is ‘n ruiling van die ou lewe vir die nuwe. Dit is blydskap waar ontmoediging was, dit is sterkte uit swakheid, en standvastigheid in plek van onstabiliteit. Dit is oorwinning te midde van trane, en ‘n teerheid van hart i.p.v. hard-heid.
Dit wat die Here Jesus bedoel het toe Hy gesê het in Joh.10:10 “Ek het gekom dat julle lewe en oorvloed mag hê.”
Dr.A.B. Simpson het eens dit so omskrywe:
Once it was the blessing, now it is the Lord;
Once is was the feeling, now it is His word;
Once His gifts I wanted, now the Giver own;
Once I sought for healing, now Himself alone.
Once ’twas painful trying, now ‘tis perfect trust;
Once a half salvation, now the uttermost;
Once ‘twas ceaseless holding, now He holds me fast;
Once ‘twas constant drifting, now my anchor’s cast.
Once ‘twas busy planning, now ‘tis trustful prayer;
Once ‘twas anxious caring, now He has the care;
Once ‘twas what I wanted, now what Jesus says;
Once it was my working, His it hence shall be;
Once I tried to use Him, now He uses me;
Once the power I wanted, now the Mighty One;
Once for self I laboured, now for Him alone…
In hierdie reeks wil ons verskeie persone uitlig wat waarlik met die Here ontmoet het en wat die geheim van hierdie dieper lewe ondervind het eerder dan om na die fyn detail van jota en titel te kyk.
Hulle was almal kinders van die Here wat eens gestry en baklei het met hulleself en dan op ‘n stadium in hulle lewe by ‘n plek gekom het waar hulle so met die Here ontmoet het dat hulle verlos was van allerhende stryde en onvrugbaarheid. Hulle het by ‘n plek gekom waar hulle soos Rom.12:1-2 sê hulleself tot die uiterste aan die here weg gegee het.
Die ondervindinge wat hulle ondergaan het was verskillend tog is die getuienis van die realiteit van vreugde en krag van die Gees vervulde lewe dieselfde. Soek die Here, want dit is Hy wat bevredig.
HUDSON TAYLOR:
DIE GERUILDE LEWE: