HOOGMOED / GEBROKENHEID: NUM.14:34-45

Diep is die see, en diep is die hel, maar trots lê nog dieper as dit,

Dit is verstrengel soos gif rondom die fondasie van die siel lê,

As dit in sy motiewe geopenbaar word, en die oorsprong van gedagtes neerplot,

Sal dit selfs onskuldig mag voorkom, maar vernietiging verseker. 

In hierdie gedeelte sien ons mense wat die werk van die here probeer doen sonder die Here se teenwoordigheid.

I) WIE WAS HULLE:

1)      Hulle was Pelgrims van Egipte wat deur die krag van die here gered was.

2)      Hulle het die Goddelike wolkkolom gevolg, wat telkemale die wonders van die Here nagevolg het, van die Here wat in hulle midde was.

3)      Hulle het gemurmireer toe die verslag van die spioene gekom het, en wat begeer het hulle eie weë te volg, en wou na Egipte terugkeer.

II) WAT HET HULLE GEDOEN:

Toe hulle hoor wat die Here gedoen het, weens hulle ongeloof, en dat Hy hulle 40 jaar in die woestyn in gestuur het Vs.34 het hulle gesê: 40 “hier is ons, en ons wil optrek…”

Deur dit te doen:

1) HET HULLE TEEN DIE WOORD

VAN DIE HERE GEGAAN:

1) Vs.41 “Waarom oortree julle tog die bevel van die Here, aan-gesien dit tog nie sal geluk nie.”

Wat hulle plig vir gister was, het hulle ongehoorsaamheid vandag geword. Die Here het gesê dat hulle in die wildernis sal sterf, en hulle sê: Ons sal opgaan. Dit was in hulle eie krag. En ‘n nuttelose poging.

2) HULLE HET OP DIE VORIGE GENADES

VAN DIE HERE VERTROU:

Vs.40 “Hier is ons…”  Ons was tot op hierdie punt beskerm, ons sal gaan. Dit is tevergeefs dat ons op die ondervindinge van die verlede sou vertrou, en sonde toe te laat en die Heilige Gees te bedroef. Murmirering lei tot ‘n mens se ondergang.

3) HULLE WOU SONDER DIE TEENWOOR-

DIGHEID VAN DIE HERE GAAN.

Vs.44 “Hulle het vermetel gehandel om op die top van die berg te klim, maar die verbondsark van die Here en Moses het nie uit die laer gewyk nie.”

As ons teen die Woord van die Here wil ingaan sal ons sonder Sy teenwoordigheid moet gaan en sonder die Here kan ons niks doen nie. Die Here sal met ons wees as ons met Hom sal wees in Sy wil en doel. 2 Kor.15:2 As Sy teenwoordigheid met ons sal wees sal ons saamgaan.

4)      HULLE HET GEDINK DAT ‘N FORMELE

BELYDENIS DIE HERE TEVREDE SOU STEL: VS.40

”Hier is ons, en ons wil optrek na die plek wat die Here gesê het, want ons het gesondig.”

Belydenis sonder die gewilligheid om aan die wil van die Here onderworpe te wees is skynheiligheid. Sonde mag gevoel word, maar nie verloën word nie.

As die mot nie deur die vlam die eerste keer vernietig word nie, sal hy weer die kerslig opsoek, totdat dit sy eie vernietiging bewerk.

III) WAT HET HULLE ONDERVIND: VS.45

“Toe het die Amelikiete en die Kanaaniete wat in die gebergte woon-agtig was afgekom en hulle verslaan.”

Hulle eie geregtigheid het hulle eie ondergang bewerkstellig.

1)      Ontmoediging:

Hulle het nie die plek bereik wat die Here wou laat bereik het nie. Hulle het hulle hoop op die fondasie van sand gebou.

2) VERSLAAN:

Die vyand het hulle oorwin. Die misleiding van die siel kan einde-loos wees en selfs kragtig wees. Hy wat op sy eie hart vertrou is ‘n dwaas. Sonder die toerusting van die Here sal ons die vyand nie kan oorwin nie.

3)      VERAGTELIK:

Hulle was nie in guns gewees nie. Bewus daarvan dat hulle die guns en teenwoordigheid van die Here verloor het, was dit ‘n geweldige skokkende feit en was hulle nou in onmin by die mense ook gewees. Dit beteken dat ek ‘n vreeslike teruggevallene is.

4)      DOOD:

Vele was verslaan. In die geestelike lewe gebeur dieselfde, hoog-moed kom voor die val. Die loon van die sonde is die dood.

VI) WAT LEER DIT ONS: 1 Kor.10:11

Die dinge wat met hulle gebeur het is voorbeelde vir ons.

1)      VIR ONS WAT GERED IS:

Waak: Teen goddelose pogings, in die hoop om suksesvol te wees in die werk van die Here sonder die teenwoordigheid en krag van die Heilige Gees, in en deur ons. As die Here die stad nie bou nie, tever-geefs werk die wat daaraan bou.

2) EIE GEREGTIGHEID:

Waak teen hemelse erfgenaamskap op te soek, die beloofde land, sonder om eers seker te maak dat die Here met jou is, deur Sy Woord en beloftes.

3) FORMALITEIT:

Waak teen formaliteit, en gebede te bid wat in eie krag is, terwyl die geopenbaarde plan van die Here staan teenoor jou karakter en doel. Vs.41-42 

5)      LAAT BEROU:

Waak teen ‘n te laat berou, die israelliete het uitgevind dat die 11 de uur te laat vir hulle was. Hulle laaste poging was ‘n fatale een ge-wees. Die ark het nie altyd in die Jordaan gebly nie. Een dief was die elfde uur gered, die ander een nie. Waak teen die sonde van veronderstelling. Hebr.6:4-6. 

INLEIDING:

Hoogmoed het die duiwel sy Posisie gekos: Die hemel.

Het Adam en Eva hulle plek gekos: Die tuin van Eden.

Het Nebukadneser sy platform gekos: Sy troon.

En vele hulle pos vir die ewigheid gekos.

Hoogmoed staan teenoor gebrokenheid of nederigheid. Van een sonde in die Bybel sê die Here dat Hy so ‘n afguns het dat Hy die sal weerstaan en dit is die hoogmoediges.

Die teenstelling van hoogmoed is nederigheid of sagmoedigheid. In die Bergrede sê die Here aangaande nederiges en sagmoediges dat hulle die aarde sal besit en dat die Here naby die is wat nederig is. Maar dwarsdeur die Bybel hoewel hoogmoed nie altyd sigbaar is nie, dit altyd iemand laat verloor.

Dit was hoogmoed wat die duiwel uit die hemel uitgewerp het, dit was hoogmoed wat Adam en Eva uit die tuin van Eden geban het. Dit is die enigste sonde waarvan die Here sê dat Hy dit weerstaan.

Hoogmoed is in ‘n mens se lewe te sien in sy optrede en houding. Hierdie persoon laat jou duidelik verstaan dat hy op jou neersien en dat jy nie in dieselfde klas as hy is nie, maar vergeet dat hy maar deur die Here alleen begenadig is. Hy sien op ander neer en doen geen moeite om die wat in sy oë minderwaardig is te verag nie. Hy is die persoon wat onafhanklik fuksioneer en in hom of haarself dink dat hulle altyd reg is.

So ‘n persoon het nie leersame gee nie, en sal altyd gereed staan om jou reg te help. Dit is aaklig en afstootlik.

Van hoogmoed lees ons dat daar ‘n val kom en dat so ‘n persoon altyd verloor.

Hy is so verhewe dat gebrokenheid of afhanklikheid van die Here nie meer deel van sy woordeskat is nie. Paulus waarsku ons dat hierdie gees in die laaste dae alhoemeer na vore sal kom. 11 Tim.3:1-5

“Maar weet dit dat in die lasste dae swaar tye sal kom. Want die mense sal liefhebbers van hulleself wees, geldgiereges, grootpraters, trotsaards lasteraars, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, onheilig, sonder natuurlike liefde, onversoenlik, kwaadsprekers, bandeloos, wreed, sonder liefde vir die goeie, verraaiers, roeke-loos, verwaand, meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God; mense wat ‘n gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloën het. Keer jou van hierdie mense af.”

Dit was ook hierdie gees wat Efe. in Open.2:4 teen waarsku, mense wat hulle eerste liefde verlaat het, en dan die waarskuwing, bekeer jou daarvan anders sal Ek die kandelaar uit jou midde verwyder.

Die Bybel het geweldig baie te sê oor die hoogmoedige.

Dit vorm ‘n muur, dit is ‘n struikelblok, dit verhinder die Here om te werk, dit is die bron van versoeking, en is bevooroordeeld, dit is vernietigend, en is menslik, dit is nie geduldig nie, dit bring die haat van die Here in, Spreuke 6.

Dit verwyder die mens van die Here, dit het Israel gereeld tot ‘n val gebring, dit bring veroordeling, dit bring misleiding, dit verwerp die tugtiging, dit verhaas toornigheid, dit staan teenoor Goddelike werkinge, dit het soms verskuilde openbaringe, dit is vernederend, dit beklemtoon menslike krag, dit staan teenoor Christenskap, dit hou nasionale gevare in, self tevrede, sal gestrf word, sluit Christus uit. Ens.

Def. Van Hoogmoed: HAT

Besonder sterk, maar ongeregverdige gevoel van eie waarde, te hoë dunk van jouself, self oorskatting, eiewaan,  opgeblasenheid.

Hoogmoed gaan gewoonlik saam met minagting van ander.

Hoogmoed lei tot vernedering.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00