HOOGLIED 1-2 DIE EKSTASE VAN KONINGKLIKE LIEFDE

A)    DIE REALITEIT VAN HEMELSE LIEFDE

1)Persoonlike liefde v2 Die liefde wat die Here Jesus vir U en vir my het is onbeskryflik.  Hy het u liefgehad tot die dood toe.  Vanaand het Hy ons net so lief as die liefde wat Hy gehad het toe Hy kruis toe gegaan het.Die liefde van Christus is ‘n realiteit, Hy sal niks toelaat oor ons lewe om ons doelbewus skade te doen nie.  Ware liefde tugtig soms, liefde korregeer dikwels. ( Spinnekop op arm, slaan hom dood)

As mens iemand liefhet kan jy nie tevrede wees om daardie liefde te deel met ander nie.  Ek sal gin my man met iemand anders deel nie, met gin niemand.  Dis ‘n persoonlike liefde

2)Voorkeur , verkies, better as liefde v2   

“want u liefde is kosteliker  as wyn.”  (die wêreld ) As die liefde van die Here mens se hart arresteer dan vervaag die wêreld en Sy begeerlikhede.  Die liefde van die Here Jesus oorweldig mens so en die dinge van die Here word vir mens so kosbaar, of dit behoort, dat dit nie vir jou moeilik is om dinge neer te lê nie.  As ek terugdink aan toe ek ongered was, en hoe my lewe nou is.  Dis nie vergelykbaar nie, my smaak het verander, my uitkyk het verander, my passie het verander, my kleredrag het verander, my spraak het verander, my geaardheid het verander, my manier van dinge doen het verander, my lewe het verander.  Want die liefde van Christus is vir my beter as……….

Sal u se dat u liefde vir Christus van so aard is dat dit better is as enige iets anders is. As die liefde in u hart brand is dit nie nodig om vir iemand te se julle moet dit opgee of dit neerlê nie, jy wil daardie dinge nie meer doen nie want die liefde van Christus is better as.

3)Liede is soos ‘n lifelike geur. V3 “U salf is aangenaam van geur, u naam is soos salf uitgegiet.”

            Het u al ‘n verliefde paartjie dopgehou in ‘n

            geselskap, sou jy voor die meisie net die man se   

            naam noem  bloos sy skielik.  Net die naam laat  

            hulle snaaks optree. Die naam word geassosieer

            met dit wat die hart roer.  Dink net aan die Here

            Jesus, Sy Naam is soos salf uitgegiet.Daar is geen

            Naam op aarde en in die Hemel wat soeter en

            wonderliker is as Sy Naam nie.

4)Navolgingswaardige liefde-v4 “trek my agter u aan, laat ons gou maak”  Kom ons kyk na die geestelike sy.  Trek Sy liefde ons so, is ons so in ‘n liefdes verhouding met die Here Jesus dat niks my kan weerhou van die byeenkomste nie, of het ander dinge ingesluip wat hoer preoriteite het.  Ander dinge het vir my nou belangrikker geword as om met mede kinders van die Here om die woord van God te verkeer.  Of is jou hart so oorweldig met Sy liefde, dat jy getrek word agter Hom aan. Jou begeerte is na Hom , Sy belange, Sy koningkryk.Die vraag wat ek u wil vra vanaand is Christus nie meer genoeg vir u nie?  Kom u na die dienste toe omdat die Here Jesus hier is, om Sy stem te hoor, of om jou te verlustig in Sy teenwoordigheid , om Sy kragtige werking te ondervind.  Dit wat ‘n wonderlike tyd vir ons bring is die teenwoordigheid van die Here.  Ons moet weggesteek wees agter die Here sodat Hy alles in ons midde kan wees.  Hy is die rede waarom ons bymekaar is, Hy is die hoof van die kerk;  wat in Sy oë verkeerd is, is ook in ons oë verkeerd en wat goed en reg is vir Hom is ook goed en reg vir ons..  Kom ons laat Hom toe dat Hy deur Sy liefde ons trek.  Die Here gaan voor ons uit en roep ons om Hom te volg.  Hy ken die weg deur die wildernis.  Sy liefde op menslike vlak word oor privaat.

5) Private liefde v4(b) Persone wat mekaar lief het wil by mekaar wees in privaatheid.  Die Koning het haar in Sy binnekamer ingebring, waar dit privaat is.  Soms trek die Here ons eenkant – lei Hy ons op ‘n hoër vlak omdat Hy iets het om vir ons te sê. 

Daar kom vrae rondom die menslike liefde van die kant van Salomo se bruid, omdat sy baie donker is, gebrand deur die son.  Sy was deur haar broers gestuur om die wingerd op te pas en het geen tyd gehad om na haar eie liggaam om te sien nie.  Vir haarself was sy onaantreklik.  Liefde sentreer nie op die uiterlike alleen nie, dit gaan baie dieper as dit.  Sy sê sy is soos die tent van Kedar.  Dit is baie donker.

(a)    V 5-6 Sy was bewus van haar (geestelike) onwaardigheid – die Here weet dat ons onwaardig is en ons is dit meer as wat  ons  dink,  maar Sy bloed is daar om ons te reinig.

Hand .4:13.Hulle het opgemerk dat Johannes en Petrus met God wandel, alhoewel hulle ongeletterd was.  Moet nooit iemand wat met God wandel verag nie.  Hulle was gewus van hulle geestelike onwaardigheid maar Christus het die verskil gemaak.

(b)   V6 Hulle was bewus van haar (geestelike) ontrouheid.  Ontrouheid in my eie ‘wingerd’.  Die behoeftes van my eie huismense kom eerste.  Dikwels is al die ander mense se behoeftes dit waarna omgesien word en nie my huis en sy nood nie.  Hoe gaan dit in u eie geestelike lewe.  Wanneer laas is u gevoed uit die Woord, waar u stil was voor die Here.  As jy in Chrsitus bly en deur Hom gevoed bly, sal geestelike seën vir vele beskikbaar wees.

(c)    Die bewustheid van gebrek aan toewyding v7. 

Sy wil nie rondswerf nie, maar wees waar haar beminde is.  Waarheen gaan u met u probleme?  Gaan u na mense toe?  Dit is ‘n tragedie.  Die Bron van alle wysheid en kennis en insig is met ons en ons neem nie tyd om ons probleme nie.  Daar is geen put te diep nie, want die Here is dieper as enige put.  Toewyding kom as ons na Hom toe kom en bly kom.

B)     Bewustheid van die hemelse liefde vs 9.

1)      Gebalanseerde liefde v9 “Met die perde voor ‘n wa van Faro vergelyk ek u my vriendin”  Perde is gedisiplieneerd.  Is ons gedissilpieneerd in ons bybelstudie, gebedslewe, toewyding, evangeliesasie.  Dit is wonderlik om ‘n Christen te sien wat gedissipieneerd is in sy verhouding met die Here.

2)      Gedifinieërde liefde v10-15 Hier probeer hulle dit omskryf, Dit is die moeilikste ding om die Godelike liefde te omskryf.

      “Could we with ink the osean fill

      or were the sky a parchment made

      were every blade of grass a qualle

      and every man a scribe by trade

      to write the love of God above

      would drain the osean dry

      nor could the scroll contain the hole

      though stretched from sky to sky.

3)      Verklaarde liefde v16-17 “—ons bed….balke van ons huis….ons paneelwerk…”  In enige huwelik is dit wonderlik om te kan se “ ons huis, ons kinders, ons belange,” Is dit nie ewe heerlik vir kinders van God om te praat van Ons hemelse Vader, Ons verhouding met die Here.Hy is ons verlosser. 

4)      Defnetiewe liefde 2:1+2 Jy is nie net enege iemand nie .Jy is soos lelie tussen die dorings. Het jy al ‘n doringbos gesien, dink aan die prentjie, hier is ‘n bos dorings en reg in die middle kry jy skielik ‘n pragtige lelie.  Nee jy is nie allerdaags nie, jy staan uit bo al die ander. 

      Net so is jy baie spesiaal vir die Here Jesus.  Moet

      nie vergeet dat Hy vir ons verbrysel is, en

      deurboor is nie.

5)  Verruklike, heerlike, genotvolle liefde 2:4” Hy het

      my in die wynhuis ingebring, en sy vaandel oor my 

      was die liefde”  Dit praat met ons van die stoorhuis

      van seêninge wat Hy vir ons het, vir die wat die

      geheim ken om op die Here te wag. Daar in die

      stoorhuis is daar tot jou beskikking, wat jy nie eers

      geweet het nie, want dit is die stoorhuis van Sy

      seen. Daar in die binnekamer waar ek in

      gemeenskap met die Here Jesus verkeer.  Nie net

      dit nie maar Hy kan in al ons behoeftes voorsien na

      die rykdom van Sy  genade.

     *Is jy verward oor die toekoms

     *Is jou hart gebroke vanaand

     *Finansieël gaan dit sleg

     *Is jy werkloos

     *Die aanslae is hewig

      As jy die Here ken kan ek net sê! Gaan in die

     stoorhuis, jy se jy weet nie hoe jy gaan deurkom

     more nie, gaan na die Here en Hy sal jou bekragtig,

     versterk, bemoedig, oplig, uitlig in oorwinning.

     Iemand het eenmaal uitgewerk hoeveel manna daar

     daagliks moes val om al die mense te voed, 6750 

     ton manne moes geval het.  As die Here dan soveel  

     ton  manna daagliks kon stuur, kan hy vir u en my

     voorsien.

6) Delikate liefde v5

    So volgemaak tot oorlopens toe met nie liefde van  

    Christus. D.L.Moodey  met die Here ontmoet het , 

    het hy in gebed uitgeroep, Here stop want ek kan dit

    nie meer vat nie. Ag dat ons op die plekkie kan kom

    wat ons kan sê, ek is so vol met die liefde van die

    Here Jesus dat ek nie meer kan vat nie, tot oorlopens

    toe vol.

V7 “Ek besweer julle…..om nie die liefde wakker te

    maak voor dit die liefde behaag nie”  Daar is altyd  

    diegene wat sal sê, moenie godsdien so ernstig 

    opneem nie, mens moenie te wees nie, jy sal in ‘n

    bybelstryd beland. Hulle verstaan nie die diepte van

   die oorvloedige lewe nie.

   Mag die mense van Middelburg so aangegryp word 

   deur ons toewyding en ons liefdesverhouding met

   die Here Jesus dat hule jaloers sal word en die Here

   begin soek, en verlang en begeer om ook dit te hê

   wat ons het. Dat hulle so aangegryp sal word

   daardeur dat ons die Here Jesus geniet dat hulle

   getrek sal word om Hom te soek. Dat hulle sal

   wonder hoekom is hierdie mense so opgewonde oor

   die dinge van die Here, wat het in hulle gevaar? 

  Hulle sal kennis neem dat ons met Jesus was.

*******************************************

DIE BEVESTEGING VAN HEEMELSE LIEFDE

1) BENADERING VAN DIE HERE IS VERSEKER 2:8 “Hoor my beminde, kyk  daar kom hy!  Hy spring oor die berge, hy huppel oor die heuwels.”

Op die menslike vlak is dit so dat as mens verlief is jy niks sal ontsien om die een waarvoor jy lief is, om by hulle uit te kom nie. Daar is so drang om te wees by die een wat jy liefhet dat niks jou sal weerhou daarvan nie. Kom ons kyk na die geestlike sy:

Die Herder het rede tot kommer en maak haastig om te verhoed dat Sy bruid gewoond raak aan Sy afwesigheid.

a)Bereidheid van hemelse liefde-  geen berg te styl – geen vallei 

 te laag geen kranse te styl.  Geen berg was te styl vir ons Hemelse bruidegom, geen moeite, opoffering was te veel om jou syne te maak en om sy seen te ontvang.  Geen vallei was te diep vir ons meester  om deur te gaan vir u en vir my.

 Waar sou ons nie gewees het as die Here Jesus in sy tere liefde ons nie na Hom toe getrek het, en Homself aan ons geopenbaar het nie.  As die Golgota liefde nie aan ons geopenbaar was nie.

b) Die hoopvolle verwagting van hemelse liefde.

Springende- Huppelende.  Is dit nie pragtig nie. Daar was ‘n busdrywer in Britanje wat ‘n kerkgroep na een van Billy Graham se dienste moes neem.  Hulle het by hom gepleit om ook die dienste by te woon, maar daar was geen erg by hom nie en hy het geweier om te gaan.  Daar het ‘n krieses in sy lewe ontstaan en het besluit om na Australiee te gaan.  Daar het hy aansoek gedoen by die busdien.  Hy is gevra om ‘n groep jongmense te vervoer na een van Billy Graham se dienste.  Ag nee nie weer nie. Hulle het by hom gepleit om saam die dienste by te woon. Ek sal maar hierdie keer moet gaan, daar is hy toe kragdadig gered.  Is dit nie wonderlik hoe die Here iemand kan agtervolg om ‘n siel in die hande te kry nie.

c) Die historiese gebeurtenis van hemelse liefde.

Ons hemelse bruidegom het die historiese heuwel geklim. Hy het daar gesterf, op daardie heuwel van Golgota, buitekant die stadsmuur van Jerusalem.  Daar het sy liefde kliemaks beriek waar Hy sy lewe vir ons gegee het. Dit is ‘n realiteit, my brminde spring oor die berge, hy huppel oor die heuwels, hy ontsien geen moeite om u en my te bereik nie. My beminde is soos ‘n gemsbok of soos ‘, jong takbok.  Our Lord Jesus leaps like a breath of fresh air through foselized theologie.

d) Die menslike gereserveerdheid tot hemelse liefde.

By Sy aankoms ontvang Hy nie die hartlike verwelkoming waarna Sy siel smag nie v9 Sy is agter ‘n muur, vensters verhoed persoonlike kontak. Kan slegs woorde wissel deur die tralies v10;13

Sy wandel nie in die lig met Hom nie v14. Haar stem het dof geword v14 Die ergste van alles- klein maar skadelike jakkerlsies het ingekom om die mooi, sagte spruitjies van die liefde te verniel.  ‘n Duidelike beskrywing van ‘n soekende christen na die volheid- voordat die wintertyd verbygegaan het en hy deurbreek in die lente ondervinding.

  Die wete dat Christus vir ons gesterf het is wonderlik. Dat Sy bloed ons van ons sondes verlos, en vrymaak, losmaak.  Is dit dalk so dat ons al die kennis het, dit is vir ons ‘n historiese veit wat nie betwyfel kan word nie, maar tog staan Hy buite u lewe.  Miskien ken u die Here vanaand maar daar is sekere areas in u lewe waar u die Here nie wil toelaat in u lewe nie, die Here Jesus staan buite en Hy kyk deur die venster in verwagting en u wil Hom nie laat inkom nie.  Here ek sal alles doen maar moet net nie in die area van my lewe karring nie.  Here ek sal enige plek gaan maar moet my net nie daarheen stuur nie.

 Dit was W.P.Nicolson ‘n gerespekteerde Presbeteriaan , ek weet nie hoe so iemand lyk nie maar dit is wat hy gesê het hy is.  Daar in die straat was ‘n klein salvation Army jong dogter, besig met ‘n ope lug diens.  Daar het sy op die sypaatjie gekniel om te bid.  Dit was toe dat ek die stem van die Here gehoor het wat vir my sê, gaan op jou knieë Willie en bid.  Ek het na die Here gekyk en gesê, hoe kan ek dit doen Here ek is ‘n gerespekteerde Presbeteriaan, nooit ek kan dit nie doen nie.Wat sal my vriende van my sê, en nog meer wat sal die mense in die straat van my sê. Wat sal my kerkmense van my sê hulle glo dat ek reg is.  Ek is bly om te kan sê dat daardie toekomstige predikant op sy kniee gegaan het daar op straat, saam met die Salvation Army dogter, baie het vir hom gelag en bespot, maar soos hy gesê het.  Daar in Bangor het ek my reputasie verloor, maar daar het ek die krag gekry.  Ek Ierland het die effek daarvan gevoel, want die Here kon hom in herlewing gebruik. 

Ek glo dat die Here die gemeente will oproep om op te staan sodat ons kan begin voorbeweeg in Sy krag en in Sy outoriteit.

Die Herder roep dringend dog pleitend v10-13

1)      ‘n Roeping tot vryheid-  uit die paleis tot die ruimtes,

2)      ‘n Roeping tot vreugde v11 uit die winterkoue na die lengtesange v12

3)      ‘n Roeping tot skeiding v13

4)      ‘n Roeping tot vereenselwiging v13

2) DIE VERSOEK VAN DIE HERE IS EERVOUDIG V10-15

V10  Staan op, my vriendin, myskone, kom dan tog.  Want kyk, die winter is verby, die reëntyd is oor, dit het verby gegaan.

Hindernisse tot gehoorsaamheid aan Sy roepstem

1)      Gemaksugtigheid “ staan op”

2)      Onwilligheid  “Laat my u gedaante sien”v14

3)      Verwaardeloosde gebed “Laat my u stem hoor”v14

Die Here wil sy bruid laat geniet :

 Nadat sy gereageer het op Sy roepstem en gedoen het wat van hy van haar verlang het was daar:

a) Die ontspanning van nuwe Testamentiese lengte.

 Die nuwe testamentiese kerk was so begeesterd dat niks hulle kon onderkry nie.  Daar was hullr voortgedryf deur die liefde van Christus, eensgesind in hart en siel.  Die kerk het voortbeweeg in krag. Selfs vervolging kon nie hulle vreugde demp watg voortgevloei het tot ander nie.  Sê my wat het dan verander van daardie tyd .  Die Here het nie verander nie, ons het ons ywer verloor.  Ons toewyding is gebrekkig.  Is die Heilige gees wat in Pualus en in Petrus was nie dieselfde Heilige Gees wat in ins werksaam is nie?  Is Hy beskikbaar vir u en vir my ? Natuurlik is HY.  Dit is Sy begeerte dat ons lente moet geniet in ons harte.  Daardie ywer van ons eerste liefde.  Het ons, ons eerste liefde verlaat.  Het ons koud geword in ons verhouding met die Here.  Is ons nog in ekstase oor ons wonderlike Heiland.

b) Die beloning van nuwe Testamentiese tekens.

Byna al die tekens kan deur die duiwel nagemaak word maar  daar is een teken wat nie nagemaak kan word nie, dit is ‘n heilige lewe.

As jou lewe so weggegee is aan die Here Jesus en jou lewe die geur van die Here Jesus versprei dan sal die mense weet dat jy aan Hom behoort. Hulle sal weet dat dit die Here is wat in jou die werk gedoen het,  jy sien hulle het jou dalk geken in jou ongeredde dae.  Is ons lewe heilig en aan die Here weggegee dat ander Jesus in my kan sien.  Robert Murray Mc – Lord make me as godly as it is possible for a pardoned sinner to be.

F.B.I.  het hulle mense opgelei om vervalsde note uit te ken deur hulle 8 ure elke dag na die egte note te kyk vir 5 dae ‘n week vir 3 maande, as hy daarna ‘n vervalsde een sien het hy dadelik die verskil agtergekom.

  Sou u en ek onder sulke ondersoek sou kom deur die ongeredde, 8 uur elke dag 5 dea in ‘n week vir 3 maande sal hulle enige teken van vervalsing in ons lewe sien.  Sal daar ‘n valse noot wees.  Mag die Here Jesus my genadiglik reinig van valsheid wat daar mag wees.  Ag mag ons eg wees vir die Here Jesus,  mens mag ander ‘n rat voor die oë draai, maar God sien die hart aan.

c) Die blydskap van Nuwe Testamentiese gesing

v12 Die bloeisels word gesien in die land, die sangtyd het aangebreek.

In elke groot herlewing was daar gesing,  geinspereerde liedere het die lig gesien en oral kon mens die lofsang van mense hoor wat vrygemaak is van sonde bande.

d)      Die verfrissing van Nuwe Testamentiese geure.

 V13 Die vyeboom laat sy voorvye uitswel, en die wingerdstokke wat bloei versprei geur.  2 KOR 2:14-17 Maar God sy dank wat ons altyd laat triomfeer in Christus en wat die reuk van sy kennis deur ons versprei.  Want ons is ‘n aangename geur van Christus tot eer van God onder die wat verlore gaan;  vir die laaste ‘n reuk van die dood tot die dood, maar vir die eerste ‘n reuk van die lewe tot die lewe.  En wie is tot hierdie dinge bekwaam ?  Want ons is nie soos baie wat handle dryf met die woord van God nie;  maar as uit opregtheid , maar as uit God, in die teenwoordigheid van God, spreek ons in Christus.  

 Ons is ‘n lifelike geur van Christus tot die Here. Ons versprei die geur van die Here Jesus.  U bring eer aan God en bou voeg by by die liggaam van Christus.  Die verkwikking van N.T. geur.

e)      Die gemeenskap wat Hy na verlang.

Hooglied 2:13b en 14  “Staan op, my vriendin, my skone, kom dan tog!  My duif in die rotsklowe, indie skuilplek by die krans, laat my u gedaante sien, laat my u stem hoor;  want u stem is soet, en u gedaante is lieflik.”

 Hier vind ons die gemeenskap wat Hy soek.

  “Laat my u gedaante sien, laat my u stem hoor.”  Het Hy u aangesig gesien, het Hy u stem gehoor?  God wil ons voor Hom hê met Sy beloftes op ons lippe.  Sy belofte van seën vir ons, Hy het beloof om aan ons die krag te gee wat ons nodig het.  Maar ons het nie, omdat ons nie vra nie.  Ons bidure is leeg – dit is die swakste van alle kerklike aktiwiteite.  Dit is die probleem van die dag.  O, mag God ons oproep tot gebed.  Kommunikasie is daar as gevolg van liefde.  As daar nie liefde is nie, is daar iets verkeerd.

Gebrek aan waaksaamheid v15 “Klein jakkelsies” gevaarlik, subtiel, veroorsaak teleurstelling.  Woon in onsigbare plekke (kan hulle skuilplek alleen op die knieë vind) maak hulle verskyning onverwags.

Hooglied 2:15  “Vang julle vir ons die jakkalse, die klein jakkalse wat die wingerde verniel, want ons wingerde staan in die bloei.”  Klein jakkalsies kan verwoesting aangaan as hulle in ‘n wingerd kom.  One wrong word from of the pulpit can spoil the work of God.  Bid dat God ons sal bewaar in hierdie dae.  Die toewyding waarna die Here soek is dat ons  afstand moet doen van twyfel, wanhoop en depressie.  Hy kan in Sy wonderlike wyse vir ons die oorwinning bring. 

  ****************************************************

ONTWAKING UIT GERUTHEID

1)      VERWAARDELOOSDE LIEFDE

Die Sulamitiese meisie verstel aan die dogters van Jerusalem van haar mislukking en die rede daarvoor.  Haar soektog en haar beloning.  Dit was ‘n vernederde beludenis in die lig van alles wat sy hulle reeds vertel het.  Dit is so met elkeen wat terugval Dit is die vreeslikste vernedering om te erken dat ek teruggevalle is en dat ek uitverloor het met die Here.  Dat ek dinge weer toegelaat het in my lewe.

 Die meisie was bewus van die feit dat verslapping en gerustheid ingetree het sover dit haar verhoeding met Hom aanbetref, het sy besluit om nie langer so voort te gaan nie, maar om te soek na wat ontbreek.  Dit is genade as mens op die punt kom dat mens besef dat daar iets omtbreek en dat ek begin soekend raak om weer my verhouding te herstel.  Mens moet nie rus voor mens weet dat mens se verhouding weer is wat dit was nie.

Die rede waarom sy Hom nie onmiddelik gevind het nie.

a)      TRAE SOEKTOG 3:1

·        Geen selfverloëning

·        Geen opoffering

·        Geen desperaatheid

         Die kruis was buitekant Jerusalem nie in ‘n gerieflike bed nie.

b) TERVERGEEFSE SOEKTOG V2

*Verkeerde plekke

Op my bed snags het ek gesoek na my sielsbeminde, ek het na hom gesoek, maar hom nie gevind nie.

Die bed is ‘n plek van gemak en onaktiwieteid.  Hy is nie daar te vinde nie, die soektog is uitgevoer op ‘n gemaksugtige manier.

   *Tussen die skare

Ek wil dan opstaan en in die stad rondgaan, in die strate en op die pleine wil ek na my sielsbeminde soek

Nou is sy uit haar bed in die samelewing

 Mens soek vervulling op verskeie maniere as mens uit kontak is met die Here.  Verkeer baie sosiaal besoek werelds plekke.

Hy kan alleen gevind word waar daar verootmoedeging en gebrokenheid van hart en belydenis van behoefte is.  Tevergeefs sal sy soek as daar nie met die oorsprong van verwydering gehandel word nie.

C)    ‘n TYDELIKE SOEKTOG 3:4

Die Wag wat hier na verwys word kan mens se dis ‘n tipe van die Heilige Gees, veral as mens kyk na die betekenis van die oorspronklike taal.   Die woord wag of dat te wel “Shamar” beteken 

1)  Om op te pas,

2)  te beskerm ,(n tuin; ‘n huis; ‘n kudde;)

3)  om veilig te bewaar,

4)  om te preserver,

5)  om te beskerm,

6)  om wag te hou,

7)  as ‘n profeet,

8)  om ‘nheining om iets te maak,

9)  om iets binne te hou,

10) om weg te hopu van iets,

11) om te onderhou, om te bedien,

12) om noukeurig aandag te gee aan,

Dank God vir die Wag wat in staat is om soekende siele te help.  Hy  wat dag en nag waak sodat die vyande nie hierdie siele op ‘n dwaalspoor bring nie.  Net so stel die Heilige Gees ons in staat om ons kudde te bewaar en oor hulle wg te hou. 

Toe sy aan die einde van haarself en haar metodes en haar pogings kom, het die Herder Homself aan haar geopenbaar. 

1)      Verenigde liefde “Hom gevind”

2)      Verdiepte liefde  “Ek het hom vasgehou “

3)      Versekerde liefde  “Ek het hom gebring”

DIE OPENBAARING VAN DIE HERE JESUS AAN SY BRUID HIER OP AARDE

Hier vind on nou ‘n totale wending in hierdie drama wat besig is om af te speel.  Waarom die skielike verandering.

 Die eerste paar hoofstukke word die beminde geopenbaar as die herder.

In al die evangelies word die Here Jesus vir ons uitgebeeld as:

a)      Die goeie Herder wat Sy lewe aflê vir Sy skape.

b)      Sy wandel op aarde,

c)       Sy lewe,

d)      Sy offer,

e)       Sy doel,

f)         Sy uitnodeging.

g)       Sy soeke na Sy bruid,

h)      die liefdesverklaring,

i)         Sy voorbereiding vir die huwelik volgens Johan. 14 ens. 

Vanaf v4 waar sy haar bruidegom in die tent van haar moeder geneem het praat dit van die voorgenome huwelik waarin hulle sou tree.

Uiteindelik het die voorbereiding van die voornemende bruid en die verstandhouding met haar gevorder tot waar die bruidegom die blywende verhouding gelyk aan ‘n huwelik met haar kon sluit.  In 4:8 noem Hy haar vir die eerste keer “bruid” en spreek haar ses keer so aan.  Haar aanvanklike bruidsgesindheid 1-2, het ontwikkel tot haar bruidsoptrde of handelwyse 3:1-4, en dit het gelei na haar bruidsvoorkoms 3:6-5:1.  Haar bruidsliefde sou nog deur verskillende vuurtoetse tot volwasenheid gelouter word voordat dit as VOLMAAK EN VOLWASSE kon kwalifiseer in 8:6-7.

DIE OPENBAARING VAN DIE BRUIDEGOM IN SY HEERLIKHEID IN HEMELSE PLEKKE

A)    VERENIGING:

In hierdie gedeelte word die koningklike optog van volle vereniging van die Bruidegom en die Bruid beskrywe deur die beeld van die optog uit die woestyn v6 na Jerusalem v10 . Iemand roep uit in die vorm van ‘n vraag v6. Drie ander gee antwoord v7-8,9-10,11.  Sy optog uit die woestyn waar Hy die satan oorwin het, waar Hy haar gevind en gered het.

Hy is die triomferende, lewende, Oorwinnaar en is besig met Sy oorwiningstog. Kol. 2:15 “ nadat Hy die owerhede en magte uitgeklee en hulle in die openbaar tentoongestel en daardeur oor hulle getriomfeer het.” Sestig goedgewapende helde begelei Hom en is voldoende teen enige moontlike nagtelike verskrikking of nag se gevaar wat moontlik nog ‘n aanslag kan probeer loots en Sy koningskap betwis. 

a) Sy drastoel van hout (menslikheid),

b) met pote van silver(versoening en liefde),

c) en leanings van goud(geloof wat beproef en gelouter is),

d) met die sitplek van pers (koningklike kleur)

e) wol (offeande),

g) gedra deur menslike onderdane, en omgeur met mire en wierook en lekkerruik-kruie, spreek duidelik van die laaste Adam uit wie se sy aan die kruis, vir Hom ‘n bruid tevoorskyn gekom het.

Salomo as tipe en voorbeeld van Christus, die Vors van Vrede, na Sy volkome oorwinning oor al sy vyande, dra die “kroon” en dit is die dag van Sy ‘huwelik,’ die dag van Sy grootste vreugde.  Hy sien van die moeitevolle arbeid van Sy siel en word versadig.  Hy is verheug en bly dat Sy grootste ideal en diepste begeerte, Sy bruid, die een wat uit Hom en vir Hom is en in alle opsigte by Hom pas, uiteindelik daarvoor kwalifiser om in die gesindheid van haar hart volkome met Hom verenig te word.

B ) VERLUSTIGING 4:1-5

Uiteindelik het sy gevorder tot waar Hy hom in haar kan verlustig!  Uiteindelik kon Hy haar, nie meer net aanspoor deur dit in haar te sien wat mooi en edel en prysenswaardig is om haar te bemoedig nie.  Nou kon Hy haar van alle kante bekyk en bewonder en prys en NIKS in of aan haar vind wat Hom teleurstel of bedroef nie !  “Aan jou is NIKS verkeerd nie!”  “Daar is GEEN gebrek aan u nie.”  (v7)  Hy praat al meer en sy al minder!  In die hele gedeelte praat sy net in v16.

Haar hele wese, met elke funksie van al haar betekenisvolle ledemate en liggaamsdele is nie net uiters mooi nie, maar volmaak

(v1-5).  Die aandwind, lang skaduwees, mirreberg en wierookheuwel skrik haar nie meer af nie!

(v6)  Sy beweeg nou saam met Hom in Sy opstandingskrag op die Libanonberg waar die hoë en geurige seders groei.  Dit word ‘n deel van haar lewe sodat haar klere die geur vasvang en ruik soos die Libanon!

(v11)  In v8 beweeg sy saam met Hom net waar Hy lei in oorgawe en geloof.  Saam met Hom af van die Libanon (hoogtepunt, krag, prestasies) en van Amana (vastigheid en veiligheid, want daar het die Here met ons ‘n verbond gemaak), na die stryd, nood en behoefte in die valleie.  Weg van Senir en Hermon (sneeubedekte kruine) van eie ‘witheid’ en behoefte in kenheid.  Weg van die gevaarlike lêplekke van die leeus en die luiperds, want Hy weet waar hulle lê en loer.  Sy het geleer om nie die vyand te onderskat of vir hom gerus te word nie, en bly diep van Hom afhanklik!

In die volgende verse vergelyk Hy haar met

(a)    ‘n Tuin wat toegemaak is met ’n ‘muur’ daarom.  Haar muur is afgebreek, en Sy muur is opgerig!

(b)   ‘n Fontein met borrelende waterwat afgekamp is.  Binne in hierdie private tuin wat net aan Hom behoort, is ALLES wat Hom kan behaag – die heerlikste vrugte en die lieflikste geure vol lewenskrag en vrugbaarheid!

3).VERVULLING (4:16)

“Word wakker, noordewind, en kom suidewind, deurwaai my tuis, laat sy balsemgeure uitvloei!”

Sy roep die yskoue noordewind, en die skoeiende suidewind om haar tuin, wat eintlik Sy tuin is te deurwaai en sy geure te versprei!  Hy het vrye toegang – daar is uitgesoekte, vars vreugdevolle, voedsame geregte en vrugte!

Die beminde reageer op die uitnodiging van 4:16:  “Ek het… gekom…”  Sy bied aan Hom die lekkerruik-Kruisvrug en gesindheid van mirre, die soetigheid, voedsaamheid en vreugde van heuning, wyn en melk – die keurige vrugte wat Sy hart versadig en bly maak.  Tot sover het sy niks van Hom weerhou nie en dit het voorgekom asof sy die toppunt en vokome rypheid en volheid van geestelike groei en ontwikkeling bereik het.  Min het sy besef dat een van die moeiliste, maar belangrikste en kosbaarste ondervindings net om die draai vir haar gewag het.  Daardeur sou sy’n onvergeetlike les leer !

*****************

SKEIDING EN HERSTEL

HOOGLIED 5+6

Teleurgestelde liefde

Vir ‘n tydperk het die Herder Hom onttrek omdat Sy skynbare afwesigheid en stilswye die teken was dat Hy ons geloof wil leer.

Hy verwag ‘n  onmiddelike verwelkoming maar vind geen reaksie op Sy pleitstem nie.  Hierdie roeping om oop te maak is ‘n roeping tot ‘n dieper en meer intiemer ondervinding van die kruis.  By ‘n vorige geleentheid het sy Hom ontvang as koning van haar lewe- nou openbaar Hy Hom as die man van smarte en Hy verlang van haar om Hom vrywilliglik as sulks te ontvang en te volg.  Dit is die rede vir haar huiwering. 

Delayed obedience is disobedience.  Christ often asks some service of us when it is most inconvenient.  I know no habit in the Christian life so needful as a readiness to do inconvenient things at inconvenient times.  If you are to walk with an unclouded sky, you will veru often have to obey Jesus at every inconvenient times.

1) VERSOEK

Die beminde bruid is meer as ooit tevore wakker en baie sensitief om haar bruidegom te erken as Hy verskyn.  Die aard van hierdie skielike dringende ‘klop’ was egter vir haar vreemd, maar die beskrywing wat Hy van Homself hier gee, laat haar goed en duidelik verstaan wat die werklike betekeis daarvan is, nl. om Hom te volg op die weg van:

a)      veragting en smaad in hierdie wêreld,

b)      van misvertand, eensaamheid en lyding (v2b).

In hierdie VERSOEK spreek Hy haar aan as Sy beminde bruid, Sy duif, en vir die eerste keer as Sy ‘volmaakte’.  “Aan jou is niks verkeerd nie” (4:7b) is die negatiewe sy van haar volmaaktheid en hierd, in v2, is die positiewe sy, soos Hy haar sien.  Wat ‘n wonderlike bemoediging en aansporing moes dit nie vir haar gewees het nie!  Wat ‘n groot eer sou dit ook gewees het, as sy Hom ook voluit op hierdie weg so volg, waar die klem van Sy versoek aan haar is om Sy smaad saam met Hom tot buitekant die laer te dra!  Heb.13:13.

2)      VERSKOON v3 en 4  Die prys van volkome vereenselwiging met Hom op Sy weg van smaad en veragting in hierdie wêreld vereis:

a) algehele toewyding,

b) blindelingse gehoorsaamheid en

c)      doelbewuste en volkome selfveroëning.

 Die smaad van die kruis en die eensaamheid en veragting deur mense wat daarmee gepaard gaan is bitter en pynlik, veral vir iemand wat alreeds geestelik so gevorder en soveel sukses behaal het, dat ander haar bewonder het!  Menslike rede en verstand kan dit nie insien en die noodsaaklikheid van hierdie versoek van die Beminde begryp nie.

 Sy beminde bruid verstaan wel, maar sy wyfel en deins terug en begin om haarself te verskoon deur haar toevlug na die skanse van goeie leerstellinge ondervindings wat sy alreeds gehad, het.  Sy het dan alreeds die ‘kleed’ van die oue mens afgelê en in haar wandel was sy gewelding daarop gesteld om haar ‘voete’ skoon te bewaar.  Geestelike ondervindings en leerstellige geredekawel is vandag nog die beste skans of verskoning vir die skandelike huiwering en onwilligheid om Hom te volg op die onpopulêre weg van Sy smaak – die smaad van die Kruis!

Die woorde, ‘toe sê Ek… ek… ek…’ (5 keer) is vol betekenis en openbaring.

a) hoekom moet Ek my verneder…

b)      hoekom moet Ek misverstaan en

c)      vertrap word deur mense…

d)      hoekom moet Ek soveel opoffer?

 Hy redeneeer nie met haar daaroor nie.  Sy reaksie is wel ‘n openbaring van Homself as die Gekruisigde deur die hand wat Hy deur die deuropening gesteek het.  Haar hart het skielik ontstuimig begin klop en haar binneste oor Hom in beroering gekom toe sy hierdie winkende, bloeiende hand sien!

d)      VERBLY v5  Die openbaring van Homself as die Gekruisgde laat haar dadelik reageer, maar helaas – die huiwering, wyfeling en verskonimngs sou haar duur te staan kom!

1)      Hoe kan sy, vir wie Hy alreeds soveel gedoen het, wat alreeds in so ‘n intieme verhouding met Hom verkeer het, enigsins gewiefel het om juis vir Hom blindelings te volg?

2)       Hoe kon sy, vir wie Hy alreeds soveel gedoen het, wat alreeds in so ‘n intieme verhouding met Hom verkeer het, enigsins gewiefel het om juis vir Hom blindelings te volg?  Hy het haar nog noit verkeerd gelei nie!  Sy het opgestaan en terwyl haar hand drup van die mirre van die Kruisgesindheid, het sy die handvatsel van die deur van haar wil vir Hom oopgemaak, maar Hy was reeds VERBY!  Hy het ‘omgedraai’en was ‘weg’.  Wat ‘n pyn en wat ‘n smart!

 Die verlies aan die sonskyn en heerlikheid van Sy bewuste teenwoordigheid het ‘n leemte en droefheid in haar hart veroorsaak wat baie erger is as wat die smaad en veragting van mense ooit vir haar op die weg van die Kruis kon wees!  Bowendien het sy hierdie keer, anders as in haar vorige ondervinding (3:1-3) geweet waarom Hy haar verlaat het.  IN hierdie toestand vind die getroue ‘wagters’ wat die eer en belange van God moet beskerm en bewaak, maar ongelukkig hierdie meisie en haar ondervinding glad nie verstaan het, vir haar.  Soos Job se vreinde probeer hulle help, maar al die tyd wond en verbrysel hulle haar!  Deur:

1)      haastige oordeel,

2)      twyfelagtige uitsprake en

3)      beskuldigings word sy sonder genade van haar bokleed berowe.

 Haar sensitiewe gees word gewaar dat hulle haar kritiseer en onderling fluister oor haar innerlike leed en stryd wat hulle nie kan verstaan nie!

e)      VEROORMOEDIG v7, 8 en 9  Terwyl sy desperaat na Hom soek en roep –

·        na die versekeing van Sy teenwoordigheid,

·         die sonskyn van Sy glimlag en

·        die uitnemende skoonheid,

·        lieflikheid en

·         heerlikheid van Sy persoon,

 moet sy aan ander haar verlies bely en bekend maak.

Toe sy weer haar toevlug tot die wagte neem, vind sy nie die simpatie wat hulle by die vorige geleentheid aan haar bewys het nie, maar in getrouheid gebruik hulle die skerp tweesnydende sward om haar probleem te openbaar.

 Sy probeer deur die vroue an Jerusalem vir Hom ‘n boodskap stuur dat die leifde van haar hart vir Hom ‘n verterende vlam is.  Die loutering van Sy skynbare onttrekking bewys die egtheid van haar liefde, dat dit die toets gestaan het, en deur alles wat gebeur het selfs nog meer opgevlam het!  Om selfs voor ander jou geestelike verlies te erken en te bely is selfs moeiliker as om dit in jou binnekamer vir God alleen te bely!  Hierdie desperate siel is egter gewillig vir die weg van veroormoeding en gee nie om wat dit haar kos om weer in die regte verhouding met Hom gestel te word nie.

Al het sy die lig van Sy aangesig tydelik verloor, het haar lewe nogtans respek en bewondering afgedwing.  Haar geestelike wandel, opmerklike nederigheid, haar heilige karakter, haar skoonheid wat nie van haar kan weggeneem word nie maar wat verhoog word deur die brandende liefde was werd om geprys en geadmireer te word.  As die wêreld nie beindruk word deur ons liefde vir Hom, ons lojaliteit aan Hom en die weerspieëling van Sy karakter in ons lewe nie- hoe sal hulle weet dat ons Beminde anders is as ander?  Hoe weet die wêreld van Jesus as Hy nie in my lewe gesien kan word nie.

Die wêreld kan nie verstan 5:9 hoedsat sy iemand onsigbaar en buite haar bereik so kan bemin nie. 

Raak die wêreld jaloers as ons vertel van ons beminde of neer hulle dit met ‘n knippie sout ondat ons lewe nie daarvan getuig nie.

f)        VEREER v10-16  Die vroue van Jerusalem is so onder die indruk van wat sy sê dat hulle haar aanmoedig om hulle meer van die wonderlike Beminde te vertel.wat Hom so anders maak as ander. Dan volg tot dusvêr die beste, die mees onvergelykbare beskrywing van Hom wat sy nog ooit gegee het!  Dit is des te wonderiker dat, sy dit doen terwyl sy Hom nog nie weer gevind het nie,  Hom nie sien nie, en dit doen bloot soos sy  Hom KEN!

Wat ‘n verklaring van geloof!  Nog NOOIT het sy Hom so beskryf en aan ander verkondig nie!  Sy sê:

1)      jy kan Hom maklik en dadelik uitken bo tien duisend ander!

2)      Hoof van suiwer goud- Koningklike heerskappy; geen opposisie in sy regeering geen verdeeltheid in Sy kabinet. 

3)       Hy is skitterend wit (in vlekkelose reinheid en heiligheid) en

4)      rooi (dit spreek van Sy versoenende, reinigende bloed – Sy versoeningswerk aan die Kruis),

5)      Sy voorkop (goddelike alwysheid, begrip en genadige toenadeing)  soos suiwer goud (beproef),

6)       Sy haarlokke (simbool van volwassenheid en krag) soos dadeltrosse, swart soos ‘n raaf (jeug), Geen teken van ouderdom, grysheid moegheid of matheid by Hom nie.  Blywende varsheid van die ewige lewe.

7)       Sy oë soos die duiwe (goddelike teerheid, helderheid, versiendheid)  “Thy gentleness hath made me great”  Ps. 18:35b.  Sy moes beslis in nou en intieme kontak met Hom gelewe het om die taal van Sy oë te kon lees,  die uitdrukking van die oë is vir die persoon wat die boodskap van self net ‘n blik sal verstaan. I will guide thee with mine eye. Hy het:

·Rein oë- wat geen sonde kan ontsien

·Simpatieke oë wat kan ween

·Oortuigende oë- Petru

·Deursoekende oë-

8)      Sy wange (karakter, aantreklikheid, geurigheid)

9)      Sy lippe (lering, onderrig)

10)   Sy hande (stawe van goud) Simboliseer weereens Sy godelike outoriteit om leiding te kan gee en om die wil van God te volbring.  Die goudstawe het die vuurtoets deurstaan en het nie sy krag en waarde verloor nie.  Is nog instaat om heeltemal instant te hou, om vir die mossie te sorg en om vir my, sy brose bruitjie te bewaar.

11)   Sy bene (stabiliteit) Sy vermoeë om te staan en te bly staan- nie moeg te word nie.  Pilare dara die gewig van die kerk.  Hy is in staat om Sy Kerk op aarde te dra en instant te hou.

12)   Sy voete -Fyn goud ( Kwaliteit) Sy wandel op aarde was so versigtig en ook goed beplan. Sy voete het altyd gegaan waar die nood die grootste was.

13)  Sy verhemelte- spreek van Sy amp as voorspraak en Middelaar.

5)VERENIG 6:1-3  Die onmiddelike gevolg van haar treffende verklaring van geloof en loflied tot Sy eer, was dat,

1)die eens skeptiese vroue (5:9) haar nou glo, ook nou Sy lieflikheid en heerlikheid begin sien en besef, en Hom saam met haar wil soek!

2)‘n Tweede en baie gelangrike gevolg is dat sy onmiddelik ook weet waar Hy is, dat Hy ‘af’ is na Sy tuin toe, om Sy skape te laat wei en om lelies te pluk!  Die feit dat sy nie al die besonderhede va hierdie ontmoeting, wat vir haar volkome herstelling beteken het, beskrywe soos in 3 :4 nie, impliseer glad nie dat dit minder kosbaar en wonderlik was nie.  Dit beklemtoon eerder die baie belangrike ryper en intiemer verhouding met Hom.  Haar getuienis is nou, ‘Ek behoort aan die man wat ek liefhet, en die man wat ek liefhet, is myne.’  Vergelyk dit met 2 :16, waar sy haarself eerste genoem het, en vir Hom tweede.  Nou is Hy eerste en sy tweede!  Sy sien haarself maar net as een van Sy ‘skape’ wat Hy tussen die lelies laat wei.

7) VERHEWE  6:4-7:13  Die Beminde VERHEF, bewonder en prys Sy beminde bruid met wie Hy nou volkome oorgawe DEEL sy alles wat sy is en het met Hom.  Vergelyk 7:10 met 6:3 en 2:16.  Hy is nou EERSTE en ALLES !  Sy is vir Hom soos :-

a)      So mooi soos Tirsa (die mooitste stad van Samaria)

b)      So aantreklik soos Jerusalem (die uitverkore stad.  Daar het God VERLOSSING bewerk)

c)      So indrukwekkend soos ‘n afdeling vaandedraers (sy is op die oorwinningspad tot Sy eer)

d)      So nuut soos die daeraad (aan die begin van Sy ‘nuwe dag’ het sy ten volle ontluik)

e)      So pragtig soos die maan met sy sagte getroue weergawe van die lig van die son (v10)

f)        So helder (rein) soos die son, gevul met die krag en heiligheid van lig en vuur! (v10)

g)      So effektief soos ‘n strydwa op sy oorwinningstog (v12).

In reaksie op haar Beminde se waardering en bewondering reageer sy nederig in v11 deur af te gaan na die neuteboord toe, wat spreek vankosbare, voedsame vrug, omring deur ‘n harde dop wat versigtig gekraak en verwyder moet word en vergelyk kan word met die kosbare Woord van God wat al sy lewegewende geestelike voedingskrag meedeel wanneer dit reg ontgin word.  Die ‘jong bompies by die spruit’ laat ons dink aan die vergelyking van Josef se lewe, wat ‘n jong vrugteboom was by ‘n dontein, wie se takke oor die muur geklim het.  Die wingerdstok met sy lenger nuwe, vrugbare lote en die granaatboom met sy bloedrooi blom verseker haar van vrugte wat vreugde, volmaaktheid en oorvloed sal bring.

In reaksie op haar Beminde se begeerte na haar (7:10) neem sy die inisiatief deur vir Hom in v11 te sê, ‘KOM, man wat ek lief het, kom ons gaan veld toe, kom ons gaan slaap in die dorpies, ons gaan vroeg smorens…’  Dit spreek van volkome vereniging en vereenselwiging.  Hulle BESIT alles saam en DOEN alles saam.  Daar, na die onherbergsame veld en die nederigste ou dorpeis neem sy nou die inisitief, en daar is ‘n dringendheid in haar friekeer herhaalde, ‘KOM’.  Daar is vir hom haar sonderlinge liefde (v11b), en daar is vir Hom allerlei keurige vrugte by ons deur, vars en oud! (v13).  Dit het sy spesiaal vir Hom gereserveer en bewaar!  GEEN onwilligheid of huiwering meer om Hom te volg op Sy pad van lyding en smaad in hierdie wêreld nie!

Alhoewel die hele, volledige beskrywing van hierdie bruid vol betekenis en geestelike waarde is, verdien DRIE van haar eienskappe wat in hierdie gedeelte genoem word, spesiale vermelding.  Sy beskrywing van haar oë in 6:5 is uniek en nuut!  In die Allerheigste, waar sy Hom nou van aangesig tot aangesig aanskou, waar sy vrymoedig na Hom kan kyk, en tog ook diep afhanklik, verwagtend en aanbiddend, is sy vir Hom onweerstaanbaar.  Die tweede unieke uitdrukking ils in v9.  “Maar sy, my duif, my volmaakte, is enig.”  Vir Hom kan niemand anders met haar kompiter of vergelyk word nie.  Daar is iets in haar wat uitsonderlik, spesiaal en enig in haar is wat nêrens ander gevind kan word nie!  Hy spreek haar nou aan as ‘Sulammitiese’ vrou wat VROU VAN VREDE beteken en die vroulike van  ‘Salomo’ is (v13).  Die derde uitstaande uitdrukking is in 7:1  “Jou voete is so mooi in jou skoene, edel dogter.”  “Hoe mooi is u skrede in die skoene, o edel dogter.”  Hierdie voete beweeg nou saam met Hom in Sy opostandingskrag en spring saam met Hom oor die berge en wip saam oor die rante.  Soos die die van ribbokke is haar skrede vas en seker en getree hulle altyd nog hoër grond.

BEKROONDE LIEFDE

HOOGLIED 8

Die heerlike, heilige en volkome vereniging van die bruid met haar Beminde vir wie sy so deeglik leer ken, vertrou en bemin het in die verskillende stadiums van geestelike ondervinding, bereik in hierdie hoofstuk ‘n hoogtepunt.  Die hart van hierdie hoofstuk is die volmaakte liefde wat ook nou volwassenheid bereik v 6-7, en wat nou wederkerig is en vir mekaar vaste versekering bied van absolute getrouheid tot die dood toe, en wat natuurlik ook volmaakte versadiging bied.

In die VIER hoofdele waarin ons hierdie kosbare en belangrike hoofstuk verdeel, het ons

VOLLE VERSADIGING (v1, 2),

 VOLKOME VERSTERKING (v3, 4, 5),

 VASTE VERSEKERING (v6, 7b), en

 VOLMAAKTE VREUGDE (v8-14). 

-In die boek Job het ons God se voorskrif: hoe om te ly,

-in die Psalms hoe om te bid,

-in Spreuke hoe om te lewe,

-in Prediker hoe om te geniet en

-in Hooglied hoe om lief te hê.

Hierdie hoofstuk, as die hoogtepunt of toppunt van volwasse en volmaakte liefde, is sekerlik die afronding van die geheim van hoe om lief te hê.

1. VOLLE VERSADIGING VAN DORSTIGE BEGEERTE(v1, 

Die Here Jesus het gesê, ‘Salig is die wat honger en dors na die geregtigheid, want hulle sal versadig word’, maar wat ‘n heerlike ontdekking as die bruid uitvind dat Jesus Christus self vir ons ‘geword het wysheid uit God en geregtigheid en heiligmaking en verlossing.’

(I Kor 1:30).  ‘Ware geregtigheid en heiligheid’ (Efe. 4:24). is m.a.w. maar net Jesus self in al Sy deurskynende heerlikheid en lig!

‘Was jy maar… dan het ek… dan het ek… dan het ek…”  Dit is asof daar in haar hart die sterk dors en begeerte brand dat haar geloof, verlos van alle aardse beperkinge en menselike kritiek, sal oorgaan in meer konkrete aanskoue en ervaring van Hom op wie sy as beminde bruid, in haar verhouding met Hom, al die wetlike reg gehad het.  Enersyds is hierdie brandende verlange na Homself ‘n teken of bewys dat haar liefde tot Hom, en haar verhouding tot Hom kern gesond is, maar dat sy ook andersyds terdeë besef dat sy, terwyl sy nog ‘in liggaam’ hier op aarde is, die volmaakteheid van die opstanding van die verheerlikte liggaam moet najaag asof sy dit ook kan gryp.  (Fil. 3:12).  Alleen dan kan daar sprake wees van ewige, volmaakte vereniging met Hom na gees, siel en liggaam!

‘Dan het ek jou gesoen as ek jou in die straat kry en niemand sou my daaroor kwalik geneem het nie.’  (v1).  ‘In die straat’, mag geen man en meisie, selfs nie eens ‘n getroude man en vrou, mekaar in daardie tyd gesoen het nie.  Dit was onvanpas en streng teen die reëls van kuisheid en ordentlikheid’.  Slegs eie bloedfamilie, soos ‘n broer en suster, mag dit wel gedoen het.  Dit was asof hierdie bruid teen hierdie beperking van haar spontane liefde teenoor haar Beminde, wat sy ook in die openbaar wou uitlewe, gerebelleer het!

‘Dan het ek jou saamgevat… en het jy my daar die kuns van liefde geleer.’  In my ma se huis, (waar ek deur die onverganklike saad van die Woord wedergebore is) het God my die ‘KUNS’ van liefde geleer, nl:

 waar ek was en hoe ek gelyk het to Hy my eerstelief gehad het, hoe Hy Sy liefde aan my bewys het (Rom.5:8), en geopenbaar het (I Joh.4:9).  *Die kuns van liefde is dus ook ‘n openbaring van Hom,

*die Bron van liefde, en

*die pad waarlangs hierdie liefde Hom gedring het om te gaan om dit  

  uit te stort op die een wat niks daarvan geweet of besit het nie.’

Hy wat God is het Homself geledig, en die gestalte van ‘n dienskneg aangeneem.  Hy het die heerlikheid van gemeenskap met die Vader agter gelaat en mens geword om die skuld vir ons sondes te dra.   

In die afsondering, bepeinsing, lering en openbaring van Hom in haar ‘ma se huis’ ontdek sy dat Hy dieselfde kwaliteit van goddelike (agape) liefde ook in haar hart uitgestort het deur die Heilige Gees in haar hart!  (Rom. 5:5).

‘Dan het ek jou laat drink…” v2  Deur die kuns van liefde van Hom te leer, leer sy dat sy dit van Hom ontvang, dat dit wederkerig is en dat sy dit met Hom kan deel, dat eg, rein, heilig en onverganklik is, dat Sy Hom daardeur kan versadig. Is die liefde van Christus so uitgestort in ons harte dat ons ons medemens benader uit daardie standpunt of in die ywer van ons eie opregtheid en oortuigings.  Sy bied dus vir Hom vreugdewyn van haar eie lewe aan wat soos ‘n ryp druiwekorrel, en bloedrooi, soet, granaatpitte gepars en gebreek is om dit aan Hom te gee.  Daarenteen word die ronde, harde albaster nooit gepars nie,- dit glip so heel en hard tussen die fingers deur wat dit houvas en druk.

2) VOLKOME VERSEKERING IN DIEPE BESEF VAN AFHANKLIKHEID V3-5

SY ONTVANG VAN HOM:

a)      Opheffing v3  ‘Sy linkerarm is onder my kop…’  Toe Kain teen God gesondig en sy broer vermoor het, het hy sy hoof laat hang (Gen.4:6) weens skaamte, vrees en onvrymoedigheid.  Die bloed van Christus bewerk egter versoening en Sy vryspraak herstel volkome vrymoedigheid (Ps.3:4, 27:6) waardeur ons, ‘verlos uit die hand van ons vyande, Hom sonder vrees kan dien.’  (Luk.1:74).

b)      Omhelsing (v3b)  ‘Sy regterarm omhels my.’  Hy hou haar vas en verseker haar van die krag, liefde en beskerming in die greep van Sy regterarm, terwyl sy naby Hom bly.  ‘Onder is Ewige Arms…’

c)      Ondersteuning  (v5a)  Terwyl sy uit die woestyn uit kom leun sy op die Man wat sy liefhet.  Wat ‘n wonderlike waarheid, heerlike voorreg en kosbare belofte!  Die eensaamheid, uitgestrektheid, ontbering en stryd van haar woestynreis het haar die BRON laat ontdek van ondersteuning en vernuwing van haar krag!  Sy is nie ‘n stokoue, gebreklike vrou wat gepla is met siektes en kwale nie!  Inteendeel – sy is in haar fleur, ‘n volwasse meisie en uitgesoekte beminde bruid!  Sy het juis ontdek dat slegs op Sy arm, terwyl sy swaar leun en volkome op Hom vertrou met haar hele hart, sy ewige jeug en oorvloedige lewe en versterking kan geniet vir die reis en die stryd van die woestynreis.  ‘Geseënd is die wat weet hoe afhanklik hulle van God is.’  (Matt.5:3).  Sy leun op Hom en Hy hou haar teen Hom soos ‘n seëring (versekering, verbond) op sy bors (hart), en soos ‘n seëlring aan sy arm (krag) v6b.

3) VASTE VERSEKERING IN DRIEVOUDIGE BEGINSEL

                  (V6B,7)

Ons het reeds die KUNS van liefde geleer.  Nou kom ons by die hoogte- punt

die KRAG van liefde,

die KERN van liefde en

die KOSBAARHEID van liefde in hierdie twee verse.

a)      Die krag van liefde.  ‘Die liefde is sterker as die dood, die hartstog magtiger as die doderyk.’  Die greep van die dood en die doderyk is inderdaad so sterk dat geen mens of engel ons daaarvan kan verlos nie!  Net God kan!  Die liefde is egter nie net so sterk soos die dood nie – dit is STERKER!  Dit trek sy prooi soos ‘n magneet en behou sy prooi soos die dood syne  Die krag van Sy liefde het Hom enduit aan die Kruis gehou toe sondaars Hom uitgedaag het om af te kom, dan sal hulle in Hom glo!

b)      Die kern van liefde.  ‘Dit brand en vlam soos vuur’.  Hierdie liefde in die HART van God brand en vlam soos ‘n verterende vuur!  Hy is ‘n jaloerse God en die Heilige Gees wat in ons woon begeer met jaloersheid ons onverdeelde liefde vir Hom.  Hierdie brandende, verterende vlam verhit en versterk, inspireer en motiveer en dring en dryf jou met vreugde tot die hoogste offers en toewyding !  In sy kern is hierdie liefde vuurwarm !  Selfs strome water kan dit nie blus nie, en riviere kan dit nie afkoel nie!

c)  Die kosbaarheid van liefde.  ‘Al wil iemand vir die liefde al die rykdom in sy huis betaal, hy sal daaroor uitgelag word.’  Dit is nie op die mark te koop teen ‘n prys nie, want dit woon in die HART van ‘n PERSOON!  Hierdie liefde kan ook nooit ‘IETS’ liefhê nie – slegs ‘IEMAND’!  Die koopprys van Sy liefde was Hyself!  Die koopprys vir u van daardie liefde is USELF, niks minder nie!

4.VOLMAAKTE,VREUGDE IN DIENSVAARDIGE BESKIK-BAARHEID (v8-14)

Die uitstaande woorde in hierdie betekenisvolle en kosbare gedeelte is in v10b  ‘Daarom is ek vir die man wat ek lief het iemand wat Hom gelukkig maak!’  Volmaakte EN volwasse liefde het eie geluk en belange heeltemal uit die oog verloor, maar kan nie LEEF as die voorwerp van liefde nie gelukkig gemaak kan word deur dit wat liefde aanbied en uitgee nie.

a)       Vastigheid (v10a)  ‘Ek is ‘n muur.’  Die vaste fondament en stewigheid van die ‘muur’ bied geleentheid om ‘silwertorings’ daarop te bou.

b)      Volwassenheid (10a) ‘… en my borste soos torings.’  Vers v8.  Volwasse bruid !

c)       Vrywilligheid (v11-14)  Sy het saam met die ander arbeiders of wagte wat Sy winderde versorg ook die wingerd wat Hy aan haar toevertrou het versorg, sonder om loon of vergoeding van Hom te verwag.  Al waarna sy smag is Sy stem wat haar roep (v13b), en Sy voorbeeld wat sy wil en kan navolg (v14) wanneer Hy in Sy opstandingskrag beweeg soos die ribbok of sos die takboklam op die:

(L.W.)  KRUIEBERGE!  Nou nie meer die ‘Beterberge’ of berge van skeiding nie, maar ‘kruieberge.’

**********

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00