HOOFSTUK 12 JOSHUA 11+12: DIE VRUG VAN OORWINNING
INLEIDING:
Uit die vorige hoofstukke het ons opgemerk hoe die sielevyand sy strategie probeer aanpas met die een doel om ‘n wig in ons ver-houding met die Here in te slaan, en uiteindelik ons geestelike lewens te probeer vernietig.
Gilgal was die plek van aanbidding, en van die binnekamer, of die teenwoordigheid van die Here. Hoe kosbaar het Gilgal nie vir die volk van Israel geword nie. Ons lees in die laaste vers van Hfst.10. dat die volk weer by Gilgal was toe die volgende aanslag teen hulle geloots was.
1) WAT WAS DIE STRATEGIE VAN DIE VYAND? Vs.1
Ons het verlede week vir u gewys dat name in die O.T. baie dikwels geestelike betekenisse aan dit gekoppel het.
Ons lees in vs.1 dat Jabin te hore gekom het van al die oorwinnings en dat hy dadelik in woede was oor dit wat gebeur het.
Jabin beteken (God verhoor) of (intellegent) in Hebreeus hy was soos ‘n Faroa in Egipte en was dit duidelik dat hy gedink het dat hy die oplossing gaan bring om hierdie vyande wat die land beset, stop te sit. Hoe eienaardig dat hy, in die betekenis van sy naam gedink het dat hy die oplossing was, en toe moes ontdek dat die Here die oplossing vir die probleme is. Jabin is ‘n beeld van daardie persoon, wat wel iets van geestelike dinge weet, want sy naam word aan die Here gekoppel, maar wat dinge in eie krag wil probeer bewerkstellig. “Nie deur krag of geweld maar deur My Gees so spreek die Heer” Sag.3
Ou Profete
Hierdie is een jou gevaarlikste aanslagte wat daar kan wees. Hierdie is ‘n beeld van die duiwel wat in woede na u kom om u te verskeur, maar wat tog in sy woede uiters subtiel is. Hy kom met ‘n geestelike baadjie na u toe, deur u sag probeer te maak, en dan wil hy jou oorval met die krag van jou eie mag.
Merwaardig dat die Bybel sê dat Jabin al sy meelopers by die waters van Merom bymekaar kom. Merom beteken (hoë plek), m.a.w. plek waarvan daar met groot geweld neergedaal kan word op die vyande.
Die strategie is verder meer intens, omdat dit die eerste keer is dat daar melding gemaak word van strydwaens en perde wat hier ge-bruik gaan word. U moet onthou dat die strydweans van daardie dae geweldige lemme aan hulle wiele gehad het, en indien die vyand te voet sou moes veg, hulle menslikerwyse geen sprake van oorwinning sou kon behaal nie.
Verder was die Enakiete van die grootste van al die reuse in die land van Kanaan. Hulle was afkomstig van Gasa waar vandaan Goliat gekom het. Hierdie was van die mees gevreesde vyande waarmee iemand mee te doene kon kry. Nie net was hierdie stamme uitermate groot nie, maar was hier iets wat bygenoem was, nl. dat hierdie vyande soveel soos die seesand was. Geweldig in hulle mag en heer-skappy.
Die Jebusiete was die geweldenaars van die berge en al hierdie geweldenaars trek op met een doel dat hulle wil oorwin.
Hy kom met woede, en lus, en krag en vernynigheid om te wil ver-nietig.
2) DIE HERE IN DIE GEVEG: VS.6.
Hoe merkwaardig dat die Here in Sy teen offensief nie eenkeer die-selfde strategie gebruik nie. In die vorige hoofstuk het ons gesien hoe die Here in antwoord op gebed bo-natuurlike wonderwerke laat plaasvind het. U onthou die hael, die son en die maan wat stilge-staan het in antwoord op gebed.
Hier word daar geen melding gemaak van so ‘n wonderwerk nie, maar iets wat tog besonders was nl. dat die Here vir Joshua presies gesê het hoe lank die geveg sal wees.
Die Here sê aan Joshua dat Hy hulle sal verslaan maar dat Hy die oorwinning deur Sy dienskneg wil bewerkstellig. En dat Hy aan Joshua bevestig dat hierdie nie ‘n lang uitgerekte geveg gaan wees nie, maar dat alles binne 24 uur voltooid sal wees.
U sien 1 Kor.10:13 bevestig dat die Here nie sal toelaat dat ons bo ons kragte versoek sal word nie. Hy bepaal die tyds berekening, die hoeveelheid druk en die tydsduur wat die aanslag sal plaasvind.
Joshua soos in al die oorwinnings van die verlede oorval die vyand op ‘n oomblik dat hy dit nie verwag het nie. ‘n Godsman het eens gesê: Verwag die Here van voor, weet dat Hy u verseker van agter u gaan verras. Ons weë is nie Sy weë nie, en ons gedagtes nie Sy gedagtes nie.
Joshua kon nou nie agteroor gaan sit nadat hy die versekering van die Here ontvang het nie, hy moes optrek in antwoord op die beves-tiging van die Here. Vs.7 “Hy en al sy weerbare manskappe by hom het skielik op hulle afgekom…”
Toe Joshua gehoorsaam om te gaan, het die Here die geveg so be-werk dat die vyande in hulle hande oorgegee was. Groot-Sidon was ‘n hawe stad met baie visserye. Hierdie vyande was letterlik in ‘n hoek gedruk deur die Here wat hulle aan die Israeliete oorgegee het. Ooral was die vyande teen die Middelandse see vasgedruk gewees en het die Here die hele land vir hulle skoon gemaak.
Vs.9 Kom die merkwaardige woorde wat sê: “En Joshua het met hulle gedoen soos die Here aan hom gesê het”. Deur alles te ver-nietig en die manskappe met vuur te verbrand.
Tot op hierdie stadium het die volk as ‘n eenheid geveg, en was daar nog baie grondgebied wat in besit geneem moes word. Elke stam was nou verder verantwoordelik om die gedeelte wat nou in hulle land gebied val verder in besit te neem. Elke stam moes nou indivi-dueel die lesse gaan toepas het, wat hulle as ‘n groep geleer het.
Waar die stamme gefaal het om dit te doen was nie weens die gebrek aan die volkomenheid van die Here nie, maar weens die feit dat hulle nie geheel aan die Here oorgegee was nie. Ons sal nooit elders kom as ons voortdurend afhanklik is van andere wat ons moet voer nie, ons moet op die plek van volwassenheid kom, om oorwinninge in ons persoonlike lewens te ervaar. Die vreugde en die heerlikheid wat ‘n mens ervaar as ‘n mens in gehoorsaamheid met die Here gedoen en gewandel het soos Hy gewandel het, is alles oortreffend.
Daar word melding gemaak van al die konings wat gedood was, maar Hasor word apart genoem. Hasor beteken letterlik (omhein-ing) of (eie beskutting). Toe die Here Jesus in die bo-vertrek noem dat een van die dissipels Hom gaan verraai was hulle diep bedroef en seergemaak gevoel. Die Here Jesus het hierdie stelling van Hom binne in hulle omheining gebring en het ons die produk daarvan gesien.
Wat is u omheining waaragter u skuil?. Dit mag gemaksug wees, verskuilde leuens om myself in die saak te regverdig, dit kan u eie eer wees wat gekrenk is, en u voel diep seergemaak en bedroef. Hier-die Hasor “omheining” moes verbrand word. U sal by ‘n plekkie moet kom waar u u beskerming moet gaan vernietig. Dit is vir die Here by uitstek die grootste probleem waarmee Hy sukkel want u omheining is teenstrydig teen die Woord van God, en leef in sonde voor die Here met hierdie saak wat u koester. Hasor moes met vuur verbrand gewees het.
Joshua het met die kern van die probleem eers gehandel voordat hy Vs.12 met die res van die konings (sondes) gehandel het.
Vs.13 Merkwaardig dat net die stad van Hasor verbrand moes word en al die ander gelaat was.
Dit was die gebruik dat indien ‘n stad nie opgetrek het na die slag-veld nie, en die vyand oorwin het was daardie stad behou, om later wel deur die vyand oorgeneem te word. Hasor was die groot pro-bleem gewees en toe daar met hom gehandel is, is die ander stede reeds oorwin. Moenie porbeer om, buite om u hoof sonde te redeneer en te werk nie. Handel met die kern van u probleem en die Here sal die res vir u uitsorteer.
Net soos die Christen, wanneer hy toegee aan sonde, neerlaag en skade in sy geestelike lewe ervaar, net so aan die anderhand ervaar die Christen oorwinning en seën a.g.v. gehoorsaamheid. Die volk van Israel het die vyande oorwin, maar die Here het aan hulle die reg gegee om al die vee vir hulle buit te maak. Dikwels gebeur dit dat, die wat u die meeste teëstaan juis aan die einde van die dag u beste vriende word, en sal dit die wees wat vir die meeste gaan beteken, of dat hulle in hulle uiterste teenstand vir u die advertensie sal wees.
Ek onthou Touwsrivier waar die prinsipaal ons biterlik teegestaan het. Hy wou almal en alles wat geestelik aangaan het stop sit. Die afkondiging van die film het die hele dorp getrek om te kom, en het die Here daarna magtiglik begin werk.
In vs.15 word een van die balangrikste lesse van dissipelskap aan ons geleer. Dit is baie duidelik dat Moses die Here gehoorsaam het. Die Woord van die Here sê aan ons dat, “Soos die Here Moses Sy kneg beveel het, so het Moses aan Joshua bevel gegee, en so het Joshua gehandel”.
As Moses nie in kontak met die Here gewandel het nie, sou hy nie instruksies van die Here ontvang het nie, en Joshua as leier nie ge-weet het wat hy moes doen nie. Sien u hoe belangrik dit is dat ons voorbeelde, of te wel afdruksels van die Here Jesus is. Moses het die Here stiptelik gehoorsaam en Joshua het dieselfde gedoen.
Ons moet nie aan andere sê wat om te doen, maar die teëbeeld leef nie, ons moet eers leef, dan sal hulle dors word om na te volg.
“What you are speak so load, that the world can’t hear what you say,
They looking at your walk, not listning at your talk, they judging by your actions every day.”
Vs.18 Is ‘n merkwardige stukkie geskiedenis. In die oorloë wat plaasgevind het, het Joshua 31 konings oorwin. Die baie lang lys verwys na ‘n tydperk van 7 jaar, waarin al hierdie oorwinnings plaasgevind het.
Dan sê vs.19 vir ons dat al die stede in vyandskap teen die Israelliete was, hoewel net die Gibeonniete met Joshua vrede gesluit het. Is dit nie merkwaardig dat al die inwoners van Kanaan gesien het hoe die Here met Sy volk gehanel het nie. Hoe hulle eenvoudig die hele land in besit geneem het nie. Nogtans wou hulle hul nie voor die God van Israel verootmoedig nie.
Vs.20 Gee aan ons die rede en antwoord vir dit wat hier plaasgevind het. Die Here het die stede se harte verhard, sodat hulle nie wou luister nie, sodat elke oorwinning wat behaal was, op sy eie wyse ‘n Goddelike ingrype was, waarin die volk nie vereer kon word nie, maar die Here alleen. Geen eer mag na ‘n mens kom vir dit wat gebeur nie, maar uitsluitlik na die Here alleen.
Die Here deel nie Sy eer met ‘n mens nie. Die wyse waarop die Here met sonde handel is altyd drasties, want die Evangelie is radikaal. Al die vestings moes met die bandvloek getref geword het. Weet u daar is dikwels die verskonende sondes wat ons net ‘n bietjie wil koester. Daardie sonde wat u so koester, is die een wat u ondergang gaan bewerkstellig as u nie drasties daarmee gaan handel nie.
Daar was net twee plekke in Vs.22 waar die Enakiete gespaar was. Dit was uit hierdie selfde Enakiete wat Goliat gebore was, wat vir die volk van Israel ‘n geweldige bedreiging was. In die gaval van Joshua was die volk se wandel intiem en kosbaar gewees, en het hulle die vyande wat veel meer as in die tyd van Saul was, nie gevrees nie.
Later jare het Goliat as individu teen dieselfde volk van die Here opgestaan en het die volk die individu gevrees. Merkwaardig dat indien sonde verskoon word, daar ‘n valse vrees oor ‘n gemeenskap of gemeente kan val. Indien daar met sonde gehandel gaan word, sal die vyande vrees en die Here vereer word.
Vs.23 Oorwinning lei tot ‘n erfdeel. Die erfdeel was fisies maar ook letterlik. Die laaste vers sê dat hulle gerus het van oorlog.
KOM ONS KYK NA DIE VRUG VAN OORWINNING: VS.23
Eerstens sê vs.23 dat Joshua die hele land in besit geneem het. Die oorwinning was kompleet, en het dit as ‘n erfdeel aan sy mense nage-laat.
Die grootste rede vir konflik in u lewe is nie die feit dat u probeer om reg voor die Here te wandel nie, maar daardie enkele sonde wat u verskoon wat kontra die wil van die Here is. So ‘n sonde is in oorlog met die hemel. Die oomblik wat u gaan oorgee en gehoorsaam sal u siel rus van oorlog en sal u nie meer op u perdjie wees indien iemand durf waag om naby hierdie verskuilde sonde te kom nie.
Die land het van oorlog gerus:
1) Reg deur die boek Joshua sal u opmerk dat, dit wat gebeur ooreenstem met die Christen se lewe in die N.T. in die Here. Wat die land vir Israel was, is die Here Jesus vir u en vir my.
Die Here Jesus het ook aan die regterhand van die Vader gan sit, want die oorwinning is behaal. Die Here Jesus het die totale oorwin-ning vir ons behaal, en ons moet nou leer om in hierdie oorwinning te leef.
2) Die rus van ons Verlosser is ‘n rus in kalmte, en bevrediging en sekerheid en ‘n rus van werk wat verrig is. Efe.2:6 wys ons daarop dat die Here Jesus so volkome gerus het, dat ons ook van ons werke kan rus, dat ons saam met die Here Jesus in hemelse plekke mag sit, dat ons saam met Christus mag rus, sonder dat dit beteken dat u lui sal wees. Inteendeel is baie meer produktief en aktief tog word u nie so vermoei nie.
Die Christen wat in die Here rus is die een wat bokant die storms van sy lewe heers en leef. Hy kry winde in ‘n baie meer intense staat, maar staan die storms met sy wese teë. Dit is hy wat die binnekamer gereeld opsoek en op die Here wag vir elke besluit wat geneem moes word. Die rede is dat hy saam met Christus gekruisig is. Dat u sal weet van die dag waar u alles onvoorwaardelik aan die Here sal oor-gee, en waar u sal leef uit die dood in sonde en in die opstanding van die Here.
U sal rus omdat u volkome vergewe is omdat u volkome met die Here reg gemaak het. Dit is ook ‘n rus in oorwinning. Hy is ook kalm in elke omstandigheid, omdat hy sy krag van die Here self ontvang.
Ons Joshua het die “hele land” in besit geneem en dit aan ons nage-laat, as ‘n erfdeel, en is die vrug van Golgota tot ons beskikking om ons die erfdeel te gee. Geniet u die erfdeel, of geniet u ou sondetjie wat u so koester. Kry klaar om met die Here te speel en begin Hom alleen te vrees, en die Here sal u rus gee.
HFST.11
Vanaf hierdie hoofstuk het gesamentlike pogings om Kanaan in besit te neem ten einde geloop, hoewel die vyand nog in die land leef was hulle mag gebreek en was oor die land versprei en gee Hy hierdie land in hulle hande.
Daar was nog veel grond gebeid wat verower moes word maar was nou aan elke stam oorgelaat om dit in besit te neem, en was potensiaal deur al die stamme wat betrokke was reeds in hulle mag.
Elke stam moes nou individuel die lesse wat hulle gesaemntlik geler het toepas om die gebied in besit te neem. As die stamme gefaal het was dit nie ‘n refleksie op die ere nie maar die stamme wat nie in gehoorsaamheid gehandel het nie.
Hier is iets van uiterste belang dat elke waarheid wat ek leer moet deur die geloof toegepas word deur die geloof en in die individu se lewe toegepas word. Helde uit die verlede het vir ons geleer hoe hulle die oorwinnings behaal het maar dit is vir jou en my nodig om dit in ons eie lewens nou toe te pas. Ek kan alleenlik die oorwinnings smaak wat ek toepas in my geestelike lewe, mag die Here ons help om desperaat met Hom te raak en Hom te dien met my hele hart.
Die vrug van oorwinning sien ons in vs.23 “ So het Joshua dan die hele land ingeneem net soos die Here met Moses gespreek het, en Joshua het dit as ‘n erfdeel aan Israel gegee volgens hulle afdelings, volgens hulle stamme en die land het gerus van oorlog.”
Joshua het hierdie oorwinnings as ‘n erfdeel aan die volk van Israel agter gelaat. Die grootste bron van konflik in die Christen se lewe is nie om reg met die Here te leef nie, in die toelating van dit wat hy weet wat teenstrydig teen die wil van die Here is nie, so ‘n persoon is met die hemel in konflik die oomblik wat hy begin te gehoorsaam sal sy siel onmiddlik van oorlog rus.
Kom ons kyk eerstens na die vrug van oorwinning in die Here Jesus se lewe: Die land het van oorlog gerus: Verenigde handeling is nou oor, oorwinning is behaal, en vind ons die geestlike ooreenkoms in die boek Joshua. Die oorwinning van Kanaan is ‘n beeld van ie opstanding en die Here Jesus wat in die hemel gaan sit het. Hy het aan die regtehend van die Vader gaan sit. Hebr.1:3.
Die lannd Kanaa stem ooreen met die seeninge wat daar vir jou en my wag. Wat die land vir Israel was, is die Here Jesus vir ons. Hebr.10:12 Sê dat die Here Jesus ‘n offer vir sonde gebring het vir ewig.
A) Vs.1-5 Is die vegters;
i) Jabin: Intellegent God verhoor.
ii) Merom: Hoë plekke.
iii) Enakiete :betroubare en bedrewe vegters.
B) Vs.6-13 Die geveg self
i) Die belofte:vs.6 en die metode vs.7
ii) Hasor was die Faora van Egipte vir hierdie gebied.
Stede op heuwels het op sterkte gedui is verslaan.
iii) Gedoen soos die Here Moses geleer het het Joshua gedoen.
C) Vs.14-23 Die gevolg van die oorlog
i) Die moeilike gebergtes. Vs.13
ii) Die mooi gebergtes vam Halak wat die mooi en gemaklike
gebergtes is
iii) en die valleie van