HOE OM DIE VOLHEID VAN DIE HERE DEELAGTIG TE WORD: HAND.1
HEILIGMAKING IS ‘N MOET VIR ELKE CHRISTEN:
Die kerk van die Here Jesus sal alleen voorentoe kan gaan indien hy vervul sal word met die volheid van die Heilige Gees.
Efe.5:18 Sê Paulus aan ons: “Moenie dronk word van wyn nie, daarin is losbandigheid, maar word met die Gees vervul.”
Hab.2:3 “Want die gesig sal nog duur tot op die vasgetelde tyd; maar dit spoed na die einde en sal nie teleurstel nie. As dit mag vertoef, wag daarop; want alte seker sal dit kom en nie versuim nie.”
Mal.3:1 “…dan sal skielik na die tempel kom die Here na wie julle soek.”
1 Kor.3:16 “Weet julle nie dat julle ‘n tempel van God is en die Gees van God in julle woon nie.”
DAAR IS SEKERE BELANGRIKE FEITE WAT
HIERDIE GEDEELTE VIR ONS Sê:
1) Dit is universieêl dat alle Christene geheilig moet word. Hebr.4:1 is die ondertoon van die Here na u en my hart: “Laat ons dan vrees dat terwyl die belofte om in sy rus in te gaan nog standhou, dit nie miskien sal blyk dat iemand van julle agterbly nie.”
Hierdie bevel dat ons met die Gees van God vervul moet word is in dieselfde tyd geskrywe waarin gesê word dat ons nie mag steel nie.
Dit is noodsaaklik dat elke Christen lig ontvang en dat ek moet wandel in die lig wat die Here van my verwag. Ons kom na ons redding by die plek waarin ons liefde een of ander stadium verkoel en dan is ons op gevaarlike terryn. Hier moet ek nou keuses uitoefen of ek die lig gaan gehoorsaam wat ek kry, of dat ek nou my eie pad gaan volg.
Ons enigtse plek van vreugde is om die Here te gehoorsaam en agter die leiding van die Heilige gees aan te wandel, tot ek by die plek van volheid of te wel volwassenheid kom.
Om die opdrag wan die Here te gehoorsaam om heilig te leef is ‘n resiko, dit gaan beteken dat ek die reg op myself gaan prysgee en die Here die reg op my lewe gaan gee.
Die ware doel van die kerk as ‘n liggaam is om getrou die Evangelie wat siele uit duisternis red te verkondig. Dit sal alleenlik proposio-neel tot die toewyding in my lewe tot die Here wees.
‘n Kerk wat geestelike dwergies sal voortbring se effek sal soos dwergies in die land wees. As ons dink dat redding vir elke sondaar in hierdie wêreld gebied word, en dat die God van die Heilige Gees gestuur is om by ons te bly, om die hele menslike geslag te reinig is daar een geweldige tekortkoming.
Waarom is dit dat die kerk so magteloos teen die duister werke van die duiwel is, waarom is dit dat soveel van ons kinders met al die opleiding wat ons hulle bied nog in die wêreld gaan?
Waarom is dit dat die kerk wat die leiding in hierdie wêreld moet gee, om sondaars van hulle behoefte bekend te maak so lief vir die wêreld, en is ons nie by ons Leermeester, die Heilige Gees nie. Die hospitale van die geestelike wêreld is oorvol van wrakke wat nie alles vir die Here oorgegee het nie.
Daar is dikwels soveel ordinansies, en ordes dat daar nie meer ‘n oormaat van die Here in ons lewens sigbaar is nie.
F.B.Meyer sê: Hoe min krag het die kerk vandie Here Jesus nie. Hulle leef so op die drumpel tussen lewe en dood.
Die dissipels van ouds het eens gebid maar hulle gebede is nie beantwoord nie. Daar is dikwels die gees van Gehassis wat agter die eer en roem wil aangaan i.p.v. die van Elisa wat die wil van die here gesoek het.
Die lewe gewende krag moet in ons wees, anders sal ons nie son-daars tot bekering sien kom nie. Cathrine Booth skrywe in een van haar briewe: Wat ‘n tragedie, om die doodsheid en koudheid en dorheid van die kerk te moet ondervind wat nie die volheid van die Heilige Gees het nie. Ons kan nie help om te dink dat daar elders ‘n groot nood is nie. Oorals word dienste aangebied, is daar bewegings en organisasies, en tog is die effek so gering.
Daar is so ‘n skaarste aan ware bekeerlinge, so ‘n gebrek aan krag en outoriteit. Waar is die tekortkoming. Ons sal altyd bly faal as ons nie die invulling of doping met die Heilige Gees sal soek nie. As ons nie vervul is met die Heilige Gees nie, is daar groot hoeveelhede van ongehoorsaamheid in ons lewens. Die rede is dat ons snder die krag of toerusting van die Heilige Gees lewe.
Daar is soveel sondes wat ons verskoon wanneer ons nie vervul is met die Heilige Gees nie. Die Here hou ons verantwoordelik vir al die goed wat ons kon doen as ons die volheid van die Heilige Gees gehad het. As ek eendag voor die Here moet staan met die verskoning dat die Here my nie genoeg talete gegee het om siele vir die Here te wen nie, sal Hy eenvoudig aan u sê dat Hy die volheid van die Heilige Gees gebeid het, maar dat ek nie bereid was om dit my deel te maak nie.
Waar is die mense wat ek aan jou toevertrou het? Waar is die vrug? Die Here hou ons verantwoordelik vir siele wat verlore gaan en Hy verwag dat u en ek sal oorgee sodat Hy volle beheer van ons lewens kan kry.
2) DIE HERE BEVEEL DAT ONS ALMAL
HIERDIE SEEN MOET ONTVANG
Elke ware Christen mag hierdie seen soek en ontvang. Het u die getuienis van die Heilige Gees dat u weergebore is, dit is van uiterste belang voordat u sou soek na die volheid van die Heilige Gees.
Hou jou verhouding gesond en skoon voor die Here. Onthou die volheid van die Heilige gees is vir jou. 1 Thess.4:3 Dit is Sy wil julle heiligmaking.
3) DIT IS WAAR DAT CHRISTENE VAN ENIGE AGTERGROND OF OUDERDOM MAG HIERDIE SEEN SOEK.
Nie kultuur of agtergrond kan u verhinder om hierdie seeninge te ondervind nie. Dit is nodig dat ons die Here sal soek vir ‘n dieper werk in ons lewens, elke dag en elke oomblik van ons lewens.
Here sal U nie die dag verhaas van elke kind van God om die Here te vertrou vir daardie dieper werk van die volheid van die Heilige Gees nie.
Handelinge is vol getuienisse vandie dissipels wat mense gevra het of hulle vervul was met die Heilige Gees vandat hulle van die Here Jesus gehoor het. Waarom, omdat hulle geweet het dat dit die enigste
Manier was waarop hierdie Christene in hulle omstandighede staande sou kon bly.
Dit mag kort na u redding gebeur of dae, maande, jare duur voordat ek Sy heerlike volheid deelagtig sal raak. Die dissipels voor Pinkster het 10 dae op die Here gewag voordat hulle vervul was met die Heilige Gees, so het vele ou manne van God die Here gesoek en op Hom gewag totdat die voleid van die Heilige Gees hulle deel geword het.
So kan een na die ander vertel word wat ontdek het dat hulle nie vervul was met die toerusting van die Heilige Gees nie. Johannes, Paulus, en al die ander skrywers van die Bybel maak melding van die herlike seën wat die Here vir Sy kerk ingedagte het.
Moody het die Here vir drie maande gesoek vir hierdie toerusting en krag,
5) VERMY ENIGE VOORPGESTELDE PLAN OF GEDAGTE HOE DIE HERE DIT VIR JOU MOET GEE:
Daar is dikwels sekere verwagtige wat gestel word, oor hoe die Here die volheid van die Heilige Gees aan jou moet, gee. Dit is dikwels die ondervindinge wat nie hou nie.
Dit is nie nodig dat iemand oorweldig word deur die Helige Gees om vervul te word met die Heilige Gees nie. Sommige het geweldige ervaringe in die geskiedenis gehad, ander het die vrede en die kalmte vandie Helige Gees ondervind, ander was sekere onsekerhede wat hulle verhinder het om d ei here te vertrou uit die weg geruim.
Die Here wat jy soek sal jou besoek.
Heiligmaking hou verlossing van sonde in, dit word deur die geloof ontvang, en word onmiddelik gegee, en ons kry dit nie by ons sterfbed nie.